Liza Daniells

Liza Daniells

Vraag

Antwoord

 

Het jy ‘n bynaam?

 

 

Die GhwarriegatQueen of Queenie

 

Waar woon jy?

 

 

Pretoria; maar my hart is in mooi ou Kaapland

 

Watter genre skryf jy in?

 

 

Ek het honor bright nie ‘n biscuit of ‘n koekie se clue nie! My Sielsambok (my eie persoonlike pen) maak woorde van die skaterlag, die snot en trane tjank, die asemhaal wat graffiti maak in hierdie wise-ass hart van my.

 

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

 

Het halfpad grootgeraak in  die goeie ou Vrystaat (where nothing is free but it’s one hell of a state, though); Bloemfontein. Maar was lankgenoeg in die WesKaap om dit huis te noem…. Dis is Bloemfontein waar my lewe onherroeplik verander het enne, ja; was dit nie vir daai eina wat in Bloemfontein begin het nie, dan was daar nooit ‘n Satynlakens tot Teerstrate nie.

 

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

Het maar altyd graffiti gemaak van my hartswoorde (ek lief lees en die reuk van ink op papier – dis waarom ek helemal dwars van volk en vaderland, altyd eers my woorde op papier maak voordat ek dit vir my skoothondjie – laptop – voer); maar om ‘n skrywer genoem te word was nie eers ‘n gedagte iewerrsters binne-in my nie….. Het opstel skryf gehaat met ‘n passie, maar na skool het ek sootvan voltyds begin skryf; was vir lank ‘n vryskut joernalis

 

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

 

 

Van Satynlakens tot Teerstrate – my outobiografie.

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se  site is nie, en wat is die boeke?

 

 

Huh-uh…… wat meeste uitgewers betref kan ek nie skryf om my lewe of die buurman se hond te red nie; maar toe kom Malherbe Uitgewers en bewys hulle toetentaal en al verkeerd. Sterretjiebaie se baie dankie Heleen en Mike!!!

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

 

Als! Enige skrywer moet sy lesers respekteer; hulle is jou klankbord en sonder lesers sal geen woordemaak die moeite werd wees of sin maak nie. Soos ‘n leë blikbeker staangemaak op ‘n dooie gloeikool-vuur… Ek salute elke liewe leser

 

Waarmee werk jy aan volgende?

 

 

Satynlakens se opvolg, vervolg, ingevolg van – die een of ander volg: Sprokie met ‘n Twist; en so tussen-in loop my Sielsambok se ink dwarsdeur die woorde maak vir ‘n andersters digbundel.

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

 

 

Francine Rivers, Clive Custler

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

 

Om te SPLIT – sward in die hand op my geliefde ou Ghwarriegat te staan en te baklei vir die sg. Dregs of Humanity wat staat en kerk  daar kom neer bliksem-ent het!

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

 

Slaan my disnes met ‘n nat snoek; nee, eke doen nie…. Seker maar omdat en oordat ek kleintyd al die Koningin van Faikonta (verbeelding; make believe) was; ek het my eie stories in my hart geskryf.

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

 

Nogals ja…… Wedstydpunt vir die Noodlot.

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

 

 

Kyk, my hart is wise-ass en my vrouweesgemaak cheeky; enne hulle maak soos hulle wil – gryp doodeenvoudig my kop en gaan maak iewersters konsert met die lewe se lag, traan en pyn. En die (sielsambok in die hand) beste is, ek hoef nooit eers Computickettoe te gaan vir ‘n kaartjie nie, ek het altyd ‘n VIP sitplekJ

 

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

 

 

Enige iets… Clive Custler, Francine Rivers; en nog so ‘n handjievol ander.

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

 

Salute, liewe Bokkie my babie; pas jouself mooi op en dankie vir jou tyd, jou, hart wat jy so onvoorwaardelik oopmaak vir die ink van ‘n vreemdeling om te kom storiemaak in jou hartsjoernaal. Laf joe verymuchplentybaie.

JThis email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.