Shain vd Schyff

Shain vd Schyff

 

Vraag

Antwoord

 

Het jy ‘n bynaam?

 

 

Nee

 

Waar woon jy?

 

 

In Pretoria, Suid-Africa

 

 

Watter genre skryf jy in?

 

 

Fantasy, Aksie, Romans

 

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

 

Ek is gebore in Suid-Africa, in die jaar 2000. My regte ma het my weg gegooi en ek moes saam my ouma en pa bly. Dit het my sterker gemaak. Dit het laat ek al my gevoelens op my boeke sit. Ek is nie deel van n ryk familie nie en ek word baie geboelie op skool, dit maak my net sterker en gee ook vir my meer krag om my boeke te verbeter en geld te kry vir my familie.

 

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

 

In laerskool omtrent 5 jaar terug, toe het ek op n "app" wattpad boeke geskyf. Dit was gratis vir die lesers om te lees, dit het ook baie goeie komentaar gekry.

 

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

 

 

The Untold & The Unsaid, dit is n fantasy boek  oor n tiener meisie wat terug moes keer na haar geboorte dorp, omdat haar ouma oorlede is. Vandat sy daar gekom het gebeur daar baie vreemde dinge met die meisie. Sy ondek toe sy het supernatuurlike magte en sy is nie die eenigste een met dit nie. Daar word meer boeke geskryf vir hierdie fantasie boek. 

 

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

 

Nee

 

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

 

Baie! Hulle is die fondasie van my skrywer loopbaan. Sonder hulle sal my boek nie wees waar hy vandag is nie. Ek is baie lief vir al my lesers en hulle komentaar oor die boeke beteken vir my baie, want ek wil by hulle weet hoe ek my boeke verbeter.

 

 

Waarmee werk jy aan volgende?

 

 

The Untold & The Unsaid Boek 2 en Lockdown.

 

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

 

 

Lechane Piek, sy is ook my grootste inspirasie en een van my onderwysers by my skool.

 

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

 

Neem foto’s, ek is baie lief vir fotos neem asook tyd saam my familie te spandeer. Ek wil na my tweede boek gepubliseer is n YouTube kanaal begin.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

 

Ja, Merlin. Dit was ook een van my eerste boeke wat my ouma vir my gekoop het. Dis ook n fantasy en ek het altyd gewonder hoe sou dit wees om supernatuurlike magte te hê, en dan die wereld te kan verander met dit.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

 

Dit was op die "app" wattpad, dit was oor n groep friende wat tiener speurders was en moorde opgelos het.

 

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

 

 

TV programme, ek kry meeste van my idees daar of ek sit en dink aan my lewe en hoe kon ek dit verander in ‘n boek in, hoe kan ek my lewe in ‘n fantasie verander, en dit werk die meeste as ek inspirasie soek.

 

 

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

 

 

Enige iets wat fantasie in het of my na ‘n ander wêreld kan neem. Ek het ook  ‘n baie groot obsessie met J.K Rowling se Harry Potter reekse. Veral haar nuwe een "Fantastic Beasts".

 

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

 

Dankie! Sonder julle en julle mooi kommentaar, asook ondersteuning wat ek kry van julle af sou ek nooit wees waar ek nou is met my boeke nie. Julle kommentaar beteken baie vir my en sou baie daarvan hou as julle my e-posse stuur oor hoe julle voel oor my boeke.

 

 

 

 

Kontak my gerus by E-pos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.