Afrikaans - Kort verhaal bundels

Results 1 - 69 of 69
R 111,00 each

Omnibus 5 - Sonja Brown, Bets Koen, Elizabeth Jordaan (3 Novelle Bundel) (eBoek PDF)

"Boeke is die nalatenskap van 'n groot gees aan die mensheid, wat van geslag tot geslag oorgelewer word as geskenke aan die ongeborenes."
~ Joseph Addison

Kom deel in die verhale van Baron Bart, Tulpe vir Talina en Familiegrond. Beleef ‘n nalatenskap wat die skrywers aan die lesers gee.

(Die wenverhale in ons skryfkompetisie)

R 185,00 each

Omnibus 5 - Sonja Brown, Bets Koen, Elizabeth Jordaan (3 Novelle Bundel)

"Boeke is die nalatenskap van 'n groot gees aan die mensheid, wat van geslag tot geslag oorgelewer word as geskenke aan die ongeborenes."
~ Joseph Addison

Kom deel in die verhale van Baron Bart, Tulpe vir Talina en Familiegrond. Beleef ‘n nalatenskap wat die skrywers aan die lesers gee.

(Die wenverhale in ons skryfkompetisie)

R 79,20 each

Die liefde oorwin alles - Pieter Schuurman (eBoek PDF)

Die liefde oorwin alles is ’n kortverhaal- bundel propvol lekkerlees stories.
Marna verloor haar sig in ’n ongeluk en die enigste hoe sy haar sig kan herwin, is deur oorplantings van die korneas, maar die kanse is skraal dat sy ’n geskikte skenker sal kry. As liefde aan jou hart kom klop, sal jy werklik alles doen, selfs jou oë gee sodat jou geliefde weer kan sien?

Dit is Vrydag. Jan Wil sy kop gaan skoonmaak by die viswaters na ’n gewelddadige verhouding. Hy het ’n paar weke gelede besluit om eerder alleen te wees as om deur kolkende emosies vernietig te word.
Floors word in ’n vreemde bed wakker en besef hy is gestrand nadat hy ’n slagoffer van ’n roof was en al wat hy wil doen, is om by sy geliefde Karina uit te kom.

So het elkeen van die 19 verhale hul eie unieke karakters wat hulle soms in ongemaklike situasies bevind en beleef die leser elkeen se lief en leed.

R 132,00 each

Die liefde oorwin alles - Pieter Schuurman

R 155,00 each

Met die haan gepla en ander kortverhale - Sonja Brown

“Die een wat daai haan kan vang, kry ‘n splinternuwe honderd rand noot,” het oom Gysie belowe.
‘n Honderd rand! Dit was darem baie geld, het sy vrou, tant Ella, gemor. En dit net om van ‘n kraaiende ergernis ontslae te raak…

Peet en Karel hou dringend vergadering onder die heining in die veld. Dit was hulle plig om vir oom Gysie by te staan. Vir volk en vaderland, vir Kareedouw, en een honderd rand, natuurlik. Die haan wat ter sprake is, behoort nie eintlik aan iemand nie, dus kan hulle nie vervolg word vir diefstal of saak-beskadiging as hulle die kekkelbek sou kon vasvat nie. Só sê Peet se polisieman pa...

R 109,00 each

Die groot vergeet - Chris van Heerden (eBoek PDF)

A5 - 214 Bladsye (Koffietyd stories van Toeka tot nou)

Die naam van die boek het my eerste getref. KOFFIETYD STORIES VAN TOEKA TOT NOU. 

Ek het uit die staanspoor geweet met so 'n naam, móét daar 'n storie wees, waaroor daar lekker oor 'n koppie koffie gepraat kan word. 
Die skrywer trek jou geleidelik in die onbekende wêreld van Die Vergeet siekte, (Alzheimer) in. Of beter bekend as Dementia. 
Die wel en weë van die pasiënt. Die familie en vriende se stryd om aanvaarding.

Die leser sal vind hoe verder jy met die boek vorder,... word jy heeltemal ingesuig, om dan verstom te staan oor die verrassende wending wat die storie neem.

Chris van Heerden het hom uitstekend van sy taak gekwyt om die leser 'n kykie te gee in die wêreld van die dimensie lyer. 

'n Wêreld so onbekend vir die gewone mens.

RESENSIE: DEUR FRANCISKA MOUTON
SKRYWER EN VRYSKUT JOERNALIS

R 108,00 each

lig jare - Deon Bosman (eBoek PDF)

Deon Bosman bring ‘n andersheid na die leser met sy bundel verhale: lig jare. Hierdie is nie sommer net ‘n gryp-en-lees-boek nie, nee, jy gaan jouself bederf met ‘n goeie wyn, skoene uitskop en ontspanne sit en elke woorde geniet wanneer jou lewe ‘n bietjie humor vra.
Die voorblad is uniek, Deon het homself en sy Beryl geteken en ook dra hy die bundel aan haar op,
vir beryl ………………. oorlat jy saam my is
Leon van Nierop skryf dan ook in sy resensie die volgende:

Die stories, in persoonlike waarnemingsvorm geskryf, is anders, dikwels uitdagend, meestal prikkelend en soms aweregs met ‘n klein bietjie moedswil wat dit uitgesproke en onhebbelik plesierig maak.

Die gedagtestroomtegniek en die informele skryfstyl maak dit oorspronklik, kwistig en nuut. Sinisme, ‘n soort nihilisme en op ander plekke weer ‘n meer hartlike, ook driftige styl gee aan die manuskrip ‘n onverskrokke en vreeslose aanslag.
Leon van Nierop

R 142,80 each

Gulpflerrie en ander stories - Anna-Marie Koen (eBoek PDF)

Volwasse Leesstof

Anna-Marie Koen is in Worcester gebore; sy was die grootste deel van haar kinderlewe in Caledon woonagtig.
Daarna (vanaf St.8) was sy weer in Worcester.

Sy het in 2015 opgehou praktiseer as sielkundige na 25 jaar in ’n privaat praktyk. Sy het begin skryf aan haar debuutboek, “Gulpflerrie”. Dit is seks stories, gebaseer op ware fantasieë van professionele vroue.

Na onderhoude met professionele vroue gevoer is oor hulle seks fantasieë, kom sy tot die gevolgtrekking:

Die drie boustene van ’n suksesvolle verhouding is liefde, vertroue en kommunikasie. Gulpflerrie skep vir paartjies die geleentheid om spontaan oor hulle seksuele behoeftes te kommunikeer. Seks is ’n belangrike aspek van enige gesonde verhouding. Paartjies met ’n goeie sekslewe is gewoonlik gelukkiger en voel nader aan mekaar as ander paartjies. As vroue meer fantaseer oor seks en mans meer ingestel raak op hulle maats se seksuele bevrediging, sal almal meer liefde WIL maak.

In Gulpflerrie word ook lewenslesse aan die leser deurgegee, soos in “Thaise vakansieklimaks:” ‘Only when you are no longer afraid, you can begin to enjoy life” en Kahlil Gibran: “Wanneer die liefde roep, moet jy dit volg.”

R 70,00 each

As die Binnekamer praat - Nicolette Fouldien (eBoek PDF)

Uit die binnekamers van ons hart is stories wat baie van ons verborge wil hou. Dis die dinge wat met ons gebeur waaroor ons soms liewer nie wil praat nie, om die rede dat ander ons so maklik oordeel en so swaar ons foute en oortredinge vergewe. Dis hartsverhale wat ons liewers verborge wil hou in ons binnekamers.
Hier kry ons te doen met Maria wie se dorre skoot gevul word met Tienie, haar aanneemkind wat so mooi na haar omsien, maar teen watter prys? ‘n Huishulp wat in ‘n sinkhokkie woon en sukkel om vir haar kind te sorg word onverwags ‘n miljoener. Die Ouma met haar moeilike kleinseun wat die Here se naam so ydelik gebruik kry sy straf, en die Dokter wat troos soek by ‘n prostituut kry veel meer as wat hy voor gehoop het. Egbreek is sonde maar hoekom voel dit dan vir die onnugterde John so reg toe hy sy eersteliefde weer ontmoet? Is daar vergifnis vir twee tronkvöels wat opregte berou oor hul dade toon?........

ISBN 978-0-9946981-0-0

R 130,00 each

Uiters Geheim en ander anekdotes - Kobus de Villiers (eBoek PDF)

B5 355 Bladsye

Elke seun wil op een of ander stadium ’n brandweerman, vlieënier, Springbok rugbyspeler of renjaer word. Baie selde word hierdie drome bewaarheid.
In die laat sestigs is Rusland en Amerika in die ruimtewedloop. In die Koue Oorlog word nuwe vliegtuie en ruimtetuie ontwikkel. ’n Kaalvoet seun in die Vrystaat volg alles in die nuus en wil vir NASA werk, maar wil ook ’n renjaer word. Sy kamermure is vol prente van renmotors, vliegtuie en ’n kaart van die maan met moontlike landingsplekke. Hy leef in sy verbeeldingswêreld en skets planne van vuurpylenjins en vliegtuigvlerke. Hy bou ’n vuurpylenjin wat werk met ’n trekker se kragparaffien. Hy leer ook dat Suid-Afrika se politiek dit amper onmoontlik maak om dié drome te kan beleef.

Hy gaan skool in Welkom, doen sy diensplig in 6 SAI en 2 SAI en studeer Ingenieurswese by Tukkies. Hy werk in Suid-Afrika se jong lugvaartindustrie en sy eindelose verbeelding skep ’n geleentheid om in die buiteland te gaan studeer en werk.

Dié boek is ’n versameling anekdotes van hierdie epiese reis vanaf die stowwerige gruispaaie van die Vrystaat tot die Autobahn na Stuttgart, die Golden State Freeway verby Caltech se Jet Propulsion Lab kampus. Hy woon en/of werk in verskeie lande. In Rusland werk sy span in Leonid Brezhnev se Dacha op die mees ongelooflike lugvaartsamewerkingsprojek. Iewers langs die pad ontmoet hy ’n beeldskone, slim Franse meisie. Projeksekerheid is oortuig sy werk vir die Franse geheime diens.

Dit is ’n lang en ongelooflike pad van Welkom in die Vrystaat tot by Einstein se kantoor …

Kobus de Villiers is in Bloemfontein gebore en het in Welkom skool- gegaan. Ná sy loopbaan is hy nou afgetree. Hy doen steeds konsultasiewerk en bou eksperimente in sy werkswinkel by die huis. Kobus woon saam met sy vrou op die weskus van Kanada. Hulle het ook ’n kuierplek in die suide van Frankryk.

R 61,00 each

Omnibus 1 - Skrywers: Sonja Brown, Franciska Mouton, Piet Saayman (eBoek PDF)

Liefde is beslis pienk
Geskryf deur: Sonja Brown

Liefde soos geel Magrietjies
Geskryf deur: Franciska Mouton

Die swart hings
Geskryf deur: Piet Saayman

“Brink Vermeulen... jou... jou... bliksem!” Elna tas blindelings na die handvatsel wat haar Nissan 1400 bakkie se deur moet oopmaak, maar uit woede gryp sy dit elke keer mis. Sy klap haar hand uit frustrasie teen die stuurwiel en reik na haar handsak onder die bestuur-sitplek. Die swart leersak word oop gepluk en sy haal haar selfoon uit.
“Brink se nommer...” brom sy.
Dit lui lank voordat iemand die oproep beantwoord. Die vrouestem op die lyn neem die wind skoon uit Elna se seile. Sy was gretig om vir Brink Vermeulen te sê presies wat sy van hom dink.

R 63,00 each

Omnibus 4 - Bosveld vrede - Potpourri Skrywers (3 Novelle Bundel) (eBoek PDF)

A5 124 Pages

Skadukant van die maan: Franciska Mouton

Walt kyk na Armand. Dié het sy pet laag oor sy oë getrek. Sy oë starend na die bos, sy geweer se loop rus liggies op sy voorarm. Sy gesig ’n harde uitdrukking, intens soos ’n tier wat enige oomblik kan aanval. Maar diep in sy wese, is Armand bang. Bang hy moet wéér die sneller trek. Hy skud sy kop, vee met sy hand oor sy oë.

*****
Bosveld se klassieke klanke: Taai Bonthuys

Dis al sterk skemer toe Isa stilhou. Sy maak net-net die naam uit wat in goue letters teen die muur pryk: Welkom by Khotso ea Bushveld. “Wel tjorrie, lyk my ons het ons bestemming uiteindelik bereik.”

Isa vryf haar oë. Die pad was lank en sy voel uitgeput. Sy ry tot by die hek en handig die nodig formaliteite af.

*****
Vrou vermis: Douwlina du Plessis

Die geel oë is skielik daar in die stil gesig van die reuse luiperd. Die dier staar na hom tussen die yl takke deur wat hulle skei. Hy het sy geweer teen ’n rosyntjiebos laat leun toe hy na die “vrou” gereik het. Sy hand voel na die geweer sonder dat hy die oogkontak verbreek.

R 76,00 each

Omnibus 2 Liefde is...- Skrywers:Jason Mada, Vasti Wolfe en Taai Bonthuys (eBoek PDF)

Liefde is wetenskaplik - Geskryf deur Jason Mada

Liefde is gevaarlik - Geskryf deur Vasti Wolfe

Fluisteringe van die hart - Geskryf deur Taai Bonthuys

"Zia haal die swart aandrok uit die hangkas, vryf sagkens oor die deurskynende plastiek omhulsel waarin dit is, en hang dit weer terug. “Een van die dae… Een van die dae gaan ek jou uit die sak haal en aantrek. En dan gaan die poppe dans…” glimlag sy sag. “Arno se skilletjies gaan van sy mooi blou oë af val en sy mond gaan oophang, en ék gaan my verlustig in elke liewe sekonde daarvan.”

Arno Viljoen staan met sy rug teen die onthaalsaal se muur. Dit is die wetenskaplike instituut waarvoor hy en honderde ander mense werk, se jaarlikse erkennings-aand.

Oral staan groepies mense, meeste met ’n drankie in die hand. Sy oë gly oor die vloer waar heelwat pare lywe wikkel en ’n glimlag vorm om sy mond. Hendrik kan steeds nie dans nie, dink hy. Sedert hy hom leer ken het op universiteit, het al wat vroumens was hom probeer leer om te dans. Nie een kon hond haaraf maak nie.

Dan sien hy haar......"

R 49,00 each

Komplimente van n Gypsie - Anzel Mans (eBoek PDF)

Die ketel het net begin sing toe alle elektroniese toestelle tot stilstand ruk en die huis stil raak. Selfs die duiwe wat met hul toontjies op die sinkdak krap-krap, skrik hul stil. “Ag nee! Nie so vroeg op ʼn Vrydagoggend nie, Eskom!” bekla Miemie haar lot oor die nuutste sarsie Loadshedding wat haar dorpie en haar huis so ontydig getref het. Sy skink haastig die halfgekookte ketelwater in haar beker. Die reuk van koffie bring net in ʼn halwe mate troos vir die kraglose ellende. Sy gaan sit met ʼn sug by die eetkamertafel en loer by die kombuisvenster uit na die gemotoriseerde hek, draai die beker om en om in haar yskoue vingers. Dis amper tyd vir Buks om huis toe te kom na sy vroegoggend selgroep by die Kerk. Sy self moet binnekort werk toe ry. En as die krag af is, gaan daardie hek ook nie met die afstandbeheerder oop nie....

R 67,00 each

Kierangspruit se sirkus - Boekehuis Skrywers (Kort verhaal bundel) (eBoek PDF)

’n Paar onvoorsiene dinge gebeur met Raphael Zirk se sirkus tydens hulle besoek op die klein dorpie: Kierangspruit.

’n Uittreksel uit een van die verhale:
Die mesgooier se vrou sterf
Deur Nicolette Fouldien

Hy lig die laaste dolk.

Die gehoor hou asem op. Jy kan ‘n speld hoor val. Hy glimlag vir Sally en gooi. Hy sluit moeg sy oë en wag vir die skare se gejuig.

Niks! Slegs ‘n geskokte stilte begroet hom.

Hy maak verward sy oë oop. Sally se kop hang slap vooroor. Bloed drup vanaf die hef in haar voorkop. . .

Skrywers:
Annelize Combrinck
Babsie Smit Jacobs
Corri Badenhorst
Elizabeth Jordaan
Hanlia Dippenaar
Ina Cantoni
Janet De Vaal
Jeanetta Swanepoel
Martha Poller
Moekie Mouton
Nicolette Fouldien
Pieter Odendaal
Rosalee Meyer
Sonja Brown
Taai Bonthuys
Trudie Potgieter
Trudie Potgieter
Verna Barnard

R 78,00 each

Eerste Liefde - Potpourri Lede (eBoek PDF)

Dit was 'n gesamentlike poging aan die skryf van ‘n kettinggedig asook ‘n kettingstorie waar die gedig in die storie ingeskryf is deur Die Digtershuis- en Die Boekehuis- lede.

Digters:

Anton Kilian, Hantie de Beer, Jenny de Kock, Heleen Malherbe, Jemona, Bonthuys Nel, Tilla Kleynhans, Ria Richads, Nicoleen Nagel, Linda van Niekerk, Caren Kearley, Pieter Schoeman, Marita Schoeman, Jiovanni van Vuuren, Gert Jakobs, Helena Mellet

Skrywers:

Ria Richards
Franciska Mouton
Annatjie Sandrock
Ina Cantoni
Ina Kleynhans
Jemona Bonthuys Nel
Sonja Brown
Janet de Vaal
Trudie Potgieter
Jessica Venter

R 102,00 each

Droomvanger Franciska Mouton (eBoek PDF)

A5 167 Bladsye

Droomvanger, die eerste novelle in die bundel en dan ook heel gepas die titel van hierdie bundel met novelles en kortverhale, boei die leser vanaf die eerste paar reëls.

Jana erf ’n bankrotplaas nadat Paul, haar man, noodlottig verwond is deur inbrekers. Met twee kinders op laerskool en ’n bank wat soos aasvoëls sit en wag om die lening op te roep, lyk haar sake maar beroerd. Armand Aukamp vind berusting vir sy seer gemoed in die bosveld, Leah en haar vriendin oorleef ’n vliegongeluk en beland saam op ’n verlate eiland...

En so stap die leser saam met Franciska se kleurvolle karakters wat telkens in allerhande situasies beland.

Droomvanger is propvol spanning, knop-in-die-keel situasies, lekker lag oomblikke en natuurlik WARE LIEFDE wat alles oorwin.

R 50,00 each

Keur van verhale 3 - Seisoene - Kort verhaal bundel (eBoek PDF)

“Nee, Santa! Nie so nie, laat ek dit liewer self doen,” raas Marina du Plooy met haar dogter, terwyl sy „n rol van haar digte silwer hare in haar nek vou, steek sy „n laaste haarnaald op sy plek. “Ma, ek wil net help! Ma moet ontspan, alles is honderd persent reg! ” antwoord Santa en merk met goedkeuring die blink in haar ma se sagte oë. Ma en dogter kyk na mekaar met eenderse blou oë en Santa glip haar arms om die ouer vrou se skouers. “Toemaar, Ma, ek verstaan. Ek ken jou my hele lewe, alles gaan net reg wees want my ma is „n wenner.” Sy kyk hoe haar ma met „n effens bewerige hand haar grimering aanbring. Sy vee met die poeierkwas oor haar neus en „n mooi egalige strepie lipstiffie oor haar mond. Ten spyte van haar een-en-sewentig jaar is sy „n pragtige vrou. Sy is trots op haar besige ma. Niks kry haar onder nie. Sy het meer deursettingsvermoë as vrouens helfte haar ouderdom en haar vrolike geaardheid is onblusbaar. Marina het nog nooit aan haarself gedink as bejaard, of nog erger, oud nie. Al is haar bewegings.......

R 48,00 each

Keur van verhale 1 - 'n Vriend in nood - Kort verhaal bundel (eBoek PDF)

Kort stories geskryf deur lede van ons Boekehuis.

Wie is sy?
Dit is ‘n snikhete dag. Floors sit en knaag aan ‘n droë stuk brood en sluk dit swaar af met swart, bitter koffie. Dieper die park in, met sy rug teen ‘n boomstam, sit nog ‘n boemelaar, ‘n algemene bekende gesig in hierdie park. Sy oë hardloop vlugtig oor die grasperk en sy skerp blik merk ‘n persoon naby die bruggie by die dam. Sien hy reg? Hy knip sy oë en vee met sy hand oor sy gesig. "Is dit nou gedoriewaar ‘n vrou daardie? Hier tussen ons ruwe klomp mans?" Hy skud sy kop in ongeloof want dit is nou één ding wat nie hier hoort nie en dit is ‘n vrou. Hy merk met verbasing op dat sy in sy rigting kyk. Dan staan sy skynbaar swaar op en skuifel sy met haar kierie in sy rigting. ‘n Opgeskote seun keer haar voor, stop haar iets in die hand en sê iets vir haar. Met ‘n glimlag krap sy die seun se hare deurmekaar, skud sy hand en skuifel al nader in Floors se rigting.......

R 59,00 each

Hoefslag van my hart en ander verhale - Franciska Mouton (eBoek PDF)

Hoefslag van my hart is ’n kortverhale bundel propvol lekkerlees kortverhale en ’n pragtige novelle, Liefde soos Geel Magrietjies, waar Franciska haar lesers op ’n verbeeldingsvlug neem saam met die wel en weë van haar karakters. Doodgewone mense wat soms in ongewone situasies beland.

Resensie deur: Sybie Kleynhans
(Skrywer/digter/dromer) van Potchefstroom.

Hoefslag van my hart is Franciska Mouton se eerste boek en wat ’n plesier was dit nie om te lees en saam met haar woorde te stap nie.

Daar is ’n paar dinge wat my krophou slaan en dit is eerstens haar taal, dit is ons praat-Afrikaans. Soos ons die woorde en die gedagtes uitspreek, vat sy die leser saam met haar woorde. .
Soos in Hoefslag van my hart: “Sy sluit haar oë en loop weer op ver paaie terug die verlede in.”
In Die Kassie vat sy jou terug na daardie skeurseer tyd van die ABO, kan jy die vrees en ook die vasberadenheid van tant Johanna, die Boervrou, proe en voel.
“Ouma kan rus. Ek sal na hom kyk.”
En in Een nag lank gelede sluit sy ’n grusame motorongeluk af na ’n soet, terugdink oomblik: “Dan maak hy maar ’n koffietjie en wag dat die nuwe dag moet breek.”
In Aandster word jy bewus dat Franciska aan die mooi van die liefde glo, in haar vingers vloei dit uit: “Mag ek die Aandster gaan pluk en aan jou vinger steek?”
Afgesien van die mooi woorde kan jy agterkom dat Franciska die natuur ken, haar liefde vir diere, veral perde vloei uit haar hart tot op die papier.

Voorwaar ’n bedkas-boek en die eerste van nog vele.

R 276,00 each

Boerseep en Brakwater - Jasper Nieuwoudt

STORIES OOR ’N LEKKER JOB, JAKKALSJAG, TESTAMENTE PERSOONSKAARTE, HOLGOED, OPSIGTERS EN KLOMP ANNER GOETERS. En oor unieke mense en unieke dinge wat sorg vir unieke stories

Die titel van die boek: "BOERSEEP EN BRAKWATER" gee erkenning aan twee lewensnoodsaaklikhede waarmee Namakwalanders noodwendig in my tyd moes klaarkom. Daar is, behalwe die mooi Afrikaans wat daar uit die hart (en nie die teksboek nie) gepraat word, nog dinge wat eie aan Namakwaland is. Twaksboom, kraalbos, oostewind en gousblom is 'n paar, maar boerseep en brakwater het hul eie storie en karakter.

In kort kom dit daarop neer dat boerseep ons enigste kosbare selfgemaakte skoonmaakmiddel was. Jouself, jou klere, jou huis, alles is daarmee gereinig. Dit is in 'n spesiale groot pot, 'n seeppot, gekook met die vet van diere wat gemeng is met die as van die blou gannabos of inkbos, genaamd "asbos". Dit was nog voor die tyd van kostjiesoda ("caustic soda" wat aangekoopte bytsoda is) wat later van tyd die loog en skeidingsmiddel was. Die seep is in ewewydige stene uitgesny, gedroog en vir latere gebruik weggebêre op 'n solder of 'n ander veilige plek. Dit was laaaank voor die tyd van gegeurde of standaard winkelseep, in ons taal genoem "lekkerruikseep".

Brakwater gee homself weg. Die enigste vars waterbron was reënwater wat in "tinke" (watertenks) opgevang is.
Omdat dit ongereeld en min reën, moes die varswatertjies uiters spaarsamig gebruik word. As 'n stout kind met die tenk se kraan sou peuter en die water loop uit, was dit soos dood in die familie. Brakwater was ons ding. Daarmee is kos gemaak, jou dors geles, koffie gemaak, wasgoed gewas en daarmee het jy jouself saam met boerseep gereining. Koffie wat met brakwater gemaak is, het 'n besonder lekker smaak. Tee wat daarmee gemaak is, smaak aaklig. Daarvoor moes die water neutvars wees. As die reënwatertink leeg was, was daar nie tee nie. Nouja, die stories wat ek vervolgens vertel, word dan respekvol opgedra aan hierdie twee onontbeerlike elemente in my vormingsjare.

As ek, soos my vrou, nie 'n Namakwalanner was nie, sou ek nie van boerseep en brakwater geweet het nie.

R 239,00 each

Gulpflerrie en ander stories - Anna-Marie Koen

Volwasse Leesstof

Anna-Marie Koen is in Worcester gebore; sy was die grootste deel van haar kinderlewe in Caledon woonagtig.
Daarna (vanaf St.8) was sy weer in Worcester.

Sy het in 2015 opgehou praktiseer as sielkundige na 25 jaar in ’n privaat praktyk. Sy het begin skryf aan haar debuutboek, “Gulpflerrie”. Dit is seks stories, gebaseer op ware fantasieë van professionele vroue.

Na onderhoude met professionele vroue gevoer is oor hulle seks fantasieë, kom sy tot die gevolgtrekking:

Die drie boustene van ’n suksesvolle verhouding is liefde, vertroue en kommunikasie. Gulpflerrie skep vir paartjies die geleentheid om spontaan oor hulle seksuele behoeftes te kommunikeer. Seks is ’n belangrike aspek van enige gesonde verhouding. Paartjies met ’n goeie sekslewe is gewoonlik gelukkiger en voel nader aan mekaar as ander paartjies. As vroue meer fantaseer oor seks en mans meer ingestel raak op hulle maats se seksuele bevrediging, sal almal meer liefde WIL maak.

In Gulpflerrie word ook lewenslesse aan die leser deurgegee, soos in “Thaise vakansieklimaks:” ‘Only when you are no longer afraid, you can begin to enjoy life” en Kahlil Gibran: “Wanneer die liefde roep, moet jy dit volg.”

R 215,00 each

lig jare - Deon Bosman

Deon Bosman bring ‘n andersheid na die leser met sy bundel verhale: lig jare. Hierdie is nie sommer net ‘n gryp-en-lees-boek nie, nee, jy gaan jouself bederf met ‘n goeie wyn, skoene uitskop en ontspanne sit en elke woorde geniet wanneer jou lewe ‘n bietjie humor vra.
Die voorblad is uniek, Deon het homself en sy Beryl geteken en ook dra hy die bundel aan haar op,
vir beryl ………………. oorlat jy saam my is
Leon van Nierop skryf dan ook in sy resensie die volgende:

Die stories, in persoonlike waarnemingsvorm geskryf, is anders, dikwels uitdagend, meestal prikkelend en soms aweregs met ‘n klein bietjie moedswil wat dit uitgesproke en onhebbelik plesierig maak.

Die gedagtestroomtegniek en die informele skryfstyl maak dit oorspronklik, kwistig en nuut. Sinisme, ‘n soort nihilisme en op ander plekke weer ‘n meer hartlike, ook driftige styl gee aan die manuskrip ‘n onverskrokke en vreeslose aanslag.
Leon van Nierop

R 109,00 each

Karoojag - Louw Erasmus

A5 96 Bladsye

Hierdie is my eerste kortverhale bundel en ek wil jou neem om saam met my en my vriende in die Karoo te gaan jag.

Ou Henry die aardvark was nie deel van ons beplanning nie, maar mense het hom gemaak wat hy is en ek moes net eenvoudig die man help. Hy het die kinders aangeval, maar hy is net ʼn dier.

Outjie, die klein renostertjie, het drie dae na sy geboorte alleen in die veld rond gehardloop, want stropers het sy ma doodgeskiet. Outjie is nou ʼn vredeliewende renoster en hy lok mense oral oor die wêreld om net aan hom te kom raak.

Jy moet ook net vir een dag saam met Wynand beweeg om sy werk as karwag by ʼn besige winkelsentrum te ervaar. Na daardie dag sal jy baie beslis ʼn brandewyn en coke wil hê en Gert sal jou help om daardie glas leeg te maak.

Laastens sal Jan jou op ʼn reis neem wat hy nooit gedink het sal hom oorkom nie. Jan het op ʼn klein spoorweg-dorpie gewerk en gewoon. Hy moes baie trotseer om die skatryk vrou se hand te wen.

Lekker lees, en kyk uit vir Bertha, my vollengte verhaal wat jou diep gaan raak..

R 99,00 each

Nagmaal en die Engelsman - Henrik Böth

Nagmaal en die Engelsman is ʼn versameling uiteenlopende kortverhale, geskryf in verskillende tydvakke.

Hans was ʼn grootman. Nou is hy ʼn sak bene wat uitgeteer wag om die Hiernamaals in te gaan. Santie se hartseer en pyn lê diep. Bring sy afsterwe vir haar vrede?

Fielies verstaan nie so lekker die dinge van die grootmense nie. Veral nie die gebeure rondom die nuwe konstabel op die dorp nie.

Jy staan op die lughawe, hou mense se reaksies dop wat vir hul geliefdes wag. Maar hoe gemaak as jou perfekte romantiese ontvangs, tot ʼn skudding in jou konserwatiewe fondament lei.

Ons almal is maar net mens. Maak ons foute, betaal ons duur vir ons foute, maar wat gebeur as ʼn gesiene man in die gemeenskap voete van klei het.

Roxo was ʼn aartappel boer in Angola, tot sy familie wreed op die ritme van ʼn Marxistiese ideologie vermoor is.

R 239,00 each

Nostalgie - Japie Smit

B5 199 Bladsye

Ek wil graag die lesers oud en jonk terug neem in tyd. Vir die ouer garde om bietjie nostalgie te belewe en vir die jonger geslag om insae te hê in die ou dae.
Vir baie gesinne was `n eie motor `n absolute luukse. Treinry was die algemene vervoermiddel, veral vir die spoorwegmense. Vandag hunker baie mense terug na daardie tyd en wil graag stories hoor uit die tydperk. Graag deel ek my persoonlike herinneringe, ervarings en staaltjies met die leser. Baie mense sal hulleself hiermee kan vereenselwig.

Al die vertellinge is uit persoonlike ervaringe.

R 289,99 each

Uiters Geheim en ander anekdotes - Kobus de Villiers

B5 355 Bladsye

Elke seun wil op een of ander stadium ’n brandweerman, vlieënier, Springbok rugbyspeler of renjaer word. Baie selde word hierdie drome bewaarheid.
In die laat sestigs is Rusland en Amerika in die ruimtewedloop. In die Koue Oorlog word nuwe vliegtuie en ruimtetuie ontwikkel. ’n Kaalvoet seun in die Vrystaat volg alles in die nuus en wil vir NASA werk, maar wil ook ’n renjaer word. Sy kamermure is vol prente van renmotors, vliegtuie en ’n kaart van die maan met moontlike landingsplekke. Hy leef in sy verbeeldingswêreld en skets planne van vuurpylenjins en vliegtuigvlerke. Hy bou ’n vuurpylenjin wat werk met ’n trekker se kragparaffien. Hy leer ook dat Suid-Afrika se politiek dit amper onmoontlik maak om dié drome te kan beleef.

Hy gaan skool in Welkom, doen sy diensplig in 6 SAI en 2 SAI en studeer Ingenieurswese by Tukkies. Hy werk in Suid-Afrika se jong lugvaartindustrie en sy eindelose verbeelding skep ’n geleentheid om in die buiteland te gaan studeer en werk.

Dié boek is ’n versameling anekdotes van hierdie epiese reis vanaf die stowwerige gruispaaie van die Vrystaat tot die Autobahn na Stuttgart, die Golden State Freeway verby Caltech se Jet Propulsion Lab kampus. Hy woon en/of werk in verskeie lande. In Rusland werk sy span in Leonid Brezhnev se Dacha op die mees ongelooflike lugvaartsamewerkingsprojek. Iewers langs die pad ontmoet hy ’n beeldskone, slim Franse meisie. Projeksekerheid is oortuig sy werk vir die Franse geheime diens.

Dit is ’n lang en ongelooflike pad van Welkom in die Vrystaat tot by Einstein se kantoor …

Kobus de Villiers is in Bloemfontein gebore en het in Welkom skool- gegaan. Ná sy loopbaan is hy nou afgetree. Hy doen steeds konsultasiewerk en bou eksperimente in sy werkswinkel by die huis. Kobus woon saam met sy vrou op die weskus van Kanada. Hulle het ook ’n kuierplek in die suide van Frankryk.

R 143,00 each

Keur van verhale 5 - Je t’aime... - Boekehuis Skrywers

A5 151 Bladsye

Je t’aime – ek het jou lief! Dís wat ’n vrou wil hoor. ’n Duisend soene laat jou asemloos ronddobber in die branders van geluk. Liefde laat jou kaalvoet sokkie op maat van Rooirok bokkie. Jy het my getoor en ons dans in die reën. Hou my ’n bietjie vas en stil die storms van liefde tussen jou en my. Trek toe die gordyne en wees my Valentyn. Ek verlang na jou onder die stil Karoonagsterre, totdat jy my kom haal – agterop jou bicycle se saal. Soos ou vriende wat vergeet om te vergeet, is die lewe sonder jou soos koue voete en ’n roos vol dorings. Geluk en liefde, kan geld nie koop nie.

Die skrywers:
Louisa Beukes
Jeannetta Swanepoel
Trudie Potgieter
Brechje Visagie
Ria Richards
Bets Koen
Rosalee Meyer
Martha Poller
Franciska Mouton
Janet De Vaal
Joey Haywood
Jessica Venter
Ina Cantoni
Arnold van Zyl
Sonja Brown
Taai (Jemona) Bonthuys

R 91,00 each

Wagkamerstories - Petra van Vuuren

A5 69 Bladsye - Kortverhaal bundel

Die boek is geskryf vir my kleinkinders sodat hulle vir altyd hulle 'weird' ouma sal onthou.

"Die verkoopsdame sê sy het nie die moed gehad om vir David en Patsy te sê van die gewig-ding nie. Jy sien, ‘n gholfkarretjie, net soos enige ander tipe kar, kan net ‘n sekere beperkte gewig dra. Sy sê die dag toe hulle kom koop het, wou-wou sy sê van die beperkte dravermoë, maar een kyk na David en Patsy se lywe, het haar laat besluit om liewer stil te bly.

Die karretjie sou dalk nog die oorgewig David kon dra, maar twee oorgewig lywe sou vorentoe probleeme oplewer......."

R 170,00 each

Droomvanger - Franciska Mouton

A5 167 Bladsye

Droomvanger, die eerste novelle in die bundel en dan ook heel gepas die titel van hierdie bundel met novelles en kortverhale, boei die leser vanaf die eerste paar reëls.

Jana erf ’n bankrotplaas nadat Paul, haar man, noodlottig verwond is deur inbrekers. Met twee kinders op laerskool en ’n bank wat soos aasvoëls sit en wag om die lening op te roep, lyk haar sake maar beroerd. Armand Aukamp vind berusting vir sy seer gemoed in die bosveld, Leah en haar vriendin oorleef ’n vliegongeluk en beland saam op ’n verlate eiland...

En so stap die leser saam met Franciska se kleurvolle karakters wat telkens in allerhande situasies beland.

Droomvanger is propvol spanning, knop-in-die-keel situasies, lekker lag oomblikke en natuurlik WARE LIEFDE wat alles oorwin.

R 117,00 each

Optelgoed is hougoed - Roeline Snyders

A5 111 Bladsye

Hierdie bundel is my ode aan die inwoners van Bulletrap, my hartsmense, my klipmense.

Bulletrap is ‘n klein bergdorpie wat so knoestig genestel is tussen klipkoppe, 30 km vanaf Springbok in ‘n noordelike rigting. Weggesteek, amper jaloers weg van die gewoel.

Dis hier waar ek as skrywer my inspirasie kry, tussen hierdie hartsmense wat ek my eie noem. Mense wat my omarm het met my aankoms hier, en my as hul eie aanvaar het. Die geskiedenis sypel uit hierdie klipkoppe en sy mense en is enige kunstenaar se droom.

R 130,00 each

Rubrieke sonder brieke - Yvonne de Kock

A5 134 Bladsye
In hierdie bundel het Yvonne die remme behoorlik losgelaat. Van die eerste tot die laaste rubriek, met die lag én die traan. Die gevolg? Rubrieke sonder brieke!
Op hierdie bladsye huppel ons moedersknie-taal Afrikaans, soos wafferse ballerina terwyl sy vertel van "brug-babas" en selfs 'n "spook" kom in die gedrang. Dit moedig jou aan tot so 'n walsie of wat en om te wonder oor ons skrywers se kaskenades in die kuberruim.
"Spinnekoppe" steek ook hul harige pote op een van die bladsye uit en jy lees selfs van trane in alfabetiese volgorde.
Genadetjie tog! Wat maak mens daaruit as jy lees van pensioen en 'n miljoen in dieselfde sin en jy jou asem sommer dubbel moet intrek? Dan is daar ook nog daai dierbare beloftes voor die kansel. Daar word ernstig besin oor woord en klank; oor gedigte wat trefferliedjies word en op die vleuels van musiek die lug in, maar wat ook soms geniepsig af geprik word aarde toe.
So ook oor die polemiek omtrent Adam en Eva en die appeltjie, ag ek bedoel die aandag wat die twee kry weens hulle sogenaamde verskille. En ai, liefde kan nie gedy as dit nie vel om het nie!
Iewers tussen dié meestal vrolike bladsye, word sommer kaalkop die waarheid vertel, is die skrif denkbeeldig teen die muur en lees jy verder ook van uitgedoofde liggies. Dat geld wat stom is en regmaak wat krom is, nié altyd so is nie en dus maar erg verdraaid is.
Skink vir jou 'n stomende koppie koffie in. Skop jou skoene uit, maak jouself gemaklik op die rusbank en lees alte heerlik aan al dié allegaartjies. Verbeel jouself in daai rubriek-karretjie sonder brieke in, wat met skewe wiele bult op en bult af voort skommel.
Lekker lees!

R 121,00 each

Liefde uit die Branders - Florina van Staden

A5 116 Bladsye
Hierdie bundel met kortverhale neem die leser op ’n reis saam met Florina van Staden se interessante karakters:

Speurder Muishond Nel ondersoek die moord op ou Dominee. ’n Kaping loop skeef. Dewald raak verlief op ’n foto, terwyl dokter Alonzo verlief raak op ’n pasiënt. Lionel rol weer ’n klip uit Annelie se pad, net sodat Brenton sy seenimf uit die see kan red.

R 147,00 each

Onverklaarbaar - Louw Grobler

A5 195 Bladsye

Onverklaarbaar is ’n bundel met kortverhale vir diegene wat nog daarvan hou om stories te lees van mense wat snaakse dinge beleef.

Ek dink ons moet maar aanvaar dat ons net die dinge kan probeer verstaan wat ons kan sien en kan tas; wat meer as dit is moet ons maar aanvaar as ver bokant ons begripsvermoë.

R 125,00 each

Omnibus 4 - Bosveld vrede - Potpourri Skrywers (3 Novelle Bundel)

A5 124 Pages

Skadukant van die maan: Franciska Mouton

Walt kyk na Armand. Dié het sy pet laag oor sy oë getrek. Sy oë starend na die bos, sy geweer se loop rus liggies op sy voorarm. Sy gesig ’n harde uitdrukking, intens soos ’n tier wat enige oomblik kan aanval. Maar diep in sy wese, is Armand bang. Bang hy moet wéér die sneller trek. Hy skud sy kop, vee met sy hand oor sy oë.

*****
Bosveld se klassieke klanke: Taai Bonthuys

Dis al sterk skemer toe Isa stilhou. Sy maak net-net die naam uit wat in goue letters teen die muur pryk: Welkom by Khotso ea Bushveld. “Wel tjorrie, lyk my ons het ons bestemming uiteindelik bereik.”

Isa vryf haar oë. Die pad was lank en sy voel uitgeput. Sy ry tot by die hek en handig die nodig formaliteite af.

*****
Vrou vermis: Douwlina du Plessis

Die geel oë is skielik daar in die stil gesig van die reuse luiperd. Die dier staar na hom tussen die yl takke deur wat hulle skei. Hy het sy geweer teen ’n rosyntjiebos laat leun toe hy na die “vrou” gereik het. Sy hand voel na die geweer sonder dat hy die oogkontak verbreek.

R 189,00 each

Tussen die lyne - Ria Richards

158 Bladsye A5 - Kortverhaalbundel

Tussen die lyne vloei swart ink op wit papier.
42496 vrolik dartelende woorde vertel stories soos:
Onverwagse liefde,
Die soen,
Hoefbaai se motorfiets-bruid
en Geleende tande.

"Jy het wat gedoen?"
“’n Tydelike pos aanvaar op ’n plaas om ’n invalide vrou te versorg," sê Anneke doodkalm.
"Hoe op dees aarde kan jy dit selfs oorweeg, Anneke? Jy ken die mense van geen kant af nie. En wat dan van Hein? Julle sal nooit dinge uitgesorteer kry as jy aanhou weghardloop nie."
"Ma, daar is niks meer om uit te sorteer nie. Hein is die een wat besluit het hy wil sy vryheid hê, want dit sal nooit tussen ons werk nie. Wat meer moet ek doen? Ek gaan hom beslis nie smeek om by my te bly nie."
"Soms moet mens bereid wees om die minste te wees om ’n verhouding te laat werk, Anneke."
"Nee, Ma, hoekom moet ek altyd........

R 132,00 each

Keur van verhale 4 - Bakhand Swerwers (Potpourri Skrywers)

116 Bladsye A5 - 'n Kortverhaal bundel geskryf deur ons Poupourri skrywers.

Hy maak sy bondeltjie bymekaar . Die strate is stil. Hy sal niemand pla nie. Hy loop van asblik na asblik en grawe druppels en krummels aandete uit. Hy lees die advertensies in die winkelvenster. Volgende Sondag is dit Vadersdag.

Miskien, wie weet, is daar volgende jaar ’n ietsie mooi wat niemand wil hê nie in ’n swart sak ook vir hom vir Vadersdag. Al is hy nie ’n pa nie – net maar ’n kind wat bakhand staan vir ’n klap teen die kop.

Skrywers:
'n Bakhand Pa – Annatjie Sandrock
Leon se Vadersdaggeskenk – Taai Bonthuys
Veilige Hawe – Ria Richards
Deur sy groot genade – Franciska Mouton
Vadersdag sonder grense –Ina Cantoni
Ek, Boemelaar – Annatjie Sandrock
Sjampyn vir Vadersdag –Helena Mellet
Johnny die straatkind. – Ria Richards
Die boemelaar se skat – Louisa Beukes
'n Tweede kans vir my – Linda du Plessis
Somer vir Anré – Jessica Venter
Die Blink Swart Skoene – Trudie Potgieter
‘n Boemelaar se gelukbringer – Jeannetta Swanepoel
Sarel se laaste fix – Sonja Brown
Slagoffer van die lewe – Franciska Mouton
Die misverstand – Martha Poller
Tuiskoms – Maria Mouton
Marli se geskenk – Elizabeth Jordaan
Boemelaar van my lewe – Joey Haywood
Wegkomkans – Sonia v Rensburg
Om huistoe te kom – Clarice Gille-Theys

R 320,00 each

Basterpoeding vir die siel - Clarice Gille-Theys en debuutskrywers

Test Drive Basterpoeding vir die siel

373 Bladsye B5

Dis ’n bundel pragstories om te besiel en inspireer.

Dertien debuutskrywers en die nou reeds bekende Clarice Gille-Theys, deel hul lief en leed in die boek. Hierdie is dan ook Clarice se tweede poging na die suksesvolle Rehoboth – Waar my hart is, wat vanjaar bekroon is met die spesiale pluimpie-toekenning van die ATKV.

Daar is nie ’n Namibiër wat nie weet wat ‘basterpoeding’ is nie. Die veelsydige dis kan as heerlike bykos informeel saam met ’n braai geniet word. Dit kan ewe formeel op ’n selfdien-tafel by ’n Gala-geleentheid pryk en ook heel knus op ’n koue wintersaand as ’n warm hoofdis bedien word.

Netso is hierdie uiteenlopende mengelmoes van diep, eg-menslike stories wat ’n kykie gee in ons weerloosheid. Die hartseer en die vreugde, die pyn en die heling.

R 134,00 each

Kierangspruit se sirkus - Boekehuis Skrywers (Kort verhaal bundel)

’n Paar onvoorsiene dinge gebeur met Raphael Zirk se sirkus tydens hulle besoek op die klein dorpie: Kierangspruit.

’n Uittreksel uit een van die verhale:
Die mesgooier se vrou sterf
Deur Nicolette Fouldien

Hy lig die laaste dolk.

Die gehoor hou asem op. Jy kan ‘n speld hoor val. Hy glimlag vir Sally en gooi. Hy sluit moeg sy oë en wag vir die skare se gejuig.

Niks! Slegs ‘n geskokte stilte begroet hom.

Hy maak verward sy oë oop. Sally se kop hang slap vooroor. Bloed drup vanaf die hef in haar voorkop. . .

Skrywers:
Annelize Combrinck
Babsie Smit Jacobs
Corri Badenhorst
Elizabeth Jordaan
Hanlia Dippenaar
Ina Cantoni
Janet De Vaal
Jeanetta Swanepoel
Martha Poller
Moekie Mouton
Nicolette Fouldien
Pieter Odendaal
Rosalee Meyer
Sonja Brown
Taai Bonthuys
Trudie Potgieter
Trudie Potgieter
Verna Barnard

R 122,00 each

Bicycle se carrier en ander kort verhale - Jessica Venter

Pre-Release

Jessica Venter bring haar kortverhale na die leser in ’n tydlose formaat van die lewe. Dis kort stories oor die lewe en tog ook fantasie en bietjie van ’n droomwêreld. Hierdie stories lees jy stadig, nes ’n goeie rooiwyn, sodat elke woord sy diepte kan bereik.

Ek beveel die bundel tydlose kortverhale aan vir elke leser en elke boekrak.

R 130,00 each

Omnibus 3

Tyd van vrees:

Franciska Mouton

Dr. Cornel Schutte besluit om te gaan ondersoek instel na die bonatuurlike gebeure op ’n kleinhoewe nadat sy drie meisies behandel het met eienaardige krapwonde.
Ouma Gabrielle het nie verniet gesê: ‘Cornellie, jy is ook met die helmet gebore, nes ouma en jou oumagrootjie.

*****
300, 6de Laan:
Sonja Brown

Die 6 jarige Bets sê die huis praat met haar. Annie en Eben maak dit af as haar verbeelding. Dan verdwyn sy spoorloos... ’n Grusame ontdekking word gedoen wanneer na Bets gesoek word.

*****
Die vloek van die bose:
Piet Saayman
Frans en Erika is besig om ’n hoop rommel, wat aan die agterkant van die huis teen die buitemuur opgestapel is, te verwyder. Hulle ontdek ’n deur wat na die kelder lei. Maar dis wat ín die kelder is, wat hulle lewe omskep in hel.

R 136,00 each

Te laat vir nou - Potpourri Lede

'n Kettingstorie (roman) deur lede van die Boekehuis:

Emily staar moeg na die olifante op die rivierwal wat water drink. Sy sien hoe die seekoeie stoei en speel en dan onder die water ingly, sodat net die oë en ore uitsteek.
"Ek is moeg vir hierdie lewe van my!" Roep sy uit in ’n hees stem. Ek verlang na my moeksie wat ek ... hoe lank is dit nou al? Wonder Emily.
Sy is ’n bekende model wat nou besig is met is met ’n fotosessie vir n oorsese glanstydskrif maar sy besef haar tyd vir roem is besig om te vervaag.
Hier by die Victoria-watervalle neem sy haar lewe in oënskou en die onthou lê naak in haar oë. Selfverwyt knaag haar binneste rou ...
Stadig begin die Afrikason sy pad vind om in die weste sy rusplek te vind. Sy goue strale gooi vuurvonke in Emily se bos rooi hare. Haar skouers is effe rooi gebrand deur die son en 'n rilling gaan deur haar lenige lyf.
In die vêrte hoor sy die geskel van 'n trop hiënas wat wedywer om 'n stukkie vleis.
"My lewe is net soos daardie vieslike stink hiënas. Baklei vir alles. My werk my bestaan. Waar gaan ek op eindig?"

Skrywers:

Heleen Malherbe
Franciska Mouton
Annatjie Sandrock
Ina Cantoni
Jessica Venter
Janet de Vaal
Trudie Potgieter
Ria Richards

R 155,00 each

Eerste Liefde - Potpourri Lede

Dit was 'n gesamentlike poging aan die skryf van ‘n kettinggedig asook ‘n kettingstorie waar die gedig in die storie ingeskryf is deur Die Digtershuis- en Die Boekehuis- lede.

Digters:

Anton Kilian, Hantie de Beer, Jenny de Kock, Heleen Malherbe, Jemona, Bonthuys Nel, Tilla Kleynhans, Ria Richads, Nicoleen Nagel, Linda van Niekerk, Caren Kearley, Pieter Schoeman, Marita Schoeman, Jiovanni van Vuuren, Gert Jakobs, Helena Mellet

Skrywers:

Ria Richards
Franciska Mouton
Annatjie Sandrock
Ina Cantoni
Ina Kleynhans
Jemona Bonthuys Nel
Sonja Brown
Janet de Vaal
Trudie Potgieter
Jessica Venter

R 108,00 each

Die Vissers van Brakpan - Joey Haywood (Humor)

Joey Haywood  het die gawe om die alledaagse en gewone in humor te omskep en sy slaag goed daarin om die lagspiere te prik in hierdie bundel kortverhale.  Joey  ontbloot in hierdie bundel die kern van die lewe self.

R 166,00 each

In Duet - Herman en Ina Cantoni (Gedigte & Kortverhale)

eens was ons jonk
die wye wêreld voor ons
betower deur die
glans van bewondering
eenskalps was jy daar,
ek weet net dit is jy
jy raak my aan
betower my wese
was die son
al ooit so helder
was die hemel
ooit so blou
eindelik is
my drome waar
want jy is daar
ons sal die
woestyn oorheers
die dorre droogte
ons beskik oor die liefde
ons leef in hartstog
oortyd en ruimte sal
my rede ons bewaar
jou vlindersagte hande
jou lippe wat streel
aan jou behoort
...my siel...
my liggaam
en my gees

R 168,00 each

54A - Sonja Brown

Iewers in 54A broei onheil… moord en geweld. Soms is mense sienende blind en soms is dit ‘n jong kind wat jou daarop attent maak.
54A IS ‘n Kortverhaalbundel wat gelees moet word.

“Jozi, kom weg daar! Ek verstaan jou nie. Watter kind wil nou hul skoolvakansie met hul oor teen die muur spandeer om die bure in die semi langsaam af te luister?”
“Maar Ouma, ek vertel al die heel week vir Ouma dat iets aan die gang is langsaan,” mor die dogter. Sy druk weer haar oor teen die eetkamer se muur. Die bont muurpapier is grof teen haar wang.
“…buitendien, sedert daardie vervlakste pakkie hier aangekom het is dinge heeltemal anders. Maak dit tog oop! Maak dit net oop sodat jou siel kan rus!
Bennie, die brief sê dat ons dit nie mag oopmaak tot…
Vier-en-twintig November nie! Ek weet dit baie goed, maar kyk wat doen dit aan jou, Adrie. Jy staar die heel dag na daardie pakkie. Jy is ‘n senuwee wrak! As jy my vra is dit net iemand wat ‘n siek speletjies met jou speel…
Jy het al so gesê, Bennie.
Gee dit hier! Ek sal dit oop maak as jy nie wil nie.
Nee, asseblief! Ek het jou nog nooit vir iets gevra nie, maar ek vra jou nou om die pakkie uit te los. Asseblief!”
Vinnige voetstappe, en dan slaan ‘n deur toe.
Jozi kan hoor hoe Adrie sug. Sy het geen idee hoe die vrou lyk nie. Die een dag was die semi langsaan nog leeg; en die volgende dag was daar nuwe huurders. Een man en een vrou. Dit weet Jozi. En ook dat die “pakkie” baie onmin veroorsaak tussen die twee......

R 180,00 each

Die Kleur van My Pen - Tuiskoms - Martha Poller

Iemand vra my anderdag waarom skryf ek? Vir wie skryf ek? Met ander woorde, is daar ‘n doel agter my skrywery?

Dis glad nie so ‘n eenvoudige vraag nie, hoor. Dit het my vir ‘n oomblik laat frons, want wat dan nou? Waarom sou iemand so iets vir my vra?

En toe weet ek!

Ek skryf omdat ek, binne ‘n week of twee, eintlik hopeloos verslaaf geraak het daaraan. Dit voel soms vir my die baie goeters in my kop is net eenvoudig te veel en hulle roep, nee hulle skree op my om asseblief uit te kom.

Vir jare en jare het ek goed op papiertjies en toe later op die rekenaar geskryf en gebêre. Op ‘n stadium het ek ‘n boek gehad vir die skryfseltjies, maar dit het ook nie lekker gewerk nie. Waar ek ookal geskryf het, die goed het later verlore geraak. Dit laat ‘n mens so half ‘leeg’ voel, want waar is al die gedagtes dan nou heen?

R 118,00 each

Somer Eggo's 2 - Woordwerf vriende (Kortverhaal bundel)

Met hierdie bundel kortverhale bring die skrywers die dieper van mensleef na die leser. Die keurige taalgebruik, asook die eie skryfstyl van die skrywers, bied die leser ’n verskeidenheid van leesgenot.
Humor, hartseer, woede en selfs vrees laat jou ’n wyle vergeet van die wêreld waarin jy leef.
Dit is ’n erfenis vir die bewaring van ons geliefde Taal… Afrikaans – stories deur die onbekende mense wat so lank hulle talent moes wegsteek omdat min mense geglo het: “Ons is goed genoeg!”

R 149,00 each

Omnibus 2 Liefde is...- Skrywers:Jason Mada, Vasti Wolfe en Taai Bonthuys

Liefde is wetenskaplik - Geskryf deur Jason Mada

Liefde is gevaarlik - Geskryf deur Vasti Wolfe

Fluisteringe van die hart - Geskryf deur Taai Bonthuys

"Zia haal die swart aandrok uit die hangkas, vryf sagkens oor die deurskynende plastiek omhulsel waarin dit is, en hang dit weer terug. “Een van die dae… Een van die dae gaan ek jou uit die sak haal en aantrek. En dan gaan die poppe dans…” glimlag sy sag. “Arno se skilletjies gaan van sy mooi blou oë af val en sy mond gaan oophang, en ék gaan my verlustig in elke liewe sekonde daarvan.”

Arno Viljoen staan met sy rug teen die onthaalsaal se muur. Dit is die wetenskaplike instituut waarvoor hy en honderde ander mense werk, se jaarlikse erkennings-aand.

Oral staan groepies mense, meeste met ’n drankie in die hand. Sy oë gly oor die vloer waar heelwat pare lywe wikkel en ’n glimlag vorm om sy mond. Hendrik kan steeds nie dans nie, dink hy. Sedert hy hom leer ken het op universiteit, het al wat vroumens was hom probeer leer om te dans. Nie een kon hond haaraf maak nie.

Dan sien hy haar......"

R 122,00 each

Omnibus 1 - Skrywers: Sonja Brown, Franciska Mouton, Piet Saayman

Liefde is beslis pienk
Geskryf deur: Sonja Brown

Liefde soos geel Magrietjies
Geskryf deur: Franciska Mouton

Die swart hings
Geskryf deur: Piet Saayman

“Brink Vermeulen... jou... jou... bliksem!” Elna tas blindelings na die handvatsel wat haar Nissan 1400 bakkie se deur moet oopmaak, maar uit woede gryp sy dit elke keer mis. Sy klap haar hand uit frustrasie teen die stuurwiel en reik na haar handsak onder die bestuur-sitplek. Die swart leersak word oop gepluk en sy haal haar selfoon uit.
“Brink se nommer...” brom sy.
Dit lui lank voordat iemand die oproep beantwoord. Die vrouestem op die lyn neem die wind skoon uit Elna se seile. Sy was gretig om vir Brink Vermeulen te sê presies wat sy van hom dink.

R 130,00 each

Zefgat - Persepsies en verhale - Hanlia Dippenaar

Hanlia Dippenaar bring 'n bundel keurige kortverhale na die leser wat ure se leesgenot verskaf.

Sieninge oor doodgewone karakters en hoe hulle alledaagse ondervindinge hanteer. Die bundel hoort op elke koffietafel.

"Hy kyk na homself in die truspieël en sien die hanswors met die sakke onder sy oë. Is daar traanmerke langs die neus?
Jou niksnut, sou sy ma sê, haal af daardie neus, wanneer wil jy groot raak?
Die mense lag vir jou, Willem, sou sy vrou sê, jy dink die lewe is 'n grap. Vat 'n slag verantwoordelikheid.
Hy vroetel in sy hempsak op soek na 'n KP-poeier of twee. Die afgelope maand het die hoofpyne hom soms byna mal gehad. Daar was die eienaardigste gekriewel onder sy kopvel, kompleet of daar wurms beweeg.
“Jy dra te swaar aan jou skuld, Willem,” sê die hanswors, “dit is besig om jou te vernietig.”
“Waarvan praat jy?”
“Die aand wat jou dogter jou konfronteer het oor die boodskappe op jou selfoon. Sy was vir die vakansie by die huis terug van die kollege en het jou selfoon gedeps om die boyfriend te bel en sommer jou boodskappe ook gelees.

R 139,00 each

Net R1.50 kort - Nagel Pick - Gedigte en kortverhale

Nagel Pick is gebore en getoë in Napier ʼn dorpie geleë sowat 54 km vanaf die mees Suidelike punt van Afrika. Gebore op 29 September 1969

Vandag, is hy in sovele opsigte jammer, maar bevoorreg om met sy woorde en ondervinding, andere tot ander insae te bring. Hy is vandag nie skaam om te erken waar hy vandaan kom nie en is die volgende gesegde nommerpas op hom gemik, "Ek is nie trots op wie ek was nie, maar ek is definitief trots op wie ek nou is."

R 145,00 each

Laslappies 2 - Potpourri Publikasie

Hierdie Laslappies bundel volg aan van Laslappies 1 en bestaan uit kortverhale met uiteenlopende genres. Die verhale het op Eggo Woordwerf (nou Malherbe Boekehuis) se Facebook-blad begin as kettingstories bloot vir die pret. Na die inleiding van die eerste storie op die blad geplaas was het die volgende persoon sy stukkie aangelas en so het hulle die storie begin bou. Dit is nogal ’n uitdaging om vinnig ’n paragraaf te skryf wat by die vorige skrywer se las stukkie inpas sodat die storie nog steeds sin maak, voordat iemand anders jou voorspring en jou las stukkie dan heel onvanpas is. Onthou, daar word nie vooraf bespreek wat die tema van die storie gaan wees nie. Dus het dit tot gevolg dat daar interessante kinkels ontwikkel wat die storie dan weer in ’n heel ander rigting stuur.

Sommige het dit eers net gewaag om ’n reël of twee te las en later al hoe meer begin skryf soos wat hulle gemakliker geraak het om deel te neem. Al meer en meer van die groep se lede het begin betrokke raak. Wanneer die einde van die storie geskryf is, gewoonlik deur die inleier, nomineer sy of hy die persoon wat die inleiding van die volgende storie moet begin.

Skrywers

Ina Cantoni
Annatjie Sandrock
Elna Kruger
Franciska Mouton
Janet de Vaal
Pieter Odendaal
Ria Richards
Trudie Potgieter
Sonja Brown
Jemona Bonthuys Nel
Louise Seip
Amedi Von Mollendorf
Martelize Faber
Angelique Van Kraayenburg
Anid Cilliers

R 130,00 each

Hashtag - Die alledaagse deur my oë - Cecile Huisamen

Cecile Huisamen bring met die reeks “Die alledaagse deur my oë,” ‘n leeservaring na die leser. Haar eposse aan vriende en familie verskerp ook die waarnemingsvermoë deur haar woorde en beelde. Hierdie is ‘n vars en unieke reeks bundels waarmee elke vrou, selfs die man, deur hul daaglikse reis, ondervind.

Ek beveel die leesgenot sterk aan vir elke boekrak.

Prof JH Smit

Die eerste in die reeks was "Fyn Balans"

"Dankbaar vir ore wat kan hoor(partykeer selektief)
Vir
wat kan kyk(met hulp van bi-focals
Vir bene wat werk(al lol die regter een met toegeknypte senuwees)
Vir hande wat kan vat (al is die middelvinger se vel af)
Vir tande wat kan kou ( geneig tot oorywerigheid)
Ag, sommer vir alles."

R 136,00 each

Hoefslag Van My Hart en ander verhale - Franciska Mouton

Test Drive Hoefslag van my hart

Hoefslag van my hart is ’n kortverhale bundel propvol lekkerlees kortverhale en ’n pragtige novelle, Liefde soos Geel Magrietjies, waar Franciska haar lesers op ’n verbeeldingsvlug neem saam met die wel en weë van haar karakters. Doodgewone mense wat soms in ongewone situasies beland.

Resensie deur: Sybie Kleynhans
(Skrywer/digter/dromer) van Potchefstroom.

Hoefslag van my hart is Franciska Mouton se eerste boek en wat ’n plesier was dit nie om te lees en saam met haar woorde te stap nie.

Daar is ’n paar dinge wat my krophou slaan en dit is eerstens haar taal, dit is ons praat-Afrikaans. Soos ons die woorde en die gedagtes uitspreek, vat sy die leser saam met haar woorde. .
Soos in Hoefslag van my hart: “Sy sluit haar oë en loop weer op ver paaie terug die verlede in.”
In Die Kassie vat sy jou terug na daardie skeurseer tyd van die ABO, kan jy die vrees en ook die vasberadenheid van tant Johanna, die Boervrou, proe en voel.
“Ouma kan rus. Ek sal na hom kyk.”
En in Een nag lank gelede sluit sy ’n grusame motorongeluk af na ’n soet, terugdink oomblik: “Dan maak hy maar ’n koffietjie en wag dat die nuwe dag moet breek.”
In Aandster word jy bewus dat Franciska aan die mooi van die liefde glo, in haar vingers vloei dit uit: “Mag ek die Aandster gaan pluk en aan jou vinger steek?”
Afgesien van die mooi woorde kan jy agterkom dat Franciska die natuur ken, haar liefde vir diere, veral perde vloei uit haar hart tot op die papier.

Voorwaar ’n bedkas-boek en die eerste van nog vele.

R 122,00 each

Vrug van die herfsjare - Frane Pre Du (Kortverhaal bundel)

Hierdie bundel het voortgevloei uit die feit dat ek altyd ‘n storie het om te vertel.  Almal weet ek praat te veel en te hard, soos my pa, maar dis omdat ek dit in alle erns en opgewondenheid wil oordra. Ek doen dit dus eerstens, omdat die Here aan  my die talent gegee het en ek byna met leë hande voor Hom te staan sou moes kom...In my herfsjare het ek dus ontwaak en bied aan julle wat nog deur my verbeeldingryke gedagtes voort kan vloei.

Een dag was daar 'n dokumentêre film oor die lewe van boemelaars in Johannesburg en dit het my getref en met weemoed vervul. Een man het vertel dat hy getroud was en dat sy vrou hier iewers bly en slaap onder sylakens. Dit het my aan my hart gegryp. Almal skryf 'n storie, maar iewers is dit tog maar verweef met jouself en eie wedervarings. 'n Persoon sê iets en dan neem dit gestalte in en kort voor lank word 'n storie gebore.

My vriendin het altyd gesê dat sy maklik 'n sepie episode mis, want ek vertel dit met jota en titel, asof sy dit self sien. Daarom dan is ek ook lief en kan ek my makliker uitdruk in dialoog vorm.

R 230,00 each

Eerste Liefde en Te laat vir nou - twee boek Special

Eerste Liefde en Te laat vir nou - twee boek Special - Jy spaar R125.87

Eerste Liefde R189.19 

Dit was 'n gesamentlike poging aan die skryf van ‘n kettinggedig asook ‘n kettingstorie waar die gedig in die storie ingeskryf is deur Die Digtershuis- en Die Boekehuis- lede.

Digters:

Anton Kilian, Hantie de Beer, Jenny de Kock, Heleen Malherbe, Jemona, Bonthuys Nel, Tilla Kleynhans, Ria Richads, Nicoleen Nagel, Linda van Niekerk, Caren Kearley, Pieter Schoeman, Marita Schoeman, Jiovanni van Vuuren, Gert Jakobs, Helena Mellet

Skrywers:

Ria Richards
Franciska Mouton
Annatjie Sandrock
Ina Cantoni
Ina Kleynhans
Jemona Bonthuys Nel
Sonja Brown
Janet de Vaal
Trudie Potgieter
Jessica Venter

Te laat vir nou - R170.67 

'n Kettingstorie deur lede van die Boekehuis:

Skrywers:

Heleen Malherbe
Franciska Mouton
Annatjie Sandrock
Ina Cantoni
Jessica Venter
Janet de Vaal
Trudie Potgieter
Ria Richards

R 100,00 each

Keur van verhale 3 - Seisoene - Kort verhaal bundel

“Nee, Santa! Nie so nie, laat ek dit liewer self doen,” raas Marina du Plooy met haar dogter, terwyl sy „n rol van haar digte silwer hare in haar nek vou, steek sy „n laaste haarnaald op sy plek. “Ma, ek wil net help! Ma moet ontspan, alles is honderd persent reg! ” antwoord Santa en merk met goedkeuring die blink in haar ma se sagte oë. Ma en dogter kyk na mekaar met eenderse blou oë en Santa glip haar arms om die ouer vrou se skouers. “Toemaar, Ma, ek verstaan. Ek ken jou my hele lewe, alles gaan net reg wees want my ma is „n wenner.” Sy kyk hoe haar ma met „n effens bewerige hand haar grimering aanbring. Sy vee met die poeierkwas oor haar neus en „n mooi egalige strepie lipstiffie oor haar mond. Ten spyte van haar een-en-sewentig jaar is sy „n pragtige vrou. Sy is trots op haar besige ma. Niks kry haar onder nie. Sy het meer deursettingsvermoë as vrouens helfte haar ouderdom en haar vrolike geaardheid is onblusbaar. Marina het nog nooit aan haarself gedink as bejaard, of nog erger, oud nie. Al is haar bewegings.......

R 86,00 each

Keur van verhale 2 - Maak dit saak - Kort verhaal bundel

Kort stories geskryf deur lede van ons Boekehuis.

Maak dit saak... ja, storie-skryf maak baie saak. Kortverhale is al vir baie jare as ‘n goeie tydverdryf beskou. Met Keur van verhale bring ons weereens goeie kortverhale na die leser, want ‘n goeie storie raak nie oud nie en moet vir die nageslag bewaar word.
Die Boekehuis-Skrywers het hul weereens oortref met keurige kortverhale in dié bundel.

Spanje is pragtig. Die land leen hom toe aan goue oomblikke gesluit in kuiertjies saam met vriende, middag siestas om die ergste hitte te ontduik en druiwe boorde wat kreun onder die vrag van hul skat.
Carmen hardloop deur die prieel en giggel verspot terwyl sy probeer wegkom van Ricardo af. Hulle speel gereeld die soek en wegkruip spel tussen die boorde. "O Carmen...ek hoor jou. Ek gaan jou vind." Carmen giggel weer en gaan sit dan agter 'n ruig druiwe plant. Sy probeer om geen geluid te maak nie, maar haar giggel duik telkens op.
Ricardo loop katvoet deur die boord op soek na die donkerkop wat sy hart so warm laat klop. Hy het haar 'n paar minute gelede nog in hierdie rigting hoor lag.
Carmen en Ricardo se ouers is van die mees welgestelde druiwe boere in die streek en buiten dat die twee jongmense mekaar reeds van kindsbeen af ken was hulle nog altyd dol verlief op mekaar. Ricardo het op Paasfees verlede jaar vir Carmen se ouers gevra of dit hul goedkeuring sal wegdra indien hy hul dogter om haar hand vra. Carmen se ouers was verheug oor die jongman se versoek.......

R 95,00 each

Keur van verhale 1 - 'n Vriend in nood - Kort verhaal bundel

Kort stories geskryf deur lede van ons Boekehuis.

Wie is sy?
Dit is ‘n snikhete dag. Floors sit en knaag aan ‘n droë stuk brood en sluk dit swaar af met swart, bitter koffie. Dieper die park in, met sy rug teen ‘n boomstam, sit nog ‘n boemelaar, ‘n algemene bekende gesig in hierdie park. Sy oë hardloop vlugtig oor die grasperk en sy skerp blik merk ‘n persoon naby die bruggie by die dam. Sien hy reg? Hy knip sy oë en vee met sy hand oor sy gesig. "Is dit nou gedoriewaar ‘n vrou daardie? Hier tussen ons ruwe klomp mans?" Hy skud sy kop in ongeloof want dit is nou één ding wat nie hier hoort nie en dit is ‘n vrou. Hy merk met verbasing op dat sy in sy rigting kyk. Dan staan sy skynbaar swaar op en skuifel sy met haar kierie in sy rigting. ‘n Opgeskote seun keer haar voor, stop haar iets in die hand en sê iets vir haar. Met ‘n glimlag krap sy die seun se hare deurmekaar, skud sy hand en skuifel al nader in Floors se rigting.......

R 245,00 each

Keur van verhale - spesiale bundel van drie boeke - Kort verhaal bundel

Keur van verhale word hier aangebied teen n "Special" prys van R299.99 vir die drie boeke in die reeks !! Jy spaar R43.58!

‘n Boek is ‘n mens se beste vriend. Dit praat nie terug nie, dit beskinder jou nie, jy kan lekker huil en lag en selfs kwaad word, alles op een slag in ‘n lekker kortverhaalboek.
Keur van verhale is so ‘n reeks bundels… en kan jou beste vriend wees. Dit is leesstof wat jou ‘n paar genotvolle uurtjies sal verskaf waar jy kan vergeet van die lewe om jou.
Goeie stories word nie oud nie en moet bewaar word vir Afrikaans en die nageslag en hierdie reeks is defnitief vir die nalatenskap van Afrikaans.
Die Boekehus-skrywers is enig in hul soort en ek kan die bundels teen die spesiale aanbod aanbeveel vir enige boekrak. Die boekomslagte en binnekant is keurig versorg en sal mooi vertoon op enige boekrak en jy kan dit aanvul… want die reeks stop nie by bundel nommer 3 nie.

R 121,00 each

Somer Eggo's 1 - Woordwerf vriende (Kortverhaal bundel)

Met hierdie bundel kortverhale bring die skrywers die dieper van mensleef na die leser. Die keurige taalgebruik, asook die eie skryfstyl van die skrywers, bied die leser ’n verskeidenheid van leesgenot.
Humor, hartseer, woede en selfs vrees laat jou ’n wyle vergeet van die wêreld waarin jy leef.
Dit is ’n erfenis vir die bewaring van ons geliefde Taal… Afrikaans – stories deur die onbekende mense wat so lank hulle talent moes wegsteek omdat min mense geglo het: “Ons is goed genoeg!”

R 129,00 each

Griekse Spens - Vol Verhale - Ina Bergh

Ek dra ’n Griekse spens vol verhale op aan my man Hattie.

Dis ʼn ode aan ware liefde. Dat verlore of verkeerde liefde jou in ʼn bodemlose put van ellende en eensaamheid kan gooi. Dis net met egte en sterk liefde wat jou doelgerig kan oplig en na ʼn veilige en opwindende hawe kan voer. Let wel, daar is hoop vir almal dat daar wel die minnegloed kan ervaar word, wanneer dit die minste verwag word. Moenie dit laat verby gaan nie. Gryp jou tweede kans vir opregte liefde.

R 98,00 each

Humor en Ander Pittighede - Adriaan J Louw

My ou buurman het ʼn oog vir ʼn mooi nooi. Al is hy al byna taggentag, kry hy steeds ʼn vonkel in sy oog wanneer ʼn mooi lyfie verbyloop. Ons is bevoorreg om in ʼn straat te bly wat deur heelwat stappers en drawwers gebruik word. Veral vroegoggend, nét vóór sonuit. Onge-lukkig is buurman se voortuin beplant met allerhande bome en struike, so die uitsig by hom is nie so goed soos by my nie.
Saterdagoggende word daar ʼn vertoning gelewer in ons straat wat nie heeltemal goed is vir ʼn óú man se hart nie. Dit is dan ook nie ongewoon dat buurman gereeld op ʼn Saterdagoggend vroeg reeds inklok nie. Hy kom maak hom tuis op die bank op my voorstoep, en dring aan op ʼn koppie koffie. En, as hy sy sin kry, ʼn ietsie sterker ook!
“Maar buurman, is dit nie nog te vroeg?” maak ek beswaar, maar die rede wat hy aanvoer, is dat die koue in sy ou knieë ingetrek het en dat ʼn knertsie nét die regte medisyne daarvoor is. Dan skink ek maar ʼn soetetjie, en die ou sak behaaglik agteroor, en maak hom gereed vir die vertoning in die straat. En ook nie lank nie, of die eerste stywe broekies kom verby.

R 107,00 each

Laslappies 1 - Potpourri Publikasie

Hierdie Laslappies bundel bestaan uit sewe kortverhale met uiteenlopende genres. Selfs ook ’n volwasse sprokie: Matys en Nimfemia. Die verhale het op Eggo Woordwerf (nou Malherbe Boekehuis) se Facebook-blad begin as kettingstories bloot vir die pret. Annatjie Sandrock het die bal aan die rol gesit deur te verduidelik hoe die kettingstories gaan werk. Heleen Malherbe het die inleiding van die eerste storie op die blad geplaas. Die volgende persoon het sy stukkie aangelas en so het hulle die storie begin bou. Dit is nogal ’n uitdaging om vinnig ’n paragraaf te skryf wat by die vorige skrywer se las stukkie inpas sodat die storie nog steeds sin maak, voordat iemand anders jou voorspring en jou las stukkie dan heel onvanpas is. Onthou, daar word nie vooraf bespreek wat die tema van die storie gaan wees nie. Dus het dit tot gevolg dat daar interessante kinkels ontwikkel wat die storie dan weer in ’n heel ander rigting stuur.

Sommige het dit eers net gewaag om ’n reël of twee te las en later al hoe meer begin skryf soos wat hulle gemakliker geraak het om deel te neem. Al meer en meer van die groep se lede het begin betrokke raak. Wanneer die einde van die storie geskryf is, gewoonlik deur die inleier, nomineer sy of hy die persoon wat die inleiding van die volgende storie moet begin.

Skrywers

Retha Kelly
Elna Kruger
Gert Jakobs
Ria Richards
Janet de Vaal
Ronél le Roux
Jessica Venter
Rudie Potgieter
Trudie Potgieter
Pieter Odendaal
Sarien Steynberg
Franciska Mouton
Annatjie Sandrock
Hendie Grobbelaar
Rhones L Meintjies
Jemona Bonthuys Nel
Angelique Van Kraayenburg

R 98,00 each

Uit Veerpen se Skatkis - Veerpen Uitgewers

Ek dra hierdie bundel op aan al die Veerpen
skrywers en digters, mense van my asem en kan ek
saam met George Weidemann julle verseker:
huilwind wolke bymekaar,
Heleen Malherbe

R 98,00 each

Komplimente van n Gypsie - Anzel Mans

Die ketel het net begin sing toe alle elektroniese toestelle tot stilstand ruk en die huis stil raak. Selfs die duiwe wat met hul toontjies op die sinkdak krap-krap, skrik hul stil. “Ag nee! Nie so vroeg op ʼn Vrydagoggend nie, Eskom!” bekla Miemie haar lot oor die nuutste sarsie Loadshedding wat haar dorpie en haar huis so ontydig getref het. Sy skink haastig die halfgekookte ketelwater in haar beker. Die reuk van koffie bring net in ʼn halwe mate troos vir die kraglose ellende. Sy gaan sit met ʼn sug by die eetkamertafel en loer by die kombuisvenster uit na die gemotoriseerde hek, draai die beker om en om in haar yskoue vingers. Dis amper tyd vir Buks om huis toe te kom na sy vroegoggend selgroep by die Kerk. Sy self moet binnekort werk toe ry. En as die krag af is, gaan daardie hek ook nie met die afstandbeheerder oop nie....

R 111,00 each

Fyn Balans - Die alledaagse deur my oë - Cecile Huisamen

Resensies:

Hierdie is ‘n heerlike woordreis waar jy meer waarneem en ervaar deur die oë en woorde van Cecile. Dit is van meet af ‘n andersoortige woordreiservaring deur die alledaagse stap van die lewe. Haar innerlike gewaarwordings vind inslag binne die leser. Met die saamstel van hierdie bundel het ek telkens stil bly staan by haar ervaringe en emosies.

Mag elke leser saam met Cecile haar leefwêreld besoek d.m.v. haar geskrewe woord.
‘n Bundel skrywes wat elkeen baie diep sal raak en ook ‘n lekker- lag of ‘n traan -pik, sal laat beleef.

‘n Moet-hê koffietafel-bundel wat jou sal verryk. ~Heleen Malherbe

Cecile Huisamen bring met die reeks “Die alledaagse deur my oë,” ‘n leeservaring na die leser. Haar eposse aan vriende en familie verskerp ook die waarnemingsvermoë deur haar woorde en beelde.

Hierdie is ‘n vars en unieke reeks bundels waarmee elke vrou, selfs die man, deur hul daaglikse reis, ondervind.

Ek beveel die leesgenot sterk aan vir elke boekrak. ~Prof JH Smit

"Lekkerte . . . . . is iets wat jou behaag! Ek weet lekker is relatief. Een van die lekkerste lekkertes, het my agtien jaar gelede getref, met die geboorte van my eerste kleinkind. Niks het my voorberei vir hierdie warm, behaaglike lekkerte nie.

Nie gedink dat iets my eie kinders se geboortes kon ewenaar nie – maar nou, na nog ses geboortes van hierdie aard, is ek so propvol lekkerte, dat ek kan bars.
Wat ‘n voorreg om sewe nuwe mensies in jou kudde te verwelkom, lief te hê en te koester.
Jou kinders se kinders, is een van die soetste, genotvolste ervarings wat ek nog ooit kon beleef.
Boetie[WF] is vandag 18. Hy is mooi en sterk en ‘n saggeaarde jong man, en verduur sy ouma se gedrukkery en geite, net oor hy mal is oor my appeltert.
Hy ken sy eie lekkertes, sowel as die ander ses nakomelinge.
Geniet julle eie lekkertes, wat dit ookal mag wees.
Ek loop oor van lekkerte."

R 140,00 each

As die Binnekamer praat - Nicolette Fouldien