Kobus de Villiers

Kobus de Villiers

 

 

Vraag

Antwoord

Het jy ‘n bynaam?

Nee

Waar woon jy?

Port Moody, Kanada. Ons het ook 'n kuierplek in die suide van Frankryk waar my vrou groot geword het

 

Watter genre skryf jy in?

My eerste boek en dit is 'n autobiografie saamgestel uit 'n versameling staaltjies, anekdotes en sn aakse stories wat ek so saam met trek deur die wereld versamel het.

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

Ek het in 'n Myndorp in die Vrystaat groot geword. Ek sien dus die wereld deur Afrikaner oe en

Wanneer het jy eers begin skryf?

Ek het van kleins af geskryf, meestal stories en staaltjies gebaseer op hoe ek die wereld om my waarneem.  My eerste regte poging vir publikasie is egter na ek afgetree het en meer tyd het om te dink en te onthou.

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

My boek is 'n versameling stories en staaltjies van gebeure tydens my reise en werk op geheime militere  lugvaartprojekte in verskeie lande.

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

Nee

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

Ek deel snaakse en interressante gebeure in my loopbaan, aan die begin in die dae van die
wapen boikotte teen SA en later op ongelooflike interressante projeke van wonderlike ontwerpe. My wens is dat die lesers ’n idee kry van hoe dit was destyds en watter ondenkbare goed ontwikkel word en die baie snaakse panaries waarin ek as plaasseun in die wye wereld daar buite beland het.

 

Waarmee werk jy aan volgende?

Ek werk aan 'n Engels weergawe van die boek. My Franse familie wil dit ook lees en my vrou gaan dit vertaal na Frans. Ek werk ook aan 'n storie van 'n ou man wat in die hospitaal beland en 'n jong verpleegster probeer deur sy lewenservaringe met haar te deel.

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

Herman Charles Bosman, John le Carre, Bill Browder,Tom Wolfe, Harper Lee, Hary Kalmer en vele meer.

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

Fotografie, reis, skilder, buitelewe en wonderlike ervaringe in vreemde plekke saam met my vrou. E k bou ook nuwe ontrepsies en eksperimente in my werkswinkel in die huis se kelderverdieping

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

Die kinder Bybel. Baie kleur prentjies en vreemde plekke en name. Ek was baie nuuskiereig en wou weet hoe goed werk en waarom sekere dinge gebeur. Ek het oo

oor party van die stories!

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

Ja, dit was net nadat ek die rolprent Grand Prix gaan kyk het. My hele Bloemlesing is omskep in ’n boek genaamd “Die Man sonder Senuwees”. Ek het nog steeds die oorspronklike handgeskrewe 'manuskrip'.

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir n storie?

Ek skryf in 'n 'donderbui' styl, alles borrel uit sodra ek 'n bevlieging kry. Insperasie is mense en ge gebeure wat ek ervaar het.

 

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

Ek lees baie tegniese goed, ek is 'n Ingenieur, maar ons lees ook baie wyd. Alles van Bosman tot Graham Green. My vrou is 'n taal mens en sy vind gereeld iets nuuts om te lees, meestal in Engels.

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

As jy 'n kind ken wat 'uitheemse' idees het en lyk of hy/sy iets ongewoons wil gaan ondersoek of doen, moedig hulle aan! My boek vertel van so 'n kind met idees wat uiters vreemd was vir my onderwysers, familie en skoolmaats. Net my plaas oupa het my aangemoedig en ek is hom ewig dankbaar.

 

 

 

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.