Die Glans van Wraak - Marsofine Krynauw

cover_die_glans_v_wraak
5 5 1 Product
R 90,00 each

+

Specifications

Adults
B6
140
17/2/2020
978-1-928513-03-2
Action and Adventure

Die 14 jarige Jade Delport skrik een nag wakker met die man voor haar bed wat sy nog haar lewe lank vrees. Daarna volg byna vier jaar van hel wat sy magteloos en in stilswye moet verduur. Sy sweer wraak en begin op skool al haar meesterplan bedink. Jade kom gou agter haar ma, Clare, lei haar eie geheime lewe waarvan haar magsbehepte man nie bewus is nie. Jade doen haar huiswerk deeglik en besef dat dit juis haar kaartjie na vryheid gaan wees.

Na matriek verdwyn sy spoorloos, en word nooit gevind nie.

Royal Diamonds, die groot diamantreus in Namibië, stel ’n vroue diamant-sorteerder aan. Daar is veel meer aan Vonda Wallace, die 26 jarige rooikop-Amerikaner met die verleidelike lyf, as wat enige iemand vermoed of ooit sal besef.

Royal Diamonds se gebou waar die diamante gesorteer word, word skielik deur kragonderbrekings geteister, en kort na die kragonderbrekings word daar telkens van die pakkies met die grootste karate vermis.

Die hoof van die Diamant-tak, by wie geen diamantdief nog ooit kon verbykom nie, kry nie die dief vasgetrek, óf die diamante opgespoor nie. Die bordjies word ergter verhang toe die vermiste diamante in sy kluis gevind word.

Hoe het die diamante daar beland? En wie is die wulpse Vonda Wallace regtig?

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: