Amber Rabie

Amber Rabie

Ek is Amber Rabie, gebore Nataller te Scottburgh 1972, 'n passievolle leeu. Ek woon tans in Pretoria, maar my hart lê by die see. Ek het in my veertigs eers begin om ernstig te griffel. Ek is kunstenaar, skrywer en digter, diereliefhebber. My verhoudings met my medemens is vir my soos kos elke dag, God is my Anker en Redder wat voorsiening maak vir genoeg liefde en genade in oorvloed. My man en seun is is my beskermers, my grootste ondersteuners, ook 'n nou vriendekring wat defnitief 'n positiewe invloed op my passies het. Ek skryf graag fiksie, ek het 'n verbeelding wat van kindsbeen al baie besig was, 'n dromer. Moeilike kinderdae tot op ouderdom van vyf, waar familie my ingeneem het en soos hul eie grootgemaak het, daarom ook dan 'n groot liefde vir kinders. Gebore Engels, Afrikaans leer praat in my voogouers se huis van vyf jarige ouderdom. Dit was 'n persoonlike uitdaging om op die plek te wees waar ek nou is, groot dankbaarheid en groot genade.