Hennie Malan

Hennie Malan

 

Vraag

Antwoord

 

Het jy ‘n bynaam?

 

 

Nee

 

 

Waar woon jy?

 

 

Op ‘n plaas met die naam Klipkop net buite Vanderbijlpark

 

Watter genre skryf jy in?

 

 

Fiksie (Speurverhaal)

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

 

In die dorp Vanderbijlpark self eers gebly. In Desember 1987 het ons plaas toe getrek wat nogsteeds in die distrik Vanderbijlpark is. My familie, veral my ma het my aangespoor om te skryf.

 

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

 

Nadat ek klaar gemaak het met skool.

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

Bloedmaan. Dit is ‘n speurverhaal wat handel oor die hoofkarakter Trudie wat by die prokureur moes uitgevind het dat die man wat haar groot gemaak het, is nie haar regte pa nie en sy het ‘n wildsplaas geërf by haar biologiese pa wat op ‘n geheimsinnige manier vermoor is. Daar ontmoet sy haar onvriendelik halfsuster, Venesssa en haar droomman wat as ‘n toerleier werk waarvan renoster stropery tydens volmaan plaasvind.

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

 

Nee

 

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

 

Baie, veral as my familielede, bure, vriende en my lesers my boek geniet.

 

 

Waarmee werk jy aan volgende?

 

 

Weer ‘n speurverhaal wat. Het nog nie ‘n vaste titel vir my volgende boek nie. Dink nog daaraan.

 

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

 

D

eon Meyer, I D Lampbtecht, Peet Venter, Ena Marray en Susanna M Lingua.

 

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

 

Werk, werk en nogmaals werk.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

 

Mmm… die Vyf uile reeks van Cor Dirks. Watter impak het op my gehad … ek weet nie. Het dit net geniet om dit te lees.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

 

Nee, kan nie onthou nie.

 

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

 

 

Speurverhaal. Kry my inpriasie van die groot skrywers.

 

 

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

 

 

Speurverhaal. Deon Meyer en Peet Venter.

 

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

 

Lees, lees, lees en vertel vir my wat dink jy daarvan.

 

 

 

 

Kontak my gerus by E-pos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.