Tina Jooné

Vraag

Antwoord

Het jy ‘n bynaam?

My familie en vriende noem my Tinkels

Waar woon jy?

Kathu

Watter genre skryf jy in?

Opvoedkundig / feitelik / lewenservaring

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

Ek het in Boshof groot geword. Klein plattelandse dorpie in die Vrystaat.

As kind was ek redelik teruggetrokke en het baie in my eie verbeeldings wereld geleef. Ek het reeds van laerskool dae af baie daarvan gehou om te lees en veral om opstelle te skryf.

Wanneer het jy eers begin skryf?

Om eendag ‘n kortverhaal te skryf was altyd vir my ‘n groot droom. Dit is eers op laat ouderdom in my lewe wat die idee om ‘n blog te skryf posgevat het.

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

Ek het nog nie ‘n boek publiseer nie maar my blog “Die stil pad” is beskikbaar op die Wordpress webblad.  Dit gaan oor die ervarings van ‘n gehoorgestremde en hoe om mense bewus te maak en in te lig oor gestremdheid.

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

NEE

Wat beteken jou lesers vir jou?

Dit is vir my belangrik om my ervarings met lesers te deel wat ook dieselfde gestremdheid het asook alle mense met ‘n liggaamlike ge-stremdheid want ons deel elk dieselfde ervarings.

Waarmee werk jy aan volgende?

Ek wil graag my eie biografie skryf as gehoorgestremde.  My ervarings…

My lesse en my aanvaarding as ‘n dowe person van my kinderdae af toe ek gediagnoseer is tot nou…

Wie is jou gunsteling skrywers?

Anchien Troskie            Karen Kingsbury      Francien Rivers

Nick Vujicic                    Deon Meyer

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

Ek hou van lees.    Stap.    Koekies en lekkernye bak vir my gesin.

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

Fiela se kind

Die liefdevolle rol van ‘n ma wat enige iets vir haar kinders sal doen.  Selfs al is hulle nie jou eie nie.  Die respek en eenvoud van ‘n gesin en hoe om dankbaar te wees vir elke dag met selfs die geringste wat tot jou beskikking is.

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

Die Stil Pad is my eerste “storie”

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

My inspirasie kom van werklike lewenservarings, lesse en ondervindinge en hoe elke mens met ‘n tekort sy/haar lewenspad stap, volhard en groei…

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

Ek geniet enige storie metdrama, humor en ook iets met ‘n lewensles in. 

My gunsteling skryfster is Francien Rivers.

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

Dat jy nooit jou persoonlikheid of enige gawe of talent moet wegsteek weens ‘n getremdheid of ‘n tekortkoming nie.  Wys die wereld wie jy is.

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.