Johannes Majiedt

Vraag

Antwoord

Het jy ‘n bynaam?

Ja ek het ‘n bynaam. My bynaam is Jood.

Waar woon jy?

Ek woon in die Noordkaap in Nababeep. ‘n Klein dorpie buite Springbok in Namakwaland.

Watter genre skryf jy in?

Ek skryf fiksie. Dit bevat aksie en liefde stories.

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

Ek het groot geword in Namibia en Gouteng. In my kinder en jeugjare het ek nie geskryf nie. Ek het stories gevertel aan my maats en dit het my verbeelding geweldig beïnvloed.

Wanneer het jy eers begin skryf?

Ek het eers begin skryf op die 7de Januarie in die jaar 2000.

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

My nuutste boek se naam is Griet se Kruis. My fiksie verbeelding speel af op plase en in Herrie strandloper woonbuurt.  Die storie dra verskillende maniere van vroue mishandeling.

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

Ja ek het al twee boeke en een gesaamentlike boek gepubliseer. Die boeke se name is Werk in TJ, Swart Liefde en die gesaamentlike boek Namakwaland se Stories.

Wat beteken jou lesers vir jou?

Ek as skrywer kan nie bestaan in die skryfwêreld sonder my lesers nie. My lesers is my gaste en ons gesels altyd in stilte. Die lesers sien ek as my lewe, my voortbetsaan in die fiksie wêreld van skryf. 

Waarmee werk jy aan volgende?

Op die oomblik werk ek aan ‘n storie, maar kom ons laat dit daar.

Wie is jou gunsteling skrywers?

Om eerlik te wees alle skrywers is my gunstelinge.

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

Ek spandeer my tyd om Afrikaanse liedtjies te skryf en dit op die kitaar te speel, maak klip ornamente, skilder, skryf en maak radio dramas en ek is ‘n omroeper by Radio Nfm 98.1 Ek hou ook daarvan om net in die veld (natuur) te wandel. Ek kyk ook films en Suid Afrikaanse sokker genoemd die PSL.

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

Ja ek onthou. Die storie se naam is Die Held. Die impak was as jy besluit het moet jy by jou besluit hou.

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

My eerste storie was my eerste boek Die Werk in Tj.

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

Ek skryf enigetyd van die dag en nag en my inpirasie is my daaglikse lewe. Wat ek om my sien, voel en hoor.

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

Ek lees tydskrifte en koerante. Ek het nie ‘n gunsteling skrywer nie.

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

Ek sal altyd skryf om julle te laat ontspan en om my verbeeldings met julle te deel.