Afrikaans - Biografie

Results 1 - 11 of 11
R 250,00 each

Van Satynlakens tot TEERSTRATE - Liza Daniells (Audio-Boek) Slegs volwassenes

'n Verkorte weergawe van Liza Daniels se outobiografie "Van Satynlakens tot TEERSTRATE", voorgelees deur Marion Holm. Slegs volwassenes. Bevat kru taal. Dit is in MP3 formaat, Tydsduur 1 uur en 76.7 MB in groote vir slegs R250.

Resensie deur Magda Oosthuizen.

Waar sal ek begin?
Sommer by die begin. Wat 'n briljante boek!
(Ek het die voorreg gehad om die manuskrip te lees.)

Van Satynlakens tot Teerstrate is die outobiografie van Liza Daniells. 'n Klein dogtertjie wat van die ouderdom van 8 jaar, teen haar wil en onskuldig, vasgevang was vir 26 jaar in 'n hel van satanisme en seksuele mishandeling. Die verhaal vertel van haar onskuld, seer, vrees, drome, mislukking en oorwinning. Haar onbeskryflike, onskudbare geloof in haar Hero op sy forse spierwit arabierse perd. Haar ongenaakbare kinderlike geloof, want sy is tog maar steeds net daai klein wise-ass dogtertjie, wat op haar Hero se voete dans, al is sy in 'n grootmens lyf.

Die boek is beslis nie vir sensitiewe lesers nie. Ook nie vir die tannies wat Woensdae oggende vroue biduur hou en met n koppie tee oor en weer vertel van hoe perfek hul lewens en huwelike is nie. Dit is baie eksplisiet. Dit is rou en kru en opreg, dit is wat dit is, punt en klaar.

Die skryfstyl en taalgebruik is uniek. Die emosies en gebeure wat uitgebeeld word laat die leser in trane, saam lag, kwaad, jammer, dankbaar, skuldig, nederig en sommer net alles deurmekaar. Ek moes menigte male vir Liewe Jesus vra om my asseblief te vergewe. Die waarhede en openbarings wat in die boek weggesteek lê bring mens tot nuwe insigte en forseer jou om raak te sien, die dinge wat ons onsself so maklik teen blindstaar.

Ek is geen ekspert of professionele skrywer nie, maar ek weet wat ek beleef het en die verskil wat dit in my hart gemaak het vandat ek begin het tot en met ek daai manuskrip se laaste bladsy gelees het. Van begin tot einde was ek vasgenael; en dit was nie soos met enige fiksie of romanse nie. Ek het eerlikwaar geen kritiek om te lewer nie.
Al wat ek weet, is dat ek die boek 110% aanbeveel.

 

R 91,00 each

Ek Onthou: Boek 1 - Andri Nieuwoudt (eBoek PDF)

A5 232 Bladsye (Boek 1 in 'n reeks van 3)

Die wisselwerking tussen wat jy dink jy bereik het en dit wat jy eintlik maar is, word alleen beheer deurdat jy kan terugstaan van die hier en nou en eintlik maar staatmaak op waar jy vandaan kom.

Hierdie lewenslynboek is in ‘n sin ‘n ode aan my gesin en hul gesinne deurdat ek bevoorreg is om hierdie lewe te kon lei: alles eintlik maar genade. Dis ook ‘n herdenking aan die wat deur my handelinge, medies of andersins, benadeel is. Miskien het ek tog iemand kon positief beïnvloed deur sekere van die dade ook.

Wat begin het in die stofstrate van Alexanderbaai, ‘n klein myndorpie aan die weskus van Suid Afrika, wat orals drade wat as lewenservaring beskou kan word, opgetel het in Suid Afrika en later in die res van die wêreld, sal hier weergegee word.

Dis egter maar nie veel anders as jou eie verhaal nie. Dis miskien nie ‘n besondere lewe nie, maar dit is myne en kon joune ook gewees het: dit is wat dit groot maak.

Ek nooi u uit om die pad saam met my te loop wat ek geloop het: ek belowe jou ek sal jou nie verveel nie, want ek was anders, en die andersgeit is my normaal.

 

R 69,00 each

Ek Onthou: Boek 2 - Ervarings herinnerings - Andri Nieuwoudt (eBoek PDF)

A5 144 Bladsye (Boek 2 van 3)

Hierdie lewensreis word voortgesit: gebore in Alexanderbaai, maar-soos dit maar gaan as jy klein is word jy saamgeneem- waarheen het jy geen seggenskap nie en nog minder beheer oor- het. In Upington beland saam met ‘n gesin wat alreeds groot was. Dit was ‘n soort van ontsnappings
poging deur my pa. Met die koms van my verstand en bewus wording van my omgewing het ek my in Upington bevind. Blykbaar was ek in ‘n kar gelaai en weggeneem uit my geboorte omgewing.

Soos die ligte van bewuswording in my brein aangekom het, en geleidelik stukkie vir stukkie soos dit met die terugdink na vore kom, is daar aanvanklik los brokkies en later meer aaneenlopende stroke van tydslyns gewaarwordinge.

R 136,00 each

Ek Onthou: Boek 3 - Onthou om te onthou - Die reis duur voort - Andri Nieuwoudt (eBoek PDF)

A5 192 Bladsye (Boek 3 van 3)

Die reis wat begin het in die stofstrate van ‘n klein myndorpie op die Noordwes grens van Suid Afrika het gelei deur die opleidings eenhede van die Universiteit van Stellenbosch en eers ‘n jong geneesheer uitgespoeg en later na ‘n kort rondreis deur die platteland van Suid Afrika en Suidwes Afrika, ‘n ginekoloog. Die het sy heenkome in Somerset Wes bevind waar hy gesin gebou het, pogings aangewend het om te vestig as Ginekoloog in privaat praktyk, maar tog gedwonge gevoel
het om uit te beweeg in die groot onbekendheid van Nederland. Hierdie is ‘n omvang van hierdie laasgenoemde reis. Die voorbereiding as mens was in Namakwaland – die onderwerp van die eerste van die trilogie boeke, die tweede boek vul die voorbereiding as arts en ginekoloog aan.

Die reis is nog nie voltooi nie, en duur voort in hierdie derde deel tot en met die ingaan van pensioen.

 

R 160,00 each

Sirkelgang van my lewe - Estia Riekert

A5 181 Bladsye

Een dag lank, lank gelede was daar… Nee, jammer, hierdie is nie Aspoestertjie of Doringrosie se sprokie nie. Hierdie is die storie van Emily en baie vroue soos sy voor haar en na haar. Dinge het gebeur en haar lewe gevorm – lees gerus Emily se storie (die name is fiktief om geliefdes te beskerm)

R 399,00 each

Ek Onthou: Volledige Stel - Boek 1 tot 3 - Andri Nieuwoudt

Die drie boeke is ook as enkel boeke beskikbaar. Ek Onthou: Boek 1 - Ek Onthou: Boek 2 - Ek Onthou: Boek 3

Andri Nieuwoudt bring ’n reeks van onthou uit en nooi u uit om die pad saam met hom te loop wat hy geloop het: hy belowe jou hy sal jou nie verveel nie, want hy was anders, en die andersgeit is sy normaal.

Ek het saam met hom sy pad geloop en was verryk deur sy onthou. Ek haal sy onthou wat hy met ons deel aan: “Om te onthou is om dinge wat vergeet geraak het weer te laat lewe- is dit van enige nut? Die onthou wat uit die dieptes van die emosionele wegbêre plekke kom het gewoonlik 'n stimulus nodig om wakker te word uit die slaap- die drome word weer werklikheid voor die geestes oog en oortref gou die werklikheid want dis omhul deur 'n waas van heerlikheid. Die waas verdof dit in die verlede tot 'n vaagheid wat selfs met ietwat van 'n goue raam ook deelmaak van die onthou. Wat sal die onthou wees as jy nog steeds in die werklikheid sit?- daarom is die onthou veral lekker vir diegene wat nie meer daar is nie: jy sit weg van dit wat jy wil onthou -veral as dit met konkrete werklike aardse goed te doen het: onthou van 'n afstand maak die beeld tog mooier. Jy voel die warmte dorheid van die Oostewind teen die Weskus met minder felheid- die Suidewind stof raak jou nie, en net die sleepmis van die Weskus sit op jou vel, tong en in jou oë. Dis dan wat die gevoel van emosionele onthou inskiet en als mooi maak, selfs die dorheid en stof begin deel raak van die emosionele wentelbaan. En jy onthou als-ook die pyn en goedheid en hartseer en blydskap en ....pik 'n traan weg. En jy dink en wil terug na was, maar wil ook nie.”

Hierdie reeks van drie boeke is leesstof wat jy weer en weer kan lees en elke keer met andersgeit verryk sal word.

R 160,00 each

Ek Onthou: Boek 3 - Onthou om te onthou - Die reis duur voort - Andri Nieuwoudt

A5 192 Bladsye (Boek 3 van 3)

Die reis wat begin het in die stofstrate van ‘n klein myndorpie op die Noordwes grens van Suid Afrika het gelei deur die opleidings eenhede van die Universiteit van Stellenbosch en eers ‘n jong geneesheer uitgespoeg en later na ‘n kort rondreis deur die platteland van Suid Afrika en Suidwes Afrika, ‘n ginekoloog. Die het sy heenkome in Somerset Wes bevind waar hy gesin gebou het, pogings aangewend het om te vestig as Ginekoloog in privaat praktyk, maar tog gedwonge gevoel
het om uit te beweeg in die groot onbekendheid van Nederland. Hierdie is ‘n omvang van hierdie laasgenoemde reis. Die voorbereiding as mens was in Namakwaland – die onderwerp van die eerste van die trilogie boeke, die tweede boek vul die voorbereiding as arts en ginekoloog aan.

Die reis is nog nie voltooi nie, en duur voort in hierdie derde deel tot en met die ingaan van pensioen.

 

R 137,00 each

Ek Onthou: Boek 2 - Ervarings herinnerings - Andri Nieuwoudt

A5 144 Bladsye (Boek 2 van 3)

Hierdie lewensreis word voortgesit: gebore in Alexanderbaai, maar-soos dit maar gaan as jy klein is word jy saamgeneem- waarheen het jy geen seggenskap nie en nog minder beheer oor- het. In Upington beland saam met ‘n gesin wat alreeds groot was. Dit was ‘n soort van ontsnappings
poging deur my pa. Met die koms van my verstand en bewus wording van my omgewing het ek my in Upington bevind. Blykbaar was ek in ‘n kar gelaai en weggeneem uit my geboorte omgewing.

Soos die ligte van bewuswording in my brein aangekom het, en geleidelik stukkie vir stukkie soos dit met die terugdink na vore kom, is daar aanvanklik los brokkies en later meer aaneenlopende stroke van tydslyns gewaarwordinge.

R 179,00 each

Ek Onthou: Boek 1 - Andri Nieuwoudt

A5 232 Bladsye (Boek 1 in 'n reeks van 3)

Die wisselwerking tussen wat jy dink jy bereik het en dit wat jy eintlik maar is, word alleen beheer deurdat jy kan terugstaan van die hier en nou en eintlik maar staatmaak op waar jy vandaan kom.

Hierdie lewenslynboek is in ‘n sin ‘n ode aan my gesin en hul gesinne deurdat ek bevoorreg is om hierdie lewe te kon lei: alles eintlik maar genade. Dis ook ‘n herdenking aan die wat deur my handelinge, medies of andersins, benadeel is. Miskien het ek tog iemand kon positief beïnvloed deur sekere van die dade ook.

Wat begin het in die stofstrate van Alexanderbaai, ‘n klein myndorpie aan die weskus van Suid Afrika, wat orals drade wat as lewenservaring beskou kan word, opgetel het in Suid Afrika en later in die res van die wêreld, sal hier weergegee word.

Dis egter maar nie veel anders as jou eie verhaal nie. Dis miskien nie ‘n besondere lewe nie, maar dit is myne en kon joune ook gewees het: dit is wat dit groot maak.

Ek nooi u uit om die pad saam met my te loop wat ek geloop het: ek belowe jou ek sal jou nie verveel nie, want ek was anders, en die andersgeit is my normaal.

 

R 296,00 each

Van Satynlakens tot TEERSTRATE - Liza Daniells (Net vir volwassenes, bevat kru taal)

Resensie deur Magda Oosthuizen.

Waar sal ek begin?
Sommer by die begin. Wat 'n briljante boek!
(Ek het die voorreg gehad om die manuskrip te lees.)

Van Satynlakens tot Teerstrate is die outobiografie van Liza Daniells. 'n Klein dogtertjie wat van die ouderdom van 8 jaar, teen haar wil en onskuldig, vasgevang was vir 26 jaar in 'n hel van satanisme en seksuele mishandeling. Die verhaal vertel van haar onskuld, seer, vrees, drome, mislukking en oorwinning. Haar onbeskryflike, onskudbare geloof in haar Hero op sy forse spierwit arabierse perd. Haar ongenaakbare kinderlike geloof, want sy is tog maar steeds net daai klein wise-ass dogtertjie, wat op haar Hero se voete dans, al is sy in 'n grootmens lyf.

Die boek is beslis nie vir sensitiewe lesers nie. Ook nie vir die tannies wat Woensdae oggende vroue biduur hou en met n koppie tee oor en weer vertel van hoe perfek hul lewens en huwelike is nie. Dit is baie eksplisiet. Dit is rou en kru en opreg, dit is wat dit is, punt en klaar.

Die skryfstyl en taalgebruik is uniek. Die emosies en gebeure wat uitgebeeld word laat die leser in trane, saam lag, kwaad, jammer, dankbaar, skuldig, nederig en sommer net alles deurmekaar. Ek moes menigte male vir Liewe Jesus vra om my asseblief te vergewe. Die waarhede en openbarings wat in die boek weggesteek lê bring mens tot nuwe insigte en forseer jou om raak te sien, die dinge wat ons onsself so maklik teen blindstaar.

Ek is geen ekspert of professionele skrywer nie, maar ek weet wat ek beleef het en die verskil wat dit in my hart gemaak het vandat ek begin het tot en met ek daai manuskrip se laaste bladsy gelees het. Van begin tot einde was ek vasgenael; en dit was nie soos met enige fiksie of romanse nie. Ek het eerlikwaar geen kritiek om te lewer nie.
Al wat ek weet, is dat ek die boek 110% aanbeveel.

 

R 148,00 each

Biografie van 'n onbekende man - Bennie Engelbrecht

Ek dink dit is veilig om hierdie boek te begin op ‘n punt waar almal mekaar verstaan. Ek is nie Donald Trump of Richard Branson nie en hierdie boek gaan nie vir jou in tien eenvoudige stappe verduidelik hoe om oornag ‘n miljoenêr te word nie. Ek het nie om Afrika gestap of Everest uitgeklim nie, ‘n haai het my nie gebyt nie en ek was nie die enigste oorlewende van ‘n vliegtuigramp nie. Ek is net ek, ‘n doodgewone mens, net soos jy. Wat hierdie boek vir jou sal wys is hoe om nooit te gaan lê in die gewone lewe nie, hoe om soos ek en 99% van SuidAfrika
die lewe te ervaar waar die goeie tye hulle tyd vat om aan die voordeur te klop.

Results 1 - 11 of 11