Heleen Malherbe

Vraag

Antwoord

Het jy ‘n bynaam?

Nee

Waar woon jy?

Margate

Watter genre skryf jy in?

Gedigte/Roman

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

Ek het in Pretoria grootgeword. My pa het my die liefde vir Afrikaans geleer. Hy was baie streng met spelling en uitspraak.

Wanneer het jy eers begin skryf?

Ek het eers in 2000 begin skryf na my seun se dood

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

Slotsom is my nuutste digbundel en gee dan ook die slotsom van my lewe oor 40 jaar

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

Nee

Wat beteken jou lesers vir jou?

Die lesers is baie belangrik

Waarmee werk jy aan volgende?

Met ander skrywers se manuskripte

Wie is jou gunsteling skrywers?

Wilmari Jooste, Sonja Brown, Ria Richards, Ena Murray en ST Potgieter

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

Ek skryf baie min deesdae en as ek ontspan, tuur ek oor die see en droom. Ek hou van plante en lees graag.

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

My eerste storie was Geliefde Perskedief van Wilmari Jooste en ek het gedroom om soos sy te kan skryf

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

.My eerste digbundel Die lewe se loop. Ek het in 2012 ‘n kort verhaal geskryf As die liefde seëvier maar ek is ‘n ongeduldige skrywer en het die storie in ‘n uur geskryf en jare daarna eers afgestof

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

My inspirasie vir gedigte begin by my gedagtes en dit is wat ek neerskryf

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

Droom!! Droom groot en streef jou droom na. Moet nooit in jouself twyfel nie en moet dat niks in jou pad staan nie.

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.