Ria Richards

Ria Richards

Vraag

Antwoord

 

Het jy ‘n bynaam?

 

 

Rieks. My suster se dogter noem my Hoendertjie (maar dis ’n lang storie)

 

Waar woon jy?

 

 

Op ’n plot tussen Springs en Delmas

 

Watter genre skryf jy in?

 

 

Liefdesfiksie/ Tienerverhale/ Kinderstories

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

Jacobsdal, tot die ouderdom van 8

Vanderbijlpark, tot op 16

Daarna Pretoria -waar ek getroud is.

Ek glo nie my grootwordjare het enige invloed op my skryfwerk gehad nie.

 

 

 

Wanneer het jy begin skryf?

 

 

My eerste ernstige skryfpoging het Desember 2005 begin na ’n  rugoperasie, maar my boek is eers in 2008 gepubliseer.

 

 

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

 

JES.

Die filmster, Jes Naude, besluit om  ʼn rukkie te gaan ontspan op haar erfplaas. Sy was egter baie lank laas op die plaas en het nooit rekening gehou met Theuns Anderson wat tans die plaas by haar huur nie.

Die man is duidelik glad nie beïndruk met haar ontydige besoek nie en hulle stamp koppe vanaf dag een.

 

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

Maanligliefde (LAPA - 2008)

Liefdesvrug uit die Paradys (LAPA - 2008)

Net ’n knippie liefde (LAPA - 2009)

Liefde met permissie (LAPA - 2010)

Vier magiese woorde (LAPA - 2013)

My hart se keuse (LAPA - 2017

Geheime van die porseleinkat (Groenheide Boeke - 2015)

Uitgelewer (Publishing World SA - 2017)

Daar is ook ’n klompie van my kortverhale in saamgestelde bundels

 

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

 

Sonder lesers is ek niks. Waarom skryf ek, as niemand dit gaan lees nie? Al sê net één: Dankie, ek het jou boek geniet, is dit genoeg aanmoediging om aan te hou skryf.

 

 

 

Waaraan werk jy volgende?

 

 

’n Liefdesfiskie, Tienerverhaal en Kortverhale-bundel is tans by Malherbe Uitgewers vir publikasie. Ek stel ook Die Boekehuis-bundels saam en help voornemende skrywers met hulle manuskripte.

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

Chanette Paul, Kristel Loots, Sophia Kapp, Annelie Botes, Deon Meyer

en nog vele meer.

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

 

Tuinmaak, verf op lap, maak feetjiehuisies en sommer al swat vir my lekker is.

En natuurlik is ek verslaaf aan Malherbe: Die Boekehuis se skryfblad, tot frustrasie van Manlief en my kinders...

 

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

 

Op silwer vleuels – geskryf deur Susana M. Liqua (baie jare gelede)

Ek het nooit gehou van lees nie. Nadat ek daai boek gelees het, het die leesgogga my gebyt. Nou lees ek als wat voorkom.

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

Gorrelpyp, ja! So 40 jaar gelede. Dit was ’n kortverhaal met die titel: Deur dik en dun – getik op ’n oudtydse tikmasjien. Ek het dit nou die dag tussen ’n klomp ou dokumente in ’n tas herontdek en my amper doodgelag toe ek dit weer lees – getippex en al. G’n wonder Rooirose het dit aan my teruggestuur saam met ’n briefie wat lees: Jammer, jou storie word ongelukkig nie aanvaar vir publikasie nie...

 

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

 

Ek het ’n hele paar halfklaar manuskripte op my rekenaar. Liefdesverhale, tienerverhale en kinderstories. Haak ek vas by een storie, werk ek aan ’n ander een. Ek kan ure na mense sit en luister, veral in publieke plekke. Partykeer sê iemand iets, of iets snaaks gebeur, dan word dit by my stories ingewerk. Oral het ek potlood en papier. My karakters klim self tussen die lyne in en maak hulle eie stories. Soms kom maak ’n karakter my in die middel van die nag wakker, dan skryf ek sy/haar storie sommerso in die donkerte.

 

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

Vir my gaan skryf nie om roem nie. Ek skryf uit my hart en omdat dit vir my lekker is, daarom wil ek graag hê my lesers moet my boeke geniet. Gee asseblief terugvoer nadat julle gelees het. (Positief of negatief). Dit beteken geweldig baie vir enige skrywer.

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.