Results 1 - 74 of 74
R 48,00 each

'n Emmertjie Manna - Roeline Snyders-Ruiter (eBoek PDF)

B6 101 Bladsye

Magriet is ’n plat op die aarde, goedgelowige vrou wat net haar man tevrede wil stel en haar Here wil dien.

Haar man is die teenoorgestelde. Weerbarstig, ongelowig en nie een wat maklik sy gevoelens wys nie. Willem vertel haar gedurig hoe dom en oningelig sy is en dat sy haar op haar plek moet hou.

Magriet was nog nooit verder as die grense van die klein Noord-Kaapse dorpie, Gladkop nie. Die weeklikse samekoms met haar Vrouediens groepie is die hoogtepunt van haar bestaan, want daar voel sy dat niemand neerkyk op haar eenvoud nie.

Dan kom haar kans om Gladkop se grense oor te steek. Willem laat haar gaan, maar is glad nie ingenome met sy vrou se planne nie. Die onrus oor Magriet bly saam met hom agter.

Op Magriet se reis gebeur daar dinge met haar wat sy nie voorsien het nie. Maar God se weë is nie ons weë nie, Hy gebruik mense en situasies om Sy mense terug na Hom te draai.

Willem het op die harde manier geleer dat God se Genade soos ’n emmertjie manna is. Manna uit die hemel. Net ’n emmertjie vol is genoeg vir een dag. Hy sê: Ek sal julle weer môre gee…

R 48,00 each

Storms van liefde - Amanda Pio (eBoek PDF)

B6

Elsabé en Marnus se verhouding begin toe hy haar saamnooi plaas toe.

Vanaf die begin word misverstande tussen hulle, hul grootste vyand. Sy raak lief vir hom, tog wil sy nie haar vryheid prysgee nie.

Hulle paaie skei totdat die noodlot hulle, deur omstandighede buite hul beheer, weer saamgooi op haar broer se plaas.

Kan 'n ongeluk, waar die sy die dood in die oë moet kyk en hulle liefde vir mekaar, hul weer herenig?

R 48,00 each

Dagbreek - Maruanda Wynne (eBoek PDF)

Bianca van Wyk, 'n joernalis wat tans werk as regsbibliotekaresse by een van die grootste regspraktyke in die stad. Sy verpes elke oomblik van haar werk. Advokaat Pieter van Reede van Oudsthoorn, neem haar bykans elke aand uit vir ete en oorlaai haar met duur handsakke en parfuum. Hy doen sy bes om die koppige Bianca te vorm in die beeld wat hy van ‘n vrou het wat by hom behoort te pas.

Na 'n impulsiewe werksaansoek aanvaar Bianca die geleentheid om as feeskoördineerder na die Karoodorp, Albertsrus te verhuis. Sy smag na die onopgesmuktheid en ooptes van die Karoo.

Sy en Stefaanskat bly in die tuinwoonstel van Stefan Marais. Die dorpenaars ontvang haar met agterdog wanneer sy met die fiets, wat Stefan gesê het sy mag gebruik, rondry.

Liefde was nie haar motivering om Karoo toe te trek nie, maar een ontmoeting met Stefan en die koeël is deur die kerk, vir Bianca en Stefaanskat.

Voel Stefan ook so, en hoe hanteer hy Pieter se ongenooide besoek?

R 107,40 each

Nog ’n Kans op 'n nuwe begin - Ria Richards (eBoek PDF)

Na twee mislukte huwelike en ’n dogter wat haar verag, het die drie en vyftigjarige Esta Coulson nooit kon droom dat die dag wat sy in die Kaap land, haar hele lewe sou verander nie.

Terwyl Esta by haar niggie kuier, ontmoet sy Lance Damian. Die Spanjaard slaan haar voete onder haar uit die oomblik wat sy in sy donker oë kyk. Hy laat haar vir die eerste keer in haar lewe soos ’n ware vrou voel. Maar... Sy keer vir die vale om haarself intoom te hou in die man se teenwoordigheid, sy dra te veel bagasie met haar saam om ’n man weer naby haar toe te laat.

Iets gebeur dan wat haar vrymaak van die las en veragting wat sy al die jare soos ’n vernietigende kankergewas met haar saamgedra het. Dit laat haar besef sy het nog ’n kans gekry in die lewe. ’n Kans op ’n nuwe begin.

R 48,00 each

Duineprinses - Franciska Mouton (eBoek PDF)

’n Diep seerkry het gemaak dat Jacques Louw alles op Rietput net so agterlaat en vyf jaar in die Sahara woestyn nesskop. Die Sahara is groot en ongenaakbaar. Net die dapperste onder die dapperes oorleef daar. Tussen die duine en woestynmense, vind hy heling vir sy gefolterde siel. Verlange, en die veiligheid van sy geliefde Arabiese hings, dryf hom egter terug na sy geboortegrond in Suid-Afrika.
Terug op Rietput word Jacques geteister deur drome oor die Sahara. Dit vat hom na die Oase van Shakira waar ’n meisie met koringblonde hare en lippe wat granaatrooi glinster agter ’n liggroen sluier sy kop en hart deurmekaarkrap.

Hy skrik een oggend wakker met die reuk van wierook en eksotiese parfuum in sy neus. ’n Stringetjie silwer klokkies lê op die mat en ’n stukkie groen materiaal onder sy bed. Is sy prinses van die duine ’n droom, of werklikheid?

Drie jaar later word sy ma ontvoer. Die losprys; sy pikswart hings. Dit dwing hom terug op die spore wat hy geloop het in die Sahara; waar die een na die ander verassing op hom wag, én die leser se tone laat krul van die lekkerte.

R 48,00 each

Die gemaskerde man - Marsofine Krynauw (eBoek PDF)

B6 102 Bladsye

Amber se ouers, navorsers uit Namibië wat spesialiseer in vreemde insekte, sterf albei in die rëenwoude van Amerika as gevolg van ‘n gif wat een van die insekte afskei wat nie bekend was aan hulle nie. Sy word deur haar oppasser Idira, ‘n indiaanse vrou van die Awa-stam, geneem en grootgemaak soos haar eie dogter.

Amber ontluik in ‘n pragtige jongvrou. Idira se seuns, Jabu en Muka merk dat sy heel anders as die ander Awa-stam jongmeisies lyk en begin wonder.

Terwyl Amber saam met haar vriendinne in die woud bessies versamel, verras ‘n gemaskerde man haar en bied aan om haar te help. So ‘n mooi jongvrou het hy nog nooit gesien nie, hy raak verlief op haar.

Wie is die gemaskerde man en hoe sal hy by die stam met hul streng wette en haar moeder verbykom? Sal haar broers hom toelaat om die vrou wat hul albei heimlik lief het, weg te neem?

R 111,00 each

Omnibus 5 - Sonja Brown, Bets Koen, Elizabeth Jordaan (3 Novelle Bundel) (eBoek PDF)

"Boeke is die nalatenskap van 'n groot gees aan die mensheid, wat van geslag tot geslag oorgelewer word as geskenke aan die ongeborenes."
~ Joseph Addison

Kom deel in die verhale van Baron Bart, Tulpe vir Talina en Familiegrond. Beleef ‘n nalatenskap wat die skrywers aan die lesers gee.

(Die wenverhale in ons skryfkompetisie)

R 90,00 each

Baba Herman - Bell Ridgard (eBoek PDF)

Ons seun, Herman, is aan ons geleen vir ’n baie kort tydjie. My baba is oorlede twee dae voor hy drie maande oud sou word. Baba Herman het ons lewe verryk en met sy afsterwe is ons lewens uitmekaargeruk. Ek kon my baba se afsterwe nie aanvaar nie en het dit moeilik gevind om hom te laat gaan. Maar vandag kan ek met blydskap sê dat ek berusting daarin gevind het.

My woorde aan elke mamma en pappa wat ’n kind aan die dood moes afstaan: Julle moet nooit ophou bid en glo nie. Jesus sal julle elke sekonde van die dag deurdra. Jesus het my van dag een af deurgedra en dra my nog steeds. Onthou… Jesus is in beheer en hy weet van beter.

Ek glo dat wie ook al hierdie boek mag lees, sal sien waardeur ek as mamma is met baba Herman. My baba is nou in Jesus se arms. Gelukkig en sonder enige pyn. Ek glo dat julle ook vrede en berusting in julle harte sal kry
Ek hoop julle vind baat by hierdie verhaal van baba Herman.

R 84,00 each

Veldkornet wat sê jy - Johan Heyns (eBoek PDF)

Die Unieregering het in 1920 drie militêre eerbewyse ingestel het uit erkentlikheid aan diegene wat tydens die Anglo-Boereoorlog aan Boerekant geveg het. Die Dekoratie voor Trouwe Dienst vir offisiere, die Anglo-Boereoorlog medalje, asook die Lint voor Wonden. Verskeie bekende Boereleiers het van hierdie toekennings ontvang. Genls Smuts, Botha en de la Rey, alhoewel Botha en de la Rey reeds oorlede was.

Aan Generaal CR De Wet-Bevelvoerder van die Vrystaatse magte; Generaal CF Beyers- voorsitter tydens die Vredes samesprekings in Vereeniging; Generaal JBM Hertzog- onder leier van die Vrystaatse magte, is geen militêre eer bewyse vir die Anglo-Boereoorlog toegeken nie. Hierdie is ‘n eerbewys aan hulle en ander; met woorde om hulle te bedank vir hulle diens aan ons volk.

Die vryheids-ideaal en onafhanklikheid van, word treffend deur die woorde van die Vrystaatse volkslied verwoord:

Sing burgers, die lied van vryheid
En sing van ons eie volksbestaan
van vreemde oorheersing vry
Ons klein gemeenskap
is op orde, wet en reg gevestig
Ons het ’n plek tussen die state
Ons het ’n plek tussen die state

R 65,40 each

In ‘n tyd soos nou - Kobus Windvogel (eBoek PDF)

Ons leef in ‘n tyd waarin die kerk vasgevang is in selfsug, selfverheerliking asook ‘n tyd van wetteloosheid en godsdienstigheid. Dit is die tyd van die laaste dae waarin ons tans leef en waar kinders teen hul ouers opstaan, ‘n tyd waar godsdienstigheid meer belangriker is as ‘n verhouding met die Here.

R 79,20 each

Die liefde oorwin alles - Pieter Schuurman (eBoek PDF)

Die liefde oorwin alles is ’n kortverhaal- bundel propvol lekkerlees stories.
Marna verloor haar sig in ’n ongeluk en die enigste hoe sy haar sig kan herwin, is deur oorplantings van die korneas, maar die kanse is skraal dat sy ’n geskikte skenker sal kry. As liefde aan jou hart kom klop, sal jy werklik alles doen, selfs jou oë gee sodat jou geliefde weer kan sien?

Dit is Vrydag. Jan Wil sy kop gaan skoonmaak by die viswaters na ’n gewelddadige verhouding. Hy het ’n paar weke gelede besluit om eerder alleen te wees as om deur kolkende emosies vernietig te word.
Floors word in ’n vreemde bed wakker en besef hy is gestrand nadat hy ’n slagoffer van ’n roof was en al wat hy wil doen, is om by sy geliefde Karina uit te kom.

So het elkeen van die 19 verhale hul eie unieke karakters wat hulle soms in ongemaklike situasies bevind en beleef die leser elkeen se lief en leed.

R 140,00 each

Een daglewe - Deon Bosman (eBoek PDF)

Deon Bosman verbind woorde met menslike ervarings. Sy verbeeldingryke skryfwerk gevul met evokatiewe beelde, skilder 'n helder prentjie vir die leser. Hy sny sy lewe oop van sy betekenisvolle ervarings. Sy insig, skryfstyl en uitlokkende denke gee die leser „n kykie na sy gedagtewêreld. Ek beveel die boek baie sterk aan: dit is verrassend en die realiteit, sonder wegsteek agter mooi woorde.

Prof AJ Smit

R 120,00 each

Black waters - Sharon Brummer (eBook PDF)

Mitch Adam ; Special FBI Agent finds himself hunting an illegal match fixing ring. Undercover he joins a boating club in Lower Manhattan where he can form a relationship with the President of the Rowing club. Mr President and his merry men are involved in the illegality of match fixing, and money laundering with soccer referees, and gambling agents alike. In Icy waters and swirling mist Mitch realizes a motorboat is heading straight for him in his rowing scull. Bullets force him to seek refuge in the black waters.

Finally, he reaches the bank and the safety of Maddie – a female rower – who has just witnessed the entire episode. Together they manage to escape and a bond is formed between them. Maddie has her own problems though. Her ex-boyfriend has been stalking her, trying to control her, however she has stood her ground but her defences are up. Can Mitch break through these defences whilst dealing with such an intricate dangerous case? The world cup soccer is in 12 months’ time and it is up to Mitch to arrest the allusive master minds in the Match fixing ring.

Who blew his cover? Is it someone Maddie knew, or could she personally be involved? Mitch is torn between his love for Maddie and his loyalty to the FBI.

R 50,00 each

'n Kruispaasfees - Paasfees in my hart - Malherbe Uitgewers (eBoek PDF)

Paasfees is loshande die grootste christelike feesviering van elke jaar.  Kersfees tel nie vir my as groot nie, want hoewel ons die geboorte van ons Heiland herdenk op kersfees, is daar veels te veel heidense gebruike wat deur die kinders van God aangeneem is...  Vet ou mans in rooi sweetpakke wat geskenke bring net as jy soet is...  Bome met blink goetertjies aan en sneeukarretjies wat deur bokke deur die lug getrek word, het vir my niks met die Heiligdom van God die Vader tedoen nie, en ook nie met die onverbeterlike geskenk van Sy seun Jesus, in die liggaampie van 'n baba nie...  Maar dit daar gelaat. 

Het iemand al ooit jou lewe gered?

As jy ooit deur 'n ander persoon uit 'n doodsituasie gered is, en 'n kans gegee is op 'n nuwe begin, dan reken ek daai dag is een om elke jaar van jou lewe te herdenk.

Moses en Aaron was moedeloos en slightly ticked-off...  Die Farao was tot dusver so moeilik as moontlik, en Moses kon sweer elke nuwe grys haar op sy kop het Ramasees se voorletters opgehad.  Die memo het soos vuur onder die Israeliete versprei en ook maar goed so, want die eerste Friday the 13th sou in volle glorie in Egipteland gebeur daai nag! Aaron het die sweet van sy voorkop afgevee met sy priestersgewaad se mou.  Die bloed van die perfekte lammetjie het gestol aan die deurkosyn in die vorm van 'n kruis.....

R 48,00 each

Sending: Woestynwolf - Franciska Mouton (eBoek PDF)

SENDING WOESTYNWOLF speel af in die verre Noorde van Afrika.
Inwoners van klein dorpies word aangeval en verwoesting word gesaai deur ’n groep bende wat bekendstaan as die Woestynwolwe. Een van die mediese tente word gebombardeer; twee dokters en ’n verpleegsuster wat diens verrig as: Dokters Sonder Grense, word ontvoer.

Die Weermag stuur ’n span van die Spesiale Magte om die bende vas te trek en die genadelose plundering van besittings en lewens te beëindig. Kaptein Gustav Minnaar en sy manskappe bevind hulle binne-in ’n nes van dwelm- en mensehandel.

Gaan kaptein Minnaar en sy span daarin slaag om die bende vas te trek en die persoon wat agter hierdie gruweldade sit, ontmasker? Gaan hulle die ontvoerde dokters opspoor? Gaan almal lewend uit hierdie verbete stryd tree?

Binne die omslag van SENDING: WOESTYNWOLF lê al die antwoorde. Die verhaal is gelaai met spanning en baie aksie, asook ’n tikkie humor en ’n ou liefde wat, ten spyte van die stryd teen gewetenlose plunderaars, dalk weer kan opvlam.

Maak jou maar klaar vir ’n paar asem-ophou-oomblikke...

R 48,00 each

Die Perfekte Trofee - Ina Cantoni (eBoek PDF)

DIE PERFEKTE TROFEE, hou die leser vanaf die eerste bladsy op die punte van hulle stoele.

Speursersant Wilburt Winterbach sit met ’n reeksmoordenaar ophande. Daar is reeds vier lyke, waarvan die borste en ooglede verwyder is. Die enigste leidrade sovêr; is vier lipstiffiedoppies – almal van dieselfde handelsnaam – en die notas wat die moordenaar elke keer aan Wilburt persoonlik stuur, so asof daar met die speursersant siek speletjies gespeel word.

Wilburt kry waardevolle inligting. Die moordenaar word vasgetrek en gearresteer, maar terwyl Wilburt die meisie van sy hart vra om te trou, kry hy nog ’n nota van die moordenaar wat lees: Geniet jou verposing, Winterbach. Ek is nie in die tronk nie. Word wakker. Terloops, sy is baie mooi!

Die nota maak hom bekommerd, dit klink na ’n duidelike waarskuwing. Is sý Sonnet op die moordenaar se moordlys, dalk sy volgende slagoffer? Hoe de ongeluk het dit gebeur dat die verkeerde verdagte gearresteer is?!

Gaan die moordenaar betyds ontmasker word, of eindig speursersant Winterbach se lewe in ’n tragedie?

 

R 59,00 each

Modderpoort se Geheime - Steven Ahumada (eBoek PDF)

Tienerspeurfiksie

Die dag het uiteindelik aangebreek! Ant Mossie, soos almal haar op Modderpoort ken, gaan haar winkeltjie Kom Loer Bietjie In oopmaak. Daar is ‘n groot behoefte aan ‘n winkeltjie wat van groceries tot lekkernye verkoop. En al kom daar net so een maal ‘n jaar ‘n kar verby, soos die inwoners spot, sal sy ‘n plekkie hê om haar varsgebak aan almal in die dorpie te kan verkoop. Modderpoort is omtrent tussen êrens en nêrens geleë. ‘n klein spikkeltjie op die kaart, êrens tussen Clocolan en Ladybrand in die Vrystaat..........

ISBN 978-0-9947012-6-8

R 48,00 each

Tweede kans - Sonja Brown (EBoek PDF)

B6 121 Bladsye

Nika slaan die klein kardeur ekstra hard toe.
“Jy kan gaan vlieg, Helgard Guttenberg! Sonder vlerke!”
Sy begin vies aanstap, maar die los klippies op die sypaadjie is genadeloos met haar fyn hakkies en haar enkels swik gevaarlik.
“Wat het my besiel?” mompel sy.
Helgard ry ‘n entjie vorentoe.
“Komaan, Poppie! Ek weet hierdie is ons eerste afspraak, maar jy het sekerlik nie in ‘n klooster groot geword nie. Jy kan maar stry, maar ek weet dat jy reg is vir ‘n bietjie sports. Jy is soos ‘n ryp perske, reg om gepluk te word.” Hy kyk agtertoe. “Klim tog net in. Netnou ry iemand wat my ken by ons verby,” pleit hy. “Asseblief!”
Nika skud haar kop. Hy het haar vir maande lank probeer uitneem vir ete, en sy is bitter spyt dat sy tot dié afspraak ingestem het. Sy besef nou eers werklik hoe oppervlakkig Helgard is. ‘n Ware heer sou bekommerd gewees het oor haar skoene, of die feit dat dit donker is en dat sy wil huis toe loop. Vir Helgard bestaan net hyself.....

R 48,00 each

Lolla se storie - Roeline Snyders-Ruiter (eBoek PDF)

Lolla Morton het groot geword op die bende geteisterde Kaapse Vlakte. Haar ouers is tik-verslaafdes, maar Lolla het al vroeg besef dat sy beter van die lewe wil hê. Haar geleentheid kom dan ook, maar saam met haar nuwe lewe moet sy baie dinge opoffer. Sy word vervreemd van haar ouers, want hulle pas nie in haar nuwe lewe in nie.

Dat die lewe nie regverdig is nie, besef sy gou wanneer sy uitgewerp, verstoot en mishandel word. Sy beland in ‘n Noord-Kaapse dorpie, alleen, honger en met geen heenkome nie. Vrees verander later in haat wat haar hele wese inneem.

Maar dan gebeur iets wat haar dwing om terug te gaan na die plek van seerkry. Met ’n hart vol haat het sy gegaan, maar sy het nie God se planne met haar in berekening gebring nie.

Vorige publikasies deur Roeline: Optelgoed is hougoed (Kortverhale bundel)

R 48,00 each

Karla - Annelize Combrink (eBoek PDF)

B6 132 Bladsye

“Mamma! Mamma!” gil Karla op haar hardste. “Juan wil nie my pop gee nie! Jy is gemeen Juan. Ek hoop jou kop ontplof, jy dink in elk geval te veel van jouself.”
Juan lag, dis vir hom prettig as daardie groen ogies so blits. Hy beter haar pop gee, voor háár kop gaan ontplof. Hy hoor Karla se ma in die gang afkom, gooi die pop neer en maak dat hy wegkom, maar eers steek hy vir haar tong uit.
“Aaarggghh, Mamma!”
Maar dis te laat, hy is lankal weg.
“Wat skree jy so, Karla?” vra haar ma. Sy ken natuurlik die antwoord, net een mannetjie kan haar dogter so ontstel, dis Juan Willemse, die voorman Johan se seun. Hy terg haar graag.
“Dis Juan, Mamma!” Sy huil nou van frustrasie. “Hy wil nie my pop gee nie.”

R 80,00 each

Dowwe Spore - Ina Cantoni (eBoek PDF)

A5 163 Bladsye

Hanna is ’n enkel mamma met twee kleuters en swanger. Sy trou met ’n boorman. Vyftien jaar van rondswerf en swaarkry wag op haar.

Sy kyk terug op ’n lewenspad waar haar spore dof is en soms heeltemal verdwyn. Nes sy dink haar swaarkrytyd is verby, slaan die noodlot weer toe.

Hoeveel pyn kan een mens dan verduur sonder om te knak?

Ons eie lewens is soms vol Hanna’s, maar uit Hanna se verhaal leer ons om te bly hoop. Die spore wat ons trap is nie altyd hoe ons dit beplan nie. Soms laat ons dowwe spore agter totdat die lewe eendag vir ons die duidelike spore aandui.

R 48,00 each

Adderjan - Sonja Brown (eBoek PDF)

B6 127 Bladsye

Jy kan jou regmaak vir 'n uit-die-maag-lag-leesgenot

“Ek sê vir jou, Sandratjie, as daardie Adderjan Beukes weer sy groot pote op my plaas se grond sit, gaan ek Dirkie uithaal!”
Sandra Vermeulen sug raadop. As haar pa eers in só ‘n bui is, is daar geen salf aan te smeer nie.
“Pa, as die ouderling pa hoor, skop hulle pa uit die kerk uit! Buitendien, Adriaan is ‘n gesien man in die Oos Kaap. Die polisie sal dit deeglik ondersoek.” Sy lag senuweeagtig. “En hoe weet pa dat Dirkie nog kan skiet? Sê nou die koeëls ontplof in pa se gesig?” Dirkie is ‘n horing- oue .303 wat lyk of dit uit die Bybelse tyd dateer....

R 102,00 each

Hartlap, Die Storie - Maruanda Wynne (eBoek PDF)

A5 220 Bladsye

Vier vriendinne, vier lewens, vergifnis, aanvaarding, opstaan en weer probeer.

Annemarie, Christelle, Susan en Renate is boesemvriendinne. Hartlap – Die Storie is ‘n lewensroman waarin Annemarie en Renate se lewens uitgelig word en die ander twee ‘n ondersteunende rol speel. Annemarie word verbaal deur haar man mishandel en nadat sy uitvind oor sy affair neem hy die mishandeling verder. Renate stoei met die aborsie wat sy as skooldogter moes hê en sy besef dat sy haar man en haar skoolliefde daarvan moet vertel. Dis ‘n storie met baie lag en huil, vergifnis en oorbegin. ‘n Alledaagse storie oor alledaagse mense.

R 69,00 each

Veg vir die liefde - Annelize Combrinck (eBoek PDF)

Annelize het nog altyd ‘n passie vir skryf. Sy is gebore in Vereeniging en bly op ‘n plot saam meeste van haar familie in aparte huise. Sy is mamma van 3 en gelukkig getroud met die beste man in die wêreld. Sy is ‘n tuis-mamma en geniet elke oomblik daarvan. Sy is ontsettend lief vir die Here en Sy dinge, sonder Hom sou die nie moontlik gewees het nie.

"Hy het in haar vasgeloop toe sy van 'n pasient af kom. Albei verdiep in hul eie besige werelde, en het mekaar amper onderstebo geloop. Sy het gestruikel en die gordyn probeer gryp, maar net sy hand beetgekry. Hy het haar teen hom vas geruk sodat sy nie moet val nie. Hy het haar kom groet en haar hand . rukkie langer vasgehou as wat nodig is na hy sy rondtes voltooi het....."

R 82,00 each

Uitgekies vir my - Amanda Pio (eBoek PDF)

123 Bladsye - A5

Marga was 'n bekende skryfster. Dominee Hardus van der Westhuizen herken haar as sy vrou waarop hy al so lank wag. Sy vertel hom sommer van die begin af dat sy nie belangstel nie. Vir niks te wereld raak sy 'n pastorie moeder nie. Sy wat nie eers aan God glo nie. Hy wat toe gelaat het dat haar geliefde dood geskiet word. Hy het geduldig vir haar gewag om oor haar hartseer te kom. En was hy nie geduldig nie! Hy kry haar lief en dwing haar om met hom te trou teen haar wil. Dan kry sy hom teen haar sin lief. En baie stadig stelselmatig breuk hy die muur om haar af. Laat haar insien. Dat God goed is. Dat dit wonderlik is om hom te dien!

R 66,00 each

Anderkant die spoorlyn - Joey Haywood (eBoek PDF)

Sag hou Gert Brink sy vrou se hand vas. Trane stroom oor die groot man se wange. ‘Lief, asseblief, moenie my alleen los nie! Ek kan nie sonder jou nie,’ snik die groot man die woorde uit.

My Man, dis…’ Christa Brink sukkel om te praat.

Sjuut, nie nou praat nie, my Skat,’ maak Gert sy vrou stil.

Nee,’ begin Christa hortend praat. ‘Ek moet. Jy moet belowe…’

Gert leun vorentoe om sy vrou se fluisterstem te kan hoor. ‘Enigiets, my Lief, enigiets.’

Noem ons seun Johan Petrus. Kyk mooi…’ Verder kom Christa Brink nie. Sag blaas sy haar laaste asem uit....

R 108,00 each

Gesnap - Henk Wester (eBoek PDF)

Speurder superintendent Braam van der Merwe word in die vroeë oggendure wakker gebel en ontbied na ’n moordtoneel in Hillbrow. Die lyk behoort aan dié van ’n jong, pragtige dame. Dit lyk asof die moord uit woede en haat gepleeg is. Wat net soos nog ’n moordsyfer binne die Suid-Afrikaanse geweldsmisdaad-konteks lyk, verander binnekort in iets baie meer kompleks soos wat die lyke begin ophoop; die werk van ’n reeksmoordenaar wat homself “Die Reiniger” noem. ’n Waansinnige wie se moordtog jare teruggaan. Braam en sy span ondersoekers bevind hulself in die web van ’n meesterbrein-maniak wat altyd een stap voor is. Hoe meer klippe omgekeer word, hoe meer raaisels duik op. Gaan Die Reiniger gestop word? En is Braam, met sy donker verlede, self psigologies opgewasse vir die pad wat voorlê?

R 64,00 each

Moordenaar van my siel - Joey Haywood (eBoek PDF)

Santie Viljoen lê opgekrul op die papierdun matras. Sy bibber van die koue. Al wat beweeg, is haar oë. Sy sien hoe die ander vrouens, van elke kleur en geur, rondskarrel om die enigste toilet en wasbak wat daar is, te gebruik. Skielik voel sy ‘n warm hand op haar been. Sy ruk van die skrik en kyk op. Dis ‘n swart bewaarder.

‘Kom, hulle soek jou daar bo,’ sê sy. Wat sal die toekoms vir Santie inhou?
Sal sy uit die tronksel kan kom?

R 91,00 each

Ek Onthou: Boek 1 - Andri Nieuwoudt (eBoek PDF)

A5 232 Bladsye (Boek 1 in 'n reeks van 3)

Die wisselwerking tussen wat jy dink jy bereik het en dit wat jy eintlik maar is, word alleen beheer deurdat jy kan terugstaan van die hier en nou en eintlik maar staatmaak op waar jy vandaan kom.

Hierdie lewenslynboek is in ‘n sin ‘n ode aan my gesin en hul gesinne deurdat ek bevoorreg is om hierdie lewe te kon lei: alles eintlik maar genade. Dis ook ‘n herdenking aan die wat deur my handelinge, medies of andersins, benadeel is. Miskien het ek tog iemand kon positief beïnvloed deur sekere van die dade ook.

Wat begin het in die stofstrate van Alexanderbaai, ‘n klein myndorpie aan die weskus van Suid Afrika, wat orals drade wat as lewenservaring beskou kan word, opgetel het in Suid Afrika en later in die res van die wêreld, sal hier weergegee word.

Dis egter maar nie veel anders as jou eie verhaal nie. Dis miskien nie ‘n besondere lewe nie, maar dit is myne en kon joune ook gewees het: dit is wat dit groot maak.

Ek nooi u uit om die pad saam met my te loop wat ek geloop het: ek belowe jou ek sal jou nie verveel nie, want ek was anders, en die andersgeit is my normaal.

 

R 69,00 each

Ek Onthou: Boek 2 - Ervarings herinnerings - Andri Nieuwoudt (eBoek PDF)

A5 144 Bladsye (Boek 2 van 3)

Hierdie lewensreis word voortgesit: gebore in Alexanderbaai, maar-soos dit maar gaan as jy klein is word jy saamgeneem- waarheen het jy geen seggenskap nie en nog minder beheer oor- het. In Upington beland saam met ‘n gesin wat alreeds groot was. Dit was ‘n soort van ontsnappings
poging deur my pa. Met die koms van my verstand en bewus wording van my omgewing het ek my in Upington bevind. Blykbaar was ek in ‘n kar gelaai en weggeneem uit my geboorte omgewing.

Soos die ligte van bewuswording in my brein aangekom het, en geleidelik stukkie vir stukkie soos dit met die terugdink na vore kom, is daar aanvanklik los brokkies en later meer aaneenlopende stroke van tydslyns gewaarwordinge.

R 136,00 each

Ek Onthou: Boek 3 - Onthou om te onthou - Die reis duur voort - Andri Nieuwoudt (eBoek PDF)

A5 192 Bladsye (Boek 3 van 3)

Die reis wat begin het in die stofstrate van ‘n klein myndorpie op die Noordwes grens van Suid Afrika het gelei deur die opleidings eenhede van die Universiteit van Stellenbosch en eers ‘n jong geneesheer uitgespoeg en later na ‘n kort rondreis deur die platteland van Suid Afrika en Suidwes Afrika, ‘n ginekoloog. Die het sy heenkome in Somerset Wes bevind waar hy gesin gebou het, pogings aangewend het om te vestig as Ginekoloog in privaat praktyk, maar tog gedwonge gevoel
het om uit te beweeg in die groot onbekendheid van Nederland. Hierdie is ‘n omvang van hierdie laasgenoemde reis. Die voorbereiding as mens was in Namakwaland – die onderwerp van die eerste van die trilogie boeke, die tweede boek vul die voorbereiding as arts en ginekoloog aan.

Die reis is nog nie voltooi nie, en duur voort in hierdie derde deel tot en met die ingaan van pensioen.

 

R 109,00 each

Die groot vergeet - Chris van Heerden (eBoek PDF)

A5 - 214 Bladsye (Koffietyd stories van Toeka tot nou)

Die naam van die boek het my eerste getref. KOFFIETYD STORIES VAN TOEKA TOT NOU. 

Ek het uit die staanspoor geweet met so 'n naam, móét daar 'n storie wees, waaroor daar lekker oor 'n koppie koffie gepraat kan word. 
Die skrywer trek jou geleidelik in die onbekende wêreld van Die Vergeet siekte, (Alzheimer) in. Of beter bekend as Dementia. 
Die wel en weë van die pasiënt. Die familie en vriende se stryd om aanvaarding.

Die leser sal vind hoe verder jy met die boek vorder,... word jy heeltemal ingesuig, om dan verstom te staan oor die verrassende wending wat die storie neem.

Chris van Heerden het hom uitstekend van sy taak gekwyt om die leser 'n kykie te gee in die wêreld van die dimensie lyer. 

'n Wêreld so onbekend vir die gewone mens.

RESENSIE: DEUR FRANCISKA MOUTON
SKRYWER EN VRYSKUT JOERNALIS

R 72,00 each

Lang pad na vergifnis - Jessica Venter (eBoek PDF)

Sal Lisa en Jaques die lang pad na vergifnis kan stap en Jaques sy seun uiteindelik ontmoet?

Lees hierdie aangrypende verhaal van tienerliefde en die pad na vergifnis.

R 99,00 each

Kronkelpaaie van die lewe - Joey Haywood (eBoek PDF)

Sonja Jordaan staan op die boonste trappie van die stoep van haar nederige huisie in Rouxville, ‘n klein Vrystaatse dorpie. Hartseer kyk sy hoe Marius, haar man van ses jaar, die bakkie vol kampeertoerusting pak. Marius en hul vyfjarige seuntjie, Arno, gaan bietjie 'manne-naweek' hê. Die laaste vir hulle, want Sonja is hoogswanger met 'n tweeling. Sy kan nie saamgaan nie, want die paaie is baie rof by die rivier, so vyftig kilometer van Rouxville af, waarheen hulle gaan. Ou Anna, hul betroubare bediende, gaan vir die naweek inslaap om na Sonja te kyk.

'Marius, my Lief, ek is bang!' roep sy na haar besige man.

Verbaas los Marius als en stap vinnig na haar toe. 'My Vrou, dis onnodig. Als gaan reg wees. Dis pragtige weer, die bakkie is hersien, ons het genoeg kos en ons slaap in die bakkie. Al wat gaan kort, is jy, my Skat!' Hy neem haar in sy arms en hou haar styf vas......

R 48,00 each

Genees deur Liefde - Jessica Venter (eBoek PDF)

B6 139 Bladsye

Christine kry ‘n groot kontrak as argitek by ‘n hospitaal se aanbouings by die kankerafdeling. Sy is opgewonde oor die nuwe projek, want dit kan haar naam in die bedryf bevestig.

So leer ken sy vir Albert, een van die hartspesialiste by die einste hospitaal. Hoe meer tyd hulle saam spandeer, hoe harder val sy vir hom. Tot die noodlot haar tref en sy met leukemie gediagnoseer word.

Haar geloof wankel en sy sluit Albert uit, om sy gevoelens te spaar. Maar toe sy ‘n anonieme skenking vir beenmurg kry dit haar lewe red, besef sy dat haar geloof in haar Hemelse Vader se liefde haar deurgedra het.

Sy het egter nie rekening gehou met Albert se gevoelens vir haar nie en hy stap die pad saam met haar. Totdat Lukas, Albert se broer, ‘n vlieg in die salf word en hulle geluk in die weegskaal hang.

Is Christine en Albert liefde sterk genoeg om nie net leukemie te oorleef nie, maar ook die storms wat die lewe oor hulle gooi?

R 77,00 each

Fyn lyn tussen Liefde & Haat - Amanda Pio (eBoek PDF)

Marcel en Stefan se lewe begin toe hy haar die eerste keer in Graad 1 Sien. Hy kry haar lief met 'n seunshart, met 'n liefde wat met die jare groei tot 'n volwassenheid. Sy leer om hom te haat en te vrees.

Sy begin werk ver weg van haar ouerhuis en van Stefan af. Vir nege jaar ontwyk sy hom. Dan loop sy hom weer eendag raak. Sy raak halsoorkop verlief op hom. Hy begin dink dat alles nou reg is tussen hulle. Maan 'n misverstand ontstaan tussen hulle en sy vat weer die pad.

Na 'n lang tydperk verlang sy huistoe en kom dan terug. Met 'n skok moet sy hoor dat sy verkeerd was. Stefan wil haar nie weer terughê nie. Alhowel sy hom nog bitter liefhet. Kan Stefan se hart weer sag word vir haar? En kan hy haar vergewe? En die gemeente?

R 48,00 each

Draghoender debakels - Sonja Brown (eBoek PDF)

B6 136 Bladsye

Draghoender debakels is skreeusnaaks en jy kan jou regmaak vir 'n uit-die-maag-lag-leesgenot

Nou kyk, Sylvia was popmooi op haar dag. Spierwit tanne, grênd haarstyl, en ‘n lyfie wat enige pêreby by ‘n inrigting sou lat inboek het.
Ag, natuurlik het sy ‘n vurige persoonlikheid gehad ook, angel en al, maar hiervan wis ou Sakkie Draghoender niks tot die dag wat hy die strop om die nek gekry het, maar daarby sal ek later kom.
Nie net was sy pragtig nie, maar al wat ‘n mannetjie is, het drome gedroom van ‘n toekoms saam met haar. En hét hulle onder mekaar gewedywer! ‘n Mens kan maar sê lat daar ‘n moewiese kompetisie was onder mekaar, maar niemand het ooit die storie in die publiek aangeroer nie.....

R 62,00 each

Die vroue van Meerlaagte - Ria Richards (eBoek PDF)

Pre-Release!

Mariska vier haar 20ste verjaarsdag saam met vriende by ’n jolplek in die stad. Sy kom laatnag met ’n vreemde man by die huis aan wat met sy motorfiets geval het. Ansa help die vreemdeling om die sny in sy wang te ontsmet en verbind sy beseerde been.

Die geheimsinnige John en sy klein boerboel bly die nag op Meerlaagte oor. ’n Dag word ’n maand, ’n Maand word drie maande. Een oggend is John net weg. Die enigste teken dat hy op Meerlaagte gebly het, is ’n totsiens briefie en die pap bek boerboel wat hy agtergelaat het. En agt maande later, is Nadine gebore.

Die Van Sandwyk vroue ontmoet Schalk Odendaal in ’n komiese situasie een oggend in ’n restaurant. Ansa kan die man nie verdra nie, maar Mariska het ander planne met die aantreklike, blonde argitek. Sonder dat Ansa weet, nooi Mariska Schalk en sy vriende Meerlaagte toe vir die naweek.

Die hart wat die Ysprinses vir 28 jaar sorgvuldig bewaar het, verloor sy gedurende die naweek terwyl die jolige klomp dit op Meerlaagte geniet. Tog vertrou sy Schalk glad nie. Die een oomblik soen hy haar aan die brand, die volgende oomblik vra hy uit oor Mariska. Dis duidelik dat die man sy eie agenda het met die twee Van Sandwyk sussies.

R 48,00 each

Die Skildery - Ria Richards (eBoek PDF)

B6 109 Bladsye

Marna Maree werk tydelik as tikster in Weideman Regsdienste se kantoor in die plek van een van die dames wat dringend vir drie maande verlof moes neem. Haar eerste ontmoeting met Advokaat Hanno Weideman, haar uiters aantreklike baas en vrygesel, loop uit op ’n fiasko toe sy hom aansien vir die tegnikus wat die steeks drukker kom herstel.

Hulle toevallige ontmoetings daarna, verloop ook glad nie na wense nie. Veral toe sy haar vriendin en woonstelmaat, Tessa, uithelp met ’n funksie en Hanno haar in die luiderdpakkie uit ’n vernederende situasie moes red.

Om te skilder is haar passie. Sy aanvaar Hanno se aanbod om drie dieretonele te skilder vir sy kantore. Op pad na haar ouers se wildsplaas, die enigste plek waar sy haar kan uitleef in haar skilderkuns, oorverhit haar karretjie. Nadat sy amper omgery word deur ’n lummel in ’n bakkie wat sy probeer stop om haar te help, skakel sy ure later vir Hanno. Hy is nou haar laaste uitweg.

Toe sy haar kom kry, is hulle besig om te soen. Hanno laat dit klink asof die soenery niks is nie, eintlik ’n fout, maar dis nie hoe sý dit ervaar het nie. Vir haar was dit ’n hart-stop-oomblik. Of is sy maar net naïef?

R 85,00 each

Dans met die dood - Joey Haywood (eBoek PDF)

Dit klink of die dak van die Staatsteater in Pretoria lig soos die gehoor hande klap. Soos een man staan hulle op en klap hande. Hier en daar klink ‘n wolwefluit op.

Die rede vir die oorweldigende applous is Retha Visser, die pragtige klein ballerina. Sal dit die laaste aand wees vir Retha?

Lees hierdie hartroerende verhaal van hoe ‘n mens se lewe in een sekonde kan verander....

R 48,00 each

As die liefde seëvier - Heleen Malherbe eBoek PDF)

Heleen is in Pretoria gebore en daar groot geword. Sy het in 2000 begin skryf na haar seun se dood. In 2011 het sy ernstig begin skryf en drie digbundels gepubliseer. Van 2015 publiseer sy ander skrywers se werk.

"Vanoggend brand die helder son weer alles dood" praat Amanda met Paul, wat net sit, moedeloos met sy kop in sy hande.
"Wat ookal gebeur, my vrou, ek het hierdie stuk aarde baie lief", antwoord Paul.
"Die moordenaarskaroo is wreed, dor en naby die hel" praat Amanda hardop met haarself. Die timbre in haar stem roep haar hele wese tot stilstand……

R 70,00 each

Liefde vir my broer - Pieter Odendaal (eBoek PDF)

Die lewe maak soms onverwagte draaie wat jy nie kan voorsien nie. Adam se selfmoordpoging bring die liefde saam of dan nie? Lees hierdie spannende storie oor hoe liefde tog kan oorwin maar wees ook versigtig vir die kinkel in die kabel wat dalk die liefde kan verwoes.

R 108,00 each

lig jare - Deon Bosman (eBoek PDF)

Deon Bosman bring ‘n andersheid na die leser met sy bundel verhale: lig jare. Hierdie is nie sommer net ‘n gryp-en-lees-boek nie, nee, jy gaan jouself bederf met ‘n goeie wyn, skoene uitskop en ontspanne sit en elke woorde geniet wanneer jou lewe ‘n bietjie humor vra.
Die voorblad is uniek, Deon het homself en sy Beryl geteken en ook dra hy die bundel aan haar op,
vir beryl ………………. oorlat jy saam my is
Leon van Nierop skryf dan ook in sy resensie die volgende:

Die stories, in persoonlike waarnemingsvorm geskryf, is anders, dikwels uitdagend, meestal prikkelend en soms aweregs met ‘n klein bietjie moedswil wat dit uitgesproke en onhebbelik plesierig maak.

Die gedagtestroomtegniek en die informele skryfstyl maak dit oorspronklik, kwistig en nuut. Sinisme, ‘n soort nihilisme en op ander plekke weer ‘n meer hartlike, ook driftige styl gee aan die manuskrip ‘n onverskrokke en vreeslose aanslag.
Leon van Nierop

R 100,00 each

Rede om te glo - Johan van der Merwe (eBoek PDF)

Die skrywer neem die leser saam met hom op sy lewensreis. ʼn Ongelukkige kinderlewe, waar drankmisbruik en huismoles hooggety vier, het hom op ’n jong ouderdom reeds ingetrek in die donker wêreld van die dagga- en dwelm kultuur.

Deur ’n wonderwerk verskyn Jesus in sy lewe. Die vrede wat hy ondervind kon geen dwelm hom nog ooit gee nie en hy was werklik op ’n goeie plek, vir die eerste keer in sy lewe. Weereens het hy weggevlug van God, terug na die agterstrate van Kaapstad waar bendebedrywighede aan die orde van die dag was. Vasgevang in ’n dwelmhel tussen die Rokers en die Hippies van die laat sestigs en sewentigs.

Na talle botsings met die gereg, beland hy op die ou einde in apartheidsjare se Weermag rehabilitasiesentrum wat moontlik een van die ergstes ter wêreld is. Deurentyd was hy bewus van God se teenwoordigheid wat op verskeie maniere aan hom ge-openbaar word.

A5 247 bladsye

Na baie jare van dwelmverslawing en gewikkel in ’n stryd met homself, word die kettings verbreek. ʼn Moeder se gebede is verhoor. Johan word uit die duisternis van verwarring weggeruk. Hy is vry!

Hierdie is ʼn lewensreis wat die skrywer met die wêreld wil deel om mense bewus te maak van Jesus se wonderlike krag. God se Woord bring genesing en verlossing van enige verslawing en ’n REDE om te GLO.

R 142,80 each

Gulpflerrie en ander stories - Anna-Marie Koen (eBoek PDF)

Volwasse Leesstof

Anna-Marie Koen is in Worcester gebore; sy was die grootste deel van haar kinderlewe in Caledon woonagtig.
Daarna (vanaf St.8) was sy weer in Worcester.

Sy het in 2015 opgehou praktiseer as sielkundige na 25 jaar in ’n privaat praktyk. Sy het begin skryf aan haar debuutboek, “Gulpflerrie”. Dit is seks stories, gebaseer op ware fantasieë van professionele vroue.

Na onderhoude met professionele vroue gevoer is oor hulle seks fantasieë, kom sy tot die gevolgtrekking:

Die drie boustene van ’n suksesvolle verhouding is liefde, vertroue en kommunikasie. Gulpflerrie skep vir paartjies die geleentheid om spontaan oor hulle seksuele behoeftes te kommunikeer. Seks is ’n belangrike aspek van enige gesonde verhouding. Paartjies met ’n goeie sekslewe is gewoonlik gelukkiger en voel nader aan mekaar as ander paartjies. As vroue meer fantaseer oor seks en mans meer ingestel raak op hulle maats se seksuele bevrediging, sal almal meer liefde WIL maak.

In Gulpflerrie word ook lewenslesse aan die leser deurgegee, soos in “Thaise vakansieklimaks:” ‘Only when you are no longer afraid, you can begin to enjoy life” en Kahlil Gibran: “Wanneer die liefde roep, moet jy dit volg.”

R 77,00 each

Vir Ewig Joune - Amanda Pio (eBoek PDF)

A5 152 bladsye
Kyla kyk ondersoekend na Rian. Hoe kan sy vir hom sê dat sy optrede haar verwar? Sy is seker daar moet iets fout wees met haar brein. Haar mensekennis het haar nog nooit in die steek gelaat nie. Hoekom is dit asof Rian probeer voorgee wat hy nie is nie? Sy skud haar kop. Die Rian hier langs haar en die Rian van ʼn paar weke terug is definitief nie dieselfde mens nie. Die ou Rian was nie so besorg oor haar nie en daar is ʼn paar dingetjies aan hom wat verander het. Sy kyk met meer aandagtig na hom.

Ruan voel hoe sy hart swaar klop. Miskien is dit nou die tyd om haar te vertel, maar dis asof hy bang is. Bang om die veragting in haar oë te sien. Dinge het ook al klaar te vêr gevorder tussen hulle twee. Hy weet as sy die waarheid moet uitvind oor hom, sal sy hom nie maklik vergewe nie.

R 62,00 each

Geroeste skakels - Ina Cantoni (eBoek PDF)

A5 121 Bladsye
Dit raak stil. Asof woorde opgeraak het. Natuurlik kan woorde opraak! Alles wat gesê moet word, is mos nou klaar gesê? Of is daar nog iewers ’n versteekte woordeboek, een wat niemand nog ooit gesien het nie, nog woorde en sinne wat dalk regtig sin maak. Miskien as die stof nou wegwaai sal die blaaie kan oopblaai? Is daar dan ’n storie wat nog nie vertel is nie?

Met rukkende of is dit hortende asemstote soek Riana verward in haar deurmekaar wêreld na die boek. Sy knik haar kop stadig op en af asof sy die antwoord so pas gevind het.

“Riana? Is daar iets wat jy onthou? Probeer die woorde lees dan vertel jy my wat jy sien.”

Hierdie hartroerende verhaal vertel van die seer van ‘n ma deur haar dogter verwerp. Kan liefde weer gevind word na al die hartseer?

R 85,00 each

Dertien vir geluk - Wilmarí Jooste (eBoek PDF)

Die Blou Lantern is vanaand behoorlik gepak. Daar is gaste wat al die pad van Bethlehem en Clarens kom om na vanaand se vertoning kom kyk. 

Toe Cariana uiteindelik op die verhoog verskyn met die kollig op haar, is dit so stil dat ʼn mens ʼn speld kan hoor val. Sy het dieselfde blou kostuum aan as waarin Rudolf haar die heel eerste keer gesien het.
“Mamma! Klink die opgewonde stemmetjie van klein Ettienne waar hy op Rudolf se skoot sit. Hy is ʼn jaar en vyf maande en baie glad met die bekkie.
Die musiek begin polsend, meesleurend, en Cariana se slanke liggaam begin beweeg toe sy haarself optrek om in die een posisie na die ander optrek. Elkeen wat haar sien weet dat sy ʼn groot talent het vir paaldans.
Toe sy uiteindelik klaar is, kry sy ʼn staande ovasie wat sy met ʼn ligte buiging erken. Rudolf hou Ettienne uit na Pieter, wat langs hom sit. “Hou gou ʼn ogie asseblief?”
Pieter loer met ʼn vonkel in sy oë na Linda terwyl hulle na hulle oulike peetkind kyk. “Hoe lyk dit, kan ek so ʼn paal in ons kamer laat installeer?” fluister hy tergend.
“Baie oulike idee,” fluister sy terug. “Ek sal dol wees om jou dop te hou terwyl jy vir my dans.”
“Ja, slim, mevrou dominee. Die idee is dat ek jóú dophou.”
Linda loer skrams na hom. “Dit sal ʼn bietjie moeilik wees.”
“Hoekom?” vra Pieter fronsend......

R 74,00 each

Eva en haar Adam - Wilmarí Jooste (eBoek PDF)

A5 166 Bladsye

Sy sit op ʼn hoë kroegstoeltjie, voete ligweg gekruis om die hoë hakke ten beste te vertoon en bokant dit swart sykouse met patroontjies op om die aandag op haar welgevormde bene te trek. Die swart mini is nét lank genoeg om nie heeltemal onwelvoeglik te wees nie. Die bolyf sit knus genoeg om die ronding van haar borste ʼn bietjie te lig, maar geen juwele om die aandag daarvan af te lei nie.

Haar grimering is met ʼn swaar hand aangewend en onder die vals oogwimpers dartel die groen oë lewendig rond. Haar hare is pikgietswart en hang langs haar gesig verby tot onder haar skouers....

 

R 79,00 each

Vuurspel - Wilmarí Jooste (eBoek PDF)

A5 186 Bladsye

Identiese tweelingbroers, Ivan and Richter Wessels, se wêreld verander binne drie dae in totale chaos. Brandweerman Richter Wessels beland in die hospitaal nadat hy die multi-miljoenêr, Mia Reiniër uit haar brandende huis red. Advokaat Ivan Wessels loop hom keer op keer vas in verpleegster Bianca Brink.

Dit asof albei die broers liefde vind, maar Mia is nog steeds getroud met Conrad Fourie en Bianca dryf Ivan teen die mure uit.

Sal Bianca se verhouding hulle uiteenlopende persoonlikhede oorleef? Ivan, tipiese advokaat, probeer Bianca oordonder, tot so ʼn mate dat sy ʼn drastiese besluit neem. En wanneer Conrad Fourie uit aanhouding ontsnap, lyk dit asof tragedie vir beide Mia en Bianca tref. Gaan Bianca betyds wees om Ivan weer te sien, of gaan dit vir hulle albei te laat wees.

R 69,00 each

Bloedmaan - Hennie Malan (eBoek PDF)

Trudie kom na ’n gewone werksdag by haar woonstel. Elsa deel haar mee dat ’n man haar gesoek het. ‘n Ruk later is daar ’n klop aan die deur. Weerlig sweepslag by die woonstel terselfdertyd. Toe sy die deur oopmaak spring ‘n kort mannetjie die woonstel binne. Hy het nie rekening gehou met Trudie wat hom blitsig grond toe gebring het, tot Elsa se ontsteltenis want dis die man wat Trudie gesoek het.

Trudie is geskok toe sy hoor die man wat die woonstel binne gespring het ’n prokureur is wat haar tweede pa se sake behartig, van wie se bestaan sy nooit van geweet het nie. Verstom moes sy aanhoor dat sy die erfgenaam van ’n wildsplaas geleë aan die voete van die Soutpansberge.

Trudie se vriendin Rika sterf kort nadat ’n man 'n bos rose vir Trudie gestuur het. 

Op die wildsplaas ontmoet sy Vennessa haar suster wat haar vyandig behandel. Die eerste aand ontmoet sy Rudie wat haar voete dadelik onder haar uitgeslaan het. Daai eerste aand word daar ook 'n briefie met bloed op geskryf in Trudie se kamer gelos.

Trudie moet die handewerk aanskou van renosters wat geweteloos gestroop word. Tot waar haar eie lewe in gevaar kom...

R 70,00 each

As die Binnekamer praat - Nicolette Fouldien (eBoek PDF)

Uit die binnekamers van ons hart is stories wat baie van ons verborge wil hou. Dis die dinge wat met ons gebeur waaroor ons soms liewer nie wil praat nie, om die rede dat ander ons so maklik oordeel en so swaar ons foute en oortredinge vergewe. Dis hartsverhale wat ons liewers verborge wil hou in ons binnekamers.
Hier kry ons te doen met Maria wie se dorre skoot gevul word met Tienie, haar aanneemkind wat so mooi na haar omsien, maar teen watter prys? ‘n Huishulp wat in ‘n sinkhokkie woon en sukkel om vir haar kind te sorg word onverwags ‘n miljoener. Die Ouma met haar moeilike kleinseun wat die Here se naam so ydelik gebruik kry sy straf, en die Dokter wat troos soek by ‘n prostituut kry veel meer as wat hy voor gehoop het. Egbreek is sonde maar hoekom voel dit dan vir die onnugterde John so reg toe hy sy eersteliefde weer ontmoet? Is daar vergifnis vir twee tronkvöels wat opregte berou oor hul dade toon?........


ISBN 978-0-9946981-0-0

R 55,00 each

Woorde wat Waai - Marsofine Krynauw (Digbundel) (eBoek PDF)

A5 112 Bladsye 

Dit maal
dit draai
dit skoppelmaai
daar is niks om oor te raai
want daar is duisende sinsnedes
wat in my kop rond waai
dis gebeure en ervarings
die liefde en die haat
die vreugde en die kwaad
die blydskap en die seer
en nog vele, vele meer
ek kan dit nie daar laat
ek moet mos daaroor praat
maar eerder wil ek in stilte spreek
oor die dinge wat harte breek
die woorde is ‘n losgemaal
soos in opregte rugby taal
en net ek kan hul uit my kop haal
my pen dans die kotteljons
en ek skryf dat dit so gons
‘n digter - nee
o! wee
die titel kan ek myself nie gee.

R 130,00 each

Uiters Geheim en ander anekdotes - Kobus de Villiers (eBoek PDF)

B5 355 Bladsye

Elke seun wil op een of ander stadium ’n brandweerman, vlieënier, Springbok rugbyspeler of renjaer word. Baie selde word hierdie drome bewaarheid.
In die laat sestigs is Rusland en Amerika in die ruimtewedloop. In die Koue Oorlog word nuwe vliegtuie en ruimtetuie ontwikkel. ’n Kaalvoet seun in die Vrystaat volg alles in die nuus en wil vir NASA werk, maar wil ook ’n renjaer word. Sy kamermure is vol prente van renmotors, vliegtuie en ’n kaart van die maan met moontlike landingsplekke. Hy leef in sy verbeeldingswêreld en skets planne van vuurpylenjins en vliegtuigvlerke. Hy bou ’n vuurpylenjin wat werk met ’n trekker se kragparaffien. Hy leer ook dat Suid-Afrika se politiek dit amper onmoontlik maak om dié drome te kan beleef.

Hy gaan skool in Welkom, doen sy diensplig in 6 SAI en 2 SAI en studeer Ingenieurswese by Tukkies. Hy werk in Suid-Afrika se jong lugvaartindustrie en sy eindelose verbeelding skep ’n geleentheid om in die buiteland te gaan studeer en werk.

Dié boek is ’n versameling anekdotes van hierdie epiese reis vanaf die stowwerige gruispaaie van die Vrystaat tot die Autobahn na Stuttgart, die Golden State Freeway verby Caltech se Jet Propulsion Lab kampus. Hy woon en/of werk in verskeie lande. In Rusland werk sy span in Leonid Brezhnev se Dacha op die mees ongelooflike lugvaartsamewerkingsprojek. Iewers langs die pad ontmoet hy ’n beeldskone, slim Franse meisie. Projeksekerheid is oortuig sy werk vir die Franse geheime diens.

Dit is ’n lang en ongelooflike pad van Welkom in die Vrystaat tot by Einstein se kantoor …

Kobus de Villiers is in Bloemfontein gebore en het in Welkom skool- gegaan. Ná sy loopbaan is hy nou afgetree. Hy doen steeds konsultasiewerk en bou eksperimente in sy werkswinkel by die huis. Kobus woon saam met sy vrou op die weskus van Kanada. Hulle het ook ’n kuierplek in die suide van Frankryk.

R 82,00 each

Verbode Liefde - Yvonne Erasmus (eBoek PDF)

Verbode liefde is daar buite VIR ALMAL, al maak dit hoe seer...

Jo-Ann se lewe was nog nooit maklik gewees nie, sy was 'n weeskind van
geboorte af, en om groot te word in 'n weeshuis was nie almal se maat
nie, maar sy het n ongewone liefde gevind, in Nico die rofste van al die
seuns, maar soos dit noodlot sal tref, woord hulle geskei.

Maande later vind hulle mekaar weer, onder haglike omstandighede, en Jo-
Ann haat hom vir die werk wat hy doen, en jaag hom uit haar lewe, en word
gelos vir dood langs n rivierbedding, waar n jong dokter haar vind....

ISBN 978-0-9946981-9-3

R 133,00 each

Smet - Roelof Meyer (eBoek PDF)

'n Psigopaat se korrupte en sedelose lewe besmet die lewe van almal om hom tot hy sy hand oorspeel en kaptein Francois Roux op die toneel verskyn. Met doelgerigde speurwerk begin hy die donker lewe van die gewetenlose manipuleerder oopvlek en word hy ondersteun deur 'n toegewyde joernalis wat glo dat die krag van die media nooit onderskat moet word nie. Dit lei onder meer tot 'n deurbraak in die ondersoek na die dood van 'n beeldskone meisie wie se lyk op 'n ysige winteroggend in Bloemfontein se Loch Logan-meer gevind is.

Die soeke na geregtigheid kom egter nie sonder 'n prys nie en word 'n familie uitmekaar geskeur as dinge begin skeefloop. Die spannende intriges ontvou uiteindelik ten goede vir iemand wat altyd 'n stryd moes voer in die skadukant van die lewe. Die katnes van onheilighede laat 'n mens onwillekeurig wonder: Is die mensdom nie elke dag aan sulke besmetting uitgelewer nie?

R 106,00 each

Salvokop - Ina Cantoni (eBoek PDF)

189 Bladsye - A5

In die vroeë jare 60, was Salvokop 'n spoorweg dorpie. Meeste inwoners was arm spoorweg-werkers. Janetta word by haar pa groot, talent-volle pragtige rooikop. Mario 'n Italiaanse sanger besoek Suid Afrika, wanneer hy die mooi rooikop sien, verloor hy sy hart. Hulle planne loop skeef as Mario dringend moet teruggaan Italië toe.
Omstandighede en mis-verstande skei hulle paaie. 

Gaan Janetta met haar skoolliefde trou? 

En Minjonette...?

Soms neem die lewe sy eie loop..... 

’n Tere liefdesverhaal van drome en misverstand en sal die liefde weer oorwin?

R 61,00 each

Omnibus 1 - Skrywers: Sonja Brown, Franciska Mouton, Piet Saayman (eBoek PDF)

Liefde is beslis pienk
Geskryf deur: Sonja Brown

Liefde soos geel Magrietjies
Geskryf deur: Franciska Mouton

Die swart hings
Geskryf deur: Piet Saayman

“Brink Vermeulen... jou... jou... bliksem!” Elna tas blindelings na die handvatsel wat haar Nissan 1400 bakkie se deur moet oopmaak, maar uit woede gryp sy dit elke keer mis. Sy klap haar hand uit frustrasie teen die stuurwiel en reik na haar handsak onder die bestuur-sitplek. Die swart leersak word oop gepluk en sy haal haar selfoon uit.
“Brink se nommer...” brom sy.
Dit lui lank voordat iemand die oproep beantwoord. Die vrouestem op die lyn neem die wind skoon uit Elna se seile. Sy was gretig om vir Brink Vermeulen te sê presies wat sy van hom dink.

R 63,00 each

Omnibus 4 - Bosveld vrede - Potpourri Skrywers (3 Novelle Bundel) (eBoek PDF)

A5 124 Pages

Skadukant van die maan: Franciska Mouton

Walt kyk na Armand. Dié het sy pet laag oor sy oë getrek. Sy oë starend na die bos, sy geweer se loop rus liggies op sy voorarm. Sy gesig ’n harde uitdrukking, intens soos ’n tier wat enige oomblik kan aanval. Maar diep in sy wese, is Armand bang. Bang hy moet wéér die sneller trek. Hy skud sy kop, vee met sy hand oor sy oë.

*****
Bosveld se klassieke klanke: Taai Bonthuys

Dis al sterk skemer toe Isa stilhou. Sy maak net-net die naam uit wat in goue letters teen die muur pryk: Welkom by Khotso ea Bushveld. “Wel tjorrie, lyk my ons het ons bestemming uiteindelik bereik.”

Isa vryf haar oë. Die pad was lank en sy voel uitgeput. Sy ry tot by die hek en handig die nodig formaliteite af.

*****
Vrou vermis: Douwlina du Plessis

Die geel oë is skielik daar in die stil gesig van die reuse luiperd. Die dier staar na hom tussen die yl takke deur wat hulle skei. Hy het sy geweer teen ’n rosyntjiebos laat leun toe hy na die “vrou” gereik het. Sy hand voel na die geweer sonder dat hy die oogkontak verbreek.

R 76,00 each

Omnibus 2 Liefde is...- Skrywers:Jason Mada, Vasti Wolfe en Taai Bonthuys (eBoek PDF)

Liefde is wetenskaplik - Geskryf deur Jason Mada

Liefde is gevaarlik - Geskryf deur Vasti Wolfe

Fluisteringe van die hart - Geskryf deur Taai Bonthuys

"Zia haal die swart aandrok uit die hangkas, vryf sagkens oor die deurskynende plastiek omhulsel waarin dit is, en hang dit weer terug. “Een van die dae… Een van die dae gaan ek jou uit die sak haal en aantrek. En dan gaan die poppe dans…” glimlag sy sag. “Arno se skilletjies gaan van sy mooi blou oë af val en sy mond gaan oophang, en ék gaan my verlustig in elke liewe sekonde daarvan.”

Arno Viljoen staan met sy rug teen die onthaalsaal se muur. Dit is die wetenskaplike instituut waarvoor hy en honderde ander mense werk, se jaarlikse erkennings-aand.

Oral staan groepies mense, meeste met ’n drankie in die hand. Sy oë gly oor die vloer waar heelwat pare lywe wikkel en ’n glimlag vorm om sy mond. Hendrik kan steeds nie dans nie, dink hy. Sedert hy hom leer ken het op universiteit, het al wat vroumens was hom probeer leer om te dans. Nie een kon hond haaraf maak nie.

Dan sien hy haar......"

R 49,00 each

Komplimente van n Gypsie - Anzel Mans (eBoek PDF)

Die ketel het net begin sing toe alle elektroniese toestelle tot stilstand ruk en die huis stil raak. Selfs die duiwe wat met hul toontjies op die sinkdak krap-krap, skrik hul stil. “Ag nee! Nie so vroeg op ʼn Vrydagoggend nie, Eskom!” bekla Miemie haar lot oor die nuutste sarsie Loadshedding wat haar dorpie en haar huis so ontydig getref het. Sy skink haastig die halfgekookte ketelwater in haar beker. Die reuk van koffie bring net in ʼn halwe mate troos vir die kraglose ellende. Sy gaan sit met ʼn sug by die eetkamertafel en loer by die kombuisvenster uit na die gemotoriseerde hek, draai die beker om en om in haar yskoue vingers. Dis amper tyd vir Buks om huis toe te kom na sy vroegoggend selgroep by die Kerk. Sy self moet binnekort werk toe ry. En as die krag af is, gaan daardie hek ook nie met die afstandbeheerder oop nie....

R 67,00 each

Kierangspruit se sirkus - Boekehuis Skrywers (Kort verhaal bundel) (eBoek PDF)

’n Paar onvoorsiene dinge gebeur met Raphael Zirk se sirkus tydens hulle besoek op die klein dorpie: Kierangspruit.

’n Uittreksel uit een van die verhale:
Die mesgooier se vrou sterf
Deur Nicolette Fouldien

Hy lig die laaste dolk.

Die gehoor hou asem op. Jy kan ‘n speld hoor val. Hy glimlag vir Sally en gooi. Hy sluit moeg sy oë en wag vir die skare se gejuig.

Niks! Slegs ‘n geskokte stilte begroet hom.

Hy maak verward sy oë oop. Sally se kop hang slap vooroor. Bloed drup vanaf die hef in haar voorkop. . .

Skrywers:
Annelize Combrinck
Babsie Smit Jacobs
Corri Badenhorst
Elizabeth Jordaan
Hanlia Dippenaar
Ina Cantoni
Janet De Vaal
Jeanetta Swanepoel
Martha Poller
Moekie Mouton
Nicolette Fouldien
Pieter Odendaal
Rosalee Meyer
Sonja Brown
Taai Bonthuys
Trudie Potgieter
Trudie Potgieter
Verna Barnard

R 155,00 each

Filtervlinder - Elsabé Welman (eBoek PDF)

Naaswenner van Malherbe Uitgewers Roman kompetisie.

Filtervlinder… die titel lok my nader. Met groot afwagting lees ek die Proloog en ek wil meer lees.
‘n Verhaal van menslikheid waar ons nuwe insigte kry in die alledaagse ervaringswêreld. Dit sny verhoudings oop en vertel ons van hoop, geloof en deursettingsvermoë asook mislukking en teleurstelling.
Die keurige taalgebruik en ook die natuurlike skryfstyl van Elsabé het my telkens opgeval. Ek het die boek terdeë geniet en met die toemaak van die roman kon ek dit nie verhelp om 1 Korintiërs 13 vers 13 hardop te sê nie:
“Al wat altyd sal bly
Is geloof, hoop en liefde – hierdie drie.
Maar die grootste hiervan
Bly steeds die liefde.”

‘n Roman wat ek met die grootste liefde kan aanbeveel vir elke boekrak.

Prof JC Smit

"Dit is skemer. Haar knieë is opgetrek teen haar lyf. Die beddegoed opgefrommel om haar. Dis die eerste ordentlike ou wat hom nie skaam vir haar nie. Sanita Erasmus bedberaad met haarself. Sagte klapgeluide uit haar mond breek die stilte. Die kougom hou haar kake besig. Darius Berg hou haar gedagtes besig. Hy veroordeel nie. Sy sug en glimlag. Hy hou haar in die stroombaan. Sy met al haar wilde drange. Darius gee haar ʼn kyk in sy leefwêreld, een met baie minder gagga as haar eie geknersde koninkryk. Sal hy uithou met al haar letsels? Hoe gaan sy hom behou? Een ding weet sy: haar pa en ma moet nie naby hom kom nie. Sanita se lyf trek saam soos sy gril van skaamte. ......."

R 78,00 each

Eerste Liefde - Potpourri Lede (eBoek PDF)

Dit was 'n gesamentlike poging aan die skryf van ‘n kettinggedig asook ‘n kettingstorie waar die gedig in die storie ingeskryf is deur Die Digtershuis- en Die Boekehuis- lede.

Digters:

Anton Kilian, Hantie de Beer, Jenny de Kock, Heleen Malherbe, Jemona, Bonthuys Nel, Tilla Kleynhans, Ria Richads, Nicoleen Nagel, Linda van Niekerk, Caren Kearley, Pieter Schoeman, Marita Schoeman, Jiovanni van Vuuren, Gert Jakobs, Helena Mellet

Skrywers:

Ria Richards
Franciska Mouton
Annatjie Sandrock
Ina Cantoni
Ina Kleynhans
Jemona Bonthuys Nel
Sonja Brown
Janet de Vaal
Trudie Potgieter
Jessica Venter

 

R 88,00 each

In die grasie van jou wese - Potpourri Skrywers ter ondersteuning van CANSA (eBoek PDF)

Hierdie bundel kort stories en gedigte word opgedra aan elke kankerlyer. 50 eksemplare word geskenk aan CANSA om uit te deel of te verkoop. Malherbe Uitgewers onderneem ook om R50 aan CANSA te skenk vir elke bundel verkoop. Saam kan ons dalk ’n verskil maak in iemand se minder-goeie dag.

Hierdie bundel kortverhale en gedigte is saamgestel met die rede dat lees mens laat vergeet en ontsnap na ’n wêreld waar jy net jouself kan wees. Waar jy skaamteloos kan lag, hardop snik en dalk ook uitgil dat die lewe nie fair is nie.

Baie dankie aan elke skrywer en digter wat saamgestaan het om hierdie bundel moontlik te maak asook die borge wat die bundel moontlik gemaak het.

R 102,00 each

Droomvanger Franciska Mouton (eBoek PDF)

A5 167 Bladsye

Droomvanger, die eerste novelle in die bundel en dan ook heel gepas die titel van hierdie bundel met novelles en kortverhale, boei die leser vanaf die eerste paar reëls.

Jana erf ’n bankrotplaas nadat Paul, haar man, noodlottig verwond is deur inbrekers. Met twee kinders op laerskool en ’n bank wat soos aasvoëls sit en wag om die lening op te roep, lyk haar sake maar beroerd. Armand Aukamp vind berusting vir sy seer gemoed in die bosveld, Leah en haar vriendin oorleef ’n vliegongeluk en beland saam op ’n verlate eiland...

En so stap die leser saam met Franciska se kleurvolle karakters wat telkens in allerhande situasies beland.

Droomvanger is propvol spanning, knop-in-die-keel situasies, lekker lag oomblikke en natuurlik WARE LIEFDE wat alles oorwin.

R 69,00 each

Niemand- AnnMaree Barry (eBoek PDF)

AnnMaree is 'n sersant verbonde aan die Calitzdorp-polisiestasie. Niemand is nie 'n boek wat oor geweldsmisdade en die oplos van sake gaan soos daar verwag word van 'n polisiebeampte nie. Dit is 'n hygroman waarin sy kwessies soos gesinsgeweld, waarmee sy gereeld in haar beroep gekonfronteer word, aanraak~Liezl van Niekerk

"Sy word skielik bewus daarvan dat Michael besig is om te sukkel om uit die diep leunstoel op te staan.  Mimi gaan nader en help hom stadig aan beide sy arms op.  Dan vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde is hul gesigte so na aan mekaar dat Mimi sy naskeermiddel kan ruik.  Sy voel sy asem op haar vel.  Instinktief is haar fokus op die lippe voor haar, hy het so ‘n pragtige vol mond. 

Mimi kan haarself nie keer en leun vorentoe en soen Michael op die mond.  Sy besef vinnig dat hy nie weet wat om te doen nie, maar is so vasgevang in die oomblik dat sy nie beheer het nie, en hom weer soen.  Hierdie keer raak sy liggies met haar tong aan sy onderlip.  Daar kom ‘n ligte sug oor die jong lippe..."

R 50,00 each

Keur van verhale 3 - Seisoene - Kort verhaal bundel (eBoek PDF)

“Nee, Santa! Nie so nie, laat ek dit liewer self doen,” raas Marina du Plooy met haar dogter, terwyl sy „n rol van haar digte silwer hare in haar nek vou, steek sy „n laaste haarnaald op sy plek. “Ma, ek wil net help! Ma moet ontspan, alles is honderd persent reg! ” antwoord Santa en merk met goedkeuring die blink in haar ma se sagte oë. Ma en dogter kyk na mekaar met eenderse blou oë en Santa glip haar arms om die ouer vrou se skouers. “Toemaar, Ma, ek verstaan. Ek ken jou my hele lewe, alles gaan net reg wees want my ma is „n wenner.” Sy kyk hoe haar ma met „n effens bewerige hand haar grimering aanbring. Sy vee met die poeierkwas oor haar neus en „n mooi egalige strepie lipstiffie oor haar mond. Ten spyte van haar een-en-sewentig jaar is sy „n pragtige vrou. Sy is trots op haar besige ma. Niks kry haar onder nie. Sy het meer deursettingsvermoë as vrouens helfte haar ouderdom en haar vrolike geaardheid is onblusbaar. Marina het nog nooit aan haarself gedink as bejaard, of nog erger, oud nie. Al is haar bewegings.......

R 48,00 each

Keur van verhale 1 - 'n Vriend in nood - Kort verhaal bundel (eBoek PDF)

Kort stories geskryf deur lede van ons Boekehuis.

Wie is sy?
Dit is ‘n snikhete dag. Floors sit en knaag aan ‘n droë stuk brood en sluk dit swaar af met swart, bitter koffie. Dieper die park in, met sy rug teen ‘n boomstam, sit nog ‘n boemelaar, ‘n algemene bekende gesig in hierdie park. Sy oë hardloop vlugtig oor die grasperk en sy skerp blik merk ‘n persoon naby die bruggie by die dam. Sien hy reg? Hy knip sy oë en vee met sy hand oor sy gesig. "Is dit nou gedoriewaar ‘n vrou daardie? Hier tussen ons ruwe klomp mans?" Hy skud sy kop in ongeloof want dit is nou één ding wat nie hier hoort nie en dit is ‘n vrou. Hy merk met verbasing op dat sy in sy rigting kyk. Dan staan sy skynbaar swaar op en skuifel sy met haar kierie in sy rigting. ‘n Opgeskote seun keer haar voor, stop haar iets in die hand en sê iets vir haar. Met ‘n glimlag krap sy die seun se hare deurmekaar, skud sy hand en skuifel al nader in Floors se rigting.......

R 65,00 each

Jes - Ria Richards (eBoek PDF)

Jes Naude word weke lank getreiter deur ’n foonpes na die vrystelling van ʼn film waarin sy die hoofrol vertolk het. Die spanning is naderhand vir haar te veel en sy besluit om ʼn rukkie te gaan ontspan op haar erfplaas – Villa D’ Viljee.

Sy was egter baie lank laas op die plaas en het nooit rekening gehou met Theuns Anderson wat tans die plaas by haar huur nie. Met haar aankoms op die plaas, beland haar sportmotor in die mielielande en is sy aangewese op die huurder, om haar daar uit te kry.

Die man is duidelik glad nie beïndruk met haar ontydige besoek nie, maar bied tog aan dat sy die gerieflike plaashuis met hom kan deel. Vir die arrogante man sien Jes beslis nie kans nie.

Sy volg die tweespoorpaadjie na die ou grasdakhuisie by die rivier, waar sy gekonfronteer word met ou herinneringe en spoke uit haar verlede. Toe verskyn die fraaie Hermien Wiese van die buurplaas op die toneel en krap Jes se lewe nog verder deurmekaar, net toe sy dink sy begin nogal van Theuns hou.

R 48,00 each

Barones van Berkersee - Die Boekehuis-skrywers (eBoek PDF)

Janette Kruger kry ’n leesboek as verjaarsdag geskenk by haar pa. Min het sy geweet presies hoe groot ’n rol hierdie boek in haar eie lewe gaan speel.

Barones van Berkersee het as ’n ketting-storie op Eggo Woordwerf begin. Franciska Mouton het die inleidingsparagraaf geskryf waarna die Woordwerf-skrywers gevolg het met hulle las stukkies. So het die storie vol intriges en interessante gebeurtenisse met elke skrywer se plasing ontwikkel. Daar was sommer vinnig besluit hierdie storie gaan iets besonders wees en moet as ’n lekker-lees storieboek gepubliseer word.

Die verhaal is in drie afsonderlike dele geskryf deur verskeie skrywers, wat ook nie almal saam geskryf het aan al drie die dele nie.

 

 

R 93,00 each

Jaar van Skandes - AnnMaree Barry (eBoek PDF)

B5 177 Bladsye
AnnMaree beeld in die boek uit van hoe ‘n jong meisie se soeke na ‘n lewe waarvan sy geen kennis dra, en waar sy veroordeel gaan word deur die kerk, gemeenskap en haar ouers.
Is gay wees ’n gier? Bid ’n mens dit weg, of word ’n mens so gebore? Dit is van die vrae waarmee Petra worstel.

Boonop sukkel sy om haar boetie se dood, en haar liefling-oupa, Gert, se deurmekaar Alzheimer’s gedagtes te verwerk.

Sy berispe haarself gedurig en hou haar ‘skeefheid’ goed intoom, maar ook net tot Simoney Verwey op Geduld kom intrek. Petra begin verbete spartel om tot elke prys die gevoelens wat sy vir Simoney het, weg te steek.

Op ’n klein dorpie soos Barrydale word ‘moffies’ nie goed ontvang deur die kerk, die gemeenskap, haar skool en veral deur die dorp se afgod dominee nie.
Dit lyk vir Petra asof sy al dié water in ’n mandjie kon dra, toe kom Simoney met haar groot blou oë en vertel vir Petra: “Ek is lief vir jou.”

Uitstekende boek om te lees en saam met Petra deur al die emosies te gaan.

 

R 59,00 each

Hoefslag van my hart en ander verhale - Franciska Mouton (eBoek PDF)

Hoefslag van my hart is ’n kortverhale bundel propvol lekkerlees kortverhale en ’n pragtige novelle, Liefde soos Geel Magrietjies, waar Franciska haar lesers op ’n verbeeldingsvlug neem saam met die wel en weë van haar karakters. Doodgewone mense wat soms in ongewone situasies beland.

Resensie deur: Sybie Kleynhans
(Skrywer/digter/dromer) van Potchefstroom.

Hoefslag van my hart is Franciska Mouton se eerste boek en wat ’n plesier was dit nie om te lees en saam met haar woorde te stap nie.

Daar is ’n paar dinge wat my krophou slaan en dit is eerstens haar taal, dit is ons praat-Afrikaans. Soos ons die woorde en die gedagtes uitspreek, vat sy die leser saam met haar woorde. .
Soos in Hoefslag van my hart: “Sy sluit haar oë en loop weer op ver paaie terug die verlede in.”
In Die Kassie vat sy jou terug na daardie skeurseer tyd van die ABO, kan jy die vrees en ook die vasberadenheid van tant Johanna, die Boervrou, proe en voel.
“Ouma kan rus. Ek sal na hom kyk.”
En in Een nag lank gelede sluit sy ’n grusame motorongeluk af na ’n soet, terugdink oomblik: “Dan maak hy maar ’n koffietjie en wag dat die nuwe dag moet breek.”
In Aandster word jy bewus dat Franciska aan die mooi van die liefde glo, in haar vingers vloei dit uit: “Mag ek die Aandster gaan pluk en aan jou vinger steek?”
Afgesien van die mooi woorde kan jy agterkom dat Franciska die natuur ken, haar liefde vir diere, veral perde vloei uit haar hart tot op die papier.

Voorwaar ’n bedkas-boek en die eerste van nog vele.

R 57,00 each

Die duiwel se maat - Sonja Brown (eBook PDF) 18+

Wenner van die Malherbe Uitgewers beste roman kompetisie - Augustus 2017

Lia Opperman, eienaares van Uitspan Bed&Ontbyt, se geldgierige ouers het haar op vyftienjarige ouderdom afgeteken aan haar tant Elizabeth vir 'n sak vol geld.

Nou is sy slegs na vier weke van getroude lewe met Markus, 'n onverwagte weduwee op die brose ouderdom van negentien.

As die erfgenaam van Markus se fortuin, is sy die mikpunt van 'n skelm prokureur wat wil hê sy moet afstand doen van haar erfporsie.

Michiel, Markus se broer, daag by haar huis op en die afsku wat hy oor die laaste twee weke teen haar opgebou het, is duidelik sigbaar met hul eerste ontmoeting.



Results 1 - 74 of 74