Ina Cantoni

Ina Cantoni

Vraag

Antwoord

 

Het jy ‘n bynaam?

 

 

Nee

 

Waar woon jy?

 

 

Pretoria

 

Watter genre skryf jy in?

 

 

Fiksie, enigiets, verkieslik nie rillers

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

 

Vaal driehoek

Baie, dis my mense, hartstories, hoeksteenlegging van wie ek is

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

 

2 jaar gelede na siekbed, chemo het my in die bed gesit

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

 

 

Salvokop, arm meisie, en skatryk Italiaanse tenoor, beloop van die lewe

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

 

Nee!!!

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

 

Alles, vir wie sal ek skryf as hulle nie lees nie

 

Waarmee werk jy aan volgende?

 

 

Biografiese van ons vir klasmaats na 62 jaar van vriendskap

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

 

Isa Konrad, beslis 1

Prof Hans Duplessis

Ons eie Sonja Brown

 

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

 

Wag vir my man, hy is elke 7 weke sewe dae tuis. Dit is vakansie tyd! Ons skryf saam

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

 

4 jaar oud! Aspoestertjie, ‘n rooi glans boek. Ek kon nie glo woorde kan praat nie

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

 

Ja! My geliefde oom is oorlede, die uitdaging was nostalgies, ek het hom vereer

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

 

 

My man het altyd ‘n idee, ek borduur dan lustig voort. Ek skryf snags omdat ek alleen is

 

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

 

 

Nooit tydskrifte nie, boeke, fiksie en geskiedenis. Ek hou van ‘n boek met ‘n lewensles, nie oppervlakkige goed nie

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

 

Wat sou jy aan hierdie storie wil verander? Ek so bang ek verveel iemand. Ek skryf uit my hart.

Jy is meer as welkom om my te kontak by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.