Mosambiek Avontuur en ander essays

5 5 1 Product
R 127,00 each

+

Die Mosambiek-bundel bestaan uit essays oor die outeur en haar man se kort verblyf in Mosambiek. Haar man is deur hulle gemeente gestuur met die opdrag om kerke te bou. Sy het onderneem om kwartaallikse verslae aan die gemeente te stuur. By hulle terugkeer uit Mosambiek het sy besluit om die essays in ’n bundel gestalte te gee.

Die essays in die tweede helfte van die bundel het met elke dag se asemteug lewe gekry. ‘n Gebeurtenis of gesegde was genoeg om ‘n storie te laat ontstaan. Meeste daarvan is van-uit eie belewenis geskryf.

Daar is nog heelwat skryflus in haar oor en die toekoms sal hopelik nog boeke en bundels inhou.

Met hierdie bundel deel sy ‘n stukkie van haar menswees, met die hoop dat iets wat sy geskryf het, iewers vir iemand betekenis sal hê.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: