Daar is van die familielede wat dalk vir my gaan kwaad wees en vir my gaan sê dit wat ek hier geskryf het ... is nie waar nie, maar tydens my skryf proses het dit gevoel soos 'n sweer wat oopgebreek het na al die jare se seer en opkrop. Niemand het geweet waardeur het ek (ons) deurgegaan nie.
Elke letter, elke woord, elke sin het die seer uitgeloop waar die trane dit afgewas het, daarom is hierdie bundel my terapie digbundel in elke woord.
“maar sê die Here
kom na My toe
met jou hele hart
huil en treur
skeur
oop jou hart"
(Joël 2 : 12 - 13)