Mtini (Michael du Plooy)

Mtini (Michael du Plooy)

 

Vraag

Antwoord

 

Het jy ‘n bynaam?

 

 

Ja, ek skulder en skryf onder die naam Mtini.

(Mtini verwys na verstedeliking en die vervorming van nasionale identititeit en die aanname van 'n meer kosmopolitise identiteit).

 

 

Waar woon jy?

 

 

Strand/Gordons Bay

 

 

Watter genre skryf jy in?

 

 

Afrikaans poësie. Ek skryf ook moderne kortverhale.

 

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

 

Ek het in Witbank grootgeword. Nou het alles verander daar, ook die naam. Om groot te word op so klein plekkie en die steenkool myne beinvloed jou siening grootendeels.

 

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

 

Ek skryf gedigte al van skooldae af, onlangs (paar jaar gelede) het ek stories begin skryf.

 

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

 

 

My nuutste boek is "Mamma Gedigte" opgedra aan my ma. Dit fokus op moeders, vrouens en Afrikaner identiteit.

 

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

 

Ja ek het saam met Veerpen Uitgewers aan gesamentlike bundels deelgeneem: "Eer die Vrou", "Krismis onner die Suiderkruis" en "Die Kaapse Stem".

 

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

 

Sonder lesers bly die skrywer sonder 'n stem.

 

 

Waarmee werk jy aan volgende?

 

 

'n Reeks kortverhale getiteld "Die Avonture van die Biltong Fairy".

 

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

 

 

Sheila Cussons, Lina Spies, Ingrid Jonker, Antjie Krog.

 

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

 

Ek skilder in akrieliese verf en olie. Ek doen graag blomme rangskikkings.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

 

Ek lees konstant en het op skool enige iets gelees. Daar is so baie dis moeilik om 'n voorbeeld te gee.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

 

Ja, ek het 'n storie op skool geskryf oor 'n hanswors wat nie deel was van die groot parade nie.

 

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

 

 

'n Idee broei in my kop vir maande en begin dan stadig vorm aan neem.

 

 

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

 

 

Ek lees romanse om te ontspan maar my gunstelinge is Kahlil Gibran en Deon Meyer

 

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

 

Ek sou vir hulle sê om my werk te lees vir wat dit is en oopkop te wees oor die lewe.

 

 

 

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.