Wanneer Divan, moedeloos en uitgeput van die hitte en droogte gedwing word om ’n windpomp te gaan regmaak om dors diere water te gee, lei dit tot ontdekking van ongerymdhede wat vlak onder sy neus gebeur.
Te midde van al die probleme raak jong kinders weg op die dorp en skep dit ’n gevoel van angs tussen die inwoners.
Sal Divan uiteindelik die antwoorde kry waarna hy so naarstiglik soek...