Trientjie Malan

Trientjie Malan

 

Vraag

Antwoord

 

Het jy ‘n bynaam?

 

 

Ja, Trientjie, Katryn,Trienq of Trien‘x.

 

 

Waar woon jy?

 

 

Op ‘n plaas met die naam Klipkop net buite Vanderbijlpark.

 

 

Watter genre skryf jy in?

 

 

Digkuns

 

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

 

In die dorp Vanderbijlpark en later het ons plaas toe verhuis net buite Vanderbijlpark op die Fochville pad uit. My familie en my ma het my aangespoor om te skryf.

 

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

 

Ek het in 1990 my eerste gedig geskryf “ ‘n Klein bietjie liefde”.

 

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

 

 

Malankolie - Dit is ‘n terapie digbundel  waarvan elke traan die seer afgewas het. Dit handel oor mishandeling waardeur ek as kind en as ‘n jongmeisie deurgegaan het. ‘n Mens kry twee soorte mishandeling. Liggaamlik en geestelik. By mishandeling speel drank nie die hoofrol nie, maar wel geld. Jy moet tog geld hê om drank te kan koop.

 

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

 

Ja, behalwe vir twee grsamentelike digbundels by Malherbe Uitgewers - Kersfeeskeur (2016) en Is jy 'n digter (2017), het ek ook by Mecs Publishing 'n gesamentlike digbundel - Stoepie Digbundel (2017).

 

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

 

Baie, veral die lesers daar buite wat ek ‘n boodskap om deur middel van my digbundel probeer oordra.

 

Waarmee werk jy aan volgende?

Werk tans aan twee, miskien drie digbundels

Introspeksie, My Psalm Lewe en Ingrid Jonker en Ek. Dan probeer ek ‘n kinderstorie te skryf, maar het geen idee of ek dit as ‘n maniskrip na Malherbe Uitgewers toe gaan stuur nie. Dalk beland hy in die rekenaar se asblik.

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

 

 

By my skrywers is dit Ettie Bierman, Ena Muarray en Susanna M Lingua en by digters is dit Ingrid Jonker, Boerneef en C.J Langehoven.

 

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

 

As ek nie werk nie, sal ek lees of hekel.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

 

Mmm… Saartjie reeks boeke. Wil net nog en nog meer geweet het van haar.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

 

Ek is ongelukkig nie ‘n skrywer nie, maar wel ‘n digter. Mmm… my eerste digbundel wou ek geskryf het oor “ Gebroke Liefde “ en toe ontstaan Malankolie.

 

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

 

 

Digkuns. My gedigte skryf ek met emosies oor wat ek in my eie lewe ervaar en uit my oog uitsien.

 

 

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

 

 

Avontuur- en speurverhale. Ena Marray, Susanna M Lingua, en Peet Venter.

 

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

 

Lees my digbundel en dra die boodskap oor aan die wêreld.

 

 

 

 

Kontak my gerus by E-pos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

 

Add comment


Security code
Refresh