Jana van Niekerk

Vraag

Antwoord

Het jy ‘n bynaam?

Lady Jane

Waar woon jy?

Ek bly saam met my gesin op ’n plaas in die verre Suide van Namibia tussen Keetmanshoop en Karasburg

Watter genre skryf jy in?

Ek skryf oorspronklik in Afrikaans en doen Erotiese fiksie.

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 Ek het in die Suide van Namibia grootgeword op ‘n plaas naby Bethanie.  Sonder televisie en die stedelike plesierlikhede het ek baie gelees en my verbeelding ontwikkel in so ‘n mate dat ek nou enige tyd met enige boek die wêreld kan verken en beleef.

Wanneer het jy eers begin skryf?

Ek het drie jaar terug begin skryf aan my eerste boek nadat ek eers baie opgelees het omtrent skryf en wat daarmee gepaard gaan.

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

 My nuutste boek sal nou vrygestel word, Bekende Vreemdeling.  Dit gaan oor foute van jou jeug wat jou op vreemde paaie ly en eers byna te laat laat besef dat liefde altyd seëvier

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 Ja ek het ‘n kursus gedoen deur Susan Wingate wat Death of Vultures en vele ander Amazon beste verkope gehaal het.  Tydens daardie kursus het ek my eerste Engelse boek, Bittersweet Dance of Love geskryf wat  speel af in die Koës distrik tydens die jaarlikse Koës Rally.  Die boek is gepubliseer deur Author House UK. Die boek is ook beskikbaar op Amazon-kindle.

Wat beteken jou lesers vir jou?

My lesers is ontsaglik belangrik, want ek skryf vir ‘n ieder en elk wat lief is vir lees en hou van liefde en romanse

Waarmee werk jy aan volgende?

 Ek is alreeds besig met ‘n volgende storie waarvan die karakters alreeds in die twede boek bekend geraak het.  Dit is nie ‘n opvolg van die twede boek nie, maar ‘n storie heel op sy eie.  Die storie speel grotendeels af in ‘n hospitaal en die karakters is voortdurend besig om liefde en

Wie is jou gunsteling skrywers?

 Kathleen E Woodiwiss, EL James, Johanna LIndsey,Deboraha Macgillvcay,

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

Ek het twee dogters wat in Keetmanshoop skoolgaan en ek ry baie.  Daarmee saam pas ek ook my 89 jarige skoonmoeder op by die huis.  

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 Op skool het ek graag Afrikaans gelees, viral Ena Murray.  In Matriek het ek my eerste Engelse roman gelees en die skryfstyl wat soveel besonderhede gee oor elke toneel het my baie geïnspireer.  Dit laat jou voel asof jy daar is en die hele storie beleef soos in ‘n Fliek.

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

Ja.  Ek was baie dramaties en het omtrent in groot besonderheid beskryf hoe die vrou vlug op ‘n boot met haar pasgebore baba in haar arms. 

Wat is jou skryfproses?

Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

 Ek hou daarvan om te skryf in die taal wat die karakters sou praat in die normale lewe.  Tweetalige gesinne, twee talige vriende ens.  Alles gekombineer in die storie wat ek skryf.

Musiek, my verbeelding loop lekker as ek op die lang pad is. Ek ry baie omdat ons ver bly van Keetmanshoop waar ons kinders in die skool is. Dit is my dinktyd, baklytyd, bidtyd, huiltyd en dan my storie tyd. Ek praat nie altyd baie nie, maar seker te veel in my verbeelding met my karakters.

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 Geniet elke storie op sy eie, vat daaruit wat jy jou eie wil maak en leef jou drome ten volle!

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.