Nikita vd Heever

Nikita van den Heever

 

Vraag

Antwoord

 

Het jy ‘n bynaam?

 

 

Ek gaan net by my eerste naam Nikita, maar my familie en vriende noem my net Kita.

 

 

Waar woon jy?

 

 

Ek woon in Muldersdrif in Roodepoort.

 

 

Watter genre skryf jy in?

 

 

Poësie en fiksie.

 

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

 

Ek het groot geword in Muldersdrif waar ek nou woonagtig is, en woon al op die Plot vandat ek 6 jaar oud is. My omgewing het definitief ‘n invloed op my skryfwerk, want wanneer ek alleen wil wees om te skryf, vat ek my notaboek en potlood en gaan sit tussen die gras waar ek omring word deur die inspirasie van die natuur!

 

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

 

Ek het begin skryf op 11 jarige ouderdom, en ek is nou 21 jaar oud. 10 jaar van my lewe het ek al gewei om myself oor te dra met woorde, en ek sien uit na al die jare wat nog kom!

 

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

 

 

My nuutste boek is my digbundel, Hartskamers. Dis my heel eerste publikasie, en bevat die beste gedigte wat ek geskryf het vandat ek kan onthou. Soos die titel sê, dit is my Hartskamers op papier vasgelê.

 

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se siteis nie, en wat is die boeke?

 

 

Nee

 

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

 

My lesers bemoedig my om die beste digter te wees wat ek kan. Wanneer my lesers hulle vereenselwig met my poësie, word ek gedryf om dit wat in my hart en gedagtes aangaan op papier te sit, en hulle direk te betrek by gevoelens wat ons tog almal daagliks ervaar.

 

 

Waarmee werk jy aan volgende?

 

 

Ek werk tans aan ‘n Engelse Fiksie met so bietjie van ‘n Kinkel in die kabel. Tussendeur bestee ek nog tyd aan my poësie soos ek deur my emosies gedryf word.

 

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

 

 

Antjie Krog en Breyten Breytenbach is my gunsteling digters, terwyl Estelle Maskame van Did I Mention I Love You en Jennifer Niven van All The Bright Places my gunsteling fiksie-skrywers is.

 

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

 

Ek het ‘n passie vir kreatief wees. Ek ryg graag krale in my vrye tyd, en spoeg, plak en verf wat ek ook al kan. Ek is dol oor boeklees, en geniet om tyd saam met my verloofde Juan-Louis en my hondjie Gizmo te spandeer.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

 

Ek onthou die eerste boek wat ek gelees het was op laerskool, Child in Darkness deur Robert Hill. Dit was wel ‘n voorgeskrewe boek, maar ek onthou wel dat dié spesifieke storie my nuuskierig gemaak het vir meer en meer lees. Só het my liefde vir lees ontstaan.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

 

Die eerste storie wat ek ooit geskryf het was toe ek 12 jaar oud was. Love At First Sight was sy titel, en ek het die rekenaar-gedrukte weergawe van hom tot vandag toe nog in my boekrak.

 

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

 

 

Inspirasie vir ‘n storie of gedig tref my altyd op die mees onverwagste tye. Die mees kleinste gebeurtenisse lei tot die grootste stories of gedigte.

 

 

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

 

 

Ek is lief vir Young Adult stories of sommer enige liefdesverhale wat die liefde in jou vinniger laat klop. Ek is ook dol oor trane-trekkers!

 

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

 

Baie dankie vir elke liewe woord in my poësie wat julle tot dusver saam met my gelees het. Dankie dat julle saam met my deel in hierdie avontuur, en ek sien uit na nog vele meer!

 

 

 

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 

 

 

Add comment


Security code
Refresh