Want Liefde is Lekker - Jessica Venter

want_liefde_is_lekker_-_site
5 5 1 Product
R 120,00 each

+

Specifications

Adult - SVL
B6
111
20/7/2022
978-1-77632-625-9
Romance

Marlé is ’n boekvraat en sy vind haar werk as bibliotekaresse bevredigend. Toe sy die dag ’n plek benodig om een van die skrywers se boekbekendstelling te hou, kom haar jarelange vriend, Pieter, tot haar redding. Pieter se verloofde het hom voor die kansel gelos, wat hom sku maak om weer by ’n vrou betrokke te raak, maar die man besit nog al die jare haar hart, al sien hy haar nie eens raak nie.

Pieter is lank reeds bewus van die mooie Marlé wat allerhande ongehoorde gevoelens in hom aanwakker, maar hy is bang vir seerkry en dit maak hom skrikkerig om sy hart aan haar toe te vertrou. Daarom maak hy aan Marlé ’n voorstel wat hy dink hulle albei kan baat: Friends with benefits... Hy reken as hy fisiek vervuld is, sal die ewige smagting na Marlé dalk stop.
Marlé aanvaar sy simpel voorstel. Friends with benefits is dalk die enigste manier hoe sy naby genoeg aan Pieter kan kom om hom te wys wat hy mis. Haar vriendin, Klaradyn, se waarskuwing dat so ’n eensydige liefdesverhouding net hartseer tot gevolg gaan hê, val op dowe ore. Marlé plaas haar hart op die spel om Pieter te oortuig dat alle vroue nie daarop uit is om hom seer te maak nie.

Maar die hart laat hom nie voorskryf nie. Pieter se plan om nie emosioneel by Marlé betrokke te raak nie, kom hom duur te staan toe hy amper te laat besef dat liefde tóg lekker kan wees.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: