Roelof Meyer

Roelof Meyer

 

Vraag

Antwoord

 

Het jy ‘n bynaam?

 

 

Nee, sommige noem my Roelf

 

Waar woon jy?

 

 

Bloemfontein & Ladybrand

 

Watter genre skryf jy in?

 

 

Spannende speurverhale

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

 

Somerset-Oos in die Oos Kaap.

My pa was ‘n knap onderwyser wat my vroeg blootgestel het aan boeke en die liefde vir lees aangeleer het.

 

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

 

Op skool gek oor Afrikaanse opstelle gewees, maar eers ernstig begin skryf toe ek ‘n misdaad en polisieverslaggewer by ‘n nasionale dagblad in Port Elizabeth was.

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

 

SMET - ‘n Psigopaat se korrupte en sedelose lewe besmet die lewe van almal om hom tot hy sy hand oorspeel en kaptein Francois Roux op die toneel verskyn. Met doelgerigte speurwerk begin hy die donker lewe van die gewetenlose manipileerder oopvlek en word hy ondersteun deur ‘n toegewyde joernalis wat glo dat die krag van die media nooit onderskat moet word nie.

 

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

 

Nee

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

 

Lesers se terugvoer beteken geweldig baie vir my. Dis belangrik dat hulle my skryfwerk geniet en kan uitsien na ‘n volgende vrystelling.

 

 

Waarmee werk jy aan volgende?

 

 

Die titel van die volgende speurroman is SMAG. Dis ‘n boeiende opvolg op SMET met enkele karakters wat steeds daarin voorkom

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

 

 

Deon Meyer, CFrancois Bloemhof, Rudie van Rensburg & Irma Steyn

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

 

Lees, stap en tuinmaak

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

 

CF Beyers Boshoff se Jasper-reeks was boeiend en vir my veel beter as Topsy Smith se Trompie-reeks. Op hoërskool was skrywers soos Heinz Konsalik en Andre Brink my gunsteling.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

 

Koekblik – ‘n Tong-in-die kies skets oor ‘n moedelose skoolseun wat bedags alleen saam met 70 meisies in ‘n Thames-skoolbus na die skool karwei is…

 

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

 

 

As oud-koerantman is ek steeds versot op misdaad en hofberigte. Baie daarvan sit my aan die dink en inspireer my tot ‘n boeiende speurverhaal vol intriges en verrassings.

 

 

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

 

 

Boeiende speurverhale wat realisties uitgebeeld word met verrassende kinkels….

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

 

Ek skryf omdat dit vir my ongelooflik genot verskaf en ek dit graag deel met almal wat ‘n liefde vir spannende leestof het wat dalk hulle nagrus kan kos…

 

Jy is meer as welkom om my te kontak by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 

Add comment


Security code
Refresh