Marlena Bruwer 

Marlena Bruwer

Vraag

Antwoord

Het jy ‘n bynaam?

 Nee

Waar woon jy?

 Brackenfell

Watter genre skryf jy in?

 Gedigte

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 Nigel in die ou Oos-Transvaal. Dit het nie my skryfwerk spesifiek beinvloed nie, ek wou maar net van altyd af skryf en het kleintyd reeds gepraat van “Ek gaan eendag ‘n skrywer word”.

Wanneer het jy eers begin skryf?

 Op universiteit (PU vir CHO)

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

Ek is die samesteller van ‘n boek “Die ander vrou” waar vroue anoniem hulle verhale vertel. Die boek sluit ook ‘n kort empiriese studie met vraelyste aan “ander vroue”, ‘n sosiale werker en ‘n predikant in.

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 Saamgestelde  kortverhaalbundels deur TOM Gouws: KORTGOLF, DRIF en SO OP JOU GEMAK

Wat beteken jou lesers vir jou?

 Sielsgenote wat deur interpretasie vanuit hul eie persepsie universele waarde aan die boodskap in my gedigte gee

Waarmee werk jy aan volgende?

 ‘n Biografie oor iemand wat aan ‘n spesifieke verslawing lei

Wie is jou gunsteling skrywers?

 Paulo Coelho

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 Lees, fotografie, stap, reis, spanningsreekse op tv kyk, tuinmaak ens; al diel lekker dinge

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het

 Die Saartjie reeks.

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 

Add comment


Security code
Refresh