Sybie Kleynhans

Die gewilde skrywer, Sybie Kleynhans, het 'n paar byname, onder andere: Sybie, Madefu, Ratau of Baardman.

Sybie is soos daardie geliefde familielid wat ryk is aan stories, ʼn regte Suid-Afrikaanse storieverteller, een van daardie geslag wat ek gedink het al aan die verlede behoort. Elke Saterdag deel ons een van Sybie se kort stories vir gratis lees in ons Skatkis.