Mari-Louise Dürr

Vraag

 

Antwoord

 

Het jy ‘n bynaam?

 

Ja my bynaam is Mari en ek het dit gekry omdat my naam Mari-Louise baie lank is vir meeste mense.

 

Waar woon jy?

 

Ek woon op 'n plaas.

 

Watter genre skryf jy in?

 

 Inspirerend / Religieus

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

 Ek het grootgeword op Potchefstroom in 'n huisgesin waar God altyd die middelpunt van alles was. Dus toe ek met hierdie joernaal begin het, het ek geweet hierdie joernaal se enigste doel sal wees om eer te bring vir Sy Naam.

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

 Ek het begin skryf na die afsterwe van my man, eintlik aanvanklik as terapie vir myself. Later het ek gevoel dat God wil he dat ek moet skryf sodat ek deur my skrywe ander kan help om genesing by God te vind.

 
       

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

 Nee hierdie joernaal is my eerste publikasie.

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

 My lesers is elkeen baie kosbaar vir my aangesien ek graag wil he dat elkeen wat hierdie joernaal lees ook genesing by God sal kan ontvang.

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

 Elke dag is 'n nuwe avontuur vir my saam met ons seuntjie hier op die plaas waar ons woon, en ek probeer om daagliks tyd opsy te sit om net op hom te fokus en saam te speel. Verder geniet ek dit baie om kwaliteit tyd met God en my familie en vriende te spandeer.

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

 Die eerste stories waarmee ek kennis gemaak het was al die stories wat in die Bybel opgeskryf is. Hierdie stories dien as inspirasie en motivering vir my asook is dit vir my 'n wonderlike manier om ons God beter te leer ken!

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

 Hou altyd vas aan Hoop...by God is daar altyd Hoop!

 

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.