Test Drive a Book

Test Drive

Before laying out thousands of rand on a motor car, what do you do? You take it on a Test Drive of course and if you like it, you buy it. If you can do it for a motor car why not Test Drive a book before you buy it? 

To help you decide if you want to buy a book or not we give you the opportunity to Test Drive it, find out what it is about and if it suits your tastes, then only do you buy.  If you purchase one of our eBooks at Smashwords you get a sample to read before you download. So why not the same with a paperback?

You can Test Drive the following right now!

 

Die Swaai

Die Swaai is 'n volwasse erotiese boek wat vertel van 'n vrou se begeertes en tot waar sy sal gaan om haar fantasie uit te leef. Moord en fantasie is 'n dodelike kombinasie.

Is going to a swingers club the ultimate high for a married couple? Read what happens to this couple in AnnMaree Barry's new book Die Swaai.

A readers comment:
" when you see a woman reading this book and you’re kind of wondering if she’s looking at you, or if she might want to go to coffee or even for dinner—or even more!—you can stop wondering, because the answer to all is a resounding yes. If she’s holding this book you just automatically know that she is someone who is “down for anything,” or, as my more literary friends across the pond might say, “a right goer.” So this book is not only a fun read but also a great time-saver" Well done AnnMaree, can't wait for the next book

Click here to Test Drive Die Swaai

 SMET 'n Psigopaat se korrupte en sedelose lewe besmet die lewe van almal om hom tot hy sy hand oorspeel en kaptein Francois Roux op die toneel verskyn. Met doelgerigde speurwerk begin hy die donker lewe van die gewetenlose manipuleerder oopvlek en word hy ondersteun deur 'n toegewyde joernalis wat glo dat die krag van die media nooit onderskat moet word nie. Dit lei onder meer tot 'n deurbraak in die ondersoek na die dood van 'n beeldskone meisie wie se lyk op 'n ysige winteroggend in Bloemfontein se Loch Logan-meer gevind is.

Die soeke na geregtigheid kom egter nie sonder 'n prys nie en word 'n familie uitmekaar geskeur as dinge begin skeefloop. Die spannende intriges ontvou uiteindelik ten goede vir iemand wat altyd 'n stryd moes voer in die skadukant van die lewe. Die katnes van onheilighede laat 'n mens onwillekeurig wonder: Is die mensdom nie elke dag aan sulke besmetting uitgelewer nie?

Click here to Test Drive SMET

Jess

Jes Naude word weke lank getreiter deur ’n foonpes na die vrystelling van ʼn film waarin sy die hoofrol vertolk het. Die spanning is naderhand vir haar te veel en sy besluit om ʼn rukkie te gaan ontspan op haar erfplaas – Villa D’ Viljee.

Sy was egter baie lank laas op die plaas en het nooit rekening gehou met Theuns Anderson wat tans die plaas by haar huur nie. Met haar aankoms op die plaas, beland haar sportmotor in die mielielande en is sy aangewese op die huurder, om haar daar uit te kry.

Die man is duidelik glad nie beïndruk met haar ontydige besoek nie, maar bied tog aan dat sy die gerieflike plaashuis met hom kan deel. Vir die arrogante man sien Jes beslis nie kans nie.

Sy volg die tweespoorpaadjie na die ou grasdakhuisie by die rivier, waar sy gekonfronteer word met ou herinneringe en spoke uit haar verlede. Toe verskyn die fraaie Hermien Wiese van die buurplaas op die toneel en krap Jes se lewe nog verder deurmekaar, net toe sy dink sy begin nogal van Theuns hou.

Click here to Test Drive Jes

 Test Drive Hoefslag van my hart  

Hoefslag van my hart is ’n kortverhale bundel propvol lekkerlees kortverhale en ’n pragtige novelle, Liefde soos Geel Magrietjies, waar Franciska haar lesers op ’n verbeeldingsvlug neem saam met die wel en weë van haar karakters. Doodgewone mense wat soms in ongewone situasies beland.

Resensie deur: Sybie Kleynhans
(Skrywer/digter/dromer) van Potchefstroom.

Hoefslag van my hart is Franciska Mouton se eerste boek en wat ’n plesier was dit nie om te lees en saam met haar woorde te stap nie.

Daar is ’n paar dinge wat my krophou slaan en dit is eerstens haar taal, dit is ons praat-Afrikaans. Soos ons die woorde en die gedagtes uitspreek, vat sy die leser saam met haar woorde. .
Soos in Hoefslag van my hart: “Sy sluit haar oë en loop weer op ver paaie terug die verlede in.”
In Die Kassie vat sy jou terug na daardie skeurseer tyd van die ABO, kan jy die vrees en ook die vasberadenheid van tant Johanna, die Boervrou, proe en voel.
“Ouma kan rus. Ek sal na hom kyk.”
En in Een nag lank gelede sluit sy ’n grusame motorongeluk af na ’n soet, terugdink oomblik: “Dan maak hy maar ’n koffietjie en wag dat die nuwe dag moet breek.”
In Aandster word jy bewus dat Franciska aan die mooi van die liefde glo, in haar vingers vloei dit uit: “Mag ek die Aandster gaan pluk en aan jou vinger steek?”
Afgesien van die mooi woorde kan jy agterkom dat Franciska die natuur ken, haar liefde vir diere, veral perde vloei uit haar hart tot op die papier.

Voorwaar ’n bedkas-boek en die eerste van nog vele.

Click here to Test Drive Hoefslag van my hart

Salvokop

In die vroeë jare 60, was Salvokop 'n spoorweg dorpie. Meeste inwoners was arm spoorweg-werkers. Janetta word by haar pa groot, talent-volle pragtige rooikop. Mario 'n Italiaanse sanger besoek Suid Afrika, wanneer hy die mooi rooikop sien, verloor hy sy hart. Hulle planne loop skeef as Mario dringend moet teruggaan Italië toe.
Omstandighede en mis-verstande skei hulle paaie.

Gaan Janetta met haar skoolliefde trou?

En Minjonette...?

Soms neem die lewe sy eie loop.....

’n Tere liefdesverhaal van drome en misverstand en sal die liefde weer oorwin?

Click here to Test Drive Salvokop

 Vlug of veg  

Opgedra aan soveel vroue wat daagliks blootgestel word aan emosionele of fisieke mishandeling, en vasgevang word in die bose kringloop daarvan.
***


Hulle paaie kruis elke oggend op presies dieselfde plek, dag na dag... behalwe Sondag. Sy draf nie op Sondae nie. Sondae laat hom gefrustreerd voel; dit en die dae wat sy somtyds onverwags nié daar is nie.

Hulle was van die begin af bewus van mekaar en van daar af het hulle stadigaan begin uitkyk vir mekaar, veral hy vir haar omdat daar, na die dae wat hy haar nie gesien het nie, gewoonlik kneusplekke sigbaar is. Soms is dit op ʼn arm of ʼn been, selfs haar wangbeen, maar wat hom die meeste bekommer is wanneer daar nié kneusplekke was nie, maar die onsigbare nadraai van iets erger. Dis die tye wanneer sy ooglopend stadiger beweeg, en dat daar tekens van pyn op haar gesig sigbaar is as ʼn mens, soos hy, op die uitkyk is daarvoor.

Click here to Test Drive Vlug of veg

Test Drive Basterpoeding vir die siel

 

 

Dis ’n bundel pragstories om te besiel en inspireer.

Dertien debuutskrywers en die nou reeds bekende Clarice Gille-Theys, deel hul lief en leed in die boek. Hierdie is dan ook Clarice se tweede poging na die suksesvolle Rehoboth – Waar my hart is, wat vanjaar bekroon is met die spesiale pluimpie-toekenning van die ATKV.

Daar is nie ’n Namibiër wat nie weet wat ‘basterpoeding’ is nie. Die veelsydige dis kan as heerlike bykos informeel saam met ’n braai geniet word. Dit kan ewe formeel op ’n selfdien-tafel by ’n Gala-geleentheid pryk en ook heel knus op ’n koue wintersaand as ’n warm hoofdis bedien word.

Netso is hierdie uiteenlopende mengelmoes van diep, eg-menslike stories wat ’n kykie gee in ons weerloosheid. Die hartseer en die vreugde, die pyn en die heling.


Hierdie samestelling van lewenservaringe raak aan elke hart. ‘n Bundel deurspek van die mens se wedervaringe deur die lewensloop van geboorte, kindwees, liefde, drome, depressie, ouerskap, die ouderdom, siekte en uiteindelik die dood. Deurgaans is daar die wete dat ons lewenslank van ons Skepper afhanklik is. ‘n Mengelmoes van gevoelens word in elke fase van lewe uitgebeeld. Die tradisies , tipiese kultuur en agtergrond van mense wat opreg- eerlik lief is vir hulle land en tradisioneel na aan die aarde leef. ‘n Bundel wat die harde werklikheid uitbeeld , maar ook ontvlugting bied op die vlerke van woorde." `Marietjie Espach

Click here to Test Drive Basterpoeding vir die siel

 Die Duiwel se maat  

Adults Only! Slegs vir Volwassenes!
Wenner van die Malherbe Uitgewers beste roman kompetisie - Augustus 2017

Lia Opperman, eienaares van Uitspan Bed&Ontbyt, se geldgierige ouers het haar op vyftienjarige ouderdom afgeteken aan haar tant Elizabeth vir 'n sak vol geld.

Nou is sy slegs na vier weke van getroude lewe met Markus, 'n onverwagte weduwee op die brose ouderdom van negentien.

As die erfgenaam van Markus se fortuin, is sy die mikpunt van 'n skelm prokureer wat wil hê sy moet afstand doen van haar erfporsie.

Michiel, Markus se broer, daag by haar huis op en die afsku wat hy oor die laaste twee weke teen haar opgebou het, is duidelik sigbaar met hul eerste ontmoeting.

Click here to Test Drive Die Duiwel se maat

Kollig Uitgawe 1

Ons begin 'n nuwe maandelikse reeks waar ons 'n skrywer onder die kollig sit saam met sy/haar gedigte/novelette/kort verhale en meer.

Die Kollig die maand is op Sonja Brown & haar Novelle - Liefde is beslis Pienk

 

Click here to Test Drive Kollig Uitgawe 1

 

 

 

We will be adding more books to test drive shortly.