Ons Reëls
Afrikaans Teks English Text
Hierdie is die amptelike blad van Malherbe-Die Digtershuis (geskep deur Malherbe Uitgewers)
Indien jy hier gedigte plaas, aanvaar jy die reëls en regulasies van die blad.
Onder geen omstandighede moet die volgende hier gebeur nie:
1. Godslasterlik – Ons is 'n klompie digters bymekaar van verskillende gelowe en kulture. Ons gebruik nie die Here se naam ydellik nie, ons vloek ook nie in die Here se naam nie en so geld die reël ook vir ander gelowe.
2. Geen eksplisiete sekspraatjies. Subtiele bewoording – ek glo die beskrywing is genoeg maar kom ek stel dit duideliker – "spare me the detail". Erotika kan baie mooi oorgedra word sonder lelike woorde of beskrywings want ons het respek vir mekaar.
3. Rassisme – ons almal weet wat dit bedoel. Ons kulture verskil en ons kan ook nie ons wil wat dit betref, op ander afdwing nie. Rassistiese gedigte wat diskrimineer, afkraak en beledig word summier verwyder.
4. Erge vloek – nou kom ons by die wortel van alle kwaad.
Baie verkies om nie te vloek nie, ek verkies ook om nie te vloek nie maar daar is 'n verskil in die digkuns. Indien ek die woord fok eenkeer in 'n gedig gebruik om my gevoel te beklemtoon, sien ek persoonlik dit nie as vloek nie. Ek dra my gevoel oor in sterk taal – ons noem dit alternatief. Maak dit van 'n mens met geen waardes of norme? Nee, duisend maal nee, dit is my uitdrukking van gevoel. Baie sal verskil en dit is julle keuse om nie so 'n gedig te lees nie.
Maar wanneer ek 'n gedig plaas en dit wemel van die f-woord en nog ander vloekwoorde, is dit erge vloek en dit word nie toegelaat nie.
Ek bevorder ook nie kru taal in die proses nie, maar ek gee jou die keuse om sorgvuldig en met smaak jou gedig te plaas. Daar is perke in alles wat ons hier doen. Maar as jy nie wil vloek nie is dit jou keuse. Ek gaan jou nie oordeel omdat jy nie vloek nie, so gaan jy my ook nie oordeel as ek af en toe "fokkit" gebruik nie. Sonde is sonde, of jy nou 'n suikerkorrel steel of 'n miljoen rand, moor of skinder of dalk 'n kru woord gebruik om jou emosie uit te lig of jy oordeel ander, jy gaan eendag rekenskap gee.
Maar vir die kunste nou, binne perke en dit sal goed dopgehou word, sal ek kru taal toelaat.
Dis nou jou keuse of jy dit aanvaar of nie.
5. Persoonlike aanvalle teen mede digters of ander digblaaie nie.
Hierdie punt is baie belangrik want dit duld ek nie. Ek duld nie dat skrywers mekaar beledig of aanval of hulle gedigte aanval nie. Ek duld ook nie dat Malherbe Uitgewers aangeval geword nie. Ek verdra nie onmin nie, ek vermy konflik in die openbaar. Indien jy 'n probleem met my het, kom reguit na my en sorteer dit uit. Moenie agteraf dit in fb-gange bespreek nie. Kontak my per e-pos of inboks. Ons respekteer onsself en ander.
6. Mekaar se gelowe afkraak nie. Hier kom die verskillende gelowe weer ter sprake en kan ons nie mekaar se gelowe afkraak of jou geloof op my afdwing of iemand anders afdwing nie.
7. Geen afbrekende kritiek Kom ons werk mooi met mekaar asb.
Meer hoef ek nie te sê oor die punt nie, want bogenoemde sluit alles alreeds in.
8. Geen politieke gedigte wat aanvallend is nie.
Jy kan politieke gedigte skryf sonder om 'n persoon se naam te noem of mekaar aan te val. Elkeen het 'n keuse, dit is immers ons reg om te kies vir wie ons stem of wat ons standpunt is oor politiek sonder om ander af te kraak.
9. Die gees(spirit) van die blad breek nie (ook nie myne nie) Oortreders sal na ondersoek summier verwyder word sonder kennisgewing. Ek vra nie veel nie, lees net mooi en pas dit toe asseblief.
Die gees van die blad is, ek werk met my hart. Ek huil {fisies} saam met julle. Bid vir julle en is bly oor wat julle bereik by ander groepe. Ek gun julle julle suksesse, waar julle dit ook al bereik. Ek reik altyd 'n hand van vriendskap uit en behandel julle met respek.