Uiters Geheim en ander anekdotes - Kobus de Villiers

uiters_geheim_-_site
4.72727 5 11 Product
R 375,00 each

+

Specifications

Adults
B5
355
22/10/ 2018
978-1-928415-65-7
Memoir, War

Elke seun wil op een of ander stadium ’n brandweerman, vlieënier, Springbok rugbyspeler of renjaer word. Baie selde word hierdie drome bewaarheid.

In die laat sestigs is Rusland en Amerika in die ruimtewedloop. In die Koue Oorlog word nuwe vliegtuie en ruimtetuie ontwikkel. ’n Kaalvoet seun in die Vrystaat volg alles in die nuus en wil vir NASA werk, maar wil ook ’n renjaer word. Sy kamermure is vol prente van renmotors, vliegtuie en ’n kaart van die maan met moontlike landingsplekke. Hy leef in sy verbeeldingswêreld en skets planne van vuurpylenjins en vliegtuigvlerke. Hy bou ’n vuurpylenjin wat werk met ’n trekker se kragparaffien. Hy leer ook dat Suid-Afrika se politiek dit amper onmoontlik maak om dié drome te kan beleef.

Hy gaan skool in Welkom, doen sy diensplig in 6 SAI en 2 SAI en studeer Ingenieurswese by Tukkies. Hy werk in Suid-Afrika se jong lugvaartindustrie en sy eindelose verbeelding skep ’n geleentheid om in die buiteland te gaan studeer en werk.

Dié boek is ’n versameling anekdotes van hierdie epiese reis vanaf die stowwerige gruispaaie van die Vrystaat tot die Autobahn na Stuttgart, die Golden State Freeway verby Caltech se Jet Propulsion Lab kampus. Hy woon en/of werk in verskeie lande. In Rusland werk sy span in Leonid Brezhnev se Dacha op die mees ongelooflike lugvaartsamewerkingsprojek. Iewers langs die pad ontmoet hy ’n beeldskone, slim Franse meisie. Projeksekerheid is oortuig sy werk vir die Franse geheime diens.

Dit is ’n lang en ongelooflike pad van Welkom in die Vrystaat tot by Einstein se kantoor …

Kobus de Villiers is in Bloemfontein gebore en het in Welkom skool- gegaan. Ná sy loopbaan is hy nou afgetree. Hy doen steeds konsultasiewerk en bou eksperimente in sy werkswinkel by die huis. Kobus woon saam met sy vrou op die weskus van Kanada. Hulle het ook ’n kuierplek in die suide van Frankryk.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: