Sondes van die Vaders - Ina Cantoni

sondes_vd_vaders
5 5 1 Product
R 90,00 each

+

Specifications

Adults
B6
Romance

Klara loer vir oulaas in die spieël. Sy word vanaand aan die room van Frankryk voorgestel as die toekomstige bruid van die skatryk Victor Rodryk. Hierdie is ’n heel nuwe lewe wat op haar wag. Klara se verlede is begrawe in ’n land duisende kilometer van hier. Van nou af sal sy moet onthou, Clarissa neem finaal Klara se plek in haar lewe in.

Terug in Italië, om haar laaste kontraktuele verpligtinge na te kom voordat sy finaal haar plek as mevrou Clarissa Rodryk inneem, verneem Klara met ’n skok dat die nuwe ontwerper van die modehuis ’n groot bekendstelling van hulle reeks in Suid-Afrika beplan. Sy is hulle eerste keuse as hoofmodel en het nie juis veel van ’n keuse nie, volgens haar kontrak is verplig om dit te aanvaar.

Haar besluit om ná die toer haar kleintyd-voetspore te gaan soek, lewer ’n paar onaangename verrassings op.
Die klein opgehewe geboortevlek in die vorm van ’n vlinder bepaal egter haar toekoms. Gaan sy met die skatryk Rodryk-erfgenaam kan trou, of het haar verlede haar ingehaal?

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: