Pieter Odendaal

Vraag

 

Antwoord

 

Het jy ‘n bynaam?

 

 Nee

 

Waar woon jy?

 

 Witbank Mpumalanga

 

Watter genre skryf jy in?

 

 Verskillend

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

In Dullstroom Mpumalanga. Ek wou altyd skryf en was baie lief vir lees. Daar was n hele paar staaltjies in my kinderjare om te vertel.

  

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

Toe ek op Hoërskool H.T.S. Middelburg was. Ek was op koshuis in Huis Laurie Smith toe dit nog asbes geboue was. Ek het in die studie saal aan n speurstorie begin skryf en dit onder maats rondgestuur om te lees. Ek kan nie meer die naam daarvan onthou nie, maar dit het iewers verlore geraak. na skool het ek ophou skryf. deur die jare het ek dit nogal gemis, maar nooit daar uitgekom nie. so n paar jaar gelede het ek weer begin skryf en skryf nog steeds im my vrye tyd. Ek geniet dit baie en sal heel moontlik meer skryf wanneer ek op pensioen gaan..

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

 

Liefde vir my broer.  dis n Liefdesverhaal. alles het begin toe Adam, nadat hy sy byna sy maatskappy verloor het besluit het om selfmoord te pleeg.  Dit het gelei tot  liefde in sy lewe, maar n paar dinge moes eers gebeur voordat liefde op die ou einde oorwin.

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

Solank daar hoop is        ; Kortverhaal bundel (Christelike fiksie)

a Breath of hope ; Die engelse weergawe van "Solank daar Hoop is"

Gedeelde Emosies; Kortverhaal bundel (fiksie)

Het dit self laat publiseer deur SA Skrywers  

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

Baie belangrik. Sonder lesers kan ek nie n skrywer wees nie. 

 

Waarmee werk jy aan volgende?

 

n Misdaad verhaal "Die  Kwaksalwer " en "Drome na jou" liefdesverhaal.

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

 

Ek het nie spesifieke gunsteling skrywers nie en lees byna enigiets 

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

Ek hou van hengel, as ek die kans kry 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

Nee nie noodwendig nie, maar my gunsteling stories was Speurstories en romantiese stories. as kind was ek baie lief vir lees en het gereeld boeke uitgeneem by die biblioteek.  

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

Ek onthou dat dit n speurstorie was, maar kan nie die naam onthou nie .Dit was lekker om dit rond te stuur in die studie saal. Dit is waar alles regtig begin het.  Dit was nooit gepubliseer nie. Daar was verskeie stories wat ek geskryf het wat nooit gepubliseer was nie, dit het iewers verlore geraak.  .

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

 

Dikwels kom n gedagte in my kop. Ander kere inspireer dinge wat om my gebeur my, of iemand vertel iets en ek kry n paar idees wat in my kop vassteek. dan gebruik ek verskillekde idees en skep n storie daaruit. 

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

Lees gerus my boeke en as jy dit geniet het, laat weet my. So leer ek wat presies my lesers wil lees. 

 

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.