Karmel Kook - Sonja Brown

5 5 1 Product
R 90,00 each

+

Hester Wiese word gevonnis en deur die hof verplig om drie maande gemeenskapsdiens te doen by die sopkombuis wat behoeftiges daagliks van kos voorsien. Dit, nadat sy uit pure jaloesie Elizabeth Bancroft se hond poedelnaak geskeer het twee dae voor die hond aan die grootste skou in die wêreld sou deelneem as verdedigende kampioen.

Wanneer Hester se seun, Alexander onverwags by die sopkombuis opdaag, kom Karmel Blignaut, eienaar van Karmel Kook sopkombuis en restaurant, met ’n skok agter dat Alex nie bewus is van al sy ma se eskapades nie. Alex is daarvan oortuig dat Karmel besig is om sy ma uit te buit en sy moet bontstaan om hom anders te oortuig sonder om die ware rede te verklap waarom Hester daar is.

Alex bied aan om Sondae te kom help, maar die landdros wat Hester gevonnis het, is ook ’n vrywilliger en dit voorspel probleme. Dan duik daar ander probleme op wat die drie glad nie voorsien het nie.

List of the comments:
No vote yet
Sy dit weer! Sonja Brown neem jou op ‘n reis wat begin met naaste liefde en omgee vir jou medemense te midde van die trauma wat jy deur mense aangedoen is. In Karmel Kook, kan jy leer van die hoofkarakter, Karmel wat dit beteken om jou trauma te gebruik as ‘n brug tot ‘n beter lewe, nie net vir jouself nie, maar ook vir jou medemens. Deur ‘n baie traumatiese gebeurtenis in haar lewe, word sy bemagtig geldelik. Dit is haar besluit wat om met daardie geld te doen haar lewe verander en hierdie boek merkwaardig maak. Hoe sy kies om ander mense daagliks te help, en beter mense van hul te probeer maak deur haar omgee. Haar besluit om nie op wraak te teer nie, maar mense wat verkeerde besluite geneem het en so met die gereg bots, liewer ‘n tweede kans te gee deur gemeenskapsdiens te verrig om te boet vir hul besluite.
Maar Karmel Kook is baie meer veelsydig. Daar is genoeg humor in om jou lagspiere te prikkel met Hester se manewales, wat sy ten alle koste van haar seun, Alex probeer wegsteek, maar ook is sy ‘n moeder by uitstek wat haar seun alleen groot gemaak het. Dit is ook haar manewales wat die liefde in hierdie boek laat blom, nie net vir haarself nie, maar ook vir ander. Sy is voorwaar ‘n regte cupido!
Sodra jy dink daar kan nie meer opwinding wees nie, duik die gure karakter Michiel op wat Hester se lang verlore gewese man is en bring met hom saam genoeg moeilikheid en aksie om alles wat jy oortuig was goed gaan uitwerk, om te krap.
Gelukkig seëvier lojaliteit, naasteliefde, omgee, liefde en familie. Hoe, sal julle maar self moet uitvind, want tussen die blaaie van Karmel Kook lê ‘n hele paar geheime en verrassings opgesluit. Ek sal beslis hierdie boek aanbeveel. Dit is nie net ontspannend nie, maar laat jou op jou tande kners en soms ook jou vingernaels afbyt.
Baie geluk Sonja Brown met nog ‘n boek waar jy jou leser se aandag tot op die einde hou.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: