Piet Saayman

Pieter Saayman

Vraag

Antwoord

 

Het jy ‘n bynaam?

 

 

Piet

 

 

Waar woon jy?

 

 

Centurion

 

 

Watter genre skryf jy in?

 

 

Volwasse fiksie en kinderverhale

 

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

 

Sasolburg. Ek was van kleins af mal oor lees en opstelle skryf. Die biblioteek op die dorp het beperkte Afrikaanse boeke gehad en ek het my gewend tot Engelse boeke. Famous five, Secret Seven, William, Biggles ens.

 

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

 

 

In 2009 na my aftrede.

 

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

 

 

Kinderboek – Die Hoenderdiewe. Die avonture van 2 kinders  op planeet Eggiedop waar die eiermense woon.

 

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

 

Einstein se Huis en Die Hoenderdiewe (Groep 7) Ook  SA Skrywers Kortverhale- Kontreistories. Groep 7

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

 

Dat hulle my verhale/ stories moet geniet en dit opwindend vind.

 

Waarmee werk jy aan volgende?

 

 

Potpourri- novelle (Malherbe Uitgewers)

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

 

 

Almal Engels! Wilbur Smith, Dan Brown, Clive Cussler, Peter James, John Grisham ens.

 

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

 

Algemene doen Dit Self tipe, Tuinwerk en kweek van Bonsai

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

 

Nee, te lank gelede. Kan dalk Sus en Daan wees. Het hele boekie dadelik deurgelees.

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

 

Kortverhaal vir Vrouekeur – Skrywersblok.

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

 

 

Kry net ’n gedagte in my kop. Begin dan dadelik skryf. Soos wat ek skryf, vorder en ontwikkel storie. Ek beplan niks op skrif nie. Hou alles in my kop.

 

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

 

 

Fiksie, avontuur, John Grisham

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

 

Ek hoop julle sal my stories so geniet as wat ek dit geniet om dit te skryf.

Add comment


Security code
Refresh