Afrikaans - Roman

Results 1 - 92 of 92
R 189,00 each

Bekende vreemdeling van die Namib - Lady Jane (Jana van Niekerk)

Valery Beukkamp, die lewenslustige donkerkop met haar wakker groen oë, ontdek aan die einde van haar twee-weke toer deur Barcelona se historiese geboue dat die lewe vreemde paaie met jou kan loop. Met haar besoek aan die Liceu Opera Teater, kom Peet Russos, tot haar redding tydens ’n bomaanval op die operahuis. Daarna kan Valery nie die uiters aantreklike man uit haar gedagtes kry nie.

’n Maand later is daar ’n onvoorsiene aanval op haar lewe tydens ’n terreuraanval in Afrika waar sy mediese diens verrig saam met haar goeie vriend, dokter Carlos Rodriquez. Carlos reël dat Valery na haar beserings aansterk by ’n vriend van hom se gasteplaas, suid van Lüderitz. Onwetend dat Peet Rusoss die eienaar van Rusoss Desert Lodge is, en danksy Carlos Rodriquez se agteraf gekonkel, beland Valery weereens in die hande van die man met die donker, broeiende oë wat haar lewe in Barcelona al deurmekaargekrap het.

Peet is egter ’n man met ’n donker geheim. Ongeag wat ons harte na smag, gaan die lewe egter voort en neem ons soms verkeerde besluite. Sal sy die vrou wees wat uiteindelik die spoke van sy verlede kan uitwis wat gereeld skeiding tussen hulle bring?

R 107,40 each

Nog ’n Kans op 'n nuwe begin - Ria Richards (eBoek PDF)

Na twee mislukte huwelike en ’n dogter wat haar verag, het die drie en vyftigjarige Esta Coulson nooit kon droom dat die dag wat sy in die Kaap land, haar hele lewe sou verander nie.

Terwyl Esta by haar niggie kuier, ontmoet sy Lance Damian. Die Spanjaard slaan haar voete onder haar uit die oomblik wat sy in sy donker oë kyk. Hy laat haar vir die eerste keer in haar lewe soos ’n ware vrou voel. Maar... Sy keer vir die vale om haarself intoom te hou in die man se teenwoordigheid, sy dra te veel bagasie met haar saam om ’n man weer naby haar toe te laat.

Iets gebeur dan wat haar vrymaak van die las en veragting wat sy al die jare soos ’n vernietigende kankergewas met haar saamgedra het. Dit laat haar besef sy het nog ’n kans gekry in die lewe. ’n Kans op ’n nuwe begin.

R 179,00 each

Nog ’n Kans op 'n nuwe begin - Ria Richards

R 111,00 each

Omnibus 5 - Sonja Brown, Bets Koen, Elizabeth Jordaan (3 Novelle Bundel) (eBoek PDF)

"Boeke is die nalatenskap van 'n groot gees aan die mensheid, wat van geslag tot geslag oorgelewer word as geskenke aan die ongeborenes."
~ Joseph Addison

Kom deel in die verhale van Baron Bart, Tulpe vir Talina en Familiegrond. Beleef ‘n nalatenskap wat die skrywers aan die lesers gee.

(Die wenverhale in ons skryfkompetisie)

R 185,00 each

Omnibus 5 - Sonja Brown, Bets Koen, Elizabeth Jordaan (3 Novelle Bundel)

"Boeke is die nalatenskap van 'n groot gees aan die mensheid, wat van geslag tot geslag oorgelewer word as geskenke aan die ongeborenes."
~ Joseph Addison

Kom deel in die verhale van Baron Bart, Tulpe vir Talina en Familiegrond. Beleef ‘n nalatenskap wat die skrywers aan die lesers gee.

(Die wenverhale in ons skryfkompetisie)

R 79,20 each

Die liefde oorwin alles - Pieter Schuurman (eBoek PDF)

Die liefde oorwin alles is ’n kortverhaal- bundel propvol lekkerlees stories.
Marna verloor haar sig in ’n ongeluk en die enigste hoe sy haar sig kan herwin, is deur oorplantings van die korneas, maar die kanse is skraal dat sy ’n geskikte skenker sal kry. As liefde aan jou hart kom klop, sal jy werklik alles doen, selfs jou oë gee sodat jou geliefde weer kan sien?

Dit is Vrydag. Jan Wil sy kop gaan skoonmaak by die viswaters na ’n gewelddadige verhouding. Hy het ’n paar weke gelede besluit om eerder alleen te wees as om deur kolkende emosies vernietig te word.
Floors word in ’n vreemde bed wakker en besef hy is gestrand nadat hy ’n slagoffer van ’n roof was en al wat hy wil doen, is om by sy geliefde Karina uit te kom.

So het elkeen van die 19 verhale hul eie unieke karakters wat hulle soms in ongemaklike situasies bevind en beleef die leser elkeen se lief en leed.

R 132,00 each

Die liefde oorwin alles - Pieter Schuurman

R 48,00 each

Lolla se storie - Roeline Snyders-Ruiter (eBoek PDF)

Lolla Morton het groot geword op die bende geteisterde Kaapse Vlakte. Haar ouers is tik-verslaafdes, maar Lolla het al vroeg besef dat sy beter van die lewe wil hê. Haar geleentheid kom dan ook, maar saam met haar nuwe lewe moet sy baie dinge opoffer. Sy word vervreemd van haar ouers, want hulle pas nie in haar nuwe lewe in nie.

Dat die lewe nie regverdig is nie, besef sy gou wanneer sy uitgewerp, verstoot en mishandel word. Sy beland in ‘n Noord-Kaapse dorpie, alleen, honger en met geen heenkome nie. Vrees verander later in haat wat haar hele wese inneem.

Maar dan gebeur iets wat haar dwing om terug te gaan na die plek van seerkry. Met ’n hart vol haat het sy gegaan, maar sy het nie God se planne met haar in berekening gebring nie.

Vorige publikasies deur Roeline: Optelgoed is hougoed (Kortverhale bundel)

R 80,00 each

Dowwe Spore - Ina Cantoni (eBoek PDF)

A5 163 Bladsye

Hanna is ’n enkel mamma met twee kleuters en swanger. Sy trou met ’n boorman. Vyftien jaar van rondswerf en swaarkry wag op haar.

Sy kyk terug op ’n lewenspad waar haar spore dof is en soms heeltemal verdwyn. Nes sy dink haar swaarkrytyd is verby, slaan die noodlot weer toe.

Hoeveel pyn kan een mens dan verduur sonder om te knak?

Ons eie lewens is soms vol Hanna’s, maar uit Hanna se verhaal leer ons om te bly hoop. Die spore wat ons trap is nie altyd hoe ons dit beplan nie. Soms laat ons dowwe spore agter totdat die lewe eendag vir ons die duidelike spore aandui.

R 190,00 each

Hartlap, Die Storie - Maruanda Wynne

A5 220 Bladsye

Vier vriendinne, vier lewens, vergifnis, aanvaarding, opstaan en weer probeer.

Annemarie, Christelle, Susan en Renate is boesemvriendinne. Hartlap – Die Storie is ‘n lewensroman waarin Annemarie en Renate se lewens uitgelig word en die ander twee ‘n ondersteunende rol speel. Annemarie word verbaal deur haar man mishandel en nadat sy uitvind oor sy affair neem hy die mishandeling verder. Renate stoei met die aborsie wat sy as skooldogter moes hê en sy besef dat sy haar man en haar skoolliefde daarvan moet vertel. Dis ‘n storie met baie lag en huil, vergifnis en oorbegin. ‘n Alledaagse storie oor alledaagse mense.

R 102,00 each

Hartlap, Die Storie - Maruanda Wynne (eBoek PDF)

R 69,00 each

Veg vir die liefde - Annelize Combrinck (eBoek PDF)

Annelize het nog altyd ‘n passie vir skryf. Sy is gebore in Vereeniging en bly op ‘n plot saam meeste van haar familie in aparte huise. Sy is mamma van 3 en gelukkig getroud met die beste man in die wêreld. Sy is ‘n tuis-mamma en geniet elke oomblik daarvan. Sy is ontsettend lief vir die Here en Sy dinge, sonder Hom sou die nie moontlik gewees het nie.

"Hy het in haar vasgeloop toe sy van 'n pasient af kom. Albei verdiep in hul eie besige werelde, en het mekaar amper onderstebo geloop. Sy het gestruikel en die gordyn probeer gryp, maar net sy hand beetgekry. Hy het haar teen hom vas geruk sodat sy nie moet val nie. Hy het haar kom groet en haar hand . rukkie langer vasgehou as wat nodig is na hy sy rondtes voltooi het....."

R 82,00 each

Uitgekies vir my - Amanda Pio (eBoek PDF)

123 Bladsye - A5

Marga was 'n bekende skryfster. Dominee Hardus van der Westhuizen herken haar as sy vrou waarop hy al so lank wag. Sy vertel hom sommer van die begin af dat sy nie belangstel nie. Vir niks te wereld raak sy 'n pastorie moeder nie. Sy wat nie eers aan God glo nie. Hy wat toe gelaat het dat haar geliefde dood geskiet word. Hy het geduldig vir haar gewag om oor haar hartseer te kom. En was hy nie geduldig nie! Hy kry haar lief en dwing haar om met hom te trou teen haar wil. Dan kry sy hom teen haar sin lief. En baie stadig stelselmatig breuk hy die muur om haar af. Laat haar insien. Dat God goed is. Dat dit wonderlik is om hom te dien!

R 66,00 each

Anderkant die spoorlyn - Joey Haywood (eBoek PDF)

Sag hou Gert Brink sy vrou se hand vas. Trane stroom oor die groot man se wange. ‘Lief, asseblief, moenie my alleen los nie! Ek kan nie sonder jou nie,’ snik die groot man die woorde uit.

My Man, dis…’ Christa Brink sukkel om te praat.

Sjuut, nie nou praat nie, my Skat,’ maak Gert sy vrou stil.

Nee,’ begin Christa hortend praat. ‘Ek moet. Jy moet belowe…’

Gert leun vorentoe om sy vrou se fluisterstem te kan hoor. ‘Enigiets, my Lief, enigiets.’

Noem ons seun Johan Petrus. Kyk mooi…’ Verder kom Christa Brink nie. Sag blaas sy haar laaste asem uit....

R 64,00 each

Moordenaar van my siel - Joey Haywood (eBoek PDF)

Santie Viljoen lê opgekrul op die papierdun matras. Sy bibber van die koue. Al wat beweeg, is haar oë. Sy sien hoe die ander vrouens, van elke kleur en geur, rondskarrel om die enigste toilet en wasbak wat daar is, te gebruik. Skielik voel sy ‘n warm hand op haar been. Sy ruk van die skrik en kyk op. Dis ‘n swart bewaarder.

‘Kom, hulle soek jou daar bo,’ sê sy. Wat sal die toekoms vir Santie inhou?
Sal sy uit die tronksel kan kom?

R 72,00 each

Lang pad na vergifnis - Jessica Venter (eBoek PDF)

Sal Lisa en Jaques die lang pad na vergifnis kan stap en Jaques sy seun uiteindelik ontmoet?

Lees hierdie aangrypende verhaal van tienerliefde en die pad na vergifnis.

R 99,00 each

Kronkelpaaie van die lewe - Joey Haywood (eBoek PDF)

Sonja Jordaan staan op die boonste trappie van die stoep van haar nederige huisie in Rouxville, ‘n klein Vrystaatse dorpie. Hartseer kyk sy hoe Marius, haar man van ses jaar, die bakkie vol kampeertoerusting pak. Marius en hul vyfjarige seuntjie, Arno, gaan bietjie 'manne-naweek' hê. Die laaste vir hulle, want Sonja is hoogswanger met 'n tweeling. Sy kan nie saamgaan nie, want die paaie is baie rof by die rivier, so vyftig kilometer van Rouxville af, waarheen hulle gaan. Ou Anna, hul betroubare bediende, gaan vir die naweek inslaap om na Sonja te kyk.

'Marius, my Lief, ek is bang!' roep sy na haar besige man.

Verbaas los Marius als en stap vinnig na haar toe. 'My Vrou, dis onnodig. Als gaan reg wees. Dis pragtige weer, die bakkie is hersien, ons het genoeg kos en ons slaap in die bakkie. Al wat gaan kort, is jy, my Skat!' Hy neem haar in sy arms en hou haar styf vas......

R 77,00 each

Fyn lyn tussen Liefde & Haat - Amanda Pio (eBoek PDF)

Marcel en Stefan se lewe begin toe hy haar die eerste keer in Graad 1 Sien. Hy kry haar lief met 'n seunshart, met 'n liefde wat met die jare groei tot 'n volwassenheid. Sy leer om hom te haat en te vrees.

Sy begin werk ver weg van haar ouerhuis en van Stefan af. Vir nege jaar ontwyk sy hom. Dan loop sy hom weer eendag raak. Sy raak halsoorkop verlief op hom. Hy begin dink dat alles nou reg is tussen hulle. Maan 'n misverstand ontstaan tussen hulle en sy vat weer die pad.

Na 'n lang tydperk verlang sy huistoe en kom dan terug. Met 'n skok moet sy hoor dat sy verkeerd was. Stefan wil haar nie weer terughê nie. Alhowel sy hom nog bitter liefhet. Kan Stefan se hart weer sag word vir haar? En kan hy haar vergewe? En die gemeente?

R 62,00 each

Die vroue van Meerlaagte - Ria Richards (eBoek PDF)

Pre-Release!

Mariska vier haar 20ste verjaarsdag saam met vriende by ’n jolplek in die stad. Sy kom laatnag met ’n vreemde man by die huis aan wat met sy motorfiets geval het. Ansa help die vreemdeling om die sny in sy wang te ontsmet en verbind sy beseerde been.

Die geheimsinnige John en sy klein boerboel bly die nag op Meerlaagte oor. ’n Dag word ’n maand, ’n Maand word drie maande. Een oggend is John net weg. Die enigste teken dat hy op Meerlaagte gebly het, is ’n totsiens briefie en die pap bek boerboel wat hy agtergelaat het. En agt maande later, is Nadine gebore.

Die Van Sandwyk vroue ontmoet Schalk Odendaal in ’n komiese situasie een oggend in ’n restaurant. Ansa kan die man nie verdra nie, maar Mariska het ander planne met die aantreklike, blonde argitek. Sonder dat Ansa weet, nooi Mariska Schalk en sy vriende Meerlaagte toe vir die naweek.

Die hart wat die Ysprinses vir 28 jaar sorgvuldig bewaar het, verloor sy gedurende die naweek terwyl die jolige klomp dit op Meerlaagte geniet. Tog vertrou sy Schalk glad nie. Die een oomblik soen hy haar aan die brand, die volgende oomblik vra hy uit oor Mariska. Dis duidelik dat die man sy eie agenda het met die twee Van Sandwyk sussies.

R 48,00 each

Die Skildery - Ria Richards (eBoek PDF)

B6 109 Bladsye

Marna Maree werk tydelik as tikster in Weideman Regsdienste se kantoor in die plek van een van die dames wat dringend vir drie maande verlof moes neem. Haar eerste ontmoeting met Advokaat Hanno Weideman, haar uiters aantreklike baas en vrygesel, loop uit op ’n fiasko toe sy hom aansien vir die tegnikus wat die steeks drukker kom herstel.

Hulle toevallige ontmoetings daarna, verloop ook glad nie na wense nie. Veral toe sy haar vriendin en woonstelmaat, Tessa, uithelp met ’n funksie en Hanno haar in die luiderdpakkie uit ’n vernederende situasie moes red.

Om te skilder is haar passie. Sy aanvaar Hanno se aanbod om drie dieretonele te skilder vir sy kantore. Op pad na haar ouers se wildsplaas, die enigste plek waar sy haar kan uitleef in haar skilderkuns, oorverhit haar karretjie. Nadat sy amper omgery word deur ’n lummel in ’n bakkie wat sy probeer stop om haar te help, skakel sy ure later vir Hanno. Hy is nou haar laaste uitweg.

Toe sy haar kom kry, is hulle besig om te soen. Hanno laat dit klink asof die soenery niks is nie, eintlik ’n fout, maar dis nie hoe sý dit ervaar het nie. Vir haar was dit ’n hart-stop-oomblik. Of is sy maar net naïef?

R 85,00 each

Dans met die dood - Joey Haywood (eBoek PDF)

Dit klink of die dak van die Staatsteater in Pretoria lig soos die gehoor hande klap. Soos een man staan hulle op en klap hande. Hier en daar klink ‘n wolwefluit op.

Die rede vir die oorweldigende applous is Retha Visser, die pragtige klein ballerina. Sal dit die laaste aand wees vir Retha?

Lees hierdie hartroerende verhaal van hoe ‘n mens se lewe in een sekonde kan verander....

R 48,00 each

As die liefde seëvier - Heleen Malherbe eBoek PDF)

Heleen is in Pretoria gebore en daar groot geword. Sy het in 2000 begin skryf na haar seun se dood. In 2011 het sy ernstig begin skryf en drie digbundels gepubliseer. Van 2015 publiseer sy ander skrywers se werk.

"Vanoggend brand die helder son weer alles dood" praat Amanda met Paul, wat net sit, moedeloos met sy kop in sy hande.
"Wat ookal gebeur, my vrou, ek het hierdie stuk aarde baie lief", antwoord Paul.
"Die moordenaarskaroo is wreed, dor en naby die hel" praat Amanda hardop met haarself. Die timbre in haar stem roep haar hele wese tot stilstand……

R 70,00 each

Liefde vir my broer - Pieter Odendaal (eBoek PDF)

Die lewe maak soms onverwagte draaie wat jy nie kan voorsien nie. Adam se selfmoordpoging bring die liefde saam of dan nie? Lees hierdie spannende storie oor hoe liefde tog kan oorwin maar wees ook versigtig vir die kinkel in die kabel wat dalk die liefde kan verwoes.

R 139,00 each

Liefde vir my broer - Pieter Odendaal

Die lewe maak soms onverwagte draaie wat jy nie kan voorsien nie. Adam se selfmoordpoging bring die liefde saam of dan nie? Lees hierdie spannende storie oor hoe liefde tog kan oorwin maar wees ook versigtig vir die kinkel in die kabel wat dalk die liefde kan verwoes.

R 77,00 each

Vir Ewig Joune - Amanda Pio (eBoek PDF)

A5 152 bladsye
Kyla kyk ondersoekend na Rian. Hoe kan sy vir hom sê dat sy optrede haar verwar? Sy is seker daar moet iets fout wees met haar brein. Haar mensekennis het haar nog nooit in die steek gelaat nie. Hoekom is dit asof Rian probeer voorgee wat hy nie is nie? Sy skud haar kop. Die Rian hier langs haar en die Rian van ʼn paar weke terug is definitief nie dieselfde mens nie. Die ou Rian was nie so besorg oor haar nie en daar is ʼn paar dingetjies aan hom wat verander het. Sy kyk met meer aandagtig na hom.

Ruan voel hoe sy hart swaar klop. Miskien is dit nou die tyd om haar te vertel, maar dis asof hy bang is. Bang om die veragting in haar oë te sien. Dinge het ook al klaar te vêr gevorder tussen hulle twee. Hy weet as sy die waarheid moet uitvind oor hom, sal sy hom nie maklik vergewe nie.

R 154,00 each

Vir Ewig Joune - Amanda Pio

Geroeste skakels - Ina Cantoni (eBoek PDF)

A5 121 Bladsye
Dit raak stil. Asof woorde opgeraak het. Natuurlik kan woorde opraak! Alles wat gesê moet word, is mos nou klaar gesê? Of is daar nog iewers ’n versteekte woordeboek, een wat niemand nog ooit gesien het nie, nog woorde en sinne wat dalk regtig sin maak. Miskien as die stof nou wegwaai sal die blaaie kan oopblaai? Is daar dan ’n storie wat nog nie vertel is nie?

Met rukkende of is dit hortende asemstote soek Riana verward in haar deurmekaar wêreld na die boek. Sy knik haar kop stadig op en af asof sy die antwoord so pas gevind het.

“Riana? Is daar iets wat jy onthou? Probeer die woorde lees dan vertel jy my wat jy sien.”

Hierdie hartroerende verhaal vertel van die seer van ‘n ma deur haar dogter verwerp. Kan liefde weer gevind word na al die hartseer?

R 85,00 each

Dertien vir geluk - Wilmarí Jooste (eBoek PDF)

Die Blou Lantern is vanaand behoorlik gepak. Daar is gaste wat al die pad van Bethlehem en Clarens kom om na vanaand se vertoning kom kyk. 

Toe Cariana uiteindelik op die verhoog verskyn met die kollig op haar, is dit so stil dat ʼn mens ʼn speld kan hoor val. Sy het dieselfde blou kostuum aan as waarin Rudolf haar die heel eerste keer gesien het.
“Mamma! Klink die opgewonde stemmetjie van klein Ettienne waar hy op Rudolf se skoot sit. Hy is ʼn jaar en vyf maande en baie glad met die bekkie.
Die musiek begin polsend, meesleurend, en Cariana se slanke liggaam begin beweeg toe sy haarself optrek om in die een posisie na die ander optrek. Elkeen wat haar sien weet dat sy ʼn groot talent het vir paaldans.
Toe sy uiteindelik klaar is, kry sy ʼn staande ovasie wat sy met ʼn ligte buiging erken. Rudolf hou Ettienne uit na Pieter, wat langs hom sit. “Hou gou ʼn ogie asseblief?”
Pieter loer met ʼn vonkel in sy oë na Linda terwyl hulle na hulle oulike peetkind kyk. “Hoe lyk dit, kan ek so ʼn paal in ons kamer laat installeer?” fluister hy tergend.
“Baie oulike idee,” fluister sy terug. “Ek sal dol wees om jou dop te hou terwyl jy vir my dans.”
“Ja, slim, mevrou dominee. Die idee is dat ek jóú dophou.”
Linda loer skrams na hom. “Dit sal ʼn bietjie moeilik wees.”
“Hoekom?” vra Pieter fronsend......

R 74,00 each

Eva en haar Adam - Wilmarí Jooste (eBoek PDF)

A5 166 Bladsye

Sy sit op ʼn hoë kroegstoeltjie, voete ligweg gekruis om die hoë hakke ten beste te vertoon en bokant dit swart sykouse met patroontjies op om die aandag op haar welgevormde bene te trek. Die swart mini is nét lank genoeg om nie heeltemal onwelvoeglik te wees nie. Die bolyf sit knus genoeg om die ronding van haar borste ʼn bietjie te lig, maar geen juwele om die aandag daarvan af te lei nie.

Haar grimering is met ʼn swaar hand aangewend en onder die vals oogwimpers dartel die groen oë lewendig rond. Haar hare is pikgietswart en hang langs haar gesig verby tot onder haar skouers....

R 79,00 each

Vuurspel - Wilmarí Jooste (eBoek PDF)

A5 186 Bladsye

Identiese tweelingbroers, Ivan and Richter Wessels, se wêreld verander binne drie dae in totale chaos. Brandweerman Richter Wessels beland in die hospitaal nadat hy die multi-miljoenêr, Mia Reiniër uit haar brandende huis red. Advokaat Ivan Wessels loop hom keer op keer vas in verpleegster Bianca Brink.

Dit asof albei die broers liefde vind, maar Mia is nog steeds getroud met Conrad Fourie en Bianca dryf Ivan teen die mure uit.

Sal Bianca se verhouding hulle uiteenlopende persoonlikhede oorleef? Ivan, tipiese advokaat, probeer Bianca oordonder, tot so ʼn mate dat sy ʼn drastiese besluit neem. En wanneer Conrad Fourie uit aanhouding ontsnap, lyk dit asof tragedie vir beide Mia en Bianca tref. Gaan Bianca betyds wees om Ivan weer te sien, of gaan dit vir hulle albei te laat wees.

R 82,00 each

Verbode Liefde - Yvonne Erasmus (eBoek PDF)

Verbode liefde is daar buite VIR ALMAL, al maak dit hoe seer...

Jo-Ann se lewe was nog nooit maklik gewees nie, sy was 'n weeskind van
geboorte af, en om groot te word in 'n weeshuis was nie almal se maat
nie, maar sy het n ongewone liefde gevind, in Nico die rofste van al die
seuns, maar soos dit noodlot sal tref, woord hulle geskei.

Maande later vind hulle mekaar weer, onder haglike omstandighede, en Jo-
Ann haat hom vir die werk wat hy doen, en jaag hom uit haar lewe, en word
gelos vir dood langs n rivierbedding, waar n jong dokter haar vind....

ISBN 978-0-9946981-9-3

R 106,00 each

Salvokop - Ina Cantoni (eBoek PDF)

189 Bladsye - A5

In die vroeë jare 60, was Salvokop 'n spoorweg dorpie. Meeste inwoners was arm spoorweg-werkers. Janetta word by haar pa groot, talent-volle pragtige rooikop. Mario 'n Italiaanse sanger besoek Suid Afrika, wanneer hy die mooi rooikop sien, verloor hy sy hart. Hulle planne loop skeef as Mario dringend moet teruggaan Italië toe.
Omstandighede en mis-verstande skei hulle paaie. 

Gaan Janetta met haar skoolliefde trou? 

En Minjonette...?

Soms neem die lewe sy eie loop..... 

’n Tere liefdesverhaal van drome en misverstand en sal die liefde weer oorwin?

R 61,00 each

Omnibus 1 - Skrywers: Sonja Brown, Franciska Mouton, Piet Saayman (eBoek PDF)

Liefde is beslis pienk
Geskryf deur: Sonja Brown

Liefde soos geel Magrietjies
Geskryf deur: Franciska Mouton

Die swart hings
Geskryf deur: Piet Saayman

“Brink Vermeulen... jou... jou... bliksem!” Elna tas blindelings na die handvatsel wat haar Nissan 1400 bakkie se deur moet oopmaak, maar uit woede gryp sy dit elke keer mis. Sy klap haar hand uit frustrasie teen die stuurwiel en reik na haar handsak onder die bestuur-sitplek. Die swart leersak word oop gepluk en sy haal haar selfoon uit.
“Brink se nommer...” brom sy.
Dit lui lank voordat iemand die oproep beantwoord. Die vrouestem op die lyn neem die wind skoon uit Elna se seile. Sy was gretig om vir Brink Vermeulen te sê presies wat sy van hom dink.

R 63,00 each

Omnibus 4 - Bosveld vrede - Potpourri Skrywers (3 Novelle Bundel) (eBoek PDF)

A5 124 Pages

Skadukant van die maan: Franciska Mouton

Walt kyk na Armand. Dié het sy pet laag oor sy oë getrek. Sy oë starend na die bos, sy geweer se loop rus liggies op sy voorarm. Sy gesig ’n harde uitdrukking, intens soos ’n tier wat enige oomblik kan aanval. Maar diep in sy wese, is Armand bang. Bang hy moet wéér die sneller trek. Hy skud sy kop, vee met sy hand oor sy oë.

*****
Bosveld se klassieke klanke: Taai Bonthuys

Dis al sterk skemer toe Isa stilhou. Sy maak net-net die naam uit wat in goue letters teen die muur pryk: Welkom by Khotso ea Bushveld. “Wel tjorrie, lyk my ons het ons bestemming uiteindelik bereik.”

Isa vryf haar oë. Die pad was lank en sy voel uitgeput. Sy ry tot by die hek en handig die nodig formaliteite af.

*****
Vrou vermis: Douwlina du Plessis

Die geel oë is skielik daar in die stil gesig van die reuse luiperd. Die dier staar na hom tussen die yl takke deur wat hulle skei. Hy het sy geweer teen ’n rosyntjiebos laat leun toe hy na die “vrou” gereik het. Sy hand voel na die geweer sonder dat hy die oogkontak verbreek.

R 76,00 each

Omnibus 2 Liefde is...- Skrywers:Jason Mada, Vasti Wolfe en Taai Bonthuys (eBoek PDF)

Liefde is wetenskaplik - Geskryf deur Jason Mada

Liefde is gevaarlik - Geskryf deur Vasti Wolfe

Fluisteringe van die hart - Geskryf deur Taai Bonthuys

"Zia haal die swart aandrok uit die hangkas, vryf sagkens oor die deurskynende plastiek omhulsel waarin dit is, en hang dit weer terug. “Een van die dae… Een van die dae gaan ek jou uit die sak haal en aantrek. En dan gaan die poppe dans…” glimlag sy sag. “Arno se skilletjies gaan van sy mooi blou oë af val en sy mond gaan oophang, en ék gaan my verlustig in elke liewe sekonde daarvan.”

Arno Viljoen staan met sy rug teen die onthaalsaal se muur. Dit is die wetenskaplike instituut waarvoor hy en honderde ander mense werk, se jaarlikse erkennings-aand.

Oral staan groepies mense, meeste met ’n drankie in die hand. Sy oë gly oor die vloer waar heelwat pare lywe wikkel en ’n glimlag vorm om sy mond. Hendrik kan steeds nie dans nie, dink hy. Sedert hy hom leer ken het op universiteit, het al wat vroumens was hom probeer leer om te dans. Nie een kon hond haaraf maak nie.

Dan sien hy haar......"

R 155,00 each

Filtervlinder - Elsabé Welman (eBoek PDF)

Naaswenner van Malherbe Uitgewers Roman kompetisie.

Filtervlinder… die titel lok my nader. Met groot afwagting lees ek die Proloog en ek wil meer lees.
‘n Verhaal van menslikheid waar ons nuwe insigte kry in die alledaagse ervaringswêreld. Dit sny verhoudings oop en vertel ons van hoop, geloof en deursettingsvermoë asook mislukking en teleurstelling.
Die keurige taalgebruik en ook die natuurlike skryfstyl van Elsabé het my telkens opgeval. Ek het die boek terdeë geniet en met die toemaak van die roman kon ek dit nie verhelp om 1 Korintiërs 13 vers 13 hardop te sê nie:
“Al wat altyd sal bly
Is geloof, hoop en liefde – hierdie drie.
Maar die grootste hiervan
Bly steeds die liefde.”

‘n Roman wat ek met die grootste liefde kan aanbeveel vir elke boekrak.

Prof JC Smit

"Dit is skemer. Haar knieë is opgetrek teen haar lyf. Die beddegoed opgefrommel om haar. Dis die eerste ordentlike ou wat hom nie skaam vir haar nie. Sanita Erasmus bedberaad met haarself. Sagte klapgeluide uit haar mond breek die stilte. Die kougom hou haar kake besig. Darius Berg hou haar gedagtes besig. Hy veroordeel nie. Sy sug en glimlag. Hy hou haar in die stroombaan. Sy met al haar wilde drange. Darius gee haar ʼn kyk in sy leefwêreld, een met baie minder gagga as haar eie geknersde koninkryk. Sal hy uithou met al haar letsels? Hoe gaan sy hom behou? Een ding weet sy: haar pa en ma moet nie naby hom kom nie. Sanita se lyf trek saam soos sy gril van skaamte. ......."

R 78,00 each

Eerste Liefde - Potpourri Lede (eBoek PDF)

Dit was 'n gesamentlike poging aan die skryf van ‘n kettinggedig asook ‘n kettingstorie waar die gedig in die storie ingeskryf is deur Die Digtershuis- en Die Boekehuis- lede.

Digters:

Anton Kilian, Hantie de Beer, Jenny de Kock, Heleen Malherbe, Jemona, Bonthuys Nel, Tilla Kleynhans, Ria Richads, Nicoleen Nagel, Linda van Niekerk, Caren Kearley, Pieter Schoeman, Marita Schoeman, Jiovanni van Vuuren, Gert Jakobs, Helena Mellet

Skrywers:

Ria Richards
Franciska Mouton
Annatjie Sandrock
Ina Cantoni
Ina Kleynhans
Jemona Bonthuys Nel
Sonja Brown
Janet de Vaal
Trudie Potgieter
Jessica Venter

R 102,00 each

Droomvanger Franciska Mouton (eBoek PDF)

A5 167 Bladsye

Droomvanger, die eerste novelle in die bundel en dan ook heel gepas die titel van hierdie bundel met novelles en kortverhale, boei die leser vanaf die eerste paar reëls.

Jana erf ’n bankrotplaas nadat Paul, haar man, noodlottig verwond is deur inbrekers. Met twee kinders op laerskool en ’n bank wat soos aasvoëls sit en wag om die lening op te roep, lyk haar sake maar beroerd. Armand Aukamp vind berusting vir sy seer gemoed in die bosveld, Leah en haar vriendin oorleef ’n vliegongeluk en beland saam op ’n verlate eiland...

En so stap die leser saam met Franciska se kleurvolle karakters wat telkens in allerhande situasies beland.

Droomvanger is propvol spanning, knop-in-die-keel situasies, lekker lag oomblikke en natuurlik WARE LIEFDE wat alles oorwin.

R 69,00 each

Niemand- AnnMaree Barry (eBoek PDF)

AnnMaree is 'n sersant verbonde aan die Calitzdorp-polisiestasie. Niemand is nie 'n boek wat oor geweldsmisdade en die oplos van sake gaan soos daar verwag word van 'n polisiebeampte nie. Dit is 'n hygroman waarin sy kwessies soos gesinsgeweld, waarmee sy gereeld in haar beroep gekonfronteer word, aanraak~Liezl van Niekerk

"Sy word skielik bewus daarvan dat Michael besig is om te sukkel om uit die diep leunstoel op te staan.  Mimi gaan nader en help hom stadig aan beide sy arms op.  Dan vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde is hul gesigte so na aan mekaar dat Mimi sy naskeermiddel kan ruik.  Sy voel sy asem op haar vel.  Instinktief is haar fokus op die lippe voor haar, hy het so ‘n pragtige vol mond. 

Mimi kan haarself nie keer en leun vorentoe en soen Michael op die mond.  Sy besef vinnig dat hy nie weet wat om te doen nie, maar is so vasgevang in die oomblik dat sy nie beheer het nie, en hom weer soen.  Hierdie keer raak sy liggies met haar tong aan sy onderlip.  Daar kom ‘n ligte sug oor die jong lippe..."

R 48,00 each

Keur van verhale 1 - 'n Vriend in nood - Kort verhaal bundel (eBoek PDF)

Kort stories geskryf deur lede van ons Boekehuis.

Wie is sy?
Dit is ‘n snikhete dag. Floors sit en knaag aan ‘n droë stuk brood en sluk dit swaar af met swart, bitter koffie. Dieper die park in, met sy rug teen ‘n boomstam, sit nog ‘n boemelaar, ‘n algemene bekende gesig in hierdie park. Sy oë hardloop vlugtig oor die grasperk en sy skerp blik merk ‘n persoon naby die bruggie by die dam. Sien hy reg? Hy knip sy oë en vee met sy hand oor sy gesig. "Is dit nou gedoriewaar ‘n vrou daardie? Hier tussen ons ruwe klomp mans?" Hy skud sy kop in ongeloof want dit is nou één ding wat nie hier hoort nie en dit is ‘n vrou. Hy merk met verbasing op dat sy in sy rigting kyk. Dan staan sy skynbaar swaar op en skuifel sy met haar kierie in sy rigting. ‘n Opgeskote seun keer haar voor, stop haar iets in die hand en sê iets vir haar. Met ‘n glimlag krap sy die seun se hare deurmekaar, skud sy hand en skuifel al nader in Floors se rigting.......

R 65,00 each

Jes - Ria Richards (eBoek PDF)

Jes Naude word weke lank getreiter deur ’n foonpes na die vrystelling van ʼn film waarin sy die hoofrol vertolk het. Die spanning is naderhand vir haar te veel en sy besluit om ʼn rukkie te gaan ontspan op haar erfplaas – Villa D’ Viljee.

Sy was egter baie lank laas op die plaas en het nooit rekening gehou met Theuns Anderson wat tans die plaas by haar huur nie. Met haar aankoms op die plaas, beland haar sportmotor in die mielielande en is sy aangewese op die huurder, om haar daar uit te kry.

Die man is duidelik glad nie beïndruk met haar ontydige besoek nie, maar bied tog aan dat sy die gerieflike plaashuis met hom kan deel. Vir die arrogante man sien Jes beslis nie kans nie.

Sy volg die tweespoorpaadjie na die ou grasdakhuisie by die rivier, waar sy gekonfronteer word met ou herinneringe en spoke uit haar verlede. Toe verskyn die fraaie Hermien Wiese van die buurplaas op die toneel en krap Jes se lewe nog verder deurmekaar, net toe sy dink sy begin nogal van Theuns hou.

R 48,00 each

Barones van Berkersee - Die Boekehuis-skrywers (eBoek PDF)

Janette Kruger kry ’n leesboek as verjaarsdag geskenk by haar pa. Min het sy geweet presies hoe groot ’n rol hierdie boek in haar eie lewe gaan speel.

Barones van Berkersee het as ’n ketting-storie op Eggo Woordwerf begin. Franciska Mouton het die inleidingsparagraaf geskryf waarna die Woordwerf-skrywers gevolg het met hulle las stukkies. So het die storie vol intriges en interessante gebeurtenisse met elke skrywer se plasing ontwikkel. Daar was sommer vinnig besluit hierdie storie gaan iets besonders wees en moet as ’n lekker-lees storieboek gepubliseer word.

Die verhaal is in drie afsonderlike dele geskryf deur verskeie skrywers, wat ook nie almal saam geskryf het aan al drie die dele nie.

R 117,00 each

Afvlerkvoëls - AnnMaree Barry (eBoek PDF)

A5 223 Bladsye

AnnMaree Barry is ’n nuwe skrywer wat van eroties tot die hartseerste verhaal kan skryf. Haar eerste twee boeke nl. Niemand en Die Swaai is topverkopers en nou kom Afvlerkvoëls, heeltemal die teenoorgestelde. Hier skryf sy die hartseer van ’n plaasaanval en die naleef daarvan.

...Buite die voordeur kan sy Dewald se stem hoor en iets aan die manier hoe hy na haar roep maak haar ongemaklik. Sy wys vir Altus om haar in die sitkamer neer te sit. Hy gaan sit haar by die deur neer en verdwyn dan weer in die huis in om die ligte aan te skakel. Yolande se vingers sukkel met die deur se slot en wanneer sy uiteindelik die deur oopswaai gaan haar hand onmiddellik na haar mond wanneer sy haar seuntjie aan die anderkant sien.
Agter Dewald staan ‘n figuur heeltemal geklee in swart. Die gesig is versteek agter ‘n swart balaklava wat net die oë sigbaar laat. Instinktief begin Yolandi retireer. “Altus!” Haar mond roep vanself na haar man, haar stem gevul met paniek....

Sy dra dan ook die boek op aan:
Vir Stroebel en Boets Nel, Stefan en Lourika Le Roes, Kobus Pretorius op Mamré, Gert (sr) en Susan Lerm op Sondaarspoort en elke Suid-Afrikaanse boer, want elke dag is Swart Maandag

R 93,00 each

Jaar van Skandes - AnnMaree Barry (eBoek PDF)

B5 177 Bladsye
AnnMaree beeld in die boek uit van hoe ‘n jong meisie se soeke na ‘n lewe waarvan sy geen kennis dra, en waar sy veroordeel gaan word deur die kerk, gemeenskap en haar ouers.
Is gay wees ’n gier? Bid ’n mens dit weg, of word ’n mens so gebore? Dit is van die vrae waarmee Petra worstel.

Boonop sukkel sy om haar boetie se dood, en haar liefling-oupa, Gert, se deurmekaar Alzheimer’s gedagtes te verwerk.

Sy berispe haarself gedurig en hou haar ‘skeefheid’ goed intoom, maar ook net tot Simoney Verwey op Geduld kom intrek. Petra begin verbete spartel om tot elke prys die gevoelens wat sy vir Simoney het, weg te steek.

Op ’n klein dorpie soos Barrydale word ‘moffies’ nie goed ontvang deur die kerk, die gemeenskap, haar skool en veral deur die dorp se afgod dominee nie.
Dit lyk vir Petra asof sy al dié water in ’n mandjie kon dra, toe kom Simoney met haar groot blou oë en vertel vir Petra: “Ek is lief vir jou.”

Uitstekende boek om te lees en saam met Petra deur al die emosies te gaan.

R 59,00 each

Hoefslag van my hart en ander verhale - Franciska Mouton (eBoek PDF)

Hoefslag van my hart is ’n kortverhale bundel propvol lekkerlees kortverhale en ’n pragtige novelle, Liefde soos Geel Magrietjies, waar Franciska haar lesers op ’n verbeeldingsvlug neem saam met die wel en weë van haar karakters. Doodgewone mense wat soms in ongewone situasies beland.

Resensie deur: Sybie Kleynhans
(Skrywer/digter/dromer) van Potchefstroom.

Hoefslag van my hart is Franciska Mouton se eerste boek en wat ’n plesier was dit nie om te lees en saam met haar woorde te stap nie.

Daar is ’n paar dinge wat my krophou slaan en dit is eerstens haar taal, dit is ons praat-Afrikaans. Soos ons die woorde en die gedagtes uitspreek, vat sy die leser saam met haar woorde. .
Soos in Hoefslag van my hart: “Sy sluit haar oë en loop weer op ver paaie terug die verlede in.”
In Die Kassie vat sy jou terug na daardie skeurseer tyd van die ABO, kan jy die vrees en ook die vasberadenheid van tant Johanna, die Boervrou, proe en voel.
“Ouma kan rus. Ek sal na hom kyk.”
En in Een nag lank gelede sluit sy ’n grusame motorongeluk af na ’n soet, terugdink oomblik: “Dan maak hy maar ’n koffietjie en wag dat die nuwe dag moet breek.”
In Aandster word jy bewus dat Franciska aan die mooi van die liefde glo, in haar vingers vloei dit uit: “Mag ek die Aandster gaan pluk en aan jou vinger steek?”
Afgesien van die mooi woorde kan jy agterkom dat Franciska die natuur ken, haar liefde vir diere, veral perde vloei uit haar hart tot op die papier.

Voorwaar ’n bedkas-boek en die eerste van nog vele.

R 57,00 each

Die duiwel se maat - Sonja Brown (eBook PDF) 18+

Wenner van die Malherbe Uitgewers beste roman kompetisie - Augustus 2017

Lia Opperman, eienaares van Uitspan Bed&Ontbyt, se geldgierige ouers het haar op vyftienjarige ouderdom afgeteken aan haar tant Elizabeth vir 'n sak vol geld.

Nou is sy slegs na vier weke van getroude lewe met Markus, 'n onverwagte weduwee op die brose ouderdom van negentien.

As die erfgenaam van Markus se fortuin, is sy die mikpunt van 'n skelm prokureur wat wil hê sy moet afstand doen van haar erfporsie.

Michiel, Markus se broer, daag by haar huis op en die afsku wat hy oor die laaste twee weke teen haar opgebou het, is duidelik sigbaar met hul eerste ontmoeting.

R 234,00 each

Afvlerkvoëls - AnnMaree Barry

A5 223 Bladsye

AnnMaree Barry is ’n nuwe skrywer wat van eroties tot die hartseerste verhaal kan skryf. Haar eerste twee boeke nl. Niemand en Die Swaai is topverkopers en nou kom Afvlerkvoëls, heeltemal die teenoorgestelde. Hier skryf sy die hartseer van ’n plaasaanval en die naleef daarvan.

...Buite die voordeur kan sy Dewald se stem hoor en iets aan die manier hoe hy na haar roep maak haar ongemaklik. Sy wys vir Altus om haar in die sitkamer neer te sit. Hy gaan sit haar by die deur neer en verdwyn dan weer in die huis in om die ligte aan te skakel. Yolande se vingers sukkel met die deur se slot en wanneer sy uiteindelik die deur oopswaai gaan haar hand onmiddellik na haar mond wanneer sy haar seuntjie aan die anderkant sien.
Agter Dewald staan ‘n figuur heeltemal geklee in swart. Die gesig is versteek agter ‘n swart balaklava wat net die oë sigbaar laat. Instinktief begin Yolandi retireer. “Altus!” Haar mond roep vanself na haar man, haar stem gevul met paniek....

Sy dra dan ook die boek op aan:
Vir Stroebel en Boets Nel, Stefan en Lourika Le Roes, Kobus Pretorius op Mamré, Gert (sr) en Susan Lerm op Sondaarspoort en elke Suid-Afrikaanse boer, want elke dag is Swart Maandag

R 80,00 each

Griet se Kruis - Johannes Majiedt

Johannes Majiedt is ’n radio-omroeper by Nfm 98.1 in Namakwaland. Die mishandeling van vroue is vir hom ’n baie ernstige saak. GRIET SE KRUIS is ’n fiktiewe verhaal gebaseer op die werklike lewe van die samelewing rondom die skrywer. Dit is ’n noodroep teen die seermaak, teen die kwaad.

Griet is doodgewoon soos ek en jy. ’n Plat-op-die-aarde-mens. Sy moes vroeg reeds op haar eie bene staan. Sy het nie ouers geken nie en het as jongmeisie haar toekoms begin in plaaskombuise. Griet het soos enige vrou, ’n droom van liefde gekoester. Haar ridder op die wit perd sou opdaag, want sy het geglo daar was ook vir haar ’n man gebore.

En toe op ’n dag, daag Kain op. Sy was dadelik smoorverlief met ’n jubellied in haar hart. Maar Kain het na twee jaar sy ware kleure begin wys en die liefdeslied het gestop. Met haar babadogter, Bella, vat Griet die pad en beland op die plaas Vredebegin.
Op Vredebegin het sy later jare veilig gevoel. Dis waar sy Nikodemus ontmoet en weer liefde gevind het, maar die vreeslike dinge wat met haar gebeur het, gebeur nou met Bella. Die wonde wat Kain toegedien het, en die wrede lot wat Bella getref het, het ’n diep letsel gelos.

Griet se pad, oor Eden, Vredebegin en Herrie Strandloper-woonbuurt, was ’n seermaakpad. ’n Kruis wat sy moes dra.

R 179,00 each

Oor grense heen - Ina Cantoni

Die Nagels is ’n gemiddelde blanke gesin wat op ’n kleinhoewe woon. Die Khumalo’s, ’n uiters welgestelde gesin in die nuwe Suid-Afrika. Gladys is verbitterd, selfs omdat Justin, haar seun, ’n dokter geword het.

Dokter Justin Khumalo is aan diens as die ambulans met die Nagels by ongevalle aankom. Hy deel bevele uit en staan terug om die erg beseerde gesin op te neem. Vir hom is dit pasiënte, mense sonder kleur.

Vroeër vanaand was hy en sy moeder by die opvoering waar Celest Nagel die orkes gelei het. Justin wou die uiters begaafde jong pianis sien optree.

Gladys het saam met hom gegaan om net een rede: omdat sy mag. As swart vrou mag sy in die konsertsaal sit wat in haar kindertyd net vir blankes bedoel was.
In sy agterkop sien hy haar nog buig voor die dawerende gehoor. Hoekom dan die byna waansinnige vrees as sy na hom kyk?

Wat gaan gebeur tussen Justin en Celest, haar ouers en sy voorouers? Kan die kleurskeidslyn verskuif en is daar ’n toekoms OOR GRENSE HEEN?

R 80,00 each

Lolla se storie - Roeline Snyders-Ruiter

Lolla Morton het groot geword op die bende geteisterde Kaapse Vlakte. Haar ouers is tik-verslaafdes, maar Lolla het al vroeg besef dat sy beter van die lewe wil hê. Haar geleentheid kom dan ook, maar saam met haar nuwe lewe moet sy baie dinge opoffer. Sy word vervreemd van haar ouers, want hulle pas nie in haar nuwe lewe in nie.

Dat die lewe nie regverdig is nie, besef sy gou wanneer sy uitgewerp, verstoot en mishandel word. Sy beland in ‘n Noord-Kaapse dorpie, alleen, honger en met geen heenkome nie. Vrees verander later in haat wat haar hele wese inneem.

Maar dan gebeur iets wat haar dwing om terug te gaan na die plek van seerkry. Met ’n hart vol haat het sy gegaan, maar sy het nie God se planne met haar in berekening gebring nie.

Vorige publikasies deur Roeline: Optelgoed is hougoed (Kortverhale bundel)

R 226,00 each

Jaar van Skandes - AnnMaree Barry

B5 177 Bladsye
AnnMaree beeld in die boek uit van hoe ‘n jong meisie se soeke na ‘n lewe waarvan sy geen kennis dra, en waar sy veroordeel gaan word deur die kerk, gemeenskap en haar ouers.
Is gay wees ’n gier? Bid ’n mens dit weg, of word ’n mens so gebore? Dit is van die vrae waarmee Petra worstel.

Boonop sukkel sy om haar boetie se dood, en haar liefling-oupa, Gert, se deurmekaar Alzheimer’s gedagtes te verwerk.

Sy berispe haarself gedurig en hou haar ‘skeefheid’ goed intoom, maar ook net tot Simoney Verwey op Geduld kom intrek. Petra begin verbete spartel om tot elke prys die gevoelens wat sy vir Simoney het, weg te steek.

Op ’n klein dorpie soos Barrydale word ‘moffies’ nie goed ontvang deur die kerk, die gemeenskap, haar skool en veral deur die dorp se afgod dominee nie.
Dit lyk vir Petra asof sy al dié water in ’n mandjie kon dra, toe kom Simoney met haar groot blou oë en vertel vir Petra: “Ek is lief vir jou.”

Uitstekende boek om te lees en saam met Petra deur al die emosies te gaan.

R 153,00 each

Dowwe Spore - Ina Cantoni

A5 163 Bladsye

Hanna is ’n enkel mamma met twee kleuters en swanger. Sy trou met ’n boorman. Vyftien jaar van rondswerf en swaarkry wag op haar.

Sy kyk terug op ’n lewenspad waar haar spore dof is en soms heeltemal verdwyn. Nes sy dink haar swaarkrytyd is verby, slaan die noodlot weer toe.

Hoeveel pyn kan een mens dan verduur sonder om te knak?

Ons eie lewens is soms vol Hanna’s, maar uit Hanna se verhaal leer ons om te bly hoop. Die spore wat ons trap is nie altyd hoe ons dit beplan nie. Soms laat ons dowwe spore agter totdat die lewe eendag vir ons die duidelike spore aandui.

R 195,00 each

Vuurspel - Wilmarí Jooste

A5 186 Bladsye

Identiese tweelingbroers, Ivan and Richter Wessels, se wêreld verander binne drie dae in totale chaos. Brandweerman Richter Wessels beland in die hospitaal nadat hy die multi-miljoenêr, Mia Reiniër uit haar brandende huis red. Advokaat Ivan Wessels loop hom keer op keer vas in verpleegster Bianca Brink.

Dit asof albei die broers liefde vind, maar Mia is nog steeds getroud met Conrad Fourie en Bianca dryf Ivan teen die mure uit.

Sal Bianca se verhouding hulle uiteenlopende persoonlikhede oorleef? Ivan, tipiese advokaat, probeer Bianca oordonder, tot so ʼn mate dat sy ʼn drastiese besluit neem. En wanneer Conrad Fourie uit aanhouding ontsnap, lyk dit asof tragedie vir beide Mia en Bianca tref. Gaan Bianca betyds wees om Ivan weer te sien, of gaan dit vir hulle albei te laat wees.

R 143,00 each

Keur van verhale 5 - Je t’aime... - Boekehuis Skrywers

A5 151 Bladsye

Je t’aime – ek het jou lief! Dís wat ’n vrou wil hoor. ’n Duisend soene laat jou asemloos ronddobber in die branders van geluk. Liefde laat jou kaalvoet sokkie op maat van Rooirok bokkie. Jy het my getoor en ons dans in die reën. Hou my ’n bietjie vas en stil die storms van liefde tussen jou en my. Trek toe die gordyne en wees my Valentyn. Ek verlang na jou onder die stil Karoonagsterre, totdat jy my kom haal – agterop jou bicycle se saal. Soos ou vriende wat vergeet om te vergeet, is die lewe sonder jou soos koue voete en ’n roos vol dorings. Geluk en liefde, kan geld nie koop nie.

Die skrywers:
Louisa Beukes
Jeannetta Swanepoel
Trudie Potgieter
Brechje Visagie
Ria Richards
Bets Koen
Rosalee Meyer
Martha Poller
Franciska Mouton
Janet De Vaal
Joey Haywood
Jessica Venter
Ina Cantoni
Arnold van Zyl
Sonja Brown
Taai (Jemona) Bonthuys

R 192,00 each

Liefde en verraad - Lady Jane (Jana van Niekerk)

A5 252 Bladsye

Hy bewe merkbaar van woede en sy stem weerspieël die magteloosheid wat in hom woed. “Jy het ’n baie onvanpaste en slegte tyd gekies om ons te verlaat, Lucile,” kom sy woorde hard en duidelik toe hy met Lucille praat. “Daar is vier honger kinders by die huis wat jou sorg nodig het en jy weet dat Ben uiters sieklik is. Die lande staan vol en moet geoes word! Ons het baie goeie en slegte tye saam beleef in die sewe jaar, Lucile, maar dié keer gaan jy te vêr en oorskry jy die grense van vergifnis.”

“Hoop, wat is hoop

Dit is die wete dat die son weer opkom

Dis dat vrede by ons uitkom” (Jo Black)

R 170,00 each

Droomvanger - Franciska Mouton

A5 167 Bladsye

Droomvanger, die eerste novelle in die bundel en dan ook heel gepas die titel van hierdie bundel met novelles en kortverhale, boei die leser vanaf die eerste paar reëls.

Jana erf ’n bankrotplaas nadat Paul, haar man, noodlottig verwond is deur inbrekers. Met twee kinders op laerskool en ’n bank wat soos aasvoëls sit en wag om die lening op te roep, lyk haar sake maar beroerd. Armand Aukamp vind berusting vir sy seer gemoed in die bosveld, Leah en haar vriendin oorleef ’n vliegongeluk en beland saam op ’n verlate eiland...

En so stap die leser saam met Franciska se kleurvolle karakters wat telkens in allerhande situasies beland.

Droomvanger is propvol spanning, knop-in-die-keel situasies, lekker lag oomblikke en natuurlik WARE LIEFDE wat alles oorwin.

R 130,00 each

Rubrieke sonder brieke - Yvonne de Kock

A5 134 Bladsye
In hierdie bundel het Yvonne die remme behoorlik losgelaat. Van die eerste tot die laaste rubriek, met die lag én die traan. Die gevolg? Rubrieke sonder brieke!
Op hierdie bladsye huppel ons moedersknie-taal Afrikaans, soos wafferse ballerina terwyl sy vertel van "brug-babas" en selfs 'n "spook" kom in die gedrang. Dit moedig jou aan tot so 'n walsie of wat en om te wonder oor ons skrywers se kaskenades in die kuberruim.
"Spinnekoppe" steek ook hul harige pote op een van die bladsye uit en jy lees selfs van trane in alfabetiese volgorde.
Genadetjie tog! Wat maak mens daaruit as jy lees van pensioen en 'n miljoen in dieselfde sin en jy jou asem sommer dubbel moet intrek? Dan is daar ook nog daai dierbare beloftes voor die kansel. Daar word ernstig besin oor woord en klank; oor gedigte wat trefferliedjies word en op die vleuels van musiek die lug in, maar wat ook soms geniepsig af geprik word aarde toe.
So ook oor die polemiek omtrent Adam en Eva en die appeltjie, ag ek bedoel die aandag wat die twee kry weens hulle sogenaamde verskille. En ai, liefde kan nie gedy as dit nie vel om het nie!
Iewers tussen dié meestal vrolike bladsye, word sommer kaalkop die waarheid vertel, is die skrif denkbeeldig teen die muur en lees jy verder ook van uitgedoofde liggies. Dat geld wat stom is en regmaak wat krom is, nié altyd so is nie en dus maar erg verdraaid is.
Skink vir jou 'n stomende koppie koffie in. Skop jou skoene uit, maak jouself gemaklik op die rusbank en lees alte heerlik aan al dié allegaartjies. Verbeel jouself in daai rubriek-karretjie sonder brieke in, wat met skewe wiele bult op en bult af voort skommel.
Lekker lees!

R 121,00 each

Liefde uit die Branders - Florina van Staden

A5 116 Bladsye
Hierdie bundel met kortverhale neem die leser op ’n reis saam met Florina van Staden se interessante karakters:

Speurder Muishond Nel ondersoek die moord op ou Dominee. ’n Kaping loop skeef. Dewald raak verlief op ’n foto, terwyl dokter Alonzo verlief raak op ’n pasiënt. Lionel rol weer ’n klip uit Annelie se pad, net sodat Brenton sy seenimf uit die see kan red.

R 123,00 each

Geroeste skakels - Ina Cantoni

A5 121 Bladsye
Dit raak stil. Asof woorde opgeraak het. Natuurlik kan woorde opraak! Alles wat gesê moet word, is mos nou klaar gesê? Of is daar nog iewers ’n versteekte woordeboek, een wat niemand nog ooit gesien het nie, nog woorde en sinne wat dalk regtig sin maak. Miskien as die stof nou wegwaai sal die blaaie kan oopblaai? Is daar dan ’n storie wat nog nie vertel is nie?

Met rukkende of is dit hortende asemstote soek Riana verward in haar deurmekaar wêreld na die boek. Sy knik haar kop stadig op en af asof sy die antwoord so pas gevind het.

“Riana? Is daar iets wat jy onthou? Probeer die woorde lees dan vertel jy my wat jy sien.”

Hierdie hartroerende verhaal vertel van die seer van ‘n ma deur haar dogter verwerp. Kan liefde weer gevind word na al die hartseer?

R 107,00 each

Oorlog in my Hart - Jaconé Steyn

A5 88 Bladsye

Vergete drome, verlore onskuld en wrede oorlog

Sing vir haar `n lied van die son en die reën,
Bring vir haar medisyne vir `n hart wat besig is om te versteen.
Soekend na flenter geluk wat moet kom klop aan haar siel se brose deur.
“Wie sal my kan antwoord?”, vra sy keer op keer.
Dit wat gebeur het, het haar verskeur.
Hoe?
Ontsnap?
Sy?

R 165,00 each

Eva en haar Adam - Wilmarí Jooste

A5 166 Bladsye

Sy sit op ʼn hoë kroegstoeltjie, voete ligweg gekruis om die hoë hakke ten beste te vertoon en bokant dit swart sykouse met patroontjies op om die aandag op haar welgevormde bene te trek. Die swart mini is nét lank genoeg om nie heeltemal onwelvoeglik te wees nie. Die bolyf sit knus genoeg om die ronding van haar borste ʼn bietjie te lig, maar geen juwele om die aandag daarvan af te lei nie.

Haar grimering is met ʼn swaar hand aangewend en onder die vals oogwimpers dartel die groen oë lewendig rond. Haar hare is pikgietswart en hang langs haar gesig verby tot onder haar skouers....

R 125,00 each

Omnibus 4 - Bosveld vrede - Potpourri Skrywers (3 Novelle Bundel)

A5 124 Pages

Skadukant van die maan: Franciska Mouton

Walt kyk na Armand. Dié het sy pet laag oor sy oë getrek. Sy oë starend na die bos, sy geweer se loop rus liggies op sy voorarm. Sy gesig ’n harde uitdrukking, intens soos ’n tier wat enige oomblik kan aanval. Maar diep in sy wese, is Armand bang. Bang hy moet wéér die sneller trek. Hy skud sy kop, vee met sy hand oor sy oë.

*****
Bosveld se klassieke klanke: Taai Bonthuys

Dis al sterk skemer toe Isa stilhou. Sy maak net-net die naam uit wat in goue letters teen die muur pryk: Welkom by Khotso ea Bushveld. “Wel tjorrie, lyk my ons het ons bestemming uiteindelik bereik.”

Isa vryf haar oë. Die pad was lank en sy voel uitgeput. Sy ry tot by die hek en handig die nodig formaliteite af.

*****
Vrou vermis: Douwlina du Plessis

Die geel oë is skielik daar in die stil gesig van die reuse luiperd. Die dier staar na hom tussen die yl takke deur wat hulle skei. Hy het sy geweer teen ’n rosyntjiebos laat leun toe hy na die “vrou” gereik het. Sy hand voel na die geweer sonder dat hy die oogkontak verbreek.

R 125,00 each

Dongola - Loret Zwarts

A5 112 Bladsye

Die rooigloed van die oggendson, lek aan die randte en val tussen die blare tot op die stofpad om die grond warm te bak. ’n Kwêvoël laat van hom hoor en tarentale kwetter soos hulle die oggend aankondig. Gustav se gespierde arm rus op die venster van die jeep. Die rustigheid van die natuur het hom nog altyd geboei, dit is hier waar hy wil wees in die bos.
Dit is hier waar mens leef, vir ’n rukkie vergeet van als wat onnodig saamsleep En nie vergeet wil word nie. Weer soos vanoggend, wat ’n paar blou oë hom agtervolg wat hy liefs weg wil bêre in hartskamers wat hare alleen was. Hy’s nog nie reg om haar daar uit te haal en aan te beweeg nie. Hy klim uit, stadig, leun oor die deur en kyk skrefies oe die veld in. Die lug is dun en vars en hy vat ’n diep asemteug en blaas dit hard uit terwyl hy uitrek met sy arms bokant sy kop. Die blonde hare lê deurmekaar op sy voorkop en selfbewus trek hy sy hand daardeur.

R 189,00 each

Tussen die lyne - Ria Richards

158 Bladsye A5 - Kortverhaalbundel

Tussen die lyne vloei swart ink op wit papier.
42496 vrolik dartelende woorde vertel stories soos:
Onverwagse liefde,
Die soen,
Hoefbaai se motorfiets-bruid
en Geleende tande.

"Jy het wat gedoen?"
“’n Tydelike pos aanvaar op ’n plaas om ’n invalide vrou te versorg," sê Anneke doodkalm.
"Hoe op dees aarde kan jy dit selfs oorweeg, Anneke? Jy ken die mense van geen kant af nie. En wat dan van Hein? Julle sal nooit dinge uitgesorteer kry as jy aanhou weghardloop nie."
"Ma, daar is niks meer om uit te sorteer nie. Hein is die een wat besluit het hy wil sy vryheid hê, want dit sal nooit tussen ons werk nie. Wat meer moet ek doen? Ek gaan hom beslis nie smeek om by my te bly nie."
"Soms moet mens bereid wees om die minste te wees om ’n verhouding te laat werk, Anneke."
"Nee, Ma, hoekom moet ek altyd........

R 188,00 each

Vlug of veg - Wilmarí Jooste

260 pages A5

Test Drive Vlug of veg

Opgedra aan soveel vroue wat daagliks blootgestel word aan emosionele of fisieke mishandeling, en vasgevang word in die bose kringloop daarvan.
***

Hulle paaie kruis elke oggend op presies dieselfde plek, dag na dag... behalwe Sondag. Sy draf nie op Sondae nie. Sondae laat hom gefrustreerd voel; dit en die dae wat sy somtyds onverwags nié daar is nie.

Hulle was van die begin af bewus van mekaar en van daar af het hulle stadigaan begin uitkyk vir mekaar, veral hy vir haar omdat daar, na die dae wat hy haar nie gesien het nie, gewoonlik kneusplekke sigbaar is. Soms is dit op ʼn arm of ʼn been, selfs haar wangbeen, maar wat hom die meeste bekommer is wanneer daar nié kneusplekke was nie, maar die onsigbare nadraai van iets erger. Dis die tye wanneer sy ooglopend stadiger beweeg, en dat daar tekens van pyn op haar gesig sigbaar is as ʼn mens, soos hy, op die uitkyk is daarvoor.

R 211,00 each

Salvokop - Ina Cantoni

Test Drive Salvokop

189 Bladsye - A5

In die vroeë jare 60, was Salvokop 'n spoorweg dorpie. Meeste inwoners was arm spoorweg-werkers. Janetta word by haar pa groot, talent-volle pragtige rooikop. Mario 'n Italiaanse sanger besoek Suid Afrika, wanneer hy die mooi rooikop sien, verloor hy sy hart. Hulle planne loop skeef as Mario dringend moet teruggaan Italië toe.
Omstandighede en mis-verstande skei hulle paaie. 

Gaan Janetta met haar skoolliefde trou? 

En Minjonette...?

Soms neem die lewe sy eie loop..... 

’n Tere liefdesverhaal van drome en misverstand en sal die liefde weer oorwin?

R 136,00 each

Uitgekies vir my - Amanda Pio

123 Bladsye - A5

Marga was 'n bekende skryfster. Dominee Hardus van der Westhuizen herken haar as sy vrou waarop hy al so lank wag. Sy vertel hom sommer van die begin af dat sy nie belangstel nie. Vir niks te wereld raak sy 'n pastorie moeder nie. Sy wat nie eers aan God glo nie. Hy wat toe gelaat het dat haar geliefde dood geskiet word. Hy het geduldig vir haar gewag om oor haar hartseer te kom. En was hy nie geduldig nie! Hy kry haar lief en dwing haar om met hom te trou teen haar wil. Dan kry sy hom teen haar sin lief. En baie stadig stelselmatig breuk hy die muur om haar af. Laat haar insien. Dat God goed is. Dat dit wonderlik is om hom te dien!

R 121,00 each

Stasiehuis No 5 - Loret Zwarts

Loret Zwarts (gebore v d Westhuizen) op die 1 ste Januarie 1972.
Het gematrikuleer 1990 te Hoërskool Skoonspruit, Klerksdorp. Is 1992 getroud met Kallie. Sy het 2 kinders en 1 kleinkind.  Haar skryfstyl is gebore met die lief en leed van ma en vrouwees. Sy het terapie gevind in skryf waar sy haar gedagtes vrye teuels kon gee. Sy het vroeg as tiener die dood van haar pa beleef en so die inspirasie gekry om woorde vas te pen op papier. Haar man is haar koelteboom waar sy asemskep as die lewe druk.
***
Elke oggend klokslag as die lokomotief sesuur sy eerste asemteug gee en met ’n sug vorentoe beur, is daar al lewe in tannie Drien se kort stomp vingers. Sy bly al jare hier in Postmasburg waar die spoorweg-huisies staan aan die anderkant van die spoorlyn. Die onderdorp soos hulle dit in die tagtiger jare genoem het.
As die lewe jou hierdie kant toe gegooi het word jy een met die baksteenmure wat elke stoepie afkamp wat later jou tronk word van omstandighede, armoede en sukkelbestaan.....

R 153,00 each

Die vroue van Meerlaagte - Ria Richards

Pre-Release!

Mariska vier haar 20ste verjaarsdag saam met vriende by ’n jolplek in die stad. Sy kom laatnag met ’n vreemde man by die huis aan wat met sy motorfiets geval het. Ansa help die vreemdeling om die sny in sy wang te ontsmet en verbind sy beseerde been.

Die geheimsinnige John en sy klein boerboel bly die nag op Meerlaagte oor. ’n Dag word ’n maand, ’n Maand word drie maande. Een oggend is John net weg. Die enigste teken dat hy op Meerlaagte gebly het, is ’n totsiens briefie en die pap bek boerboel wat hy agtergelaat het. En agt maande later, is Nadine gebore.

Die Van Sandwyk vroue ontmoet Schalk Odendaal in ’n komiese situasie een oggend in ’n restaurant. Ansa kan die man nie verdra nie, maar Mariska het ander planne met die aantreklike, blonde argitek. Sonder dat Ansa weet, nooi Mariska Schalk en sy vriende Meerlaagte toe vir die naweek.

Die hart wat die Ysprinses vir 28 jaar sorgvuldig bewaar het, verloor sy gedurende die naweek terwyl die jolige klomp dit op Meerlaagte geniet. Tog vertrou sy Schalk glad nie. Die een oomblik soen hy haar aan die brand, die volgende oomblik vra hy uit oor Mariska. Dis duidelik dat die man sy eie agenda het met die twee Van Sandwyk sussies.

R 189,00 each

Dertien vir geluk - Wilmarí Jooste

Die Blou Lantern is vanaand behoorlik gepak. Daar is gaste wat al die pad van Bethlehem en Clarens kom om na vanaand se vertoning kom kyk. 

Toe Cariana uiteindelik op die verhoog verskyn met die kollig op haar, is dit so stil dat ʼn mens ʼn speld kan hoor val. Sy het dieselfde blou kostuum aan as waarin Rudolf haar die heel eerste keer gesien het.
“Mamma! Klink die opgewonde stemmetjie van klein Ettienne waar hy op Rudolf se skoot sit. Hy is ʼn jaar en vyf maande en baie glad met die bekkie.
Die musiek begin polsend, meesleurend, en Cariana se slanke liggaam begin beweeg toe sy haarself optrek om in die een posisie na die ander optrek. Elkeen wat haar sien weet dat sy ʼn groot talent het vir paaldans.
Toe sy uiteindelik klaar is, kry sy ʼn staande ovasie wat sy met ʼn ligte buiging erken. Rudolf hou Ettienne uit na Pieter, wat langs hom sit. “Hou gou ʼn ogie asseblief?”
Pieter loer met ʼn vonkel in sy oë na Linda terwyl hulle na hulle oulike peetkind kyk. “Hoe lyk dit, kan ek so ʼn paal in ons kamer laat installeer?” fluister hy tergend.
“Baie oulike idee,” fluister sy terug. “Ek sal dol wees om jou dop te hou terwyl jy vir my dans.”
“Ja, slim, mevrou dominee. Die idee is dat ek jóú dophou.”
Linda loer skrams na hom. “Dit sal ʼn bietjie moeilik wees.”
“Hoekom?” vra Pieter fronsend......

R 239,00 each

Hagar - Martha Poller

Die storie van Hagar is eintlik maar ons almal se storie. Elkeen van ons het ‘n Hagar, ‘n Abraham, ‘n Sara iewers in ons. Afhangende van hoe ons daarna kyk, kan dit my of jou storie wees hierdie.
Ek wou en ek moes al lankal my eie storie skryf, maar terwyl ek nie die moed het daarvoor nie, sien dan die storie van Hagar as my eie lewensverhaal.

R 197,00 each

Sarah - Sonja Brown

Hoendervleis kruip stadig teen Sarah se nek af waar sy warm asem haar liggies aangeraak het. Sy draai haar kop stadig in sy rigting. Bruin oë met geel spikkels in begroet haar.
Die woorde wat op haar tong wou vorm was summier gevries deur die onmiddellike aantrekkingskrag wat sy nou probeer onderdruk....
Sonja Brown is ’n skrywer wat besig is om groot opgang te maak en haar boeke moet definitief nie gemis word nie.

Vorige boeke uit haar pen:

Die Duiwel se Maat

Devil Reformed

54A

R 115,00 each

Veg vir die liefde - Annelize Combrinck

Annelize het nog altyd ‘n passie vir skryf. Sy is gebore in Vereeniging en bly op ‘n plot saam meeste van haar familie in aparte huise. Sy is mamma van 3 en gelukkig getroud met die beste man in die wêreld. Sy is ‘n tuis-mamma en geniet elke oomblik daarvan. Sy is ontsettend lief vir die Here en Sy dinge, sonder Hom sou die nie moontlik gewees het nie.

"Hy het in haar vasgeloop toe sy van 'n pasient af kom. Albei verdiep in hul eie besige werelde, en het mekaar amper onderstebo geloop. Sy het gestruikel en die gordyn probeer gryp, maar net sy hand beetgekry. Hy het haar teen hom vas geruk sodat sy nie moet val nie. Hy het haar kom groet en haar hand . rukkie langer vasgehou as wat nodig is na hy sy rondtes voltooi het....."

R 166,00 each

Kronkelpaaie van die lewe - Joey Haywood

Sonja Jordaan staan op die boonste trappie van die stoep van haar nederige huisie in Rouxville, ‘n klein Vrystaatse dorpie. Hartseer kyk sy hoe Marius, haar man van ses jaar, die bakkie vol kampeertoerusting pak. Marius en hul vyfjarige seuntjie, Arno, gaan bietjie 'manne-naweek' hê. Die laaste vir hulle, want Sonja is hoogswanger met 'n tweeling. Sy kan nie saamgaan nie, want die paaie is baie rof by die rivier, so vyftig kilometer van Rouxville af, waarheen hulle gaan. Ou Anna, hul betroubare bediende, gaan vir die naweek inslaap om na Sonja te kyk.

'Marius, my Lief, ek is bang!' roep sy na haar besige man.

Verbaas los Marius als en stap vinnig na haar toe. 'My Vrou, dis onnodig. Als gaan reg wees. Dis pragtige weer, die bakkie is hersien, ons het genoeg kos en ons slaap in die bakkie. Al wat gaan kort, is jy, my Skat!' Hy neem haar in sy arms en hou haar styf vas......

R 244,00 each

Die Swaai - AnnMaree Barry

Test Drive Die Swaai

Die Swaai is 'n volwasse erotiese boek wat vertel van 'n vrou se begeertes en tot waar sy sal gaan om haar fantasie uit te leef. Moord en fantasie is 'n dodelike kombinasie.

Resensie - Franciska Mouton

Die voorblad van DIE SWAAI vertel al klaar sy eie storie. So ook die naam van die boek. 

My nuuskierigheid het beslis die oorhand gekry, en móés ek weet wat binne die bladsye gebeur. 

ANNMAREE BARRY stel glad nie teleur met haar verhaal oor DIE SWAAI nie.

Baie subtiel trek sy die leser saam met haar twee hoofkarakters, in 'n wêreld in van "SWINGERS" waarvan mense dalk weet, maar geen kennis dra nie. 
Ook ek was verstom oor die kennis waarmee die skrywer die verhaal geskryf het.

Die twee hoofkarakters Kataleen en Ruan Viljoen, bevind hulle te midde in 'n wêreld waarvan hulle ook heeltemal onbewus was, en waaruit hulle eenvoudig nie wou of kon kom nie.

Die storie maak dan 'n verrassende draai, met 'n kinkel in, wat die leser heeltemal verstom laat.
Die SWAAI is beslis insiggewend.

Maar definitief met 'n ouderdom beperking. Word nie vir kinders aanbeveel nie.

AnnMaree se ander boek Niemand is nou beskikaar !!

R 136,00 each

Hoefslag Van My Hart en ander verhale - Franciska Mouton

Test Drive Hoefslag van my hart

Hoefslag van my hart is ’n kortverhale bundel propvol lekkerlees kortverhale en ’n pragtige novelle, Liefde soos Geel Magrietjies, waar Franciska haar lesers op ’n verbeeldingsvlug neem saam met die wel en weë van haar karakters. Doodgewone mense wat soms in ongewone situasies beland.

Resensie deur: Sybie Kleynhans
(Skrywer/digter/dromer) van Potchefstroom.

Hoefslag van my hart is Franciska Mouton se eerste boek en wat ’n plesier was dit nie om te lees en saam met haar woorde te stap nie.

Daar is ’n paar dinge wat my krophou slaan en dit is eerstens haar taal, dit is ons praat-Afrikaans. Soos ons die woorde en die gedagtes uitspreek, vat sy die leser saam met haar woorde. .
Soos in Hoefslag van my hart: “Sy sluit haar oë en loop weer op ver paaie terug die verlede in.”
In Die Kassie vat sy jou terug na daardie skeurseer tyd van die ABO, kan jy die vrees en ook die vasberadenheid van tant Johanna, die Boervrou, proe en voel.
“Ouma kan rus. Ek sal na hom kyk.”
En in Een nag lank gelede sluit sy ’n grusame motorongeluk af na ’n soet, terugdink oomblik: “Dan maak hy maar ’n koffietjie en wag dat die nuwe dag moet breek.”
In Aandster word jy bewus dat Franciska aan die mooi van die liefde glo, in haar vingers vloei dit uit: “Mag ek die Aandster gaan pluk en aan jou vinger steek?”
Afgesien van die mooi woorde kan jy agterkom dat Franciska die natuur ken, haar liefde vir diere, veral perde vloei uit haar hart tot op die papier.

Voorwaar ’n bedkas-boek en die eerste van nog vele.

R 116,00 each

Lelievlei - Ina Cantoni

Lelievlei... die titel trek my aandag waar ek na die voorblad staar. Die beeld wat na my terugstaar is tergend en ek moes net die bundel oopmaak en lees. Die inhoud is verrassend en hou my aandag gevange. Wat ‘n plesier om die boek te lees. Die vertelstyl is keurig en maklik om te verstaan. Ek kon nie die bundel kortverhale neersit voor ek die laaste woord gelees het nie. Dit vertel die wel en weë van ‘n klein gemeenskap waar almal saamstaan of dalk ook nie? Van die kluisenaar tot die dominee kruip in jou hart en Marja... julle sal self moet lees om te ervaar wat ek ervaar het. Baie geluk Ina Cantoni met ‘n pragtige kortverhaalbundel.

Ek kan hierdie bundel kortverhale met die grootste lof aanbeveel vir elke boekrak.

Prof CA Smit

R 106,00 each

Moordenaar van my siel - Joey Haywood

Santie Viljoen lê opgekrul op die papierdun matras. Sy bibber van die koue. Al wat beweeg, is haar oë. Sy sien hoe die ander vrouens, van elke kleur en geur, rondskarrel om die enigste toilet en wasbak wat daar is, te gebruik. Skielik voel sy ‘n warm hand op haar been. Sy ruk van die skrik en kyk op. Dis ‘n swart bewaarder.

‘Kom, hulle soek jou daar bo,’ sê sy. Wat sal die toekoms vir Santie inhou?
Sal sy uit die tronksel kan kom?

R 135,00 each

Anderkant die spoorlyn - Joey Haywood

Sag hou Gert Brink sy vrou se hand vas. Trane stroom oor die groot man se wange. ‘Lief, asseblief, moenie my alleen los nie! Ek kan nie sonder jou nie,’ snik die groot man die woorde uit.

My Man, dis…’ Christa Brink sukkel om te praat.

Sjuut, nie nou praat nie, my Skat,’ maak Gert sy vrou stil.

Nee,’ begin Christa hortend praat. ‘Ek moet. Jy moet belowe…’

Gert leun vorentoe om sy vrou se fluisterstem te kan hoor. ‘Enigiets, my Lief, enigiets.’

Noem ons seun Johan Petrus. Kyk mooi…’ Verder kom Christa Brink nie. Sag blaas sy haar laaste asem uit....

R 142,00 each

Dans met die dood - Joey Haywood

Dit klink of die dak van die Staatsteater in Pretoria lig soos die gehoor hande klap. Soos een man staan hulle op en klap hande. Hier en daar klink ‘n wolwefluit op.

Die rede vir die oorweldigende applous is Retha Visser, die pragtige klein ballerina. Sal dit die laaste aand wees vir Retha?

Lees hierdie hartroerende verhaal van hoe ‘n mens se lewe in een sekonde kan verander....

R 128,00 each

Fyn lyn tussen Liefde & Haat - Amanda Pio

Marcel en Stefan se lewe begin toe hy haar die eerste keer in Graad 1 Sien. Hy kry haar lief met 'n seunshart, met 'n liefde wat met die jare groei tot 'n volwassenheid. Sy leer om hom te haat en te vrees.

Sy begin werk ver weg van haar ouerhuis en van Stefan af. Vir nege jaar ontwyk sy hom. Dan loop sy hom weer eendag raak. Sy raak halsoorkop verlief op hom. Hy begin dink dat alles nou reg is tussen hulle. Maan 'n misverstand ontstaan tussen hulle en sy vat weer die pad.

Na 'n lang tydperk verlang sy huistoe en kom dan terug. Met 'n skok moet sy hoor dat sy verkeerd was. Stefan wil haar nie weer terughê nie. Alhowel sy hom nog bitter liefhet. Kan Stefan se hart weer sag word vir haar? En kan hy haar vergewe? En die gemeente?

R 119,00 each

Lang pad na vergifnis - Jessica Venter

Sal Lisa en Jaques die lang pad na vergifnis kan stap en Jaques sy seun uiteindelik ontmoet?

Lees hierdie aangrypende verhaal van tienerliefde en die pad na vergifnis.

R 199,00 each

Jes - Ria Richards

Test Drive

Jes Naude word weke lank getreiter deur ’n foonpes na die vrystelling van ʼn film waarin sy die hoofrol vertolk het. Die spanning is naderhand vir haar te veel en sy besluit om ʼn rukkie te gaan ontspan op haar erfplaas – Villa D’ Viljee.

Sy was egter baie lank laas op die plaas en het nooit rekening gehou met Theuns Anderson wat tans die plaas by haar huur nie. Met haar aankoms op die plaas, beland haar sportmotor in die mielielande en is sy aangewese op die huurder, om haar daar uit te kry.

Die man is duidelik glad nie beïndruk met haar ontydige besoek nie, maar bied tog aan dat sy die gerieflike plaashuis met hom kan deel. Vir die arrogante man sien Jes beslis nie kans nie.

Sy volg die tweespoorpaadjie na die ou grasdakhuisie by die rivier, waar sy gekonfronteer word met ou herinneringe en spoke uit haar verlede. Toe verskyn die fraaie Hermien Wiese van die buurplaas op die toneel en krap Jes se lewe nog verder deurmekaar, net toe sy dink sy begin nogal van Theuns hou.

R 230,00 each

Eerste Liefde en Te laat vir nou - twee boek Special

Eerste Liefde en Te laat vir nou - twee boek Special - Jy spaar R125.87

Eerste Liefde R189.19 

Dit was 'n gesamentlike poging aan die skryf van ‘n kettinggedig asook ‘n kettingstorie waar die gedig in die storie ingeskryf is deur Die Digtershuis- en Die Boekehuis- lede.

Digters:

Anton Kilian, Hantie de Beer, Jenny de Kock, Heleen Malherbe, Jemona, Bonthuys Nel, Tilla Kleynhans, Ria Richads, Nicoleen Nagel, Linda van Niekerk, Caren Kearley, Pieter Schoeman, Marita Schoeman, Jiovanni van Vuuren, Gert Jakobs, Helena Mellet

Skrywers:

Ria Richards
Franciska Mouton
Annatjie Sandrock
Ina Cantoni
Ina Kleynhans
Jemona Bonthuys Nel
Sonja Brown
Janet de Vaal
Trudie Potgieter
Jessica Venter

Te laat vir nou - R170.67 

'n Kettingstorie deur lede van die Boekehuis:

Skrywers:

Heleen Malherbe
Franciska Mouton
Annatjie Sandrock
Ina Cantoni
Jessica Venter
Janet de Vaal
Trudie Potgieter
Ria Richards

R 95,00 each

Keur van verhale 1 - 'n Vriend in nood - Kort verhaal bundel

Kort stories geskryf deur lede van ons Boekehuis.

Wie is sy?
Dit is ‘n snikhete dag. Floors sit en knaag aan ‘n droë stuk brood en sluk dit swaar af met swart, bitter koffie. Dieper die park in, met sy rug teen ‘n boomstam, sit nog ‘n boemelaar, ‘n algemene bekende gesig in hierdie park. Sy oë hardloop vlugtig oor die grasperk en sy skerp blik merk ‘n persoon naby die bruggie by die dam. Sien hy reg? Hy knip sy oë en vee met sy hand oor sy gesig. "Is dit nou gedoriewaar ‘n vrou daardie? Hier tussen ons ruwe klomp mans?" Hy skud sy kop in ongeloof want dit is nou één ding wat nie hier hoort nie en dit is ‘n vrou. Hy merk met verbasing op dat sy in sy rigting kyk. Dan staan sy skynbaar swaar op en skuifel sy met haar kierie in sy rigting. ‘n Opgeskote seun keer haar voor, stop haar iets in die hand en sê iets vir haar. Met ‘n glimlag krap sy die seun se hare deurmekaar, skud sy hand en skuifel al nader in Floors se rigting.......

R 245,00 each

Keur van verhale - spesiale bundel van drie boeke - Kort verhaal bundel

Keur van verhale word hier aangebied teen n "Special" prys van R299.99 vir die drie boeke in die reeks !! Jy spaar R43.58!

‘n Boek is ‘n mens se beste vriend. Dit praat nie terug nie, dit beskinder jou nie, jy kan lekker huil en lag en selfs kwaad word, alles op een slag in ‘n lekker kortverhaalboek.
Keur van verhale is so ‘n reeks bundels… en kan jou beste vriend wees. Dit is leesstof wat jou ‘n paar genotvolle uurtjies sal verskaf waar jy kan vergeet van die lewe om jou.
Goeie stories word nie oud nie en moet bewaar word vir Afrikaans en die nageslag en hierdie reeks is defnitief vir die nalatenskap van Afrikaans.
Die Boekehus-skrywers is enig in hul soort en ek kan die bundels teen die spesiale aanbod aanbeveel vir enige boekrak. Die boekomslagte en binnekant is keurig versorg en sal mooi vertoon op enige boekrak en jy kan dit aanvul… want die reeks stop nie by bundel nommer 3 nie.

R 95,00 each

Barones van Berkersee - Die Boekehuis-skrywers

Janette Kruger kry ’n leesboek as verjaarsdag geskenk by haar pa. Min het sy geweet presies hoe groot ’n rol hierdie boek in haar eie lewe gaan speel.

Barones van Berkersee het as ’n ketting-storie op Eggo Woordwerf begin. Franciska Mouton het die inleidingsparagraaf geskryf waarna die Woordwerf-skrywers gevolg het met hulle las stukkies. So het die storie vol intriges en interessante gebeurtenisse met elke skrywer se plasing ontwikkel. Daar was sommer vinnig besluit hierdie storie gaan iets besonders wees en moet as ’n lekker-lees storieboek gepubliseer word.

Die verhaal is in drie afsonderlike dele geskryf deur verskeie skrywers, wat ook nie almal saam geskryf het aan al drie die dele nie.

R 131,00 each

Niemand - AnnMaree Barry

AnnMaree is 'n sersant verbonde aan die Calitzdorp-polisiestasie. Niemand is nie 'n boek wat oor geweldsmisdade en die oplos van sake gaan soos daar verwag word van 'n polisiebeampte nie. Dit is 'n hygroman waarin sy kwessies soos gesinsgeweld, waarmee sy gereeld in haar beroep gekonfronteer word, aanraak~Liezl van Niekerk

"Sy word skielik bewus daarvan dat Michael besig is om te sukkel om uit die diep leunstoel op te staan.  Mimi gaan nader en help hom stadig aan beide sy arms op.  Dan vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde is hul gesigte so na aan mekaar dat Mimi sy naskeermiddel kan ruik.  Sy voel sy asem op haar vel.  Instinktief is haar fokus op die lippe voor haar, hy het so ‘n pragtige vol mond. 

Mimi kan haarself nie keer en leun vorentoe en soen Michael op die mond.  Sy besef vinnig dat hy nie weet wat om te doen nie, maar is so vasgevang in die oomblik dat sy nie beheer het nie, en hom weer soen.  Hierdie keer raak sy liggies met haar tong aan sy onderlip.  Daar kom ‘n ligte sug oor die jong lippe..."

R 259,00 each

Filtervlinder - Elsabé Welman

Naaswenner van Malherbe Uitgewers Roman kompetisie.

Filtervlinder… die titel lok my nader. Met groot afwagting lees ek die Proloog en ek wil meer lees.
‘n Verhaal van menslikheid waar ons nuwe insigte kry in die alledaagse ervaringswêreld. Dit sny verhoudings oop en vertel ons van hoop, geloof en deursettingsvermoë asook mislukking en teleurstelling.
Die keurige taalgebruik en ook die natuurlike skryfstyl van Elsabé het my telkens opgeval. Ek het die boek terdeë geniet en met die toemaak van die roman kon ek dit nie verhelp om 1 Korintiërs 13 vers 13 hardop te sê nie:
“Al wat altyd sal bly
Is geloof, hoop en liefde – hierdie drie.
Maar die grootste hiervan
Bly steeds die liefde.”

‘n Roman wat ek met die grootste liefde kan aanbeveel vir elke boekrak.

Prof JC Smit

"Dit is skemer. Haar knieë is opgetrek teen haar lyf. Die beddegoed opgefrommel om haar. Dis die eerste ordentlike ou wat hom nie skaam vir haar nie. Sanita Erasmus bedberaad met haarself. Sagte klapgeluide uit haar mond breek die stilte. Die kougom hou haar kake besig. Darius Berg hou haar gedagtes besig. Hy veroordeel nie. Sy sug en glimlag. Hy hou haar in die stroombaan. Sy met al haar wilde drange. Darius gee haar ʼn kyk in sy leefwêreld, een met baie minder gagga as haar eie geknersde koninkryk. Sal hy uithou met al haar letsels? Hoe gaan sy hom behou? Een ding weet sy: haar pa en ma moet nie naby hom kom nie. Sanita se lyf trek saam soos sy gril van skaamte. ......."

R 80,00 each

As die liefde seëvier - Heleen Malherbe

Heleen is in Pretoria gebore en daar groot geword. Sy het in 2000 begin skryf na haar seun se dood. In 2011 het sy ernstig begin skryf en drie digbundels gepubliseer. Van 2015 publiseer sy ander skrywers se werk.

"Vanoggend brand die helder son weer alles dood" praat Amanda met Paul, wat net sit, moedeloos met sy kop in sy hande.
"Wat ookal gebeur, my vrou, ek het hierdie stuk aarde baie lief", antwoord Paul.
"Die moordenaarskaroo is wreed, dor en naby die hel" praat Amanda hardop met haarself. Die timbre in haar stem roep haar hele wese tot stilstand……

R 164,00 each

Verbode Liefde - Yvonne Erasmus

Verbode liefde is daar buite VIR ALMAL, al maak dit hoe seer...

Jo-Ann se lewe was nog nooit maklik gewees nie, sy was 'n weeskind van
geboorte af, en om groot te word in 'n weeshuis was nie almal se maat
nie, maar sy het n ongewone liefde gevind, in Nico die rofste van al die
seuns, maar soos dit noodlot sal tref, woord hulle geskei.

Maande later vind hulle mekaar weer, onder haglike omstandighede, en Jo-
Ann haat hom vir die werk wat hy doen, en jaag hom uit haar lewe, en word
gelos vir dood langs n rivierbedding, waar n jong dokter haar vind....

ISBN 978-0-9946981-9-3

R 98,00 each

Sonja se wens - Johan Jansen

Is daar hartseer in jou lewe?  

Het jy ‘n geliefde verloor?

Wil jy geluk in jou lewe hê?

Hierdie woorde op ‘n pamflet trek Sonja se aandag nadat haar man en seuntjie in ‘n motorongeluk gesterf het.

Kort nadat sy op die advertensie reageer, gebeur verskeie, vreemde, raaiselagtige gebeure met die mense rondom Sonja.

Sal haar eie lewe ook in gevaar wees?

Of sal al haar wense waar word?

‘n Boeiende verhaal met karakters wat inmekaar geweef is. Op interessante maniere ontdek die leser wie pas waar in.

Verdere opwindende en geheimsinnige gebeure gevul met aksie, sal die leser op die punte van hulle stoele hou tot die einde waarin daar ‘n verrassende draaipunt is. ‘n Avontuurlike boek om te lees. Dis ‘n lekkerleesboek.

Results 1 - 92 of 92