Filtervlinder - Elsabé Welman (eBoek PDF)

front-cover-filtervlinder
5 5 1 Product
R 155,00 each

+

Naaswenner van Malherbe Uitgewers Roman kompetisie.

Filtervlinder… die titel lok my nader. Met groot afwagting lees ek die Proloog en ek wil meer lees.
‘n Verhaal van menslikheid waar ons nuwe insigte kry in die alledaagse ervaringswêreld. Dit sny verhoudings oop en vertel ons van hoop, geloof en deursettingsvermoë asook mislukking en teleurstelling.
Die keurige taalgebruik en ook die natuurlike skryfstyl van Elsabé het my telkens opgeval. Ek het die boek terdeë geniet en met die toemaak van die roman kon ek dit nie verhelp om 1 Korintiërs 13 vers 13 hardop te sê nie:
“Al wat altyd sal bly
Is geloof, hoop en liefde – hierdie drie.
Maar die grootste hiervan
Bly steeds die liefde.”

‘n Roman wat ek met die grootste liefde kan aanbeveel vir elke boekrak.

Prof JC Smit

"Dit is skemer. Haar knieë is opgetrek teen haar lyf. Die beddegoed opgefrommel om haar. Dis die eerste ordentlike ou wat hom nie skaam vir haar nie. Sanita Erasmus bedberaad met haarself. Sagte klapgeluide uit haar mond breek die stilte. Die kougom hou haar kake besig. Darius Berg hou haar gedagtes besig. Hy veroordeel nie. Sy sug en glimlag. Hy hou haar in die stroombaan. Sy met al haar wilde drange. Darius gee haar ʼn kyk in sy leefwêreld, een met baie minder gagga as haar eie geknersde koninkryk. Sal hy uithou met al haar letsels? Hoe gaan sy hom behou? Een ding weet sy: haar pa en ma moet nie naby hom kom nie. Sanita se lyf trek saam soos sy gril van skaamte. ......."