Johan Fourie

Johan Fourie

 

 

Vraag

Antwoord

Het jy ‘n bynaam?

 

Die naaste is my studente se aanspreekvorm, waar ek as Oom Johan bekend staan.

Waar woon jy?

 

Op my plaas in die klein Karroo (naby Ladismith).

Watter genre skryf jy in?

 

Natuur, meer spesifiek natuurmisdaad.

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

My beroepsloopbaan (vlieënier, veldwagter en omgewingsopvoeding) het die grootste impak gehad. Die diverse agtergrond verskaf kennis, idees, waardes en karakters.

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

Ongeveer 2009 – met die opbloei van renosterstropery

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

 

Korrusie speel so ‘n groot rol in ons samelewing, ook in natuurbewaring. Die boek maak die leser vertroud met onwettige jag, en korrupsie in staatsdepatemente betrokke daarby.

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

Stryd in die Bos – Naledi – renosterstropery

Kodenaam Tau – Naledi – onwettige handel in leeus uit Botswana

Spoor van die Perlemoenstroper – Naledi – perlemoenstropery

Alternatief – Naledi – renosterstropery –‘n kykie na die konflik tussen formele medisyne en (natuurlike) alternatiewe

A luta continua – Naledi – olifantstropery

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

Baie, dis vir hulle wat ek skryf. Ek hoor graag van hulle, veral die jongmense wat so traag is om te lees.

 

Waarmee werk jy aan volgende?

Ek wil eers 'n klompie publikasies hersien en nuwe lewe in hulle blaas. Ek werk aan ’n nie-fiksie opleidingshandleiding vir natuurgidse en mense wat die natuur geniet.

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

Omdat ek nie mense wil na-aap nie het ek nie regtig 'n gunstelingskrywer nie. Ek verkies om dit op my eie manier te doen.  Tog het Dick Francis ‘n groot invloed op my gehad, hy het ook die idee van ’n boekereeks by my gevestig.

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

Ek is afgetree so doen maar 'n bietjie hier en 'n bietjie daar. Lief vir natuur-eksplorasie.

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

Nee, o aarde, dis te lank terug. Seker Trompie. ’n Bende gestig.

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

Ek was ongeveer 12 jaar oud toe ek die inspirasie gekry het om 'n boek te skryf. Gelukkig het dit nooit verder as my familiekring gevorder nie.

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

Ek sal 'n storie absoluut spontaan ontwikkel en baie navorsing doen soos die storie se skryf voortgaan.

 

 

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

 

Ek lees graag misdaadfiksie maar het nie 'n voorkeur skrywer nie.

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

Ek sou hulle vra wat hulle geniet sodat ek hulle meer daarvan kan gee.

 

 

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.