Hulle is Vergete - Johan Heyns

5 5 1 Product
R 155,00 each

+

Resensie deur: General Majoor Roland de Vries SD SM

Johan Heyns se kleurvolle digbundel uit die bosoorlog-diensplig-era is voorwaar ‘n kultuur-erfnis van ons Suid-Afrikaanse Volk en ryke militêre geskiedenis.

In eenvoudige digterstaal vertel Johan ‘n verhaal van menswees, stout-wees, seun-wees, man-wees ... soldaat- wees ... van mannemoed, vreugde en hartseer! Sy woorde het trefkrag, soos ‘n skoot uit die loop van ‘n R-1 of R-4 geweer!

Gedigte soos Soldaat ... Korporaal ... Sammajoor ... Sewe dae pas ... Die Flossie staan gereed ... die Opmars in Angola, vat die wese van soldaatwees vas!

Johan Heyns se gedigte kom uit ‘n era voor 1994, toe Suid-Afrika, een van die beste klein weermagte in die wêreld gehad het, wat in lewensnood vir vrede geveg het.......

...Ek kom uit dieselfde militêre era as Johan Heyns en het wel die voorreg gehad om grensdiens te doen. Sy gedigte het lang verborge herinneringe by my wakker gemaak, wat ek graag met die leser wil deel. Dit kom uit die tydperk in 1981-1982, toe ek as bevelvoerder van 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep in die operasionele gebied gedien het.

Ten slotte salueer ek vir Johan Heyns vir sy passie vir soldaat wees en omgee, vir die skep van ‘n digbundel as nalatenskap in diens van ons Volk!

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: