Leana Taylor 

Leana Taylor

Vraag

Antwoord

Het jy ‘n bynaam?

Ogies

Waar woon jy?

Bloemfontein

Watter genre skryf jy in?

Ek ondersoek ‘n verskeidenheid. Ek hou nie van romanse nie.

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

Op die platteland. Ek geniet dit om van klein dorpies te vertel en ook van die plaaslewe. Wanneer ek daar te eensaam voel vertel ek van die stad.

Wanneer het jy eers begin skryf?

Amper vandat ek ‘n pen kon vashou.

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

120 Hours of Antonyms is ‘n spanningsverhaal. ‘n Onskuldige man word deur ‘n moordenaar afgepers vir 5 dae; kies die verkeerde antoniem en daar is ‘n boete  om te betaal…

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

Ja,

Good Morning & Namaste – the journey

Closed Faces to the Sun

Mengel-oes

Wat beteken jou lesers vir jou?

As ek iemand se lewe kan aanraak, iets kan beter maak in ‘n lag of ‘n traan of iemand op ‘n avontuur kan neem, het ek my lewensdoel bereik.

Waarmee werk jy aan volgende?

Oe… meer as een!

Wie is jou gunsteling skrywers?

Ek geniet Dalene Matthee se boeke maar ek lees baie wyd.

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

Ek loop of ry rond saam met my moeder.

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

Boom, bomer, boomste.

Dit het sonder twyfel my sluimerende verbeelding ‘n hupstoot gegee.

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

O genade nee! Ek verbeel my dit was ‘n fantasie verhaaltjie.

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

Ek beplan nie die storielyn nie, dit ontwikkel soos ek skryf.

Soveel goed! Lirieke, prente, ‘n geur, ‘n smaak, ‘n gevoel, ‘n mens, die lysie is eindeloos.

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

Enige iets waarop ek my hande kan kry, gewoonlik Engelse boeke.

Geen gunsteling skrywer nie.

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

“Laat my toe om jou saam te sleur! Ek belowe ‘n baie interresante reismaat te wees.”