Mariette Ras

Vraag

 

Antwoord

 

Het jy ‘n bynaam?

 

 Ja Penny of Mariet

 

Waar woon jy?

 

 Op 'n plaas net buite Potgietersrus

 

Watter genre skryf jy in?

 

 Digkuns, is ook besig met fiksie

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

 Trichardt ‘n klein dorpie wat grens aan Secunda.

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

 Op Hoërskool

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

 

 Tot U Eer, my debuut bundel. ‘n Lofprys aan my Skepper wat altyd saam ons is maak nie saak wat die omstandighede nie. Jy kan opstaan jy kan oorwin.

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

 Nee

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

 Sonder lesers beteken enige skrywe niks. Die leser is waarom boeke draai.

 

Waarmee werk jy aan volgende?

 

 Dig steeds. Ek is op die oomblik amper klaar met ‘n fiksie boek. Waaroor ek heel opgewonde voel.

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

 

Konsalik, Deon meyer, Chris Karsten 

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

 Houtwerk, lees, kos maak, die natuur om my te wardeer.

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

 Ek onthou die Mikro boeke veral Sias en Mias. Het deur alles gedraf en hul kaskenades bly my tot vandag toe nog by.

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

.Ja.

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

 

 Ek skryf soos ek voel , wat ek voel. As ek dit nie voel nie sukkel ek om oor ‘n onderwerp te skryf. My lewe , die verloop daarvan en my Skepper se Hand daarin, inspirer en lei my.

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

 Die lewe is maar ‘n glinster in die wind. Voor jy besef is dit verby. Jy kyk terug en sien die soveel gemis, lag ,huil en onnodig lei. Aan gister Kan jy nie verander nie, dis gedoen en verby. Môre is in jou hande, dit is jou keuse of jy ‘n lewe Tot Sy Eer gaan lei. Mag die bundel, die woorde van my siel ‘n sëening wees en vatplek vind, in die harte wat  lees en daarna smag. 

 

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.