As oor die see - Florina van Staden

5 5 1 Product
R 90,00 each

+

B6

Remecia en Gert ken mekaar al van laerskooldae af, hy is haar heel beste vriend en kêrel. In matriek verloor sy beide haar ouers in ’n motorongeluk. Gert en sy ma ontferm hulle oor haar en twee jaar later staan hulle op trou.

Remecia besluit om voor haar troue haar ouers se as oor die see te gaan strooi waar hulle soveel gelukkige tye saam deurgebring het. In ongure weer gly haar voete op die gladde rots. ’n Hengelaar kom tot haar redding. Hy versorg haar twee dae lank in haar ouers se vakansiehuisie omdat sy kan nie op haar beseerde been kan trap nie.

Die onmiskenbare aantrekkingskrag tussen hulle laat haar twyfel aan haar ware gevoelens vir Gert. Is sy werklik lief vir hom, of is sy gewoond dat hy maar altyd daar was vir haar. Trou sy met hom uit pligsgevoel?

En Liam? Gaan hy die mooie Remecia wat in so ’n kort rukkie onder sy vel ingekruip het sommer net so laat gaan, of gaan hy sy pa se raad volg en in die bokskryt klim om vir haar te baklei?

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: