Maruanda Wynne 

Maruanda Wynne

Vraag

Antwoord

Het jy ‘n bynaam?

Nee

 

Waar woon jy?

Bellville

 

Watter genre skryf jy in?

 Roman

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

Ek het in Bellville grootgeword. Ek weet nie of dit my skryfwerk beinvloed het nie, dalk in dieselfde mate as wat Bellville vir Heuwels Fantasies en Polisiekar beinvloed het.

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

Ek het op laerskool reeds begin skryf. Ek was beter in skryf as Wiskunde, en daaraan het niks verander nie.

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

Hartlap – Die Storie gaan oor die lewe van vier vriendinne en hoe hulle mekaar bystaan in moeilike tye. Dis ‘n egte storie oor relevante kwessies soos vrouemishandeling en aborsie. Dis het ‘n skoot humor asook ‘n fyn Geestelike draadjie wat keer dat dinge nie te swaar raak nie.

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

Nee

Wat beteken jou lesers vir jou?

My lesers is my gehoor, my klankbord. Hulle is in my karakters, ek skryf nie net vir hulle nie, ek skryf ook oor hulle.

 

Waarmee werk jy aan volgende?

Ek het reeds begin skryf aan die volgende boek in die Hartlap reeks, Hartlap – Nuwe Begin. My hoofkarakters bly dieselfde, in hierdie boek lig ek weer twee ander karakters uit. Ek gaan die vier vriendinne nog in die ouetehuis in skryf.

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

Daniel Hugo, Annelie Botes, E.Kotze, Elizabeth Gilbert, Santie van der Merwe, Heleen de Kock, Irma Joubert, Marzanne le Roux van der Boon, Ann Voskamp

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

Ek doen oefen vir Ultra marathon wedlope of doen borduurwerk en verder is ek vrou en ma van twee kinders.

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

Buiten die gewone Boet en Saartjie het ek ‘n boek van Knikkie gehad, ek dink ek het dit nog steeds. Ek het die boekie oor en oor gelees en met elke lees die storie vir myself meer inhoud gegee. Ek onthou hoe ek verby die karakters gekyk het na die die prentjies wat die agtergrond gemaak het, daarin het ek nog stories opgemaak.

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

Ek het in graad 3 saam met my Ouma van Bellville na De Wetsdorp per trein gery vir ‘n familietroue. Ek het dagboek gehou van die treinrit.

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

My skryfproses is baie organies. Ek het ‘n redelike idee waarmee ek met die storie wil beweeg. Ding is, karakters daag eenvoudig op en die wat reeds daar is wangedra hulleself, ek weet nooit waarmee hulle vorendag gaan kom nie, hulle verras my gedurig. Ek is mal daaroor wanneer my karakters buite karakter optree, hulle verras nie net vir my nie maar ook die lesers. My inspirasie kom uit mense en hul stories en my eindelose aandag alfeibare verbeelding.

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

Indien jy jouself raaklees in my stories, ek het dit so bedoel. Moet nooit die waarde van humor, vergifnis en geloof vergeet nie, ‘n storie sukkel maar om gelukkig te eindig daarsonder.

 

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.