Uit die put van Helsgeluk

 

Age group Adults
Book Size B6
Number of pages 143
Release Date 10/1/2020
ISBN 978-1-928512-76-9

In ’n oogwink kan ons onsself bevind in die put van helsgeluk. As ons nie ons hart oppas nie, is dit so maklik om die vyand onbewustelik in te laat. Ons klou so aan gister, verlede spoke wat net nie wil verdwyn nie. Ons laat onsself toe om in smart en seer te verdrink, in hardkoppigheid van selfverwyt en onvergifnis, die lig in ons laat kwyn. Ons wil op eie krag staatmaak, maar ploeter steeds voort in die opgehoopte gemors wat die lewe binne ons laat.

Hoe verkeerd kan ’n mens wees.

Drie verskillende vroue, verskillende agtergronde. Verskillend, tog dieselfde. So het ons almal op die end van die dag tog iets in gemeen.


Jy kan oorwin, jy kan oorkom, jy kan opstaan en met jou Redder loop Hand aan hand...

Jy kan uit duister opstaan. Uit die put van helsgeluk, uit duister na vergifnis haal Hy jou en my.


***

Tot U Eer

 

Age group Adults
Book Size A5
Number of pages 67
Release Date 14/11/2018
ISBN 978-1-928415-71-8

Alles

Alles wat is-
gee ek in U Hand

Elke gedagte en sprekende woord-
mag dit U gedagte en woord weerspieël

As ek praat en sing Heer-
laat dit tot U eer wees

As ek luister-
laat my ore U stem vasvang in die wind
Soos my oë U wonder aanskou-
ek die skoonheid van U Hand
in my lewe raaksien, aanvaar en myne maak

As my knieë wankel-
ek op hul sal biddend bly-
deur goed en sleg my vertroue in U bely

Maak my hande-
‘n instrument van heling in U werke

My siel ‘n fontein-
wat van U vrede oorloop

Maak my hart ‘n baken Heer-
wat U lig van liefde deur die storm wys

Alles wat ek is Vader-
is reeds betaal aan Jesus’ kruis.