Verhaal van die Vallei-mense - Adriaan J Louw (eBoek PDF)

cover_verhaal_van_die_vallei_mense
5 5 1 Product
R 54,00 each

+

B6 102 Bladsye

Vallei is ‘n dorpie, geleë in die hart van die Klein-Karoo. ‘n Klein dorpie, waar almal mekaar ken en deel in mekaar se lief en leed. Die dorp bestaan uit ‘n munisipale kantoor, koöperasie, polisiekantoor, hotel met sowat tien kamers, ‘n kroeg en bottelstoor, ‘n kruidenierswinkel, ‘n garage en ‘n kerk.

Op ‘n grou winteroggend, ry ‘n groot, swart motor die dorp stadig binne en stop in een van die hotel se parkeerplekke. Die bestuurder van die motor klim stram uit, kyk om hom rond, sluit die motor se deure, en stap na die ingang van die hotel.

So sit die vier jarelange vriende, Sterkpiet le Roux, Jopie (Doodlieg) van der Merwe, Koos (Bouer) Scheepers en Uncle John, dae later in die kroeg en bespiegel wat Roelof de Hart, die beroemde skrywer met ’n graad in joernalistiek, op ’n klein dorpie soos Vallei kom maak.

Selfs die pragtige Lucy Cohen, eienaar van die hotel se dogter, raak heel opgewonde oor die groot, aantreklike man met die streng mond en pikswart hare. Lucy is in haar noppies toe Roelof haar vra om as sekretaresse op sy plaas aan die Oostekant van Vallei te kom werk wat hy uit die boedel van wyle meneer De Jong gekoop het.

Gaan Lucy net die sekretaresse bly, of gaan die groot man dalk sy hart op die jong dame verloor?

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: