Jessica Venter

Jessica Venter

Vraag

Antwoord

 

Het jy ‘n bynaam?

 

 

Ja. Meeste van my vriende en familie noem my Jess

 

Waar woon jy?

 

 

Ons woon in Randfontein. Dis in die weste van Johannesburg, Gauteng.

 

 

Watter genre skryf jy in?

 

 

Ek hou van Romanse maar my kort verhale handel oor enige iets waarvan ek hou of wat ek voel op my hart druk.

 

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

 

Ek het in Pretoria groot geword. Op skool het ek so paar gediggies geskryf maar niks ernstig nie.

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

 

In 2011 het die droom in my hart ontstaan om stories te skryf.

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

 

My nuutste boek wat ek geskryf het is nog nie gepubliseer nie. Maar die nuutste een wat gepubliseer is se naam is Lang pad na vergifnis. Dit gaan oor ‘n vrou wat haar kind alleen groot maak. Sy het op hoërskool swanger geraak deur haar hoërskool liefde. Maar deur sy ouers se invloed, het hy nooit daarvan uitgevind nie tot jare later toe hy besluit om sy eerste huis te koop is die verkoopagent dieselfde meisie. Dus vind hy toe uit van sy kind en moes sy eie paadjie loop tot vergifnis toe die waarheid van sy ouers uitkom.

 

 Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

Ja, ek het drie ander boeke wat ook gepubliseer is deur Kwarts Publishers. Die name is soos volg:

Geloof Hoop Liefde

Pleister van my hart

Liefde vir Kersfees

   

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

 

My lesers beteken vir my baie want hulle is waarvoor ek die stories skryf. Deur stories kan jy mense se lewens aanraak en hopelik verander.

 

 

Waarmee werk jy aan volgende?

 

 

Ek is tans besig met ‘n Romanza, hopelik my eerste een. Maar ek het ander boeke wat reeds geskryf is waaraan ek gaan skaaf sodat ek dit ook vir Malherbe kan stuur en hopelik publiseer.

 

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

 

 

Ek is mal oor Karen Kingsbury, Dina Botha, Madelie Human om net ‘n paar te noem.

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

 

Ek hou van lapverf en soms olie verf. Anders ry ek die kinders rond in die middae na hulle aktiwiteite toe.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

 

Ja, ek onthou dit so vaagweg. Ek was baie jonk.

 

 

 

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

 

Ja, ek onthou die eerste storie wat ek geskryf het. Deur God se genade is hy deur Kwarts gepubliseer, Geloof Hoop Liefde.

 

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

 

 

Party keer kry ek net ‘n idee vir ‘n storie ander kere kry ek eerste ‘n naam. Van daar af volg die beplanning van my storie, hoofstuk vir hoofstuk asook die beplanning van my karakters. Party keer moet ek baie navorsing doen om sekere dinge in my storie te staaf. Mens wil nie deur jou lesers moeilikheid optel nie.

 

 

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

 

 

Ek lees graag Romanse maar geniet ook ‘n speurverhaal.

Suid-Afrikaanse skrywers is Dina Botha en Madelie Human. Ek hou ook van Magdaleen Walters.

 

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

 

Moet nooit ophou droom nie. Leef jou storie want dit kan, as jy dit toelaat, ander inspireer en verander.

 

 

Jy is welkom om my te kontak by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.