Afrikaans - Memoir

Results 1 - 6 of 6
R 199,00 each

Die stil pad - Tina Jooné

Die lewenservaringe van ‘n dowe persoon. 

Kom stap vandag saam met my na 'n kykie  in die lewe, die lesse, die ondervindinge van 'n dowe mens.

Die skommelings vir aanvaarding. Die frustrasies. Die tekort aan selfvertroue. Die stryd met jou selfbeeld. Die verleentheid. Die stille hartseer. Die tye van moedeloosheid. Die eensaamheid. Ek wil mense nooi en betrek. Raad uitruil hoe om die lewe vir n dowe geliefde makliker te maak. Ons te ondersteun. 'n Dag saam in ons skoene te loop. Maar OOK om ons ANDER talente...ons vreugde...ons dankbaarheid en selfs die lekker lag oomblikkies te deel. Want soos die bekende spreekwoord lui: "waar die een deur toe gaan, gaan 'n ander deur oop." Met Christus in ons lewe SAL daar ALTYD lig wees op hierdie pad. Hy gee krag vir elke dag. Hy leer ons dat elke stukkie kleiwerk, hoe krom en skeef ook al, vir Hom 'n meesterstuk isDie skommelings vir aanvaarding. Die frustrasies. Die tekort aan selfvertroue. Die stryd met jou selfbeeld. Die verleentheid. Die stille hartseer. Die tye van moedeloosheid. Die eensaamheid. Ek wil mense nooi en betrek. Raad uitruil hoe om die lewe vir n dowe geliefde makliker te maak. Ons te ondersteun. 'n Dag saam in ons skoene te loop. Maar OOK om ons ANDER talente...ons vreugde...ons dankbaarheid en selfs die lekker lag oomblikkies te deel. Want soos die bekende spreekwoord lui: "waar die een deur toe gaan, gaan 'n ander deur oop." Met Christus in ons lewe SAL daar ALTYD lig wees op hierdie pad. Hy gee krag vir elke dag. Hy leer ons dat elke stukkie kleiwerk, hoe krom en skeef ook al, vir Hom 'n meesterstuk is

R 100,00 each

Rede om te glo - Johan van der Merwe (eBoek PDF)

Die skrywer neem die leser saam met hom op sy lewensreis. ʼn Ongelukkige kinderlewe, waar drankmisbruik en huismoles hooggety vier, het hom op ’n jong ouderdom reeds ingetrek in die donker wêreld van die dagga- en dwelm kultuur.

Deur ’n wonderwerk verskyn Jesus in sy lewe. Die vrede wat hy ondervind kon geen dwelm hom nog ooit gee nie en hy was werklik op ’n goeie plek, vir die eerste keer in sy lewe. Weereens het hy weggevlug van God, terug na die agterstrate van Kaapstad waar bendebedrywighede aan die orde van die dag was. Vasgevang in ’n dwelmhel tussen die Rokers en die Hippies van die laat sestigs en sewentigs.

Na talle botsings met die gereg, beland hy op die ou einde in apartheidsjare se Weermag rehabilitasiesentrum wat moontlik een van die ergstes ter wêreld is. Deurentyd was hy bewus van God se teenwoordigheid wat op verskeie maniere aan hom ge-openbaar word.

A5 247 bladsye

Na baie jare van dwelmverslawing en gewikkel in ’n stryd met homself, word die kettings verbreek. ʼn Moeder se gebede is verhoor. Johan word uit die duisternis van verwarring weggeruk. Hy is vry!

Hierdie is ʼn lewensreis wat die skrywer met die wêreld wil deel om mense bewus te maak van Jesus se wonderlike krag. God se Woord bring genesing en verlossing van enige verslawing en ’n REDE om te GLO.

R 201,00 each

Rede om te glo - Johan van der Merwe

A5 247 Bladsye

R 148,00 each

Biografie van 'n onbekende man - Bennie Engelbrecht

Ek dink dit is veilig om hierdie boek te begin op ‘n punt waar almal mekaar verstaan. Ek is nie Donald Trump of Richard Branson nie en hierdie boek gaan nie vir jou in tien eenvoudige stappe verduidelik hoe om oornag ‘n miljoenêr te word nie. Ek het nie om Afrika gestap of Everest uitgeklim nie, ‘n haai het my nie gebyt nie en ek was nie die enigste oorlewende van ‘n vliegtuigramp nie. Ek is net ek, ‘n doodgewone mens, net soos jy. Wat hierdie boek vir jou sal wys is hoe om nooit te gaan lê in die gewone lewe nie, hoe om soos ek en 99% van SuidAfrika
die lewe te ervaar waar die goeie tye hulle tyd vat om aan die voordeur te klop.

R 130,00 each

Uiters Geheim en ander anekdotes - Kobus de Villiers (eBoek PDF)

B5 355 Bladsye

Elke seun wil op een of ander stadium ’n brandweerman, vlieënier, Springbok rugbyspeler of renjaer word. Baie selde word hierdie drome bewaarheid.
In die laat sestigs is Rusland en Amerika in die ruimtewedloop. In die Koue Oorlog word nuwe vliegtuie en ruimtetuie ontwikkel. ’n Kaalvoet seun in die Vrystaat volg alles in die nuus en wil vir NASA werk, maar wil ook ’n renjaer word. Sy kamermure is vol prente van renmotors, vliegtuie en ’n kaart van die maan met moontlike landingsplekke. Hy leef in sy verbeeldingswêreld en skets planne van vuurpylenjins en vliegtuigvlerke. Hy bou ’n vuurpylenjin wat werk met ’n trekker se kragparaffien. Hy leer ook dat Suid-Afrika se politiek dit amper onmoontlik maak om dié drome te kan beleef.

Hy gaan skool in Welkom, doen sy diensplig in 6 SAI en 2 SAI en studeer Ingenieurswese by Tukkies. Hy werk in Suid-Afrika se jong lugvaartindustrie en sy eindelose verbeelding skep ’n geleentheid om in die buiteland te gaan studeer en werk.

Dié boek is ’n versameling anekdotes van hierdie epiese reis vanaf die stowwerige gruispaaie van die Vrystaat tot die Autobahn na Stuttgart, die Golden State Freeway verby Caltech se Jet Propulsion Lab kampus. Hy woon en/of werk in verskeie lande. In Rusland werk sy span in Leonid Brezhnev se Dacha op die mees ongelooflike lugvaartsamewerkingsprojek. Iewers langs die pad ontmoet hy ’n beeldskone, slim Franse meisie. Projeksekerheid is oortuig sy werk vir die Franse geheime diens.

Dit is ’n lang en ongelooflike pad van Welkom in die Vrystaat tot by Einstein se kantoor …

Kobus de Villiers is in Bloemfontein gebore en het in Welkom skool- gegaan. Ná sy loopbaan is hy nou afgetree. Hy doen steeds konsultasiewerk en bou eksperimente in sy werkswinkel by die huis. Kobus woon saam met sy vrou op die weskus van Kanada. Hulle het ook ’n kuierplek in die suide van Frankryk.

R 289,99 each

Uiters Geheim en ander anekdotes - Kobus de Villiers