Wilmari Jooste

Wilmari Jooste

 

Vraag

Antwoord

 

Het jy ‘n bynaam?

 

 

Ja. My dansleerlinge en familie noem my Ina

 

Waar woon jy?

 

 

In Ladismith in die Weskaap. Om elke dag die berge te sien en na Towerkop te kyk bly vir my ‘ʼn wonderwerk

 

 

Watter genre skryf jy in?

 

 

Liefdesromans

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

 

Ek het in Zeerust grootgeword – gebore en getoë. Ek is ʼn gebore boekwurm wat van kleins af ‘stories’ wou skryf. Nie opstelle nie… regte stories. Ek was altyd met my neus in tydskrifte en boeke en ek glo nogal dit was die basis wat van my ʼn skrywer gemaak het.

 

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

 

My eerste boek is in 1997 gepubliseer, maar lank voor dit het ek sommer net stories neergepen vir die lekker. My man het dit gesien en vir my ʼn rekenaar gekoop. Daar het dit alles begin.

 

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

 

 

My nuutste boek is Dertien vir geluk en handel oor ʼn paaldanseres en ʼn dokter. Hulle ontmoet op hul verjaardae, albei Vrydag die dertiende. Vir Cariana was dit nog altyd ʼn gelukkige dag, maar vir die stroewe Rudolf ʼn  dag wat hy altyd wou vergeet. Dertien vir geluk is my 21 ste boek, maar ironies genoeg my eerste dansboek – gesien in die lig dat ek ʼn dans onderwyseres is.

 

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

Ja, Ek het heelwat ander boeke by LAPA en ook Tafelberg.

 

Slingerpad Na Die Hart
Versperring Teen Liefde
Liefste Perskedief
Hartsgeheime
Liefde Sonder Perk
Rondomtalieliefde
Drie Van Die Bestes V5 Liefde Sonder Perk, Letsels. 'n Ark Van Goferhout
As Liefde Tuiskom ......

 

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

 

Lesers is ongelooflik belangrik. Dis mense wat saam met my in ʼn wêreld instap waar ons saam met karakters leef, droom en voel. Dis die lekkerste gevoel denkbaar wanneer lesers vir my ʼn boodskap stuur oor ʼn boek wat hulle gelees het. En wat nog meer lekker is, is dat dit nie net vrouens is wat my boeke lees nie.

 

 

Waarmee werk jy aan volgende?

 

Ek is besig om te skaaf aan ʼn roman wat handel oor ʼn sielkundige wat naam maak in artikels wat sy vir ʼn koerant skryf. Sy klim in elke ‘onderwerp’ se kop in om antwoorde te soek vir sekere optredes van mense. So doen sy haar voor as ʼn ‘high class’ prostituut om te probeer uitvind wat laat besigheidsmanne na sulke dames wend vir aandag terwyl hulle gelukkig getroud is. Natuurlik trek sy die aandag van ʼn man wat haar lewe totaal verander

 

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

 

 

Daar is ʼn hele paar. Ena Murray, Susanna M. Lingua en Ettie Bierman se boeke is absolute Afrikaanse gunstelinge. Ann die Engelse kant is definitief Sandra Brown, Johanna Lindsey, Karen Robards en laVyrle Spencer.

 

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

 

Ek is elke middag besig met dansklasse waar ek ballet, moderne dans, contemporary, tap en hip hop gee. Baie onlangs het ons ook met Line dance vir volwassenes begin. Vir stokperdjies is ek byna altyd besig met potlode en ʼn inkleurboek of om kaartjies te maak.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

 

Sjoe, nou moet my brein ver gaan terugdelf vir informasie. Ek dink my regte eerste sorie was as jong kind die Saartjie reeks. Sy was iemand wat vir my as groot introvert, ʼn hele nuwe droomwêreld geskep het.

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

 

Nee, nie regtig nie. Ek het maar altyd gesit en stories uitdink. Maar my eerste storie wat ʼn boek geword het, was Wedloop van die hart. Omdat dit ʼn destydse onderwerp was wat taboe was, is dit afgekeur by die destydse JP van der Walt uitgewers, maar is later deur Perskor uitgegee. Dit het gehandel oor ʼn onderwyser en ʼn matriekdogter wat verlief geraak het.

 

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

 

 

Inspirasie kom partymaal uit totaal onverwagte oorde. Iets wat ek sien, iets wat iemand sê, gedagtes wat sommer deur my kop maal en somtyds oor iets waarvan ek droom in die nag.

 

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

 

 

Ek lees (natuurlik) liefdesromans, maar ek is ook gek oor spanningsverhale. Die beste boek nog ooit wat ek gelees het, is deur  Sandra Brown geskryf

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

 

Dankie dat julle saam met my in ʼn droomwêreld instap en saam met my karakters leef en ervaar… soms ook huil. My karakters het baie keer ʼn wil van hulle eie en bly NOOIT by die mooi voorafopgestelde sinnopsis nie, dus is dit vir my en hopelik ook my lesers, elke keer ʼn verrassing waarmee hulle vorendag kom.

 

Jy is meer as welkom om my te kontak by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.