Roeline Snyders 

Roeline Snyders

Vraag

Antwoord

Het jy ‘n bynaam?

Nee, maar vriende en familie noem my Roe

Waar woon jy?

Ek woon in 'n klein Noordkaapse Dorpie Bulletrap, 35 km van Springbok af.

Watter genre skryf jy in?

Ek skryf fiksie. Kortverhale en novelles en so nou en dan waag ek my hand aan gedigte

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

Ek is gebore en het grootgeword in Nababeep, Noord Kaap. Vanaf skool dae was ek lief om stories te skryf, maar net vir myself. Later jare het ek besef dat dit nie iets is wat my maklik sal los nie.

Wanneer het jy eers begin skryf?

 Ek is gebore en het grootgeword in Nababeep, Noord Kaap. Vanaf skool dae was ek lief om stories te skryf, maar net vir myself. Later jare het ek besef dat dit nie iets is wat my maklik sal los nie.

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

My nuutste Boek: Lolla se verhaal is die verhaal van Lolla Morton 'n meisie van die Kaapse Vlakte wat asgevolg van haar man se harteloosheid in Springbok se strate beland waar sy moes bedel om aan die lewe te bly. Haar vernedering, en pyn wat sy moet deurgaan

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

Nee, my eerste boek, Optelgoed is Hougoed is 2018 deur Malherbe Uitgewers gepubliseer

Wat beteken jou lesers vir jou?

Ek slaan my lesers hoog aan. My lesers beteken baie vir my want die lesers kan 'n skrywer maak of breek. Nee my lesers is vir my baie belangrik

Waarmee werk jy aan volgende?

Op die oomblik is ek besig met 'n hele paar projekte, een van hulle is 'n terugstap op my grootword pad, my lewe in Nababeep. Ek wil veral vir my kinders op 'n reis neem na my grootword jare.

Wie is jou gunsteling skrywers?

 Andre P Brink

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

My vrye tyd spandeer ek met my kleindogters, ek hou van kook, en 'n goeie film

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 Nie regtig nie. Ek wou nooit weer ophou lees nie

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

Nee ek kan nie maar ek kan my eerste kortverhaal onthou, Die Ou Man, dis in die Kuier van 14 Junie 2017 gepubliseer

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

Ek het nie regtig 'n proses waarvolgens ek skryf nie, alles so op die ingewing van die oomblik, ek is nie regtig iemand wat georden in is in my skryfwerk nie. My inspirasie sien ek in alles rondom my, die eenvoudigste

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

Ek lees outobiografie, het nie regtig 'n gunsteling skrywer nie maar geniet nog altyd Andre P Brink se boeke.

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

Ek sou vir hulle dankie sê dat hulle my as skrywer die eer aandoen om my boeke te lees. Dis tog wat 'n skrywer wil hê, dat sy boeke gelees word en die bonus is as die skrywer boonop positiewe /negatiewe terugvoering kry

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.