Afrikaans - Poësie

Results 1 - 60 of 60
R 175,00 each

Luister hoe my siel fluister - Dawid Louw

Ons hoor so baie maar luister so min…
Die woorde van Dawid Louw laat jou stilstaan vir 'n oomblik en dink. Hoe waar is dit nie? Luister ons ooit as die melkweg fluister? Daar is depressie in die melkweg en in sy gedig Nagmars vertel hy meer:
Nagmars

ek soek vannag oneindig
dwarsdeur 'n ster
vyfpuntig spat my visie
geprisma ver

en iewers in die niet
tussen bang planete
waar alle kleur vergrys
en ewigheid die tyd verwerp

hang my wees
alleen
deur visioen en droom omsingel
in barensnood

'n Bundel gedigte en briewe aan die alter ego vir die fynproewer.

R 140,00 each

Een daglewe - Deon Bosman (eBoek PDF)

Deon Bosman verbind woorde met menslike ervarings. Sy verbeeldingryke skryfwerk gevul met evokatiewe beelde, skilder 'n helder prentjie vir die leser. Hy sny sy lewe oop van sy betekenisvolle ervarings. Sy insig, skryfstyl en uitlokkende denke gee die leser „n kykie na sy gedagtewêreld. Ek beveel die boek baie sterk aan: dit is verrassend en die realiteit, sonder wegsteek agter mooi woorde.

Prof AJ Smit

R 234,00 each

Een daglewe - Deon Bosman

Deon Bosman verbind woorde met menslike ervarings. Sy verbeeldingryke skryfwerk gevul met evokatiewe beelde, skilder 'n helder prentjie vir die leser. Hy sny sy lewe oop van sy betekenisvolle ervarings. Sy insig, skryfstyl en uitlokkende denke gee die leser „n kykie na sy gedagtewêreld. Ek beveel die boek baie sterk aan: dit is verrassend en die realiteit, sonder wegsteek agter mooi woorde.

Prof AJ Smit

R 139,00 each

Liefde lewe lag - Mariaan Taljaard

Liefde, Lewe, Lag is ‘n digbundel wat die verskeie aspekte van menswees en die lewe saamvoeg. Ons almal het al op ‘n stadium in ons lewe hartseer, bitterheid, vrees en eensaamheid ervaar. Iewers in hierdie bundel sal jy ‘n gedig vind waarmee jy kan vereenselwig. Ek wil jou aanmoedig om met vrymoedigheid hierdie gedigte te gebruik in troukaartjies, ‘n brief aan jou geliefde, vir ‘n vriend / vriendin wat deur ‘n egskeiding gaan of sommer net om vir iemand te sê hoe spesiaal hy vir jou is. As jy huil, huil jou hart leeg en as jy lag, lag uit volle bors. Mag jou lag meer wees as jou trane. Mag hierdie bundel hoop, liefde en vreugde in jou hart laat bruis.

R 130,00 each

Raak Real - Kylie Grove

Baie keer lees ek en dan is sommige van die skrywer se ervaringe en waarnemings so verstommend. Die bundeltitel Raak real, verwys vir my na raak wêreldwys. Kylie vertel van 'n seer verlede en is die stukkies of grepe wat sy deel, in 'n besonderse manier van skryf gedoen. Die gedigte raak mens aan in 'n plek wat seer kry. Die taalgebruik is eie aan die seer wat ek bespeur binne haar. Ek kan haar hoor onthou ... In die aande voor ek gaan slaap/ is dit asof die stiltes van die nag/ my toevou in my eie gedagtes...

In haar gedig Roos(vir ma Vickey) bly 'n strofe my by... of wys jy net vir ons/dat die lewe, vaal, ook iets moois is:/vreugde wat ons moet pluk, vat/dat die keuse ons s'n is? Die lewe is inderdaad mooi as ons dit net kan raaksien deur al die seer van 'n verwronge lewe.

Die toekoms is nie iets wat voorspel kan word nie. Dit is iets wat gemaak moet word en dit is 'n belangrike lewensles te leer.

R 215,00 each

Gedigte op die vleuels van musiek - Yvonne de Kock (CD ingesluit)

Gedigte getoonset deur Yvonne en haar man Johann en ook deur hulle gesing - Die CD kom saam met die boek!

Gedurende al my jare as skrywer en meer spesifiek vryskutjoernalis, het ek al meer en meer tot die besef gekom dat die ragfyn lyn tussen gedig en liriek verdwyn wanneer woord en klank ontmoet. So het my passies hande begin vat en het ek ook in 'n liedjieskrywer ontpop.

Ek het van my gedigte getoonset, lirieke begin skryf en dit in liedjies omskep. My moedersknie-taalskroefies van harte ingespan om met letters, woorde, strofes, versies en koortjies nuwe oorspronklike Afrikaanse liedjies te fabriseer. So het woord en klank hier van 2001 af met mening gesinchroniseer en het musiek in my skrywerslewe 'n onoortreflike crescendo bereik!

 

R 130,00 each

Onuitputlik - Mandy Mulder

Leef ‘n oomblik vir ‘n
Oomblik 
 
jaag nie die lewe of die dag na môre
Maar jaag vrede met almal na
Glimlag daagliks en bemoedig mekaar
Vertel die waarheid en leef eerbaar
 
Leef ‘n oomblik vir ‘n
Oomblik
 
Vergeet van die verlede se kommer en seer
Kyk nie terug, dit bring net ongeluk
Stap noord en beweeg voort
nuwe lewe smaak vorentoe
 
Leef ‘n oomblik vir ‘n
Oomblik

R 152,00 each

Truspieël - Loret Zwarts

Loret Zwarts skryf gedigte oor twee dekades en na berading word dit terapie. Uit die seerkry in haar lewe is hierdie bundel gebore. Elke letter dans op die maat van emosie in swart geklee op wit papier.

Die titel Truspieël is dan ook gepas , om te onthou, maar nooit weer terug of om te kyk nie. Truspieël is rou emosie van ‚n vrou en ma wat nie toegelaat het dat seerkry haar omgee en liefde steel nie.

R 55,00 each

Woorde wat Waai - Marsofine Krynauw (Digbundel) (eBoek PDF)

A5 112 Bladsye 

Dit maal
dit draai
dit skoppelmaai
daar is niks om oor te raai
want daar is duisende sinsnedes
wat in my kop rond waai
dis gebeure en ervarings
die liefde en die haat
die vreugde en die kwaad
die blydskap en die seer
en nog vele, vele meer
ek kan dit nie daar laat
ek moet mos daaroor praat
maar eerder wil ek in stilte spreek
oor die dinge wat harte breek
die woorde is ‘n losgemaal
soos in opregte rugby taal
en net ek kan hul uit my kop haal
my pen dans die kotteljons
en ek skryf dat dit so gons
‘n digter - nee
o! wee
die titel kan ek myself nie gee.

R 88,00 each

In die grasie van jou wese - Potpourri Skrywers ter ondersteuning van CANSA (eBoek PDF)

Hierdie bundel kort stories en gedigte word opgedra aan elke kankerlyer. 50 eksemplare word geskenk aan CANSA om uit te deel of te verkoop. Malherbe Uitgewers onderneem ook om R50 aan CANSA te skenk vir elke bundel verkoop. Saam kan ons dalk ’n verskil maak in iemand se minder-goeie dag.

Hierdie bundel kortverhale en gedigte is saamgestel met die rede dat lees mens laat vergeet en ontsnap na ’n wêreld waar jy net jouself kan wees. Waar jy skaamteloos kan lag, hardop snik en dalk ook uitgil dat die lewe nie fair is nie.

Baie dankie aan elke skrywer en digter wat saamgestaan het om hierdie bundel moontlik te maak asook die borge wat die bundel moontlik gemaak het.

R 115,00 each

Pelgrimsreis - Trientjie Malan

Pelgrimsreis het ontstaan uit my ander gedigte wat ek saam met Malankolie en Introspeksie geskryf het, wat ek nie in my vorige digbundels gebruik het nie. Het dit apart gebêre het op my rekenaar se lêer waar ek dit nou gebruik het in Pelgrimsreis, wat ook bestaan uit duet- en Nederlands gedigte wat vertaal is deur Paul Opdam.

Malankolie beteken “Seergekry as ’n Malan”
Introspeksie beteken “Selfondersoek “
Pelgrimsreis beteken “Die reis van my lewe”

Die drie saam vorm ’n reeks wat ontstaan het oor wie, wat en waarom is ek ... waar ek besef het ...

“ ek is UNIEK
ek is God se Kind
Hy aanvaar my
met my foute en seer en al “ 

(Uit my gedig: Ek is uniek)

“ dit het vir my rede vir vrede gegee
om te skryf waar dit die seer kan doodvee
daarom dank ek ook vir my Vader
vir my wonderlike talent met ’n danklieder
Sy liefde
het géén einde “

(Uit my gedig: ’n Danklieder)

R 121,00 each

Woordvlerke - Jessica Venter

met gedigte
skilder ek weggesteekte seer emosies
dis my sielsasem
wat deur my are vloei
met elke kwashaal
sing en juig my siel
in nuwe verhaal
dis my sjokoladetroos
wanneer my psige
van kommer oorstroom
my drome kry vlerke
tussen windwoorde
is ek vry

R 99,00 each

'n Bottelbriefie - Geskenkie aan my kind - Hilton John Wiltshire

Geskenkie aan my kind, is gebaseer op gebeurtenisse in Suid-Afrikaanse gemeenskappe. Hierdie gebeurtenisse dra dikwels by tot die vernietiging van jongmeisies se drome, wat uitspruit uit ‘n onbeplande tienerswangerskap. Die hartseer en spyt word dikwels oorgedra vanaf generasie tot generasie.

Tye het verander en wat ouers al hoe meer besef is dat hul kinders, gebore in die tegnologiese era, anders groot word. Baie ouers is hoopvol dat skole seksopvoeding sal prioritiseer en dat hulle sodoende nie hierdie taboo debat, aan hulle kinders hoef oor te dra nie.

R 99,00 each

Nostalgies - Vanessa Goosen

DIE NATUUR
 
Kyk na die Ooste die rooidag se mooi,
waar die son die nag in lig begin tooi
die maan en sterre wat skitter daarbo
om later te verdof, sommer net so
 
Kyk na die dag die hemel se blou
die kleur is daar vir my en vir jou
ruik die douvars lug in die veld
daar is dinge ver beter as geld
 
Kyk hoe pas dinge mooi in die natuur
ons mis alles met ons geldmaak kultuur
daar loop ‘n koei en kalfie en wei
by die landdros is mense wat skei
 
Hoor die voëls in bome se kwetter sang
ongestoord gaan die natuur sy eie gang
verskillende grassoorte staan bymekaar
wys my een wat met ‘n ander paar
 
Sawens die oranje en rooi sonsondergang
(en) onse mense sluit hekke en deure vir die bang
die maan stoot oor die oosterkim
my vrou en ek gaan nou die bed bespring

R 119,00 each

Nog 'n Kans - Dalene Mellet

SONSAK HAIKOE
 
Sonsak sluimer mooi
in rosepienk rok getooi
Kom my skemer-nooi!

R 93,00 each

My Woorde in die wind - Deblor

In die na-nag van my drome
ontwaak daar diep in my
‘n onontbeerlike drang
om soos van ouds
dinge te skilder – in ink of verf
dinge uit te beeld en om uiting te gee
aan dit wat diep verskuil was
aan dit wat borrel-bruisend
uit wil bars
op verfdoek
of papier
in ink
of met kwas ...

In die na-nag van my drome
is daar aan my openbaar
die onmiskenbare antwoord
wat soos vantevore
foto’s was in my siel
foto’s van landskappe
foto’s van woorde
foto’s van my –
nie meer verlore!

R 281,00 each

Keuses - TG Kieser

Keuses
Elke Godgeskape wese het die reg om keuses te maak en om daardie keuse tot uitvoer te bring. Partykeer word die regte keuse gemaak, maar met die gejaag van die lewe na aansien en rykdom, vervaag die goeie keuses. Almal maak keuses, maar nie almal maak altyd die regte keuses nie. Die redes daarvoor is dat die mens oor die algemeen te trots is om raad te vra, of om na ander se raad te luister. Ook is daar die mens wat homself beter as ander ag. Maar nog meer hartseer is dat vele mense die Goddelike opvoeding van hul voorouers agterweë laat.

Soos wat voedsel eet en vloeistof drink belangrik is om die liggaam gesond en sterk te hou, net so belangrik is dit ook om die Bybel te lees om verstaanbaarheid te kry sodat die siel ook versterk kan word om die euwels van die duister te weerstaan en met kennis, die regte keuse te maak. Net so belangrik is dit om na ander se raad en wysheid te luister, wat kán en sál help om ‘n goeie keuse te maak.

Die vrees van die Here is die beginsel van die kennis;
Sotte verag wysheid en tug.

R 119,00 each

Toiings - Gesina Swanepoel

A5 109 Bladsye - Digbundel

Die titel Toiings is opvallend en trek onmiddellik my aandag en outomaties wonder ek waaroor die bundel gaan. Die eerste gedig is reeds woorde wat my aantrek, Alzheimer, die gevreesde onthou-nie-meer-siekte.
Nou verstaan ek die titel beter, want elke gedig is ‘n stukkie van ‘n lewe, die toiings of flenters van ‘n bestaan. Hartseer woorde, woorde van hoop en selfs woorde van bemoediging. Die lewe word in al sy fasette hier uitgebeeld. Bundel wat ek sal aanbeveel vir die digkuns liefhebber.
Resensie: Yolanda Mey

R 139,00 each

Hartsgedagtes - Dirk van Zyl

Digbundel, A5 182 Bladsye

Dirk van Zyl verkry sy inspirasie vir skryf uit sy eie lewe. Sy oë sien raak wat min mense kan sien, en dit is ‘n gawe wat hy ontvang het. Vanaf sy eerste verhalende gedig, is ek geboei deur sy woorde. As blindes lei het my stom gelaat. Hierdie bundel tydlose gedigte kan ek aanbeveel en as jou eerste liefde die digkuns is, nog te beter. Hierdie tipe bundels is besig om uit te sterf en is definitief ‘n bundel gedigte wat behoue moet bly.
Dirk van Zyl, woorde wat my by sal bly, het jy in hierdie bundel aangeteken. Ek beveel die bundel baie sterk aan.

Yolanda Mey.

R 70,00 each

Essensie - Marlena Bruwer (Digbundel)

A6 115 Bladsye
Marlena Bruwer, het die gawe om met min woorde ‘n lewensles uit te beeld. Telkens verrassend, uniek is haar woorde en kort boodskap aan die leser.
Prof C Smit

As
jy min
van my hoor
weet dan
ek het jou nie vergeet
die lewe het bloot
vir 'n helse wyle
my 
in sy klemkake beet

Hierdie digbundel is die kriptiese weergawe van lewensgebeure soos verlies, oudword, die liefde, wanhoop, hartseer, blydskap ens; en hoe die mens daarop reageer. Dit bevat ‘n ondertoon van wysheid, aanvaarding en insig.

Die digter wil dat die leser sy eie interpretasie van die kort trekste maak

 

R 89,00 each

Verslaaf aan woorde - Emilynne Meyer

A5 65 Bladsye - Digbundel

HOE GEMAAK?
 
Wat moet ek dink?
wat moet ek sê?
die belangrikste bly –
wat moet ek doen?
ek het soveel gedagtes wat my pla en
nou is daar nog ‘n vrag op my wa
‘n wa wat alreeds vol is,
‘n wa wat voel; soos iets wat kla is
ek sukkel om die negatiwiteit af te skud maar
ek weet ek moet net aanhou bid
met tye is ek hartseer en
ek weet ek moet hard probeer, want
ek wil so graag deel van die dinge wat my pla
op my swaar gelaaide wa.

R 89,99 each

Tot U Eer - Mariette Ras

A5 67 Bladsye (Digbundel)
Alles

Alles wat is-
gee ek in U Hand

Elke gedagte en sprekende woord-
mag dit U gedagte en woord weerspieël

As ek praat en sing Heer-
laat dit tot U eer wees

As ek luister-
laat my ore U stem vasvang in die wind
Soos my oë U wonder aanskou-
ek die skoonheid van U Hand
in my lewe raaksien, aanvaar en myne maak

As my knieë wankel-
ek op hul sal biddend bly-
deur goed en sleg my vertroue in U bely

Maak my hande-
‘n instrument van heling in U werke

My siel ‘n fontein-
wat van U vrede oorloop

Maak my hart ‘n baken Heer-
wat U lig van liefde deur die storm wys

Alles wat ek is Vader-
is reeds betaal aan Jesus’ kruis.

R 109,00 each

Net vir jou - gedagtes en gedigte - Solly Delport

A5 86 Bladsye

VIR JOU

vir jou, skryf ek alte graag ‘n vers
al moet ek met ‘n kragonderbreking-aand
skryf by ‘n kers
vir jou wil ek skryf en dig
met die hoop
dat my gedig in jou lewe sal bring
sonskyn en lig

R 160,00 each

Sirkelgang van my lewe - Estia Riekert

A5 181 Bladsye

Een dag lank, lank gelede was daar… Nee, jammer, hierdie is nie Aspoestertjie of Doringrosie se sprokie nie. Hierdie is die storie van Emily en baie vroue soos sy voor haar en na haar. Dinge het gebeur en haar lewe gevorm – lees gerus Emily se storie (die name is fiktief om geliefdes te beskerm)

R 175,00 each

In die grasie van jou wese - Potpourri Skrywers ter ondersteuning van CANSA

Hierdie bundel kort stories en gedigte word opgedra aan elke kankerlyer. 50 eksemplare word geskenk aan CANSA om uit te deel of te verkoop. Malherbe Uitgewers onderneem ook om R50 aan CANSA te skenk vir elke bundel verkoop. Saam kan ons dalk ’n verskil maak in iemand se minder-goeie dag.

Hierdie bundel kortverhale en gedigte is saamgestel met die rede dat lees mens laat vergeet en ontsnap na ’n wêreld waar jy net jouself kan wees. Waar jy skaamteloos kan lag, hardop snik en dalk ook uitgil dat die lewe nie fair is nie.

Baie dankie aan elke skrywer en digter wat saamgestaan het om hierdie bundel moontlik te maak asook die borge wat die bundel moontlik gemaak het.

R 83,00 each

Resonans - Amor Vorster

Gesprek sonder glim
Vasgepen in die kim
Tussen ek en jy
op trant
Woorde gly maklik
By gesels verby

R 119,00 each

My Kop Se Kreatiwiteit - Dawid Nel

A5 114 Bladsye

‘My Kop Se Kreatiwiteit’ is ’n digbundel propvol humoristiese staaltjies wat van die liefde, hartseer, frustrasie en soms verlies van jonk wees in ’n ligte, komiese luim skets; met hier en daar dieper stellings wat ’n mens na binne laat kyk.

Die skertsende kleurvolle woordskilderye, wat Dawid Nel se gisters en die mense om hom in rym en vers verewig, laat ’n mens die blaaie glimlaggend en ja, soms met ’n giggel of twee, keer op keer nuuskierig omblaai

R 110,00 each

Woorde wat Waai - Marsofine Krynauw (Digbundel)

A5 112 Bladsye 

Dit maal
dit draai
dit skoppelmaai
daar is niks om oor te raai
want daar is duisende sinsnedes
wat in my kop rond waai
dis gebeure en ervarings
die liefde en die haat
die vreugde en die kwaad
die blydskap en die seer
en nog vele, vele meer
ek kan dit nie daar laat
ek moet mos daaroor praat
maar eerder wil ek in stilte spreek
oor die dinge wat harte breek
die woorde is ‘n losgemaal
soos in opregte rugby taal
en net ek kan hul uit my kop haal
my pen dans die kotteljons
en ek skryf dat dit so gons
‘n digter - nee
o! wee
die titel kan ek myself nie gee.

R 102,00 each

Onder die liefdesboog - Christiaan van Barkenhuizen (Digbundel)

Digbundel - A5 79 Bladsye

My liefde vir skryf kom van Graskop. Ek is deur `n juffrou voorgestel aan boeke en vir my geleer dat `n boek jou beste vriend is. Omdat `n boek altyd daar is vir jou. Jou op `n reis te neem na verre lande en avonture..
 
Onder die liefdesboog is saamgestel uit my versameling gedigte. Skryf is soos `n kind, dit groei soos elke skrywer deur hulle lewe groei. Soms ook maar stoei. My skryf styl is anders omdat ek vir mense skryf. Ek skryf vir hulle seer, hulle liefde verlies en goeie van elke dag.

R 102,00 each

Seisoene - H.E. Schutte

Vir die digter

Ek skryf vir jou gedigte
Wat jy nie meer lees nie
Oor ou bekende gesigte
Van mense wie jy nie soos wil wees nie

Wat krioel en raas om jou heen
Sê my waar's jou woorde nou
Sou jy dit vir my kon leen
As die eensaamheid my toevou

Weet jy nog hoe om te rym
Jou stukkend op papier te plak
Vat jou kop steeds die trein
Daar waar jou moed ineen sak

Maar ek letter nog steeds
Al is ek al een
Vir hoop dat wie lees
Sy gedigte vir my sal leen

R 103,00 each

Perspektief - Lilian Jonker (Digbundel)

Lilian Jonker bring ‘n bundel gedigte na die leser waarin haar emosies deurentyd fyn ingeweef is in die kompleksiteit van die samelewing. Met die intrapslag lees jy van ‘n tipiese Suid-Afrikaanse gesin… mamma gooi koeldrank in, in die kombuis/pappa drink sy drankie en braai die vleis/ en dan volg die slot maar norms verander en waardes verdwyn/die merke is vir ewig al is jy ook hoe klein.

Dis ‘n keurige bundel gedigte wat uniek en eiesoortig in ‘n digterlike stem vertel, een waarin die logika van lewe, gevoel en rasionale oorheers.

Dié aanvangsgedig bepaal in ‘n groot mate die toonaard van die bundel en stel ‘n aantal elemente aan die orde wat meermale in die loop van die bundel gaan voorkom.
Verrassend is haar gedig:

“Suid-Afrika draai terug na God
Op die land se prag is almal versot
Pretoria se pers jakaranda bome
Pragtige kinders met die mooiste drome"

Voorwaar ‘n pragbundel om te geniet.
Alet Lubbe

R 98,00 each

Introspeksie - Trientjie Malan (Digbundel)

A5 82 Bladsye

’n Psalm vir mamma
(Psalm 18 – Opgedra aan my ma, Ria)

mamma was altyd in die verlede
my rots, skuilplek en my redder
by wie ek kon skuil van die seer van gister
my vleuels van veilige vesting van liefde
mamma was altyd my lampie vir die hede
wat dit laat skyn het, so helder
al was my dae diep dieper donker
dat dit gevoel het daar is geen doel op aarde

die redding wat mamma gebring het
was my beskerming
mamma het my geleer
as ek geval het
skuldig of onskuldig
ek moet weer opstaan, al maak dit seer

 

R 129,00 each

Vrywees - Bianca van der Walt (Digbundel)

A5 - 108 Bladsye

Die talentvolle twaalfjarige Bianca het haar eerste gedig geskryf toe sy elf jaar oud was.  Sy is ‘n baie stil en opregte kind wat skryf gebruik om haar emosies en gevoelens op papier te sit. Skryf is ‘n baie groot passie vir haar en sy het die gawe ontvang om met woorde te toor.

Die lewe
Die lewe is soos 'n g l a s t a f el
‘n ysblokkie kan dit breek
deur tyd is ek besig om uit-te-ra-fel
al is ek besig om te smeek
die lewe is soos ‘n tyd-tik-ken-de-bom
kan enige oomblik ontplof
enige oomblik alles verwoes
enige oomblik mense se lewens verander
die lewe is v-r-e-e-m-d
daarom is ek versigtig
vir wie ek goed sê
vir wie ek vertrou
wie ek besluit om
my-be-lof-tes-te-be-hou

 

R 169,00 each

Feesmaal van die aasvoëls - Johan van der Merwe

Digbundel - A5 - 127 Bladsye

hulle eet hulle vet
aan die siele van ellendiges
hulle lag en raas in die feesmaal
terwyl hulle oorblyfsels insluk
hulle wellus is hulle meester
hulle harte is van klip
hulle word aangevoer uit die hel
die vader van die leuen dryf hulle voort
met beloftes van baie
met beloftes van meer
met beloftes van oorwinning
maar baie is niks,
meer is nooit genoeg nie
oorwinning is net ‘n terme
want môre vat iemand anders dit

 

R 99,00 each

Woorde in die wind - Estia Riekert (Digbundel)

Resies van die lewe:
Soos ‘n hamster op ‘n wiel
hardloop ons maar kom nêrens
ons hardloop ons self moeg
maar die rus is elders
Dis ‘n resies van tyd
tik tok tik tok
bang ons verloor uit
en plaas ons self in ‘n grot
Nee wat mens dis ‘n mors van tyd
doen jou bes
en wat jy kan -
vergeet die res.

R 142,00 each

Misvingers - Eliztha Jacobs (Digbundel)

Misvingers

Stadig omsluit die misvingers om my hart,
Druk die lewe, morsdood in my,
Ek probeer bo uitkom,
Snakkend na asem,
Wurgende vingers om my.
Spartelend beur ek na bo,
Probeer ontkom,
aan die misvingers om my hart,
Beurend, beurend, gryp ek na strooihalms,
Om my na die lig daarbo te neem.
Die koue sypel deur my are,
Dit voel of ek val.
Stadig, asof ek so lig soos ‘n veertjie is,
Dalend, dartelend, sak ek laer en laer.
Koud en leweloos, lê ek op die grond,
Verskrompelend en uitgedroog.
Terwyl die mis hangend om my dwarrel,
Sing die wind ‘n ode vir die blaar.

R 189,00 each

Stemme uit Namibië 1 - Gemoedsrus

Hierdie is 'n bundel saamgestelde gedigte deur ons Namibiese vriende

Gemoedsrus

Vandag 

wil ek my siel vernaak

en hom van alles stroop

wat so seer kan maak -

van hierdie bitter hoop

wat hierbinne wroeg en woed

en dit soos ʼn pynbevange dier

uitspoeg

op papier

alles uitspoel

en ʼn stilte voel

wat my wese met vrede voed...

ek wil vergeet

en net vir een oomblik weet

dat my gedagtes ook stil kan staan

Marietjie Espach

R 166,00 each

In Duet - Herman en Ina Cantoni (Gedigte & Kortverhale)

eens was ons jonk
die wye wêreld voor ons
betower deur die
glans van bewondering
eenskalps was jy daar,
ek weet net dit is jy
jy raak my aan
betower my wese
was die son
al ooit so helder
was die hemel
ooit so blou
eindelik is
my drome waar
want jy is daar
ons sal die
woestyn oorheers
die dorre droogte
ons beskik oor die liefde
ons leef in hartstog
oortyd en ruimte sal
my rede ons bewaar
jou vlindersagte hande
jou lippe wat streel
aan jou behoort
...my siel...
my liggaam
en my gees

R 125,00 each

"Ekke" - Virginia Keppler

 

as jy kan droom,

dan kan jy skryf

dit reinig die siel

dit vernuwe die hart

dit bring vreugde

dit vernietig die seer

dit is voeding vir die siel.

R 100,00 each

CARPE MANÁNA (Gryp die Toekoms!) - M Malan/A Marais/M Visagie

Hierdie bundel se inkomste gaan na die Kankervereniging en is 'n gesamentlike bundel van 3 digters. Dit is ook die enigste bundel tot datum waarvan die openingsgedig deur al 3 die digters geskryf is.

Hierdie bundel konsentreer wel op die dood (wat tog maar kanker se uiteinde is) maar daar is ook ander treffende gedigte wat van die alledaagse probleme en gebeure aanspreek waaroor mense nie graag praat nie.

Nadat hierdie bundel gelees is, sal die leser daarna hunker om die toekoms aan te gryp soos die titel ook aandui.

R 160,00 each

Engel in die klip - Sketse en gedigte - Erika Viljoen

Ek was nog altyd lief vir woorde en die invloed wat dit op elke faset van ons lewe het. Woorde kan oorloë begin of vrede bewerkstellig. Dit bekoor, baklei en huil -’n magtige wapen wat met groot omsigtigheid en oordeel gebruik moet word en dit hang van ons af of ons woorde bou of breek, inspireer of verbrysel. Vandaar die Joodse idioom: “ ’n Woord is soos ’n by; dit het heuning en ‘n angel.”

Met hierdie bundel wil ek ’n stukkie van my menswees deel en hopelik die leser inspireer om ook ander met sy of haar woorde op ’n positiewe wyse aan te raak.

Ek doen dit egter met inagneming van die woorde van CJ Langenhoven: “Die man wat die kosbaarste ware het, loop die minste daarmee te koop. Op hierdie reël is die tong geen uitsondering nie.”
Geniet die reis.

R 121,00 each

Ommekeer - Joey Haywood - Digbundel

Elke mens het liefde in die lewe nodig. Soms is dit ‘n verlore liefde, soms is dit ‘n liefde aan die dood afgestaan. Moet nooit, ooit dink dat jy nie liefde in jou lewe het nie, want daar is geen mens wat kan se dat hy/sy nog nooit God se Liefde ervaar het nie! Kyk om jou rond, elke blaar, elke druppel reën, alles word aan ons, nietige mens, gegee, deur Hom wat ons onvoorwaardelik lief het. Hy wat sy EIE Seun gegee het om vir jou en my te sterf, omrede ons so bitter waardevol is vir Hom!

Elke gedig is geskryf vir iemand wat dalk seer gehad het. Wat dalk gevoel het niks is meer die moeite werd nie. Wat ‘n geliefde, hetsy ‘n eggenoot of kind, aan die dood afgestaan het. Deur hierdie woorde namens ander te kon skryf, het ek ‘n glimpie in die persoon se hart gehad, het ek net ‘n aks gevoel van wat die persoon werklik gevoel het. Dit was vir my soms baie traumaties gewees om sekere gedigte te skryf. Ek het myself ingeleef in die persoon se seer. Ek het dae om gesit en huil oor iemand wat ek glad nie geken het nie! Dan het ek myself gevra: as EK so gevoel het, hoe moes die persoon dan nie gevoel het nie? Wat ek probeer sê, is: in hierdie digbundel is jou seer ook my seer, is jou geluk ook my geluk, is jou verwerping ook my verwerping.

R 139,00 each

Net R1.50 kort - Nagel Pick - Gedigte en kortverhale

Nagel Pick is gebore en getoë in Napier ʼn dorpie geleë sowat 54 km vanaf die mees Suidelike punt van Afrika. Gebore op 29 September 1969

Vandag, is hy in sovele opsigte jammer, maar bevoorreg om met sy woorde en ondervinding, andere tot ander insae te bring. Hy is vandag nie skaam om te erken waar hy vandaan kom nie en is die volgende gesegde nommerpas op hom gemik, "Ek is nie trots op wie ek was nie, maar ek is definitief trots op wie ek nou is."

R 121,00 each

Kaleidoskoop - Allison Matroos (Kortverhale en gedigte)

Afrikaans, my taal

My taal is 'n wonderlike taal
sy is enig in haar soort
met haar gaan ek hoogte behaal
want 'n klinker en 'n vokaal
vorm saam 'n woord
wat lewe bring in 'n dorre woestyn

dis so kief om myself in my taal uit te druk
dit neem my op verre verbeeldingsvlugte
en kan my skielik na die werklikheid
terugruk

R 108,00 each

Patatranke - Charles van den Heever (Die Nagdigter)

Ons begin almal die lewe as ru diamante...Na baie terugslae, die ontydige verlies van geliefdes. Vriende wat kom en gaan, traumas, teleurstellings en trane het die lewe ons geslyp om te skitter... Dankie aan elkeen wie se teenwoordigheid in my lewe 'n vonkelende ervaring is!

Opgedra aan my oorlede moeder Willa van den Heever
02 Maart 1938 – 02 April 2016
Die naam Patatranke het sy oorsprong van „n satiriese vertelling
waarmee ons as gesin my moeder altyd vermaak het. Haar herkoms
was van die benede Oranjerivier en ons het altyd gesê, die mense van
die benede Oranje het mos geleef van die patatranke wat op die eiland
en erwe gekweek was en die patats is aan die werkers gegee as loon.
Moeder, mag jy in vrede rus aan die voete van Jesus en aan elkeen wat
die boek lees, mag jy die genot, vrede en vreugde daaruit put wat ek ontvang het met die skrywe hiervan.

R 83,00 each

Hartskamers - Nikita van den Heever (Digbundel)

Resensie: Prof CE Fourie

Met die oopmaak van die bundel het die netheid en voorkoms van die bundel my dadelik opgeval. Die keurige versorging van elke gedig.
Gedigte wat skok, wat jou bybly:

Besmette Digkuns
Jou teenwoordigheid in sy lewensloop
is lankal reeds opgeskort, maar tog dra
            ék
jou giftige nagedagtenis saam,
saam met my,
           ons.

En dan tref die volgende gedig jou oor die branderplankryer:

En observeer tog mooi, o waarnemer,
hierdie seewater-liefling vaar nie net oor hierdie brullende branders nie
hy maak liefde met die oseaan

Hierdie bundel Hartskamers, wenner van die Malherbe Uitgewers digkompetisie, is bedoel vir elke boekrak, vir lees en weer lees.

R 85,00 each

Resonans II - Nie Bepaald - Amor Vorster (Digbundel)

Amor Vorster gee op sy besonderse weergawe van die lewe in hierdie bundel saamgevat, op sy unieke manier van woord-ekonomie. Kom deel saam in sy woorde.

Baie koppies koffie later
Idees rangeer
jou gedagtes
plek tot vertrek
van spasie
tot stasie

Ansie Kohler

R 82,00 each

Foto's van woorde - Deblor - Digbundel

Gebore in 1972 in die Vaaldriehoek, ‘n seuntjie van twee onderwysers, Hans en Dea Horn Op sesjarige ouderdom verhuis na plattelandse dorpie Hendrina, waar hy ‘n sussie ryker geword het met Downs sindroom en toe op twaalfjarige ouderdom weer verhuis het saam met sy familie na
Pretoria, waar hy in dieselfde jaar sy moeder aan die dood afgestaan het Hy was van kleintyd af ‘n natuurkind en spandeer tot vandag toe nog soveel as moontlik tyd in die buitelewe Van daar natuurlik die inspirasie wat hy put uit die natuur van sy Skepper en juis met ‘n wonderlike skrywersgawe woorde te skilder vir sy Vader

ek‘t blykbaar vergeet
hoe verblydend dit is
om my brose emosies
op papier te kon deel
om prentjies te skilder
in ander se geheue
en hul te laat wonder
oor al my idees

R 82,00 each

Mamma gedigte - Mtini (Michael du Plooy)

Die boek het sy ontstaan gehad toe ek „n joernaal in my ma se bedkassie, na haar dood ontdek het. Dit was die einste joernaal wat ek haar vyf jaar tevore as geskenk gegee het. Aangesien sy dit goed gedink het om geen woord in die joernaal te skryf nie, het ek dit maar self gedoen.

Die Egiptiese Hek waarna verwys word in die gedig “Liewe Ma”, was die onderwerp van die ontwerp aan die voorkant van die joernaal. Dit verwys na die hek van die begraafplaas – kompleks van die Sultan Al Zahir Barquq in Kairo. My dank aan mense wat die opdraande van die boek styler gemaak het.

My dank aan die wat inspirasie deur my hart laat bruis. My dank aan die wat in my glo, al was dit soms net een. Hierdie is opgedra aan Hennielene, Louise, Sanel en Steven. Opreg dankie aan Heleen Malherbe, Ann Muir, Darlene Muller en Nicy Fouldien.

R 144,00 each

Malankolie - Trientjie Malan - Digbundel

Daar is van die familielede wat dalk vir my gaan kwaad wees en vir my gaan sê dit wat ek hier geskryf het ... is nie waar nie, maar tydens my skryf proses het dit gevoel soos 'n sweer wat oopgebreek het na al die jare se seer en opkrop. Niemand het geweet waardeur het ek (ons) deurgegaan nie.

Elke letter, elke woord, elke sin het die seer uitgeloop waar die trane dit afgewas het, daarom is hierdie bundel my terapie digbundel in elke woord.

“maar sê die Here

kom na My toe

 met jou hele hart

huil en treur

skeur

oop jou hart"

(Joël 2 : 12 - 13)

R 136,00 each

Slotsom - Heleen Malherbe

Resensie deur Yolande Smit:

…”niks maak eintlik meer sin as jy op die lewe se stoep sit en wag vir jou aandskemer om te daal nie”…met hierdie aangrypende woorde wat amper half wurgend my binneste vasgryp, draai ek die boek om en die koel-kalmte van die voorblad se versteekte boodskap fluister saggies dat hierdie beloof om ‘n besonderse en buitengewone boek te wees.

In ‘n treffende voorwoord trek die skrywer jou woord vir woord nader, nooi jou om saam met haar in haar na(g) gedagtes die lewe te kom sien, ervaar, voel en soms opstandig te bevraagteken as sy suksesvol daarin slaag om jou op ‘n reis saam met haar te neem waar die nag saam met haar gedagtes ronddwaal, waar vrae teen gister se vuil mure vas gegooi word, die beeld van môre na jou toe terugstaar as jy, weerlose mens, strak sonder gevoel daarin staar, as die draai van die lewe jou asemhaling word en jy opnuut jou pad tussen weggesteekte woorde kan vind…

En dan na ‘n padvol gedigte waarin die skrywer haar gedagtes deel, tref die tweede deel van die boek selfs nog harder. Dit vertel van ‘n “nou halwe mens”, wat eens “volmens-kind” was, wat amper “geen-mens vrou” moes word en wees sodat sy na jare se verwronge liefde, onbeantwoorde soeke, opofferings op die lewe se gewetenlose altaar, doolhof-paaie van mishandeling en waansin, nou nakend voor self-vergiffenis haar nuwe lewenskleed aantrek en nou, al 40 jaar na daardie dag, 19 Desember 1974, wat “soos ‘n tatoe in my geheue ingebrand” is, kan sy uiteindelik haar vlerke in gevinde wysheid oopspan as sy haar slotsom met die leser deel :


“Die lewe gee ons ruimte om dit te vul met gedagtes van onthou wanneer ons vereensaamd voor die oudag staan.

Maar dit gee ook aan ons die voorreg om dit te kan dit uithaal en herleef en daarom is daar geen lewe sonder betekenis nie. Jou keuses wat jy maak, bepaal jou lewe of jou lot”

Die aangrypende woorde van Heleen Malherbe wat tussen die lyne van elke bladsy vasgevang is gee hoop aan soveel ander vasgevang in die lewe se soms bose kringloop van keuses.

 

R 117,00 each

Hartswoorde - Retha Lochner (Digbundel)

I’m still me
(Based on the movie Still Alice)
(A tribute to my dad who has Altzheimers)

my memory is fading

there is something wrong

I can't remember what

 

I still remember some old days 

days of fun in the sun

my children playing

 

sometimes my words fail

I can't read anymore

but I have feelings

 

I'm still me

though I have changed

my heart will forever be the same

 

please don't forget me

just love me

for who I am

I'm your father

you're my daughter

I love you forever

R 81,00 each

Bloeityd - Estia Riekert (Digbundel)

Pennevruggies van lief en seer

Ek praat die taal

sing die taal

soen in die taal

word kwaad in die taal

gaan deur alle emosies in my taal

 

Ek is ‘n Afrikaan -

‘n Afrikaner vrou

trots op my taal

en my voorsate

Afrikaans is my verhaal

 

Ek praat die taal

sing die taal

soen in die taal

word kwaad in die taal

gaan deur al

die emosies

in my taal

R 120,00 each

Ploeg met woorde - Pieter Schoeman

 Ek loer na die maan

sien niemand daar

staan

waar is die man op die

maan

is hy dalk moeg...

is ek te vroeg

hy luister dan altyd

   as ek met

      woorde

         ploeg

R 50,00 each

'n Kruispaasfees - Paasfees in my hart - Malherbe Uitgewers (eBoek PDF)

Paasfees is loshande die grootste christelike feesviering van elke jaar.  Kersfees tel nie vir my as groot nie, want hoewel ons die geboorte van ons Heiland herdenk op kersfees, is daar veels te veel heidense gebruike wat deur die kinders van God aangeneem is...  Vet ou mans in rooi sweetpakke wat geskenke bring net as jy soet is...  Bome met blink goetertjies aan en sneeukarretjies wat deur bokke deur die lug getrek word, het vir my niks met die Heiligdom van God die Vader tedoen nie, en ook nie met die onverbeterlike geskenk van Sy seun Jesus, in die liggaampie van 'n baba nie...  Maar dit daar gelaat. 

Het iemand al ooit jou lewe gered?

As jy ooit deur 'n ander persoon uit 'n doodsituasie gered is, en 'n kans gegee is op 'n nuwe begin, dan reken ek daai dag is een om elke jaar van jou lewe te herdenk.

Moses en Aaron was moedeloos en slightly ticked-off...  Die Farao was tot dusver so moeilik as moontlik, en Moses kon sweer elke nuwe grys haar op sy kop het Ramasees se voorletters opgehad.  Die memo het soos vuur onder die Israeliete versprei en ook maar goed so, want die eerste Friday the 13th sou in volle glorie in Egipteland gebeur daai nag! Aaron het die sweet van sy voorkop afgevee met sy priestersgewaad se mou.  Die bloed van die perfekte lammetjie het gestol aan die deurkosyn in die vorm van 'n kruis.....

R 98,00 each

Humor en Ander Pittighede - Adriaan J Louw

My ou buurman het ʼn oog vir ʼn mooi nooi. Al is hy al byna taggentag, kry hy steeds ʼn vonkel in sy oog wanneer ʼn mooi lyfie verbyloop. Ons is bevoorreg om in ʼn straat te bly wat deur heelwat stappers en drawwers gebruik word. Veral vroegoggend, nét vóór sonuit. Onge-lukkig is buurman se voortuin beplant met allerhande bome en struike, so die uitsig by hom is nie so goed soos by my nie.
Saterdagoggende word daar ʼn vertoning gelewer in ons straat wat nie heeltemal goed is vir ʼn óú man se hart nie. Dit is dan ook nie ongewoon dat buurman gereeld op ʼn Saterdagoggend vroeg reeds inklok nie. Hy kom maak hom tuis op die bank op my voorstoep, en dring aan op ʼn koppie koffie. En, as hy sy sin kry, ʼn ietsie sterker ook!
“Maar buurman, is dit nie nog te vroeg?” maak ek beswaar, maar die rede wat hy aanvoer, is dat die koue in sy ou knieë ingetrek het en dat ʼn knertsie nét die regte medisyne daarvoor is. Dan skink ek maar ʼn soetetjie, en die ou sak behaaglik agteroor, en maak hom gereed vir die vertoning in die straat. En ook nie lank nie, of die eerste stywe broekies kom verby.

R 82,00 each

Woekerwoorde - Corné van Wyk

Ek stap al meeste van my skryfjare in die liefdes-voetspore vir Afrikaans wat begin het in 1997 waarin ek na my matriekjaar betrokke geraak het by die Christelike Studentevereniging se projek Diensjaar vir Christus en ek onder leiding van Prof. Hans du Plessis Skryfkuns as deel van my kurses beoefen het met een van my gedigte wat opgeneem was in die Skryfskool se digbundel – Engele en ander dinge. Tydens my NGOS-jaar (Nagraadse Onderwys) het Wyle Prof. Nic Vreken ook ‘n groot rol in my skryfstyl ontwikkeling gehad.
My liefde vir woorde en om kreatief daarmee te speel is waaruit die titel van my bundel gebore is. Om kreatief te wees en kreatief te dink is deel van my wese.
Na afloop van my studies, was ek bevoorreg om dadelik ʼn pos in een van die top skole in Gauteng te aanvaar en so het ‘n wonderlike loopbaan in onderwys begin.

R 98,00 each

Uit Veerpen se Skatkis - Veerpen Uitgewers

Ek dra hierdie bundel op aan al die Veerpen
skrywers en digters, mense van my asem en kan ek
saam met George Weidemann julle verseker:
huilwind wolke bymekaar,
Heleen Malherbe

R 180,00 each

Emosie Wesens - Velma Barnard

Resensie: Mandie Small
Die titel het my opgeval, aangesien ek nie ‘n baie emosionele mens is nie, maar wat ‘n verrassing het nie op my gewag nie. Die kenmerkende trant van openhartigheid en uitgesprokenheid het my diep getref. Ek beleef Velma Barnard se emosies in elke gedig in die bundel. ‘n Wye verskeidenheid onderwerpe en temas verras opnuut en hou my, die leser gevange. Die keurige taal, met fyn aanvoeling spreek tot die deursnee van elke leser se hart en daarom kon ek nie die bundel neersit nie.
Emosie wesens is ‘n bundel wat ek kan aanbeveel vir elke leser om te lees en te oordink:


skurend skaaf en krap omwentelings
vorm lyne van karakter en imbors
rig gedagtes en standvastigheid tot trots
terwyl herinneringe neurie aan die stem

R 98,00 each

Droom Boom - Antjiesommers

The proceeds of all sales of this anthology will be donated to CANSA

Droomboom

in my droomboom 

het ek jou gesoek

jou note het na my geroep

in rooi en pers en geel

het hul met my kom speel

in my droomboom

het ek jou gekry

jou liedjie het na my kom vry

in groen en blou en wit

het ek sommer 

langs jou kom sit

Results 1 - 60 of 60