Johan Heyns

Vraag

Antwoord

Het jy ‘n bynaam?

Nee

Waar woon jy?

Welkom

Watter genre skryf jy in?

Gedigte, kinder stories, Geskiedenis fiksie, Jeug kort verhale, lirieke vir Afrikaans sowel as Country musiek

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

Baie rond getrek as kind, maar ek was altyd lief vir lees alhoewel ek nooit geskryf het nie.

Wanneer het jy eers begin skryf?

2015

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

Veldkornet wat se jy? Gaan oor gedigte oor verskeie offisiere tydens die Anglo Boere oorlog met Geskiedkundige feite by.

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

Ja, “Godgegewe talent” ‘n digbundel wat handel met my stryd met Bipolar en selfmoord

Wat beteken jou lesers vir jou?

Alles, sonder ‘n leser is ek niks

Waarmee werk jy aan volgende?

‘n Bundel wat gaan oor al die Soldate wat in Angola geveg het

Wie is jou gunsteling skrywers?

Heins Konsalik

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

Luister musiek, doen Voortrekkers

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

Al so baie gelees.

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

Ja, Dapper Apie leer swem. Wat tans in die Oepsiedysie kinder storie bundel uitgegee word.

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

Weet nie, dit gebeur net.

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

Ek lees enige iets in Afrikaans, My gunsteling skrywer is Konsalik. Dan geskiedenis boeke

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

Droom, en as jy ‘n droom het, lewe jou droom.

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.