Jacoba en haar drie seuns het glad nie 'n maklike lewe gehad op die plaas Grasfontein net buitekant Lichtenburg saam met haar man Raoul de Vos nie. Tot op 'n dag toe haar eie lewe in gevaar gekom het, het die drie seuns saam met hul ma gevlug. Hulle het by 'n dorpie met die naam Senekal beland. In Senekal het hulle lewens verander, veral toe Jacoba vir Dominee Dewald van Standen ontmoet het. Dewald het vir Jacoba geleer van God se liefde.